Nuuskommentaar: IS en die einde van die wêreld

eindtyd-wereldEindtydprofesieë, of eerder oorlewerings, en die oprigting van die sogenaamde tweede kalifaat speel ’n belangrike rol in die motiverings vir die bestaan van die IS en sy wrede terreurdade.

Ná die terreuraanvalle in Parys is daar wêreldwyd opnuut pogings om agter die kap van die byl van die Islamitiese Staat (IS – soms nog verkeerdelik ISIS of ISIL genoem) se skynbare affiniteit vir bloedvergieting te kom. Die studies uit haas elke veld van die gedragswetenskappe is nie ongeldig nie, maar kan nie alles verklaar sonder om die rol van eindtydprofesieë te verstaan nie.

’n Groot deel van die mensdom, ongeag die godsdiens wat aangehang word, is behep met die eindtyd. Ook Christene trap voortdurend in die slaggat, al is dit ook die een geheim wat nie eens die Seun nie, maar net die Vader, ken.

Ná haas elke berig oor ’n aardbewing sal iemand skryf dat die “toename” in aardbewings ’n teken van die eindtye is. Vroeër vandeesweek het die aarde sy 16de aardbewing van 7 of meer vanjaar beleef. Dit maak 2015 wel een van die groter aardbewingjare vir sterk aardbewings die afgelope dekade, maar dis onwaarskynlik dat  2010 se 21 sterk aardbewings vanjaar nog oortref sal word.

Tog het minstens twee Amerikaanse evangeliese TV-kanale reeds permanente kameras op Jerusalem se Tembelberg gerig om “binnekort” die wederkoms regstreeks te kan fotografeer en te beeldsend.

Die Christendom is egter nie al godsdiens wat ʼn eindtyd verwag nie. In Islam speel dit eweneens ’n groot rol – nie altyd volgens die voorskrifte in die Koran nie, maar volgens oorgelewerde tradisies. Veral in die Sjiïete se opvattings speel dit ’n groot rol.

Maar die IS is in die Soenie-vertakking van Islam gesetel, en meer spesifiek in die Salafistiese vertakking daarvan. Die “detail” oor die eindtyd, en die rol wat die sogenaamde tweede kalifaat daarin gaan speel, verskil baie. Dr. Leopold Scholtz het reeds verskeie kere die pen opgeneem oor die rol van die kalifaat-konsep in die IS. In wese kom dit daarop neer dat die IS glo hy is besig om sy profetiese rol te vervul, en dat wreedheid ’n sterk onderdeel daarvan sal wees.

Op die oog af lyk dit egter of die IS sy beheptheid met die kalifaat en die eindtye nie uit sy eie godsdienstige dampkring gaan put het nie, maar oorkant die grens in die Sjiïtiese Iran. Vir ’n hele aantal jare word periodiek berig oor die huidige hoof-ajatolla, Ali Khameini, se beheptheid met die tweede kalifaat en die eindtye. ’n Kerndeel hiervan is die oortuiging dat die “twaalfde iman,” bekend as die Mahdi, binnekort sy opwagting sal maak, en ’n wêreldwye Islamitiese kalifaat sal oprig. Die Mahdi sal deur Jesus as ondergeskikte bygestaan word en miljoene mense sal sterf, ook wreed sterf, om die volkome Islamitiese kalifaat te stig. Khameini glo hy is die Mahdi se verteenwoordiger op aarde.

Khameini het van Iranse militêre basis na basis gereis om die soldate behoorlik oor die eindtye te skool.

Omdat min of niks van die Mahdi-opvattings in die Koran vervat is nie, is die weergawes en vertolkings daarvan wyd uiteenlopend. Dit maak die verstaan van dit wat die IS onderlê baie moeiliker.

Die ironie is dat Iran en die IS vyandig teenoor mekaar staan, en selfs in gewapende konflik teen mekaar te staan kom.

