Nuuskommentaar: Is kiesers tevrede met Ramaphosa as ‘beter as die slegste alternatief’?

Pres. Ramaphosa. Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS

Met die voordeel daarvan om insigte oor ’n saak te kan vorm nadat tydsverloop sekere werklikhede laat ontvou het, sal die hoofstroom van die openbare diskoers sy posisie verskuif. Kommentators speel hierin ’n belangrike rol, en dikwels ’n veel groter rol as wat ’n mens sou dink.

Op die oomblik oorheers die beskouing wat mense van pres. Cyril Ramaphosa het die openbare diskoers. Hoe die aard van die diskoers oor tye aangepas het blyk duidelik uit twee opiniestukke van twee van die land se voorste kommentators.

Die oudste (en dis nou die dag) is ’n stuk deur Barnard Beukman, oopkop redakteur van Beeld. Die opskrif is: “Cyril se son skyn, wyl ANC se aansien kwyn.” Die nuutste is jongste opiniestuk van Tim du Plessis: “Wil jy ook vir Zuma se gespuis stem?”

Voor daar ’n misverstand is, die twee stukke staan nie lynreg teenoor mekaar nie, maar pas elk net gemakliker in by twee verskillende tydvakke van die openbare diskoers. Beukman se stuk is gedateer 24 Julie vanjaar, en Du Plessis se stuk 25 November vanjaar. Dus minder as ’n halfjaar uitmekaar.

Beukman haal uit ’n rubriek van Max du Preez kort tevore aan waarin Du Preez skryf dat die “kommentariaat” te maklik in die depressiekoor sing. Du Preez meen ’n mens kan nie verwag dat die nuwe regering (van Ramaphosa) oornag gaan ryp word nie.

Die feit is dat die era van Ramaforia haas verby is. Die kwessie van grondgryp sonder vergoeding gaan vir Ramaphosa ’n blok aan die been wees. Die wit persoon wat vir Ramaphosa stem, kan ongeveer vergelyk word met die Jode in Duitsland wat vir Hitler gestem het. Dié wat dit gedoen het, het gehoop om sodoende Hitler se anti-Semitisme te versag.

Dat baie wit Suid-Afrikaners hoë verwagtinge van Ramaphosa sou koester was te wagte. Die vernaamste was dat hy beskou is as die teenoorgestelde van sy voorganger, Jacob Zuma. Vir almal wat die omvang van die Zuma-ramp ingesien het, sou dit maklik wees om Ramaphosa as die teenoorgestelde, en dus die goeie te beskou.

Met “steun” word nie noodwendig altyd bedoel fisies ’n stem vir een uitbring nie. Dit kan ander vorme aanneem soos om vir Ramaphosa in die bresse te tree, of hom nie in die koerante se briewerubrieke aan te val nie. So na aan ’n algemene verkiesing is die uitbring van ’n mens se stem vir Ramaphosa egter inbegrepe.

Die kritiek teen Ramaphosa strek veel verder as die grondkwessie, hoewel dit eintlik so oorheersend is dat dit effektief allesbepalend is. Die totale in duie stort van die land se ekonomie is immers op die spel. Boonop is die land ’n heterogene land met verskillende bevolkingsegmente wat verskillende sake idealiseer. Om alles vir almal te wees is onmoontlik.

Maar gestel Ramaphosa mik tog daarop om ook baie wit steun te geniet? Is die volgende scenario net dalk moontlik?

As ANC-leier is Ramaphosa tegnies veronderstel om ten gunste van grondonteiening sonder vergoeding te wees, en moet dit by verstek deel van sy beleid wees. Dit word begryp, maar sy skynbare volkome verbintenis daartoe hinder teen die agtergrond dat hy nog altyd daarteen gekant was.

Verder het Ramaphosa ook nie volkome steun onder swart gemeenskappe nie. Hy sal by ’n deel nog lank die albatros van Marikana om sy nek dra, en ongelooflik soos dit mag klink, het Zuma nog gevaarlik baie steun.

