Nuuskommentaar: Is Geloftedag nog op koers?

Geloftedag word regoor die land gevier. Argieffoto.

Talle nuusberigte voor Geloftedag laat dit klink of Geloftedag nie meer bestaan nie, en deur Versoeningsdag vervang is. Tog word spesiale volksdae en volksfeeste erken, en wêreldwyd gevier, en hoewel Geloftedag in sekere sin sy amptelike status “verloor” het en nie meer wetlik alle Suid-Afrikaners inbind nie (as dit ooit die doel was), het dit volgens die internasionale reg as minderheidsreg steeds wettige status, solank die Voortrekkers se vredesdoel, soos onder meer verwoord in Piet Retief se manifes, nie uit die oog verloor word nie.

Nog voor Geloftedag vanjaar aangebreek het, moes Suid-Afrikaners al soveel keer oor die luggolwe aanhoor dat dit vandag Versoeningsdag is, voorheen bekend as Geloftedag – so asof Geloftedag nie meer bestaan nie. Tog word Geloftedag jaarliks skynbaar by al hoe meer geleenthede gevier.

Ongelukkig is baie van hierdie geleenthede as teenvoeter bedoel vir ander Geloftedagbyeenkomste waarmee daar onder meer polities fout gevind word. Soms is onenigheid oor die betekenis van die woord “Sabbat” genoeg rede dat ’n eie fees gereël moet word. Daar is ook meningsverskille oor wie deur die Gelofte ingebind word, en wie uitgesluit moet wees, of wie by die geleentheid welkom is, al “kwalifiseer” die persoon nie daarvoor om weens afstammeling “verpligte deelname” opgelê te word nie.

Is daar nie dalk ook iets te leer uit die gesindhede wat spruit uit diaspora-gemeenskappe van verskeie volke nie? Terreurkenners het lank reeds opgelet dat die diaspora-gemeenskappe soos dié van die Iere/Noord-Iere, Armeniërs en die Tamils die hoofoorsaak is dat die eintlike konflik tuis baie moeilik tot vrede gebring kan word omdat die mense in diaspora so geradikaliseer is dat geld en wapens vir die stryd bly invloei. Dit hou die gevaar in dat selfs skynbaar geslaagde vredespogings weer kan opvlam. Gelukkig is die Afrikanermanifestasie daarvan dat Geloftefeeste ook in die buiteland gehou word, of dit nou deur Ausiekaners, Kiwikaners, Yankeekaners, Kanakaners, Soutiekaners of Kaasekaners is.

En ja, daar was ’n tyd toe Geloftefeeste erg polities “gekaap” is. Soms is dit steeds die geval by geleenthede waar die bywoning deur politieke oriëntasie eerder as gebondenheid aan die Gelofte bepaal word.

Oor die jare is die geskiedenis ook erg herskryf om die Gelofte te laat pas by sekere eksklusiewe politieke sienings. In ’n stadium het die aantal bruin en swart mense in die laer van Bloedrivier al hoe minder geword, terwyl die aantal vroue en kinders in artikels hieroor gereeld al hoe meer geword het – en Andries Pretorius gelas het slegs mans sal die strafkommando meemaak.

Argieffoto ter illustrasie

Verlede jaar het pres. Cyril Ramaphosa baie mense geskok met sy weergawe van die Bloedrivier-gebeure, wat dit min of meer uitgebeeld het as deel van die beweerde grond- en veeroof. Om die werklike konteks te behou is dit nodig dat die inhoud van ander belangrike dokumente en opgetekende uitlatings deeglik verreken word. Een hiervan is Piet Retief se manifes wat in die Grahams Town Journal gepubliseer is. Retief se aanvaardingswoorde nadat hy tot president van die Voortrekkers verkies is, en ander hou belangrike leidrade in.

Veral sewe punte van belang spreek uit Retief se manifes – dat daar geen vooruitsig vir vrede of geluk vir hul kinders is as hulle aan die Oos-Grens sou bly nie, daar was voortdurende aanvalle (omdat die owerheid nie sy plig van beveiliging nagekom het nie), ’n strewe na vryheid, ’n strewe na wet, orde en rustigheid, asook vreedsame verhoudings (en dus nie heeltemal vreemd aan die gedagte dat alles op versoening sou uitloop nie), en ten slotte “Ons verlaat nou die vrugbare land van ons geboorte, waar ons groot verliese en voortdurende ergenis moes ly, en betree ’n wilde en gevaarlike gebied; maar ons gaan met ’n vaste vertroue op ’n alsiende, regverdige en barmhartige Wese, wie ons sal strewe om te vrees en nederig te gehoorsaam.”

