Nuuskommentaar: Is Menseregtekommissie nie self vlieg in salf?

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Die Menseregtekommissie (MRK) het pas ’n jaarverslag bekend gemaak wat aandui dat rassisme steeds die vernaamste menseregteskending is. Die blaam word, skynbaar numeries, hoofsaaklik op wit mense geplaas met die gebruik van die k-woord wat in die sosiale media endemies geword het. Maar sou dit nie meer sin maak om die hoë profiel swart leiers wat die uiterste rassisme aan die dag lê, behoorlik in die bek te ruk nie? Rig so iemand nie meer skade aan as ’n nietige individu wie se geval tot reuse-proporsies opgeblaas word nie?

Niemand sal stry dat daar wit mense is wat rasseverhoudinge in die land bly beduiwel nie, onder meer deur vir swart mense die k-woord te gebruik. Of die MRK in die kol is dat wit mense die hoofoorsaak vir vertroebelde rasseverhoudinge is, en dat apartheid die oorsaak hiervan is, lyk egter taamlik bevooroordeeld.

Volgens die MRK se verslag vir die tydperk 2016-2017 handel 69% van die klagtes wat ontvang word oor rassisme. Daar is meer as 5 000 klagtes ontvang, 350 meer as die vorige jaar. Die toenemende gebruik van sosiale media het rassisme laat eskaleer deur die gebruik van die k-woord wat endemies geword het, aldus die kommissie.

Heel pikant het die BLF-leier, Andile Mngxitama, pas seker die mees opruiende rassistiese uitbarsting beleef. Hy het onder meer gesê dat vyf wit mense doodgemaak sal word vir elke swart mens wat doodgemaak word. Ook wit mense se honde en katte, en enigiets waarop hulle hul hande kan lê, sal doodgemaak word.

Hiervoor het Mngxitama klagtes by omtrent enige denkbare instansie, die MRK ingesluit, op die lyf geloop. Die Vryheidsfront Plus sê selfs ’n klagte is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie gelê omdat die BLF beoog om aan volgende jaar se verkiesing deel te neem en hom nou aan die oortreding van ’n hele rits OVK-voorskrifte skuldig gemaak het.

Dit klink ook pikant teen die agtergrond van Julius Malema en ander EFF-leiers se gereelde rassistiese uitbarstings, en ook uitlatings van oudpres. Jacob Zuma wat vrugteloos by die MRK verkla is oor uitsprake dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. (’n President berug vir sy kennis, soos dat Afrika so groot is dat al die ander vastelande saam in Afrika sal inpas, en dat swart mense die onvrugbaarste en droogste grond gekry het. Voorts het Zuma na wit mense as “white supremacists” verwys – in die VSA presies so kwetsend as om ’n swart persoon die k-woord toe te snou).

Op die oomblik skep die proses om die Grondwet so te wysig dat grondonteiening sonder vergoeding moontlik sal wees, erge rassespanning.

Daar was reeds ’n openbare woordewisseling tussen AfriForum en die Menseregtekommissie oor ’n beskouing dat die kommissie ras-onewehandig optree. In plaas van om dit bloot te ontken, kan die kommissie se uitgerafelde reaksie vertolk word as die regverdiging vir onewehandigheid.

Om in so ’n omgewing die blaam iewers te wil plaas, is soos die pot wat die ketel verwyt. Word die kriterium gebruik oor wie die meeste skade aan rasseverhoudinge aanrig, gaan die prentjie waarskynlik heel anders lyk as waar die onnadenkende uitlating van ’n nietige (wit) mossie so opgeblaas word dat dit die blatant-provokatiewe optrede van ’n president (wat in die proses sy ampseed vir ’n ses slaan) nuusgewys heeltemal in die skadu stel.

Vicki Momberg wat tronkstraf opgelê is nadat sy ʼn metropolisiebeampte herhaaldelik die k-woord toegesnou het. Foto: ANA

Dikwels speel “politieke korrektheid” in hierdie skeeftrekkery ’n groot rol.

Die MRK se veronderstelde mandaat is baie wyd. Dele, soos vroueregte, is deels “afgeteken” deur die bestaan van die Kommissie vir Geslagsgelykheid en arbeidsregte deur die bestaan van die Kommissie vir Bemiddeling en Arbitrasie.

Maar by disfunksionele munisipaliteite wat die lewensgehalte, gesondheid en selfs lewens van inwoners in gevaar stel deur eerder vir die burgemeester ’n nuwe luukse vuurwa te koop, en op ’n sinnelose buitelandse ekskursie te gaan, in plaas van noodsaaklike instandhouding van die rioolwerke, is ’n klassieke mensereg wat uiters ferm aangespreek behoort te word.

Maar net so belangrik is dit dat iets soos onewehandigheid, self ’n erg rassistiese benadering, mee weggedoen moet word. Daar kan nie (meer) ore uitgeleen word aan stellings dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie, en daarom ’n veel groter beweegruimte het vir meningsvryheid (en selfs vandalisme), of dat iets net rassisties kan wees as dit regstreeks na apartheid herlei kan word (al is dit by wyse van oorerwing).

