Nuuskommentaar: Is Malema ʼn politieke fabrieksfout?

Julius Malema. Foto: ANA

Al hoe meer uitlatings, meestal rasbenepe, van die EFF-leier, Julius Malema, laat hom klink na die produk van ʼn politieke fabrieksfout. Hy durf egter nie onderskat word nie, want dit besorg aan hom onverdiende bates en politieke vlerke.

Met die totstandkoming van die EFF is gestalte gegee aan omtrent alles wat lelik is in Suid-Afrika, en die Vryheidsfront Plus was ongetwyfeld reg om beswaar by die Onafhanklike Verkiesingskommissie aan te teken teen die registrasie van die party. Die stigters het onder meer verklaar hulle sou minder in versoening en meer op “geregtigheid” konsentreer.

In Suid-Afrika is albei terme gelaai met uiteenlopende betekenisse, en ’n voorafberaad sou waarskynlik meer werd gewees het as ’n feitlik onbeperkte registrasie. Selfs die Grondwet word gereeld geminag. Afgesien van grondbesettingsaksies (waarna die wettige eienaars hulle gereeld teen polisietraagheid vasloop en AfriForum en ander die howe moet nader) weier EFF-raadslede om te staan as die Afrikaanse deel van die volkslied gesing word.

Hitler se opkoms is ook in vele kringe onderskat. Dit is, soos sommige Westerse lande aanvanklik, selfs verwelkom. Later het hulle help bomme reën op Duitsland. Malema is verhoorafwagtend op ’n rits aanklagte waarvan sommige skynbaar mettertyd net onafgehandel sal verdwyn.

Die meeste aanklagte nou handel oor aanhitsing om ’n misdryf te pleeg, soos haatspraak en aanhitsing tot onwettige grondbesetting. Daarom is sy beroep op die konstitusionele hof om ’n gedeelte van ’n ou wet ongrondwetlik te laat verklaar, erg pikant.

Intussen Iyk dit of die man se bravade om om te krap net erger raak. Die Grondwet, en selfs die Handves van Menseregte wat eerder handel oor die kodefisering van onvervreembare geboortereg as tegniese ordereling, word blatant uitgedaag.

Let wel, met ’n minagting selfs vir die internasionale reg en buitelandse mening. Negatiewe gevolge uit die buiteland pla ook nie. In die praktyk sal nie met parlementslede se salarisse en byvoordele gelol word nie – die belastingbetalers is mos daar om gemelk te word – en in ’n politieke sin is die wit mense daar om die blaam te kry?

Onthou wie het voor die Tweede Wêreldoorlog die blaam gekry?

Laat ons nie oor die afloop bespiegel nie.

Dit het die politiek korrekte ontleders nie lank geneem om allerlei kombersies oor die werklikheid te draai nie. Maar Malema en sy “agbare” woordvoerder laat hulle nie sommer vanuit die verkeerde kringe (wat nie swart is nie) heuning om die mond smeer nie. Kort-kort moet ’n lap of iets gebruik word om eier uit die gesig te vee.

Om te reken Malema is buite beheer, is om die man gruwelik te onderskat. Om ’n aanhanger van Mugabe en wyle Hugo Chavez van Venezuela as ridder te beskou, nogal as iemand wat baie gemaklik met ’n volwasse demokrasie is, en veral grondwetlike demokrasie, is pikant.

En noudat Jacob (wie nou weer) polities bykans ondergeploeg is, is die vryery tussen die ANC en die EFF uit die broeikas, en elke DA-alliansie se stille gedoog van die EFF in die gedrang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Hettie ·

Julius kan net gedy met aandag , dit is ons eie skuld dat hy dit regkry om die blankes so te ontstook !
Hy geniet die reaksie wat hy kry !gooi hom ‘n dowe oor!

Al ·

Ek stem saam met jou dat hy die gewenste reaksie by ons uitlok. Die media gee te veel aandag aan sy praatjies.
Tog moet ons hom glad nie onderskat nie.
Soos geskiedenis ons leer en die Bybel word elke arrogante dwaas wie floreer op verdeeldheid, sy gat groter waarin hyself inval. Bid vir daardie dag spoedig sal wees.

Gertryda ·

Uiters gevaarlike kalant
Ek sal met graagte immigreer maar dan moet hy vir my die geld gee
Ek het nog nooit iemand teegekom wat so n haat in hom het nie
Ek is bitter bang vir die rooi gevaar

Asielsoeker ·

Malema is ons sleutel to t uitkoms uit hierdie kontinent. Sy dreigemente regverdig asiel vir ons sodat ons almal, ryk en arm, uit die land kan kom terwyl ons nog kan.

Eish ·

Geldige punt. Wanneer die een deur vir jou toegaan, gaan n ander een oop.