Die meerderheid Moslems beskou die IS-“kalifaat” van Abu Bakr al-Baghdadi as ’n vals kalifaat. Nogtans trek dit djihadiste, soms selfs jong meisies uit lande soos die VSA en België, om te gaan aansluit. Vir die manne is daar die vooruitsig van 72 beeldskone maagde sou hulle in die stryd omkom.

Dit gaan baie moeilik wees om die IS en sy dampkring te vernietig. Aanhangers van eindtyd-opvattings kan besonder fanaties wees, en terugslae word eenvoudig in ander kontekste geplaas en verstaan. Om die IS-ondersteuners te probeer verlei met die aantreklike vrugte van ’n vry, Westerse beskawing, het eweneens min hoop op sukses omdat die Weste met sy sedelike verval met die satan self gelyk gestel word.

En vir ’n toenemend sekulêre Weste raak dit al hoe moeiliker om die dryfkragte van godsdiens in menslike optrede te verstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Reinhardt ·

Vir al wat hulle weet is dit 72 manlike beeldskone maagde… :) net n grappie.

Piet Pompies ·

Gedurende 1996 en selfs voor die tyd het die Weermag en Polisie kennis geneem van leidrade wat aandui dat die volgende Wêreld oorlog oor geloof gaan plaasvind. Die “oorlog” gaan van kort te duur wees met min impak op die Wêreld in sy geheel. Slegte voorspelling is dat Suid Afrika agv die regering se onkunde toelaat dat hierdie terroriste in gebiede soos Kaapstad en omgewing, gedeeltes van Gauteng gebruik om buitelandse gruwel dade te pleeg. Gevolglik gaan die lande hulself beskerm en hierdie wegkruip plekke in RSA word dan aangeval met siviele sterftes. So as jou buurman dalk in hierdie kategorie val gaan jy dalk die volgende sakkie komkommers kry.

Nikolaas Pienaar ·

My bydra tot die debat:
verskoon maar die spel en tikfoute,
en ek sal kritiek op my denke waardeer.

Die Christen se koninkryk is nie van hierdie wereld nie, die koninkryk wat ons verwag word ook nie deur die swaard ingehuldig nie.

Die Christen wat in die gereformeerde/protestanse tradisie staan huldig ook n skeiding tussen kerk en staat – ons verlang van die staat die vryheid om ons godsdiens te beoefen, waar ons alles wat ons aapak, kuns, kultuur, tegniek en politiek tot die eer van God beoefen, (wat as konsekwensie ook van groot nut tot die staat is – ons werk nie net om die klok te laat uithardloop nie, maar om werk van ewigheidswaarde te doen).

Omdat die kerk en die staat nie een is nie, het die Christen, wat onder die staat se regering staan, ook vrede met die feit dat hy of sy nie alles wat die staat toelaat hoef te doen nie (e.g. aborsie pleeg/homosekuelse huwelikke as geldig in die oe van die Here ag nie).
Die Christen sal wel, binne die toelaatbare middele, stemreg, korrespondensie, ens, sy minsnoe te kenne gee met wetgewing wat buite God se orde val.
Ons word ten sterkste geroep om onsself aan die owerheid as gesag te onderwerp (selfs al is daardie gesag die Roomse Ryk waarvan Nero die keiser is…)

So ‘n houding is egter nie vir die konsekwente Moslem moontlik nie, aangesien hulle nie ‘n skeiding tussen moskee en staat handhaaf nie.
Sharia(kerkwet soos ons dit sal noem) moet noodwendig ook landswet word. Landswet wat nie met ‘kerkwet’ ooreenstem nie moet konformeer, want enige wet wat nie “kerklik’ is nie (nie goddelike gesag het nie) is lasterlik.

Die strewe na ‘n wereld onder sharia wet is tekenend van die moslems se ‘stryd’ wereldwyd, sowel in Isalmietiese lande, as die sekulere weste waar hulle as minderheid die reg bepleid om hulself vorlgens hul wet te regeer (en as mederheid daardie wette toepas).

Ek dink daar is groot parallele en kontras tussen die huidige konflik wat moslems met die sekulere weste het, en die protestanse reformasie.

