Nuuskommentaar: Is Gerrie Nel se AfriForum-stap omstrede?

Kallie Kriel en Gerrie Nel. Foto: Rozier van Tonder/AfriForum

Kallie Kriel en Gerrie Nel. Foto: Rozier van Tonder/AfriForum

Te midde van groot opgewondenheid oor die hou wat Gerrie Nel en sy nuwe eenheid binne AfriForum teen korrupsie tot op die hoogste vlak kan inkry, is daar die enkele nat lappe wat AfriForum negatief beskou en daarom die hele proses verdag wil maak. Daar word beelde geskets van “grootskaalse ongelukkigheid” wat egter nie in die media neerslag vind nie.

Niemand, maar niemand wat na ’n korrupsievrye Suid-Afrika streef, kan anders as om opgewonde te wees oor die nuwe private vervolgingseenheid wat AfriForum tot stand bring nie, en veral nie dat adv. Nel, of te wel die Bulhond, aan die hoof daarvan sal staan nie.

Nel het 24 uur kennis gegee as senior aanklaer by die Nasionale Vervolgingsgesag om van vandag af aan die hoof van die eenheid te staan, ’n eenheid wat gelykheid voor die reg nastreef en waar niemand, ook nie die president nie, vervolging weens politieke bande kan vryspring nie.

Maar tog stem almal nie saam nie, of dan nie in geheel nie. Adriaan Basson, nou hoofredakteur van News 24, skryf dat Nel ’n fout maak om by die “omstrede” AfriForum aan te sluit. Hy deel wel teelepeltjies suiker aan AfriForum se goeie werk uit, maar oorhoofs is AfriForum volgens hom nie ’n goeie ding nie. Hy skryf ook dat Nel se stap ’n polemiek veroorsaak het, veral op sosiale media.

Nog ’n AfriForum-kritikus is prof. Pierre de Vos. Hy voorsien egter regsprobleme vir die bestaan van die nuwe eenheid omdat die Grondwet net voorsiening maak dat private vervolging kan geskied deur ’n individu of regspersoon wat ’n belang het. AfriForum is immers geen individu nie en, volgens De Vos, het dit geen regstreekse belang by gevalle waar individue of regspersone deur korrupsie benadeel is nie.

Dit, volgens Kallie Kriel, hoof van AfriForum, is een van die struikelblokke waarna gekyk word.

Oor Basson se kritiek kan eintlik maar net die kop geskud word. Op die uwe se Facebook-blad wat sy eie vriende van oor die ganse politieke spektrum insluit en na ’n duisend in totaal begin aanstap, was  met die laaste nagaan nie ’n woord van kritiek oor Nel se besluit om by die “omstrede” AfriForum aan te sluit nie. Almal is opgewonde by die vooruitsig dat ’n stokkie nou voor politieke patronaatskap se wiele gesteek kan word.

Ook Google bring, so ver oor die kwessie nagegaan kon word, nie kritiek aan die lig nie, hoewel aanvaar word dat dit wel voorkom. Maar of dit so oorweldigend is, is te betwyfel. Hoewel Netwerk 24 se koerante nog nie hoofartikels hieroor die lig laat sien het nie, skryf Barnard Beukman, redakteur van Beeld, heel positief oor die stap: “Maar om – soos in sommige kommentaar gister – die aanname te maak dat enigiets wat Nel en AfriForum wil probeer noodwendig as ’n aanval van wit op swart beskou sal word, is jammerlik naïef. En speel in die hande van ’n narratief wat juis ’n soort politieke heiligheid probeer skep vir sommige en boewerolle vir ander.

“Dit is op sigself onnodig verdelend. En speel so in Zuma en kie se hande. Almal hoef nie mekaar sy benaderings te aanvaar nie. Maar waar iemand iets probeer doen, moet dit minstens objektief en teen uitkomste gemeet word. Oor na Nel en AfriForum vir hul uitkomste op dié ene.”