Griki ·

En waarheen gaan sonder enige geld? Op straat gaan bedel iewers? Julius Malema sal my nié uit my vaderland verdryf nie. Hy sal nog sy dag kry – net soos Zuma.

Boerboel ·

Ons moet nie ons Vaderland verlaat en ons volk laat wegsmelt nie.

Plan B ·

Die EFF se opkoms beteken ons sal of moet onderhandel vir selfbeskikking of ons sal met oorsese lande reel om vir ons toevlug te gee, ek kan nie sien dat ons die komende vlaag van haatspraak teen ons sal oorleef nie en daar is nie meer hoop vir n reenboognasie nie. Dis nou vluug of selfbestuur, dis al hoop wat ons het.

Nel ·

Dis wat ek ook wil weet….? Neem bv KykNet se eNuus. Hulle gee gereeld elle lange dekking oor die kapokhaantjie se mannewales.

LouE ·

Julius is ‘n produk van die media. Hy tree soos ‘n nar op en maak NUUS. Die pers rapporteer dit in hoofopskrifte en so word die man net meer en meer populêr. Die vraag is – hoe kan ons al die media kry om die man te ignoreer? Sonder die media is hy ‘n nul op ‘n kontrak. Met die publisiteit is hy ‘n lewens gevaarlike opponent.

Casper Labuschagne ·

Die VF+ het beswaar aangeteken teen die stigting van die EFF terwyl die DA daarna die EFF as aliansievenoot geskou het. Dit laat geen twyfel by my vir wie ek sal stem nie.

Op Politicsweb is daar ‘n brief van die Britse ambassadeur wat in 1930 geskryf is oor die oneiening van eiendom en die veldtog teen almal wat nie etniese Duitsers was nie, waarvan die Jode die hoofteiken was. Dit is absoluut ontstellend om die parallelle met ons huidige opset te herken. Soek vir “This Sir, is what the Nazis believe in – Horace Rumbold” op die Internet.

Die aspek van Malema wat nie hierbo genoem word nie, is dat Malema uit en uit ‘n skepping van die media is. Vanaf sy dae in as leier van die ANC jeugliga toe hy onbewus was van Twitter en sosiale media, was die kameras daar om elke woord van hom op te vang en tienduisende male te versterk. Malema sou nie kon bestaan sonder die kollig van die media nie. Die media se sakemodel is vandag op sensasie gegrond – hoe meer Malema, hoe meer sensasie en hoe meer geld maak die media.

Mielie ·

Baie goeie beskrywing. Ek stem saam dat hy nie onderskat moet word nie. Ek glo ook hy het uitstekende raadgewers en prokureurs. In my opinie kry hy gans en al te veel blootstelling. Seker meer as die DA, ander kleiner partye kry nie eweveel nuus dekking nie. Ek dink ook hy is desperaat en mens weet hoe desperate mense optree. Ek hoop die “rouge unit”by Sars begin sommer weer hulle ondersoek met hom. Die man het baie spioene. Mens weet nie wat volgende kom nie. Hy probeer ook alles om dinge in sy party weg te steek en dan kom hy weer uit met baie stellings en dreigemente. Die een ding wat ek vas glo is dat hy nie in belang van sy kiesers en landsburgers optree nie. Hy wil naam maak vir al die verkeerde redes. Hy is sy eie grootste ondersteuner.

Dafer ·

Wees tereg bekommerd Suid Afrika. Julius Malema is ‘n toekomstige president!

Boerboel ·

As dit gebeur sal ons net eenvoudig n volkstaat moet stig.

Se maar net ·

Dalk is dit beterbom sy suurstofkraantjie toe te draai en minder oor hom geplaas word op social media, nuus en koerante. Hy geniet die aandag. Hoe minder mens weet van hom hoe beter.

Rynhardt ·

Malema is besig om die afrikaners saam met Anc in n hoek te dryf.EFF is net n miltere vleuel van Anc!E-Tv het sopas sy ware kleure weer gewys deur te se:”Blankes besit 72% van grond wat van swartes geneem is deur kolonialisme!” Die oorgewig ooms in parlement,organisasies en veral landbou kan nie meer op die kantlyn sit nie.SA is nou vinnig op pad na n burgeroorlog.Malema word juis gebruik om die pap dik aan te maak teen die afrikaners!Hy gaan nie stop nie!

Manie ·

Dié rassis verkondig gister alle rassiste moet Australië toe gaan. Ek hoop hy het al sy tassie gepak

LouE ·

Teen die tyd dat julle my kommentaar eventueel plaas is dit al ou nuus en het die ander mense al klaar gesê wat ek gesê het. Dis maar frustrerend om deur julle sensor gordyn te dring. Ek probeer maar geduuuuuldig wag.

Piet ·

Dit is inderdaad kommerwekkend die sensuur deur MM. Al my kommentare word geblok en ek se nie eers iets verkeerd nie. Wat gaan aan?