Ek dink die kern van die konflik is een van wereldbeelde
(en daarom een wat die sekulere weste wat sy gereformeerde Christelike fondament verwerp het nie in die langtermermyn sal kan handhaaf nie)

Die protestante het wegbeweeg van ‘n Rooms Katolieke teokrasie waar die skeiding tussen kerk en staat nie bestaan het nie, na ‘n stelsel waar godsdiensvryheid gehuldig was – dit is natuurlik die voorloper van die vryheid van spraak wat deesdae so hoog gehuldig word.
Vir die Christen het dit egter nooit op anargie uitgeloop nie, omdat ons die staat (en landswette )as ‘n instansie sien wat God daar stel (selfs ‘n swak staat.

Die moslems poog egter die teenoorgestelde, hulle wil die vryheid van spraak/sekulere vryheid onder die heerskappy van Sharia bring waar alles wat nie toegelaat word nie verbode is.
Hulle aanklag teen die weste, dat dit pervers is, is grootendeels waar, want die morele onderbou van die westerse sameleing word saam met die Christenskap verwerp.

Die deurdink en herontdek van, nie net die beginsels soos die gereformeerde werksetiek nie, maar die Een wat ons met ‘n roeping hier plaas, van wat protestante en protestante lande sterk gemaak het is na my mening nodig vir ‘n sterk en welvaardende toekoms.

Dirk Hall ·

VERKEERD. Die Seun van die Vader (soos die skrywer dit aanhaal) is volledig en ten volle op hoogte van toekomstige gebeure. Die enigste geheim is dit tyd waarop dit moet gebeur. Daniel het dit ook geweet en so ook Johannes. As die skrywer belangstel lees tog die die Profetiese rede.

DIE RES VAN DIE SKRYWER SE OPMERKINGS IS DEEL VAN DIE GEBOORTEPYNE WAARVAN GEPRAAT WORD. EN BAIE SAL STERF OMDAT HULLE GEGLO HET.

Verder waarsku die Woord dat wanner dit wederkoms wel gebeur dit ‘n verskriklike dag sal wees. Getrou aan Homself sal die wat moet weet wel weet wanneer dit gaan gebeur. Hy doen niks sonder vooraf waarskuwing nie.

Wat ontbreek in die skrywe is Putin se ontbloting van 40 lande wat IS ondersteun. Van hulle het op die G 20 beraad gesit en dit nie ontken nie. Hoekom het skrywer dit uitgelaat. IS is ‘n skepping tot ‘n doel. Die “hoax” tot ‘n wêreldoorlog en die NWO.

Frans ·

Dit is jammer dat die name van die 40 lande wat na bewering Is ondersteun deur olieaankope nie deur Putin bekend gemaak is.Is Suid Afrika dalk een van die 40?

Die einde van ons planeet se bestaan as dit op ‘n natuurlike wyse gaan gebeur lyk eerder gekoppel te wees aan die maan wat stadig maar seker besig is om weg te beweeg van die aarde en die son se brandstof wat stadig maar seker opraak.

Dit gaan egter nie in my leeftyd gebeur nie aangesien dit vir beide miljoene jare gaan neem
voordat dit ‘n werklike invloed op ons planeet gaan hê.Daar is natuurlik altyd die moontlikheid dat ‘n klomp ekstremiste reken die tyd het aangebreek vir ‘n kernoorlog
om ‘n punt te bewys en is daar veral in Amerika mense besig om hulself voor te berei vir so’n moontlikheid.

Rynhardt ·

Herman sowaar oor Iran en Mahdi wat jy daar se.Die VSA het dit moontlik gemaak vir Iran om kernwapens te vervaardig, want hul glo dit gaan die Mahdi (tweede Messias) navore laat tree.Hy gaan volgens hulle aan hul kant wees, en met die bose Westerse wereld afreken.Maar inderwaarheid is die Here daar om die gelowiges van uitwissing te red.Daar is n groot deel van die wereld wat nie verstaan hoe ernstig Iran oor sy bose aspirasies is nie.