Om nie sy swart steun te kompliseer nie, en dalk selfs te konsolideer (volgens die Matie Charl Swart se meestersverhandeling glo sowat 85% van die swart bevolking dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel) “steun” hy die kwessie waarteen hy tot onlangs nog gekant was, met die stille wete of hoop dat die howe en internasionale druk die idee sal sink. Dit sal dan vir Ramaphosa makliker wees om die saak blywend op ys te plaas, en sy ander interne probleme met skoon hande te kan aanmaak.

Maar wensdenkery en raaiskote is nie ’n gesonde basis vir plaasvervangers vir demokrasie nie waar die kieser stem in ooreenstemming met sy eie beginsels.

Ons het mos gesien wat het van twakpraatjies geword soos “ons sal jou stem wees” en “leen ons jou stem”.

Oop oë ontkieser jy jouself en die ideale en beleid wat jy in werklikheid steun.

Net so is dit ’n drogredenasie om te argumenteer jy stem vir Ramaphosa (om sy posisie te versterk) en nie vir die ANC nie. ’n Stem vir Ramaphosa IS ’n stem vir die ANC.

  • Maroela Media het ʼn skarebefondsingsprojek op die webwerf BackaBuddy van stapel gestuur om Herman Toerien te help om fondse vir sy kankerbehandeling in te samel. Klik hier om meer te lees of om Herman deur BackaBuddy finansieel te ondersteun.
  • Indien jy ʼn direkte bydrae in die Toeriens se bankrekening wil maak, stuur ʼn e-pos na [email protected] met “Herman Toerien” in die onderwerpveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

honourable member ·

Hierdie man is maar net die volgende ramp wat hierdie land getref het. Dis tragies want hierdie mooi land is besig om te vergaan.

Dries ·

Met di afgelope kabinetskommeling, is baie meer opnbaar as wat direk verkondig word. Batlamini is di voorsitter van di ANC Vroueliga. As di Prez haar afgedank het, het sy ANC (lees KZN) steun n groot slag gekry.
Al word dit ni tans uitbasuin ni, is dit klinkklaar dat, ANC 1st, steeds geld…

Emma ·

Hoop en vertrou almal dink mooi voor hulle die kruisie trek. Di sal nie beter gaan met die wittes in hierdie land nie, ek kan net se ek is negatief omtrent SA. Om die anc verder aan bewind te hou kan nie beter gaan nie. Die korrupsie seevier en almal dink net aan hulself. Werkloosheid neem toe en aanvalle neem toe dink maar aan alles wat verkeerd gaan le ek voor die Anc se deur.

Magrietha ·

Dink mooi voor jy daai x trek stem vir een party en nie vir almal nie

Hennie ·

Die ANC bloei steun na die EFF toe met hulle populistiese retoriek. Indien die ANC wel heelwat swakker vaar in die 2019 verkiesing, desondanks of a.g.v Ramaphosa, glo ek ‘n ANC EFF koalisie gaan op die kaarte wees, en ek is bevrees dit sal die einde van enige hoop vir Suid Afrika wees.

DewaldS ·

Tydesn die Apartheidsjare was dit moontlik (en maklik) om dinge te doen wat immoreel is, maar steeds wettig. Nou in die ‘Nuwe Suid-Afrika’ is dit ook moontlik (en maklik) om dinge te doen wat immoreel is, maar steeds wettig. Die manier waarop SEB gedoen word, is ‘n baie mooi voorbeeld hie dit gebruik word om op ‘n immorele manier sekere individue tot ondenkbaer vlakke geldelik te verryk. SEB in wese is ook ‘n van dieselfde stoffasie (immoreel. ,maar wettig) as dit nie ‘n afsluit-datum het nie – maar terug by die toepassing. Dis net die mees onnosel, naïewe witmens wat sal dink dat een van die twee grootste begunstigdes van ‘n immorele praktyk wel ‘n morele persoon sal wees. Sulke denke (dat leuens en gewettigde diefstal ooit iets goeds kan bring) is pateties en belaglik. Die witmens in Suid-Afrika verdien eintlik om uitgeroei te word as hulle in sulke stommiteite inkoop.