Die gedagte van versoening spruit moontlik die duidelikste uit punt 8 van die manifes: “In die loop van ons trektog en in die land van ons vestiging sal ons aan die inboorlinge ons bedoelings bekend maak en hulle van ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef, in kennis stel.” Die Malema-stem wat in reaksie gehoor word, bevorder nie juis hierdie voorneme nie.

’n Plaasbakkie wat op die vooraand van vanjaar se Geloftedag met slagspreuke soos “Kill the Boer” met spuitverf “versier” is, en toe aan die brand gesteek is, demonstreer die noodsaak van die Gelofte tot vandag toe duidelik. Tydens vandag se Geloftedag eggo Julius Malema se haatspraak wat juridies nie haatspraak is nie, nog in die ore.

Geloftedag mag vandag sy amptelike status verloor het, maar volksfeeste vir minderheidsgroepe word oor die hele wêreld gehou, ook in lande waarheen dele van minderheidsgroepe verplant is, soos die bekende jaarlikse Beierse Bierfest op die Catskill-berg in die VSA. Nogal met egte Oempa-musiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Werner ·

Vir my sal dit altyd Gelofte dag bly hulle het nog 364 ander dae as hulle versoeningsdae wil hou

Koos de Meyer ·

Dit is ‘n gelofte wat aan God gedoen is en politiek moet hier uit gehou word. Daar sal nooit versoening kom solank as wat ons vermoor word nie. Ons kan alleen op God vertrou soos ons voorvaders en die gelofte gestand doen.

Oom Willem ·

Geloftedag gaan nie oor die oorwinning wat die 464 boere oor 10 000+ Zoeloes behaal het nie maar die feit dat een nasie wat deur ‘n ander nasie aangeval is hulle voor God verootmoedig het en dat Hy die oorwinning behaal. Daarom gaan hierdie dag oor Hom en nie oor hulle wat op 16/12/1838 by Bloedrivier was nie. Vergelyk ook Israel se tog deur die Rooisee, Gideon se oorwinning oor die Mideaniete, en die son wat gaan stilstaan het om Josua die oorwinning te gee. Alles slegs die werk van die God van hemel en aarde.

Akademi Buktu ·

Ek het in 2004 ‘n “Geloftefees” by ‘n “Geloftefeesterrein” buite Nylstroom bygewoon. Die Almagtige God was egter nie uitgenooi nie en daar was weinig, indien enige, verwysing na Hom. Dit was ‘n aanbiddingsfees van Afrikaans – alles het daaroor gegaan.

Petrus ·

Jy’s reg. Dit klink al hoe meer of Afrikaners die dag gebruik om hulself te verheerlik en spesiaal te voel. God se rol is toevallig. Daarna voel almal trots en gelukkig.

Sonja ·

Ek deel nie in hul versoenings dag, 16 Desember is GELOFTEDAG vir my. Wat die res se en dink en in ander se kele afdruk, traak my glad nie! Ek sal My Here My God vereer vir hierdie dag, vandag en altyd!

Strandloper ·

@Werner. Stem saam. Dit is ons reg om die dag ons eie te maak! Dankie Herman vir die lekker lees berig.

Johann M van Heerden ·

Vir my is geloftedag, bloukransmoorde en die ‘bloedrivier’ en CR se reaksie op Bloedrivier en paddakook stellings simbolies. Dit is ook duidelik hieruit dat mens na jouself moet kyk en op jou self aangewese is. As jy nie saamstaan en saam trek nie, gaan jy ondergaan. Die ‘slim’ akademici en ons pers het ons in ‘n gemors ingepraat en skrywe. Ons word steeds van alle kante gedruk en beswadder deur swart en ons eie ‘witmense’. As jy probeer keer word jy as ‘regs’ of rassisties afgemaak. Dit terwyl swart op wit rassisme deur sg SEB, taalonderdrukking en keuring van sportspanne en studente vir bv medies, ens ongestraf hoogty vier. En ons laat dit toe. Hoe kortsigtig kan mens wees.