Predicted ·

ISIS is maar net nog n bewys dat die NWO maar net besig is om sy tentakels verder in te wortel, vir die ‘groot’ plan, ongelukkig soos ek dit verstaan, volgens voorspelling gaan niemand wat moet gebeur vryspring nie, en maak nie saak wie wat doen nie, dit is hoe dit geprofeteer is, en dit is hoe dit gaan gebeur, niemand weet presies wanneer die einde van die wereld is nie (soos ons dit nou ken nie). Maar ek voel dat daar al genoegsame bewyse is. My voorstelling is dat die tyd redelik naby is, dat mense hul geloof moet regkry.

Delta Mike ·

Ja Maroela Media, ek was onder die indruk julle “hou van n lekker warm debat”. Wat in my kommentaar is nou weer nie polities korrek genoeg om te publiseer nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Delta Mike

Jou kommentaar is afgekeur weens die vloekwoord wat daarin verskyn.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Die paashaas ·

Dirk Hall, daar staan tog duidelik in Mnr. Toerien se bogenoemde skrywe dat net die Vader alleen die tyd en uur weet. Dit is skriftuurlik korrek volgens Mattheus 24:36. Jy het net verkeerd gelees. Jou bewering daarteen dat sekere mense die tyd sal weet en waarskuwingstekens sal ontvang, is verkeerd en onskriftuurlik as die Skrif dit duidelik stel dat nie eers die engele die tyd en uur sal weet nie, maar die Vader alleen. Die res van jou kommentaar bevat blote samesweringsteorie.

Dee ·

Myns insiens Vat Herman Toerien en Dirk Hall dit mis. (Moet nie die ‘myns insiens’ mislees nie) Die Seun het nie geweet wànneer dit sou wees terwyl Hy op aarde was. Nòu deel Hy alle kennis met die Vader.

Dirk Hall ·

paashaas jy sal seker nie nou hier lees nie. Dit is geen samesweringstoerie nie. Pas is ‘n Turkse joernalis toegesluit omdat hy feite openbaar het. Hoekom veg ISIS met Amerikaanse wapentuig. Nee oudste iemand steek iets weg. Iemand wat goed skaak kan speel. Hy/hulle het sover weggekom. Putin word uitgekruit as ‘n verraaier van die nuwe wereld orde. My mening is dat hy dalk nie die Gog is nie. Dalk was die Jode tog reg om Bush as die Gog en Magog uit te wys. Die feit is ons gaan nie een dit ontkom nie.

Verder net dit. Die Here het telkens gewaarsku voor Hy straf toegedeel het aan die nwat nie mwou luister nie. As jybdit as onbybelms beskou is dit fine Hoelank het Noag aan sy skip gebou? Hoelank had die mensdom gehad om te bekeer? Het hulle? Die wat nou ore het sal luister en weet die tyd is hier. Al is dit nog ‘n 100 of 200 jaar, maar dit is uiters naby. Die afgelope 25 jaar is die voorloper tot die einde.

Die laaste oordeel is nie kollektief nie, maar individueel. Of jy dit glo of nie is jou saak. Vir my is die tekens elke dag meer en meer duidelik.

Gegroet

Rynhardt ·

Genis, ek het nie tyd om met “slimmes/ te argumenteer nie! Op 8November reeds het Radio Helderberg dit duidelik gemaak dat Iransy kernooreenkoms inwerking gaan stel.Soos ek reeds gese het, VSA het dit als moontlik gemaak.Ook is dit bevestig deur bekende amerikaanse persoonlikhede, Alex Jones en Steve Quayle! Ek vat dit nog n stap verder.Die Burger het op 10Nov.berig dat Rusland langafstand missiele aan Iran verskaf het.Dit beteken hy kan kernplofkoppe aan hierdie missiele heg.Dit beteken hy het verskeie opsies.Vir die rekord, ek het nie bogenoemde of die Trumpet nodig om te sien wat aangaan in die wereld nie, Genis! My oe is oop en nie permanent toe soos joune nie! My insig en visie strek verder as u s’n!