Ook die Mail & Guardian skryf bloot feitelik, maar verwys tog na die oorsaak oor waarom die Vervolgingsgesag se onderhoof, Nomgcobo Jiba, haar mes so vir Nel in het: “In 2008 Nel was arrested on trumped-up fraud charges while pursuing Selebi. It later emerged that suspended deputy NPA head, Nomgcobo Jiba, was instrumental in securing an arrest warrant against Nel.

“In 2011 City Press reported that Jiba’s hostility against Nel was caused by his involvement in a fraud case against her husband, Booker Nhantsi.

Nhantsi, a former lawyer and Scorpions investigator, was jailed for stealing money from his law firm’s trust account. President Jacob Zuma later expunged Nhantsi’s criminal record.”

Dat Nel deur hel is by die Nasionale Vervolgingsgesag en ook rede sou hê om ’n steek in te kry deur 24 uur kennis te gee, sal niemand kan betwis nie. Tog hanteer hy die kwessie met waardigheid en raak hy nie by swartsmeerdery betrokke nie. Sy oordeel dat die Vervolgingsgesag te veel mense weens hul politieke bande nie vervolg nie, is egter die ergste soort aanklag wat ’n liggaam soos die Nasionale Vervolgingsgesag in die gesig kan staar.

Daar kan verwag word dat politieke vyande “bekommerd” sal wees oor al hoe meer tekens dat ’n staat binne ’n staat tot stand kom. In die internasionale konteks word so iets gewoonlik baie negatief beskou, en met effektief dieselfde ingesteldheid as staatskaping beskou. Die Solidariteit Beweging se Selfhelpaksie (Plan B) dra egter eerder die kenmerke van ’n hoofsaaklik korporatiewe selfbeskikking waarvoor artikel 235 van die Grondwet voorsiening maak. Nel se eenheid moet egter eerder gesien word as ’n projek om ’n gevaarlike manipulering van die Grondwet om patronaatskap en skewe vervolging teen te werk. Dit behoort almal wat geregtigheid en ewehandigheid voorstaan se steun te geniet.

Daar kan verwag word dat Nel nou in die aanstelling van personeel, en veral in die lynfunksie, net die beste onder die bestes sal uitsoek.

Intussen het Zuma rede om snags te begin wakker lê. Sy ampseed, wat deel van die Grondwet is, maak dat elke landsburger ’n belang het dat ’n president nie die land deur bedrog besteel nie, hetsy regstreeks of onregstreeks deur staatskaping waar vriende in ruil vir gunste mildelik hul dankbaarheid betoon.

Mag Nel se eenheid hoogs suksesvol wees en mag AfriForum ruim ondersteuning van die publiek hiervoor kry. Dit is in almal se belang dat die eenheid slaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Geluk Gerrie ·

Dit is ‘n gewone mens (regspersoon) wat ‘n besluit geneem het om van beroep te verander. HOEKOM moet mense nou so aangaan en altyd die bobbejaan agter die bult gaan soek. Daar is GEEN verskuilde agenda nie, hy het van BEROEP verander, hy was 36 jaar ‘n staatsaanklaer, hoekom kan hy nie nou iets anders gaan doen in dieselfde veld nie? Los die man nou uit en gee hom kans om sy werk te doen . kannie glo ons Suid Afrikaners het so BEHEP geraak met ander se sake nie. As Adv Liebenberg bv sou bedank (wie hy ookal is) en aansluit by Afriforum, sou almal so tekere gegaan het? Weet net hy het NIE Afriforum toe gekom om te kom Koffie drink nie!