Herman van Staden ·

Ek stem ook saam. Dit sal interesant wees om Malema (en andere) se snert te hoor wat hy/hulle weer iewers op n podium kwyt raak.

Gelofte ·

Vir my bly dit Gelofte Dag en so sal dit bly.

Ek stuur my nie aan die lot Kommuniste wat dit ook wil vernietig nie.

Hans ·

Gaan die bakkie beskadigers en brandstigters ooi opgespoor en gestraf word.

Willem Grobler ·

Ja eendag. Wanneer die tandemuis die minister van wet en orde word.

chantel ·

GROOT deel van ons geskiedenis Ek probeer my bes om die jeug daarvan bewus te maak….ek voel bitter skuldig want ongelukkig kan ek nie die dag as n sabbat dag deur bring nie

Japie ·

Dit is die dag wat eintlik n wonderwerk was. Dit kan alles net aan Die Hoer Hand se ingryping toegeskryf word. Ek het niks om te versoen nie. Ek is n boer n landbouer. Ons Hou vandag godsdiens en ek herhaal die belofte op my plaas.

André André ·

Cyril Ramaphosa sê vanoggend in sy jongste weeklikse nuusbrief Suid-Afrika word nie meer gekenmerk deur rassisme en onverdraagsaamheid nie. Hy is duidelik ver van die realiteit verwyder, ook het hy nie die gebeure op die EFF se konferensie wat sopas gehou is gevolg nie, nog minder het hy gehoor wat Julius te sê gehad het. Ook het hy nie gelees wat Herman Toerien vandag hier skryf en watter aspekte hy aanraak nie.

Eddie ·

Wat is die Webadres waar ‘n mens die weeklikse nuusbrief kan lees , ek wens dat Maroela ‘n opsomming daarvan , dalk met Hendrik se kommentaar , sal publiseer

Schalk ·

Die groot vrees vir die regering, is die samekoms van blankes in die Here se naam! Want hulle het geen mag daarteen! Hulle weet dat hulle verlede baie duidelik wys dat hulle nie sonder ons kan funksioneer nie! As apartheid dan vir die regering so verkeerd was? Hoekom straf hul ons nie met die ergste apardheid waaraan n mens kan dink nie! En gee ons ons eie aparte land of aparte woonbuurte…. Aparte skole, winkels, dokters, hospitale……?? Of weet hul dan die blankes als staande en instand hou? Vra maar net?

jean ·

Nog nooit soveel wedersydse haat as tans…………..waar kom die kamtige versoeningsdag in?

Jan Seerot Aucamp ·

Ek is ‘n Aucamp,en ek is gebind deur die gelofte en die verbond wat gesluit is synde my voorgeslag betrokke by Die Slag van Bloedrivier was. Ek woon in Mosambiek en my vriend en kollega alhier, is ‘n man Roets. Sy voorgeslag was ook daar toe 7 soorte wit waks uit die Zoeloes geskiet is.
Ons onderhou Geloftedag. Basta met die res.

Amen ·

Japie God seën jou en jou gesin dankie.
Onthou uit dankbaarheid My ouers se ouers se gelofte in geloof in God, is die rede dat ek en my gesin, vandag die voorreg van SY genade en beskerming kan beleef. Loof en prys Drie enige God Amen.

Saintjordaan ·

Dis so, dat die Afrikaner deur God uitverkies is om die laaste dag evangelie nie net in SA nie, maar dwarsdeur die wereld uit te dra…
Maar hier is die issues wat oorkom moet word voordat daar enigsins EENHEID kan kom, want sonder EENDRAG MAAK MAG, sal daar van geen oorwinning sprake wees soos die Afrikaner minderheid deur ‘n oormag van talle vraagstukke omring word nie, dit lyk onmoontlik…
So ons weet God en geloof in Hom is die antwoord…soos Moses by die rooi see, Gideon by Midian en so voorts…
Die vraag is: WIE IS GOD?
So kom ons gaan Skrif toe, wat se God Homself deur Sy aangesteldes Moses, Jesus Christus?
Deut 6:4; Mark 12:29-34
HOOR ISRAEL, DIE HERE (JAHWE) ONS SE GOD IS EEN..’N ENIGE GOD, NIE DRIE NIE…
So as die EEN WARE GOD, die HOLY ONE OF ISRAEL, wat GEES IS (Jeus Christus se eie getuienis Joh 4:23-24) in Gees en Waarheid aanbid word met een van hart, een van denke Rom 15:5-6, Ef 4:6 EEN GOD EN VADER wat oor almal is, deur almal werk en in almal is …(Gesalfdes!!! Een nuwe mens in Christus Ef 2), dan word alles EEN…
Een kerk,
Een geloof..nie 43000 nie
Een hoop (op heerlikheid Kol 1:27,28)
Een nuwe hemel en nuwe aarde…soos gebid is deur Jesus Christus…soos dit in die hemele funksioneer…net so op die aarde…
So nie…kan maar net verder gekerm en gekla word…
Kom ons begin hier…, anders los maar…