Ernest ·

Ek neem ligtelik kennis van al die bogenoemde kommentaar, maar dit lees ook maar soos die spreekwoordelike ” kat in die duiwehok”. Almal dink dis ‘n kat, maar niemand kan in die donker sien of dit wel ‘n kat is nie. My mening is dat die Magna Carta (menseregte) die grootste oorsaak van al hierdie probleme is. Mense het soveel “regte” gekry dat hulle nie meer kan onderskei tussen dissipline en wanorde nie. Soos SA se betogende studente as voorbeeld. As jy nie JOU sin kry nie, verwoes alles……Dit het NOOIT vantevore op hierdie wyse gebeur nie. Die Franse Rewolusie is sommer ‘n voorbeeld en ook andere, waar ontevrede mense hulle gevoel te kenne gee, MAAR sonder om te moor, plunder, en alles te probeer vernietig.

Wat se ek..???? Die Owerhede moet weer soos van ouds DISSIPLINE handhaaf en van ongedissiplineerde mense ontslae raak deur tronkstraf ens. Dit was lankal tyd om weer die doodstraf terug te bring om mense te dissiplineer. Menseregte soos ons dit deesdae beleef is die “gif in die adder”. Die Bybel het min te doen met geskiedenis van barbare…….

Swanna ·

Ernest ek stem wat jy se. Die mens is nie meer gedissiplineerd nie en dit het begin met die Franse Revolusie en die wat daar op gevolg het. Soos jy se “menseregte” wat ‘n vloekwoord.
Selfs die vorige kommetare is soos ‘n iets in die donker in ‘n duiwe hok of hoender hok los te laat. Wat ‘n lawaai en deurmekaar spul. Mens, gaan bestudeer die Woord van God en maak seker wat daar staan verstaan jy en nie net aanneem wat die wereld en sy mens kwytraak op slurp nie. Baie van hierdie voordspellings en “gossip” soos die engelsman se is om juis jou deur mekaar te maak. Die Bybel vertel jou presies wanneer en hoe dit gaan gebeur en ook by gese dan moet jy ook die korrekte Bybel lees. Nie een van die aangepastes wat die hedendagse mens pas om te lees nie, een wat jou waarsku en tugtug en sy woorde wat die waarheid na jou toe bring.

GES ·

Ernest -Dissipline is die sleutelwoord. Ek kan nie genoeg saamstem nie. Het mense regte nodig?

Gerhardt ·

Onthou net dat alles binne konteks en relatief is. Bv Is verkeerde spelling nou swak dissipline? Maak spelling regtig saak? Is dissipline bv onderdanigheid aan Noord Korea se leier? Is gratis arbeid soos in die ou weermag dissipline? Wie besluit , wie stel die grense van dissipline? Mag ek luidkeels betoog teen vrot vleis in ‘n winkel? Ons moet versigtig wees. Naasteliefde en die goue reël, dit is vir my dissipline.

SortingRSA ·

Moes lang lees voordat ek iemand kry wat sin skryf – Ernst! Behalwe natuurlik vir die stuk oor die doodstraf (kom ons los daardie gedeelte; heeltemaal ‘n ander debaat. Deur die jare is daar oorloë en gemoor in die naam van “geloof”. Die onderliggende oorsake was altyd die opbou en misbruik van mag deur gebruik te maak van een of ander instrument, bv. geloof en politieke teorieë, wat die magebbers gebruik om mense (normaalweg ongeleterd, oningelig en totaal onbewus oor die grotter prentjie) te omlei, misbruk, beroof en in baie opsigte martel. Dis presies wat nou aan die gebeur is. The maghebbers in die IS “kant” doen dit en mens wonder party keer hoeveel sulke magspeletjies word deur die sogenaamde goeie Westese leierskap wat (nie sulke goeie) dinge doen in die geheim in die naam van regverdigheid op die langeduur. Wat tans aan die gaan is het niks te doen met gelowe nie. Dit kan nie. Want nie een van die gelowe in die spel se fundamentele beginsels preek sulke baarbarse aksies nie. Wat wel waar is, is die verdraaing, misbruik en interpretasie van geloof om selfsugtige agendas te dryf. Enige persoon wat glo aan die 72 maagde storie (hoe pateties!) is totaal mis-ingelig oor die konsep van geloof. So ‘n persoon sal enige iets glo, ook dat die ANC sal regeer tot Jesus se weerkoms, of dat jy aanhou kan iets kry sonder om daarvoor te werk . Ongelukkig vir ons is daar teveel sulke mense in ons wêreld. Mense wat toelaat dat “leiers” hulle oorreed om skole en universiteite af te brand want beter opleiding wag aan die anderkant, of om hulself op te blaas want 72 maagde (hoekom sal dit noodwendig ‘n ding wees wat enige geloof peek?) lê vir jou aan die anderkant en wag!