Dirk Breytenbach ·

Dis juis wat gebeur ons glo die stommiteite, ek stem saam dan verdien ons nie ‘n voortbestaan as ‘n groep of volk nie.

Jerry ·

Die ANC is opgedeel in twee faksies. Die Zuma radikale faksie en die Ramaphosa gematigde faksie. Om intensies wat sleg is teen te staan of om goeie intensies te ondersteun is goed en is reg, of dit die ANC, DA of VF is, of nie! CR is n mens met voete van klei soos almal van ons, daarom verdien sy slegte intensies teenstand en goeie intensies, ondersteuning. Dit is verkeerd en n fout om net die slegte in CR raak te sien en om sy goeie intensies oor dieselfde kam te skeer as sy slegte intensies. Jy sal daardeur jouself onnodiglik argwaan op die hals haal van n magshebber wat jou, jou strewes kan toelaat of nie! Mense sal stem waar hulle voel hulle belange die beste gedien word, ten spyte van die beginsel wat normaalweg geld van, soort soek soort, veral wanneer mense se eie soort, die regte dinge met opset verkeerd doen!

Bos ·

Net toe Ramaphosa president word, kry ons onteiening sonder vergoeding
Vaar die JSE die swakste ooit, het al 20% verloor.Probeer hy met alle geweld
nuwe gesondheidsorg daarstel.Dit sal die grootste ramp nog wees.
Ramaphosa is oneg lewe as n kapitalis maar verkondig sosialisme. Hy en Zuma
is ewe sleg.

Dirk Breytenbach ·

Vergun my asb. ‘n man in die straat beskouing:
Dis nie ‘n wyse alternatief nie. Voorbeelde van CR se onlangse blapse is:
1. Die OSV “komitee’ met Agri SA aan die voorpunt is van die tafel af gevee met die parlement/ANC wat Artikel 25 gaan verander ten spyte van ‘n oormag van besware daarteen.
2. Die vuurwapenwet word eensydig verander nadat in goedertrou insette gelewer is en konsensus bereik is in die parlementskomitee.
3. Dis enkele voorbeelde van gevalle waar publieke deelname van die tafel afgevee was en daarop dui dat CR nie enigsins sy leierskap mag uitleef nie.
3. CR het tevore reeds aangedui dat BBBEE en OSV sal gebeur of ons daarvan hou of nie.
4. CR en enige van sy toekomstige vervangelinge sal voortdurend moet ingee aan die eise van populiste.
5. CR verwys na “our people” menende net die swart bevolking, wanneer kry ons die boodskap dat ons stadig dood gewurg word? Dis dalk Max se droom wat bewaarheid word. Wanneer staan daar leiers op wat ‘n streep in die sand trek om minderhede se regte op te dwing, of nooit nie?
6. CR se lomp hantering oor verdoeseling van fondse wat hy vir sy interne verkiesings veldtog gekry het spreek boekdele oor sy integriteit.

‘n Land verdien die leiers wat hy kry en sal vir baie jare met sy eie foute moet saamleef of totdat ‘n ekonomiese ‘n kantel punt bereik word en alles in chaos gedompel sal word. Ons het dit nie nodig nie.

Dries du Toit ·

So waar Dirk. Maar soos jy seker bewus is van. DIT IS MAAR N KLEIN HOEVEELHEID VAN SY BLAPSE

Marie Visser ·

Ramaphosa is maar net ‘n meer uitgeslape, gepoleerde Zuma. Hy het baie kanse laat verbygaan waar hy kon wys wat in hom steek, maar jammerlik gefaal. Uit met Zuma se clown!