Just saying? ·

Dis die beste besluit vir Gerrie, sy familie en sy eie “sanity”. Enige Suid-Afrikaner maak nie saak wat sy vel kleur sal eerder vir ‘n private instansie werk as vir die staat indien so ‘n aanbod gemaak word en verskeie faktore speel daar ‘n rol. Geld, sekuriteit en ook jou eie gewete. MAAR soos als in Suid-Afrika is daar ‘n rasse kwessie. Nes ‘n luisteraar op Jacaranda FM vanoggend genoem het “I think it is wrong that he is going to an institution who supports the minority we need him more” (of so iets). Sy aanstelling sal dus van nou af altyd gesien word as sulks. The mlungu Afrikaner is showing his true colours. Notwithstanding his impeccable reputation and integrity – no that is all forgotten now – because he is now linked to a white, afrikaner institution. He could have rather joined ANY other private institution but not one which supports the minority, that would have been more acceptable to the majority. Wat het die “majority” te vrees… hulle is tog presies dit… “the majority” …

Snip ·

Baie geluk Gerrie en voorspoed vir die toekoms. Ek dink jy het `n goeie skuif gemaak. Nou sal jy sien hoeveel skurke is daar buite wat ons nog nie van weet nie. Watch out, this Bull dog is coming for you.

Katryn ·

Baie baie geluk Adv. Gerrie Nel!! Jy is ‘n vroeë oggend ster in ons opkomende nuwe SA. ! Die Aller Grootste Een het jou persoonlik aangestel!

Adam Boshoff ·

Dink mense wat Gerrie Nel kritiseer is bang hulle maatjies gaan nou aan die pen ry en hulle kraantjie van geld insamel gaan opdroog Go Gerrie die meerderheid steun jou

Leendert ·

Jy is 100% reg Herman. Dan is daar mense uit die Netwerk24 stal wat ook nog vraagtekens plaas. Marida Fitzpatrick berig gister dat Afriforum mag volgens wet nie privaat vervolg nie. Alicetine October beweer daar moet fout wees as hy so skielik loop, maar volgend Adv Gerrie Nel kom die gesprekke al vir ‘n jaar lank aan.

Hierdie gebeure is verseker een van die grootste en belangrikste in die nuwe Suid Afrika in belang van geregtigheid, ook plaas dit Solidariteit en Afriforum op ‘n heel ander vlak, wat kollosale rolspelers in die land geword het en verseker nie geignoreer kan word nie.

Milan ·

Wel gedaan Afriforum. Mnr. Basson, aanvaar asb die bestluit van Mnr. Nel. U uitlatings stel u in ‘n amateuragtige lig.

Stem 100% saam ·

Milan, stem 100% saam. Sterkte Gerrie Nel en jou span, vat elke oomblik en saak volspoed aan en wys elke negatiewe leë blik verkeerd met jul sukses, want agter jul gaan groot suksesse wees!!!!!!

Santie ·

Baie geluk Advokaat Gerrie! Ons is bly jy het jou gewig by AfriForum gaan ingooi. Van een ding is ons seker – jy is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie en sal doen wat reg is vir ons mense sonder ‘n stem. Sterkte.

Isabel ·

Baie geluk met jou groot stap Adv. Gerrie, almal het ‘n verandering in sy lewe nodig, jou uitdagings lê voor, pak hulle en maak ‘n sukses daarvan. Ignoreer die ou suurpruime, dit is juis hulle wat agter die deur staan. Jy het my volle steun en wens jou en jou gesin al die beste toe.

Pietser ·

Ek dink nie die persepsie onder die grootste deel van die bevolking dat Afriforum en Solidariteit primer daarop gemik is om die Afrikaner se belange te beskerm, is noodwendig foutief nie. Nie dat daar iets meer verkeerd is nie maar ander bevolkingsgroepe sal dit as negatief ervaar.

Dereck Le Roux ·

Omstrede of nie Gerrie Nel is ‘n senior advokaat en ek glo nie hy sal pens en pootjies in Afriforum se nuwe ondersoek eenheid ingaan sonder dat hy die voor en nadele goed oorweeg het nie en ‘n intiligente besluit geneem het nie, korrupte politici en mense wat bo die wet verhewe is sal enige storie en doel gebruik om hom te diskrediteer en moenie vergeet nie hy was op sy tyd hoof van die Skerpioene se ondersoek eenheid en wie weet of hy dalk nog gebruik kan maak deur ondersoekers wat nadie Polokwane staatsgreep deur Zuma en sy lojaaliste sonder rede in die pad gesteek is.