Daar is gewoon nie iets soos omgekeerde rassisme of omgekeerde diskriminasie nie. Nee, “omgekeerd” verwys na die Volla wat op die hoek op sy dak lê. Rassisme en diskriminasie bly rassisme en diskriminasie ongeag van watter kant dit kom. En hoe ’n groter meningsvormer die pleger is, des te fermer moet teen so ’n persoon opgetree word. Hy verdien die oranje oorpak net so veel soos ’n vrou wat tydens ’n aanval van histerie die k-woord by herhaling inspan.

Dit beteken nie die MRK se verslag moet nie ter harte geneem word nie. Elkeen moet sy plig doen. Die rassistiese optrede van selfs die nietigste individu kan bydra daartoe dat die wreedheid wat met ’n plaasaanval gepaard gaan, nog wreder sal wees, om maar een voorbeeld te noem.

Daar blyk wel ’n groot poel van welwillendheid op grondvlak wees. Laat ons dit uitbou. Ons pleit dat die MRK deel van die oplossing, en nie deur onewehandigheid, deel van die probleem sal wees nie.


  • Maroela Media het ʼn skarebefondsingsprojek op die webwerf BackaBuddy van stapel gestuur om Herman Toerien te help om fondse vir sy kankerbehandeling in te samel. Klik hier om meer te lees of om Herman deur BackaBuddy finansieel te ondersteun.
  • Indien jy ʼn direkte bydrae in die Toeriens se bankrekening wil maak, stuur ʼn e-pos na [email protected] met “Herman Toerien” in die onderwerpveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Celtis Africana ·

Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in ’n wildernis, sonder pad. Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos ’n dronk man.
JOB 12:24‭-‬25 AFR53

David ·

’n Meer geskikte naam vir die MRK sal wees: “K-woord Kommissie”, want dis skynbaar die enigste funksie wat hul hulself toeëien

Woepels ·

MRK: Meer Regter vir K-word firs. EFF en BFLF mag blankes aanrand, Kill Whites sing en skree. K-Woord grootste in MRK? Belaglik.

1+1 ·

Dit is die ergste tekens van radikalisme in baie jare. Tronkstraf om .

christa ·

ek glo die mense regte kommisie is die grootste sondebok. Hulle is byvooroordeeld. Hoekom word witmense dood gemaak? is dit nie rassisties nie? Die sulks is die grootste probleem. Hulle wys gou die vinger en is tog so kleinserig. Soek gedurig waar kan hulle dalk probleem optel of self veroorsaak dat hulle tog net kan aandag kry al veroorsaak hulle hoeveel skade

Skroef ·

Hoe regverdig die mrk kommissie mense soos die op die foto se dreigemente wat swart mense vra om vyf blankes te gaan vermoor vir elke een swarte wat doodgaan as geoorloof maar om die k woord te gebruik verdien tronkstraf. Dis nou sios die gewese skoonmaker wat gaan aansoek doen het en die kortlys van 12 gehaal het vir shaun abrahams se pos. Onbevoegdheis solank jou velkleur reg is.

Alta ·

Presies. Dankie oom Herman vir jou gereelde baie waar woorde ter wille van ons, selfs te midde van jou eie persoonlike omstandighede. Ons waardeer jou dapperheid, en dat jy die spyker telkens sekuur op die kop moker.

Piet Piet ·

Pikant Herman, heel pikant maar jou skrywe gaan niks verander nie. Sorry!

JohanL ·

Die MRK is in my opinie (en ek dink vele ander mense sin ook) subjektief en die gebruik van die k-woord is die grootste sonde nog. Hierdie subjektiwiteit maak dat baie blankes nie enige rassistiese uitsprake (van swartmense teenoor blankes) eers rapporteer nie. Dit is ‘n mors van tyd. En dit verdraai enige statistiek. Almal ken die storie van statistiek – “you get lies, bloody lies and statistics”.

Ek het al persoonlik op minstens 3 geleenthede net navraag gedoen oor vordering en nooit enige reaksie gekry nie. Nee wat – daai jaarverslag is nie eers die papier werd waarop dit gedruk is nie.

Johann ·

Die MRK se naam moet verander word. So asb, verander hulle naam na BVG, “blanke vervolging gesag” Hulle is net daar om blanke mense te vervolg. ANC, EFF en BLF kom niks oor nie, nie-blanke mense kan se wat hulle wil, doen wat hulle wil, niks word gedoen nie.

Hanna Hoekom ·

Ek reken weer die MRK moet slegs die “S” vooraan byvoeg: Swart Mense Regte Kommisie. Dis blykbaar die enigste groep in Suid-Afrika wat menseregte het…

B ·

Gevaarlike terrein as mens die kriminalisering van ‘aanstoot’ begin goed praat.

(Want dis ‘n bewegende teiken, + wie beoordeel die ‘denk-polisie’ dan, ens?)