Johannes Meintjes ·

Ek gaan akkoord dat te veel dinge in en om die kerk aan die groot klok van eindtyd profesie gehang word, en selfs tot groot misleiding deur mense en magte op aarde nagemaak word.
Dat elkeen (Godvresend) die regte ding op die regte plek en die regte tyd moet doen, skiet egter dikwels in die praktyd tekort. Dit gee die werkers van ongeregtighede hope oop ruimte om te maak soos wat hulle wil en ook ons in SA pluk die slegte vrugte.

GES ·

Maroela, kan hierdie onderwerp dalk na debat of êrens elders geskuif word sodat dit langer beskikbaar kan wees vir deelname?

Rietrot ·

Feit is: Die mens is verandwoordelik vir dit wat plaasvind. En nie die mens se wil sal geskied nie maar wel God se wil.

Retha ·

Op hierdie oomblik kyk ek en my man na wyle Dok Monty Eloff se DVD oor tekens van die eindtyd. Ek kan dit regtig aanbeveel. Gaan kyk op Patmos bediening op google en daar is hele reeks. Jul kan die DVD by Wyle Dok Monty se eggenote bestel. Regtig die moeite werd om te kyk. Ek wil nie haar nr op Media uitbasuin, maar kontak my op fb en ek sal die nr vir belangstellendes inbox

GES ·

Die Bybel sê dat as die vyeboom weer begin bod, daardie geslag nie verby sal gaan nie tov die Wederkoms. Ek is bewus daarvan dat slegs ons Vader die tyd weet. Hierdie is net spekulasie. Die algemene gevoel is dat die vyeboom die staat Israel voorstel en die staat Israel het weer in 1948 op die been gekom. ‘n Geslag het meer as een tydlengte nl 40 jr, 70jr, 80jr of 120jr. My vraag is, kan dit as ‘n rigtingwyser gebruik word om te bepaal waar ons in tyd verkeer?

Dee ·

Bod is ‘n aanbiedieng. Kan jy dalk bot bedoel het? Skrifverwysing asseblief.

GES ·

Dee – Markus 13 handel oor die eindtyd en tekens. Markus 13:28, 29 en 30 maak melding van die vyeboom wat bot en geslag wat nie verby sal gaan nie. Die vyeboom is ook die nasionale boom van Israel. Ek stem ook nie met jou opmerking saam dat die eindtyd aan Jesus bekend is nie. Ek verkies die siening van mnr Toerien. Lees asb ook Markus 13:32. Ek vermoed jy het ‘n aanname gemaak.

Franci ·

Ons kan spekuleer en bespreek nes ons wil. Baie van die skrywers lig raakpunte uit, bv. herstel van dissipline, die feit dat die mens oormatige regte bekom het ens. Ek glo baie van die dinge wat gebeur ,is om ons te verblind en ons aandag af te lei van die werklike belangrike Persoon, nl Jesus Christus.

As ons vashou aan Hom en glo soos ‘n kind ( Sy opdrag aan ons) maak al die teorieë nie saak nie. Dis onbelangrik hoe ons tot sterwe gaan kom, hoe die aarde tot sy einde gaan kom. Onafwendbare feite.

Ons moet nie onverhoeds betrap word nie. En al hoe mens dit gaan regkry, is met ons oë gerig op Hom.

Dinge werk altyd uit soos dit moet, mens wil, God beskik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.