Pietser ·

Sover ek weet moet private vervolgings deur private persone (nie organisasies nie) wat ‘n belang het by die saak ingestel word. Afriforum is nie ‘n private persoon nie so ek wonder hoe dit gaan uitwerk.

Melt Olckers ·

Afriforum sal word soos die ACLU in die VSA wat regshulp verskaf aan private persone wie se regte deur die staat geskend word.

Pietser ·

Die betrokke wetgewing sal verander moet word. Good luck daarmee.

Ada ·

Ja, die libs kry swaar – en nie net hier nie maar wereldwyd!!! Lag so in my mou!!!
Hulle lib-heid – gaan hulle niks baat nie – die meeste mense se oe het oopgegaan en dis net die libs wat nog met oogklappe rondloop en alles na ‘n negatief toe probeer verander want dit is al wat hulle ken – en hulle adverteer dit.

job jobson ·

Begin by Zumpie, want hy wil mos vir Pravin vervang met Heavy duty Dhlamini Zuma of die ander niksnut. Die land sal net verder groter skandes/swaarkry ondergaan as ons EERBARE PRAVIN ons verlaat.

Piket ·

Beste skuif ooit van al die betrokke partye. Dit is so dat a.g.v. sekere omstandighede ons politieke mag van ons vervreem is. Dit wil voorkom asof die burgerry dit so aanvaar deur onbetrokke te bly, elkeen kook sy eie pot, hoop vir die beste maar doen absoluut niks, geen samewerking met mense en instansies wat iets probeer doen om die netelige situasie waarin ons sit om te keer behalwe dooie kwetsende woorde en verder het ons die joiners wat die hardste skree asof hulle iets het om weg te steek. Dis nou die tyd om by Afriforum en Solidariteit aan te sluit, so seker as wat jy hier lees,ons gaan hulle nodig kry. Deur aan te sluit gee ons hulle ‘n mandaat om namens ons op te tree, ons moet ‘n verenigde front skep. Almal vir een en een vir almal. Elkeen wat nie tevrede is met ons huidige omstandighede nie moet ophou op hulle eie mishoop te sit en droom, lekker dae is verby…..vir ewig verby.

Reti ·

Viva Afriforum. Dankie dat daat iemand is wat nie van hul trollies af is nie.

Lewensywer ·

Afriforum se sonde is dat dit Afrikanerbelange beskerm. Nou wil almal ‘n rassistiese etiket plak op hulle werk terwyl hulle binne die raamwerk van wetgewing beweeg. Hoeveel te meer is dit dan nie goed dat ‘n wetsgeleerde soos Adv. Net wat onverpoosd werk vir die reg deel raak van Afriforum nie. Dit plaas die werk wat hulle doen op ‘n sterker morele basis of die wêreld dit wil erken of nie. Binne die grondwet en wetgewing het die Afrikaner ‘n reg om sy belange te beskerm. Dit is goed dat die beste kundigheid betrek word om seker te maak dat alles binne die wetgewing plaasvind. Suid-Afrika is na alles ‘n regstaat… Iets wat ander belangegroepe te gemaklik wil misken.

Anoniem ·

Dis tog wit EN swart wat ly onder korrupsie? As Gerrie Nel ‘n duik kan maak in korupsie, is dit tog tot voordeel van die hele land? Die kleur van die korruptes wat vervolg word maak tog nie saak nie?

Jan ·

En natuurlik, wat soos ‘n spyker in die kis vir Zuma, sy kaders, die NVG en die ANC regering moet wees, is dat hierdie organisasie en Gerrie se integriteit is bo verdenking, en natuurlik vry van enige korrupsie, ook doen hulle dit nie vir hulle self nie, maar vir ander.

Maar dink julle die klomp wat ek in die paragraaf hier bo genoem het, sal ‘n les daaruit leer?

Hehehe, hoor ek net Zuma se hees laggie.

Pop ·

En sal almal wat nou so lof toeswaai n stappie verder gaan en geld skenk aan afriforum sodat hulle die werk kan begin doen. Dis n duur storie.