Kallie ·

Liewe heilige, waar kom jy daaraan dat Afrikaners God se uitverkorenes is? Ons is alles behalwes ‘n voorbeeld vir ander.

Die regte Grassie. ·

Het vandag die geloftefeesdiens by die gelofteterrein in Witrivier bygewoon. Die saal was heeltemaal vol en baie mense het buite gesit. Die diens was waargeneem deur ‘n jong leraar, Ds Henning Dafel (APKerk). Dit was beslis die beste geloftedagdiens wat ek in my redelike lang lewe gehoor het en het ‘n mens weer moed laat skep. Dit is jammer dat baie Afrikaners onverskillig geword het en nie meer geloftedagbyeenkomste bywoon nie.

Hanna Hoekom ·

Ek was ook vandag by n stampvol Geloftefees! Seker oor die 800 mense. En die Gelofte sal ek en my kinders hou. Versoeningsdag kan maar gaan slaap. Hierdie vyand wil nie versoen nie, hy wil vergeld! Stel glad nie in hul Versoeningsdag belang nie.

jaco ·

AP Kerk net oop vir wit mense… Dan kla ons wittes oor swartes se rassisme teenoor ons…

Die regte Grassie. ·

Ja, Frik, daar was baie NG lidmate teenwoordig. Dit is ‘n interkerklike erediens en elkeen van die Afrikaanse kerke kry om die beurt geleentheid om die diens aan te bied. Dit gaan nie oor kerkverband nie, dit gaan oor ‘n Afrikanervolk wat hulle voor God verootmoedig ter nakoming van ‘n gelofte wat gemaak is.

Kerneels ·

Stem saam Jaco. Een oomblik is Afrikaners hoog heilig, maar die volgende oomblik …..wel. Maar God slaap nie.

Sê-maar-net ·

Ek is nie eens ‘n gebore Suid-Afrikaner nie, maar ek vier al jare lank elke jaar Geloftefees. Hoekom in jou voorgeslagte se doen en late gaan grawe met die hoop dat jy dit kan vryspring? Ek is getroud met ‘n trotse Voortrekkerafstammeling wie se voorvaders deel van die Slag van Bloedrivier was! Maar jare voordat ons ontmoet het, het my ouers en al hul kinders elke jaar Geloftedag gevier!

JohanR ·

Lees enige iemand ooit ou Cyril Ramaphosa se weeklikse nuusbrief? Ek het rerig beter dinge om te doen met 10 minute van my lewe! Verbaas daar is nog nie stappe gedoen om die Voortrekker Monument af te breek nie, en “low cost housing” op te sit! Was iemand al onlangs Pretoria CBD in? George Orwell se Animal Farm het daar waar geword…..siessa!

Wit Willem ·

Ek en my gesin was vandag soos die laaste 22 jr by die Gelofte Fees by die vrouemonument in Bloemfontein. Ds Sarel Celliers die agterkleinkind van Sarel Cilliers het die diens waargeneem. Wat n voorreg en eer om dit saam honderde mense te kon deel. Dit is ons as blanke volk se plig om die Gelofte na te kom.

DB ·

Deu 23:21  As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word. 

Han 5:29  En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense. 

Wonder net ·

So by myself wonder ek oor reaksies toe die naam destyds na Geloftedag toe verander is: “Geloftedag se voet! Vir my is dit Dingaansdag en so sal dit bly.” Die feit is dat, as ‘n gebaar van versoening, die dag as openbare vakansiedag behou is, so niemand probeer ons die reg ontneem om geloftefeeste by te woon of wat ook al nie.

Paula ·

Wonder net, die slag van bloedrivier het niks met Dingaan uit te waai nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.