Koos ·

Joune is tenminste geplaas. Ander wag ter vergeefs in spanning

Anoniem ·

Hoe gaan n arm 60jarige blanke uit die land as jy nie eens n vlieg kaartjie kan koop. Watter land gaan jou inneem. Niemand nie maar as jy weet laat weet gerus sal graag wil wegkom.

Susan de Klerk ·

Julius verwys na homself as n “King Maker” en daarom word hy met handskoene hanteer deur al die ander partye. Die mag waaroor hy en die EFF beskik het hulle blind gemaak. ‘n Klein party wat 3 metro’s in hulle hande het. Hopenlik sal Pres. Cyril weer die jong mense teruglok ANC toe.

Flip Pretorius ·

Ek weet nie hoekom moet die wit mense vir Malema so wakker hou in die aand nie. Is dit die haat teen witmense of is daar n vrees by hom vir witmense. die man is obsesief teenoor ons wittes. Ek dink in sy onderbewusyn het hy n baie groot vrees vir ons mense. Besef hy dalk sonder die witman is hy einlik maar niks nie. Ek het ook agtergekom hy val nie meer die banke en besighede aan nie. Is dit omdat sy geraas by die banke en besighede op dowe ore geval het. Miskien moet ons die man minder beskou as n gevaar vir die witman, en hom eerder net ignoreer

Gawie ·

As Rassis- Malema dink ek hou vir hom iets oor op my plaas as ek OZ toe gaan , maak hy ‘n baie groot fout.
Daar sal niks vir hom wees om te aas nie – Tot die grond sal nie gebruik kan word nie.
Daarvan sal ek seker maak.

Grassie ·

Daardie foto van Malema is verouderd. Daar is van daardie tyd af fisies net 50% van Malema oor, maar sy groot mond en haatspraak het verdubbel. Miskien het hy ‘n baie goeie dieet gevolg. Daar is ‘n dringendheid in sy aggressie, so al of hy sy doelwitte vinniger wil bereik.

Mielie ·

Ek stem……..Hy is op “dieet” pillie, dit het my ook al laat wonder………wat

adriana ·

Hy is nie net ‘n fabrieksfout nie – hy is ‘n fout en klaar.
Die media het geen integriteit of morele waardes nie – daarom is hulle so lief om oor malema te berig.
Die media wil hom gebruik vir die ondergang van SA sodat hulle dan meer het om oor te skryf – die wat dan nie alreeds landuit gevlug het nie.

Genieve ·

Ek het gelees hy se as die boere wil immigreer los asb net julle trekkers want maarmee gaan ons werk julle moet lee hande hier weg gaan. Alles wil hy dan nou verniet he wil vir niks werk nie.

Oom Kalahari ·

Dit is soos baie hierbo noem deur nie vir Malemma te onderskat nie en ek stem heelhartig saam. Hy speel ‘n groot rol met aanhitsings en uitsprake onder die rooi pette. Ek voel weer anders dat die media dekking aan hom verleen op hoe vlak, sodat die wereld kan kennis neem van sy uitsprake, wat sy agenda is ens. Hy skiet homself in die voet as diktator en daarom het hy ook gaan opleiding ontvang by Mnr Mugabe om hierdie optredes toe te pas.

Hollander ·

Malema is ‘n produk van die gemeenskap waaruit hy kom.

Ons maak ’n groot fout as ons dink – Malema is maar net een uit ‘n miljoen. – Hy is nie, hy is maar net een van ’n miljoen.

Boerboel ·

Dis heeltemal waar, daar is miljoene mense wat met hom saamstem.

Reguit ·

Die VF+ sit heerlik in hulle geliefde NSA sirkus-parlement en hulle teken al vir 24 jaar “beswaar” aan, maar wat het dit gehelp? Hoe het dit die algehele situasie verander of verbeter? Die wittes kan maar “beswaar” aanteken, “kla” en “kommentaar lewer” soveel soos hulle wil. Dit gaan geen duit verander aan die harde eindresultaat nie. Malema en sy hordes steur hulle eenvoudig nie aan feite, etiek, waardes, wette, statistiek of opinies nie. Op die einde van die dag gaan Malema en sy bloeddorstige hordes die wittes nog laat bloei in hulle geliefde reënboogland, en die meeste wittes besef dit in hulle agterkoppe, al wil baie mense dit nie erken nie. Daarom emigreer mense.

leser ·

Ek neem al my implemente saam wanneer ek S A verlaat – in ‘n container op ‘n vragskip.
Hier sal niks oorbly nie,

PJC ·

Het niemand nog daaraan gedink om hom vir waarneming weg te stuur nie.

Rudi ·

Soos die gesegte gaan, ‘follow the money’ . Kry sy befondsing onder oë en maak dit bekend en ontbloot die agendas so spoedig moontlik.

katsikopiep ·

Malema kan my plek kry, ek sal dit spesiaal voorbery vir hom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.