Bert ·

Ek weet nie so mooi of Afriforum private vervolgings moet najaag nie. Ons [lede wat maandeliks bydrae] se hulpbronne word nou verder aangewend om ‘n mislukkende staat se werk te doen. Moet ons nie eerder fokus op ons kernbesigheid nie, naamlik die beskerming en uitbouing van Afrikaner-belange? As gemeenskap word ons hulpbronne sekerlik al hoe minder elke jaar en om die staat se werk te doen, iets waarvoor ons alreeds belasting betaal, verswak ons net verder. So ‘n eenheid is iets wat die hele SA gemeenskap moet ondersteun, nie net Afriforum lede nie.

Henk ·

As Afriforum nie n individu of privaat persoon is nie,kan hul gerus my gebruik,ek sit op die raad in Nelspruit is ook n boer van die omgewing,ek het meer as direkte belang by die wanbestuur wat hier plaasvind,MM,jul kan gerus my e-pos vir hul aanstuur,ek is ook lid van afriforum

Jan ·

Nou ja toe, gaan lees gerus die ‘scoop’ oor ‘n ondersoek wat Abrahams van die NVG van stapel gestuur het wat so net na een uur op News24 verskyn het.

Maria Van Dieweeck ·

Nou wat lees ek nou op Netwerk24, dat die NVG besig is om Nel te ondersoek vir bewysstuk gepeutery?

JC ·

Maria en Jan, is jul regtig ernstig, of net bietjie sinies en/of sarkasies, met die hoofstroom media polemiek en geween en gekners van tande uit ander geledere? (die getroue trawante van Soros; ek sweer dis een hengse globale MSM “familie” bedrog/siekspul)
Julle grap seker net ne, of is net dalk sinies? :-)

Jan ·

JC, ek het ‘n verdere kommentaar geskryf, ook het ek op Maria se kommentaar iets te sê gehad, maar Maroela het dit nie geplaas nie. Dit was niks sinisters of haatsprakig of iets in daardie lyn nie, net die werklikheid van hoe die teenparty reageer. Maroela het dit goedgedink om nie te plaas nie. As ek weet waarom, blaas my siel. So dit is dit.

John ·

Daar is diegene wat wil beweer Donald Trump en Gerrie Nel is familie, vandaar dieselfde ou storie. Mens is dus glad nie verbaas as dieselfde patroon hom hier afspeel nie. Dis beslis nou hoogmode. Waar is al ons kritici van Trump. Laat waai met die 5cm-kop-stories vir plaaslike en buitelandse dagblaaie en die tv. Dalk net kan Gerrie ook verbied word om Londen of elders te besoek… Die konigin en prins Charles mag dalk in gevaar verkeer… wat nog van die EU, die AU en Navo en bowe alles die brose vrede in die Oekraine met sy suikersoet-truffel-president… skinder… stories…plakkate… post-waarhede… en het julle gehoor… hy en Trump gaan glo saam jag in B… Skokkend… Met regte gewere…? Kan mens dit oorvertel…?

JC ·

Dankie vir die wonderlike artikel Herman.
AFRIFORUM BO! AFRIKANERS BO!!!! SUID-AFRIKA BO!!
WEG MET KORRUPSIE:-(

Elize Spitz ·

Nounet n ad op JACARANDA gehoor oor hoe om by te dra maar was te laat om neer te skryf….Gee ASB die kontak nrs….

Alida ·

Skynbaar verstaan van die lesers nie mooi wat hier aan die gang is nie. Afriforum gaan die hele land en sy mense verlos van die stelery. Almal gaan baat vind daarby. Die miljoene wat gesteel is wat bedoel was vir swart behuising al daardie diewe gaan vervolg word. Die swartes moet ook aangemoedig word om lede te word. Al is die bydrae ookal hoe klein. Ons het elke sent nodig om die vrot spul skoon te maak.