Jerry ·

Dirk jy verwys tereg na CR se blapse en dit is wat teengestaan moet word, alhoewel hy sommige van die blapse van Zupta geerf het. Ongelukkig verwys jy nie na sy goeie intensies wat melding en ondersteuning verdien soos, die val van Zupta, die Zondo ondersoek na staatskaping, die nuwe NVG hoof, buitelandse investering om die ekonomie te help regruk, ingryping en regruk aksies by alle staatsbeheerde entiteite ens wat alles tot ons almal se voordeel strek. Eintlik kan n mens dit opsom deur te se dat CR die intensies het om alles wat Zupta beskadig het, reg te maak en dit opsigself verdien alreeds n pluimpie! Die uiteinde van OSV is nog lank nie gefinaliseer nie en almal bespiegel oor die uiteinde. Net dalk verras CR vriend en vyand met die uiteinde van OSV.

Dries du Toit ·

Deur vir die ANC te stem omdat CR sekere dinge goed gedoen het. Bly n stem vir al Zuma se kaders wat nie deur CR verwyder kan word nie agv die feit dat die kurrupte ANC hulle daar verkies het

Dirk Breytenbach ·

Dankie Jerry ek wag vir CR om die regte ding te doen.

Thinus ·

Geen politieke leier, hoe goed sy bedoelinge ook al mag wees, dit sluit in dit sluit van A tot Z (Augustus ( Konstantyn ) tot Zuma in) kan niks doen sonder dat die Mosesstoel (Mat 23 en Openb 6) of die Derde Mag hom toelaat om te doen nie? Daarom is Art 33 en 34 duidelik, n Onafhanklike hof of Tribunaal wat GEEN verbintenis met die Staat of regering gesteunde organisasies het nie! Soos Mandela en selfs Trump kan hy dink wat hy wil, maar as die Wêreldbank (Waar Amerika die grootste stem het en aandring op onteiening sonder vergoeding om hulle ekonomie te red) dan sal Trump groot lawaai maak maar niks doen nie! Lees gerus die Wêreldbank se Eerste kwartaal 2018 verslag! So CR kan niks doen nie! Max du Preez julle het mos by Dakar onderneem om die Aanslag te verhoog en die Afrikaner moet verarm? George Soros het dit mos geborg en die Oppenheimers toe bied Prof van der Merwe van UCT mos sy strategie aan terwyl die ANC met Mbeki en Maharaj moes teruggaan en hulle filosofie, wat insluit Eenheid in die ANC moet wees? Waar is IDASA nou? Waar is julle wysheid, waar is julle oplossings nou? Volksmoord deur verarming is erger as die Duitse Gaskamers vir die Jode?

Jandre ·

Dit is nie die probleem nie! Maak nie saak welke pop voor die kameras mee gespog word nie, dit bly ANC, EFF, SACP, BLF en DA. Die slegte komminustiese idiologie bly. En dis n kwalike saak.

Arie ·

Ek glo nie woord wat du preez skryf nie, hy is so pro anc soos jy kan kry

John ·

Wat is Cyril se goeie intensies tov van sy verhoudinge met die wit deel van die bevolking oor wie hy ook as president regeer? Indien hy orals vertel dat hy grondhervorming SONDER vergoeding mooi gaan doen, wat impliseer dit? Mense vasgebind van hul plase verwyder sodat hulle nie hulself in die haas beseer nie? Die ANC maak nou of hulle al die pad geveg het teen staatskaping maar magteloos was teen die drie uitlanders wat selfs burgerskap gegee op onwettige wyse gegee is. Die destydse OB het die kat uit die sak gelaat van die Guptas en nie GweMa nie en sy is gehaat daarvoor. Die ANC draai telkens hul warm agterstewe na die wind en speel martelaar… en die prez?… ditto?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.