Gideon ·

Met die lees van Adriaan Basson se kommentaar op Gerrie Nel se besluit, doem die onlangse Amerikaanse politieke situasie by my op. Ek kan nie help om die ooreenkomste te sien nie. Basson se siening, wat die Afrikaanssprekende “establishment” verteenwoordig, teenoor die werklikheid wat deur die meeste gewone Afrikaanse mense ervaar word. Gewone mense raas nie so hard nie, maar ek ervaar ‘n verharding en bitterheid wat die “voorpraters” nie eers verstaan nie. Mnr Basson, u en die glaspaleis bewoners dikteer sienswyses wat uit voeling met die gewone mense is. En u sienswyses is nie noodwendig korrek nie.

Jonathan ·

Die msdia gaan nou lang eiers en stories opdis enige mootlike lig wie benadeel is wie het wat toegekrap of nie reg gedoen nie Hier gaan nog baie geskryf en gese word Gerrie ek hoop jy het jang skouers om koers te hou , die ompies gaan nou galbraak dat die biessies bewe en oom shaun gaan uithaal om in oom Jacob se boek in tekom Voorsoed met al die berigte pale toe….

Cornelius du Rand ·

As iemand by my met 24 uur kennisgewing bedank verdwyn alle respek wat ek het vir sodanige persoon. Almal prys ewe skielik die ” ridder op die wit perd” maar vergeet gerieflikheidhalwe van bovermelde. Afriforum gaan hier ‘n groot toets dop tot nadeel van die doel van die organisasie. Dit is vir my skrikwekkend dat so ‘n organisasie so besluit geneem word sonder om sy lede daaroor te raadpleeg. Nou beweeg Afriforum heeltemal weg van sy oorspronklike mandaad. Daar is geen manier waarop ” die ridder op die wit perd” verby die gebiedende bepalings van artikel 7(1) van die strafproseswet gaan kom nie. Afriforum is nie privaat persoon in terme van subartikel (a) nie en ook nie ‘n eggenoot of kind in terme van subartikel (b) en (c) nie. Afriforum is ook nie die wettige voog of kurator van ‘n minderjarige in terme van subartikel (d) nie. Hierdie sirkus gaan hierdie eens suksesvolle organisasie oneindige skade aandoen. Hou oop om die ” ridder op die wit perd” te besing want dit hou geen goed in nie.

Leendert ·

C Du R, In baie hoëprofiel poste, ook ander, gaan die werkgewer jou in alle geval vra om onmiddelik te loop sodra jy bedank het. Jy gee nogal iets prys as jy 24 uur bedank. Ek het in so ‘n bedryf vir der jare gewerk, so dit is niks nuuts nie. In plaas van dat jou werkgewer jou vir ‘n maand “gevange” kan hou, watter nut het dit?

Dan vra ek die vraag: “Waarom wil jy die werker teen sy sin daar hou, na hy bedank het, watter voordeel het dit vir jou?”

Wat jou tweede deel van die skrywe aan betref, het Afriforum bevestig dat hulle bewus van die struikelblokke is en daaraan werk. So dink jy werklik hulle sal oopoë in ‘n doodloopstraat in loop?

Leendert ·

Kom ek voeg verder by, ek was een van daardie bittereinders wat my kant tot op 30 dae kennisgewing gebring het, maar die wêreld was so warm gemaak en almal by die werk het my beduie dat ek niks meer daar te soek het nie.

Johann ·

Herman, ek lees nou hier bo, veroorloof my om jou die vraag te vra, waarom mag jy oor Adriaan Basson kommentaar lewer, maar vir ons hier onder is dit ‘n taboe onderwerp? Ek het vanoggend nogal heelwat gelees wat na hom verwys, maar nou is daar nie een nie?

Roger Rothner ·

Ek is bly vir wat nou gaan gebeur. Ons moet onthou jh kry geen hulp van nerens nie. Halfpad deur die saak kan die staat weer oorvat en dalk ñ gemors daarvan maak. Ek kan net van een saak onthou wat geslaag het. Sterkte. Ek dink aan julle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.