Pieter ·

Die hartseer van die hele situasie vir my is dat die mens n groter eerbied vir die “k” woord moet he want sou jy dit gebruik gaan jy tronk toe. Maar die opdrag van GOD dat die mens Sy naam nie mag misbruik nie word nerens deur die regering aangespreek nie . Dan vra ons waarom gaan dit so sleg met ons. Daar is n straf oplegging as Sy naam misbruik word.

Rupert Ashford ·

Dit is (on)gelukkig ‘n wereldwye verskynsel, so SA darem nie uniek nie. Die hele lot rapporteer ook na die VN se menseregte kommissie. Gaan kyk wie is in beheer daar…ou Eleanor Rooseveldt draai (miskien) in haar graf …

Jerry ·

Dubbele standaarde kan nie toegepas word en kan nie geld nie indien witmense wetsgehoorsaam optree! Die grysareas in die samelewing waarmee witmense geteiken word is aan ons almal bekend, vermy dus daardie areas en spaar jouself en jou gesin onnodige verdriet. Skep asem, staan terug, wees wetsgehoorsaam en kyk hoe die groter prentjie ontvou sodat jy meer nugtere denke kan openbaar!

Paul ·

Jerry, dus beduie jy dat as witmense nie oortree nie, kan daar nie onewehandig teen hulle opgetree word nie, maar dan weet ons dat tot dusver is daar nie teen anderskleurige oortreders opgetree nie. Dit is dan mos nou in jou boek reg, want DIT is mos nou ewehandig.

Vergeet nou maar vir die oomblik van dubbele standaarde, as dit by die reg uitkom, sal dit nie wonderlik wees as enige oortreder na die gewig van die oortreding skuldig bevind kan word nie? Maar ek het ‘n idee jy lê die oorsaak van dubbele standaarde voor die witman se deur. En die MRK staan verseker agter die deur, watter anderskleuriges het hulle nou oor uitspraak gegee?

As jy gisteraand E-Nuus gekyk het, sou jy sien hulle is nou goed warm onder die kraag dat mense nie hul uitsprake ernstig opneem nie.

Paul ·

En daar sien ek nou Mngxitama se Twitter rekening is opgeskort. Kom MRK gee hom ten minste lewenslank, dalk twee lewenslange strawwe vir die slagting wat hy op wit mense propageer.

John ·

Hoekom is daar nie klagtes gele teen die mense wat die alfabet misbruik nie? Om so in die algemeen klagtes af te rammel voor die pers en groot oe te trek na witmense is verregaande. Elkeen maak nou afleidings soos hy wil en volgens sy subjektiewe gevoel… maar as jy nie wit is nie is jy minder subjektief eerder meer suggestief… Die mnr Mngx van waar is hy? Die van, nefie, klink baie vreemd. Om nou ook al die honde en katte te wil vermoor… is dit ook in aanvraag in die Ooste naas renosterhoring en leeupootjies?

alida ·

Hierdie man is politieke leier en hou nie by die reels nie. Wat sou die reaksie gewees het as ‘n blanke leier sulke uitsprake gemaak het. Seker onmiddellik in die tronk gewees het.

Jaspaas met sy stil geraas... ·

le – ma bv. LEkgoa – MAkgoa OF lekgowa en makgowa hoeveel Pedis & Sothos en Tswanas se nie hierdie woorde vir ons mense nie. Wat beteken dit? en MHLUNGU ook….

Gaan Kyk TOG ma vir julle selwers….

Anoniem ·

MRK nie die papier werd wat dit op geskryf is nie. ‘n Stok om die wit mense te slaan vir alles en nog wat in die land van ons verkeerd gegaan het. G’n wonder daar word net wit op swart rassisme sake daar ondersoek. Wat ‘n grap!!!!!

SP ·

Met sy vergelyking van die Afrikaner en die Bloekomboom, maak Rian Malan my bitter bang. Hy is reg; ons albei hoort nie eintlik in Afrika nie. Maar ongelukkig kan ons nerens terug gaan nie. Self ons stamlande soos Holland, Belgie, Frankryk, Engeland, en Duitsland (ens.); het vergeet van hulle weeskinders. Intussen oorleef ons (sommige van ons in gebed) tussen die byl en die koel; regstellende aksie en wit-skuld.

Ek wonder maar net; Wat is die beloning vir ‘n volk wat mag oorgegee, jammer se, en ‘n toekoms wil help bou?

Al ·

Die MRK voldoen nie aan die ‘equity standaarde’ nie.
Daar is nie genoeg wit, bruin, Indiër en Sjinees, Jood en Griekr om behoorlike verteenwoordiging vir alle rasse se belange te beskerm nie.

Leon Coetzee ·

Dit wil vir my voorkom of dit net die wittes is wat geteiken word

m.d.r. ·

Die MRK is maar net die sosiale voorsetting van die ou WVK—ook bekend as die lieg en bieg komissie.
Dieselfde eensydige optredes van destyds word maar net weer herhaal……onthou mense nog die “komedie” van Tutu, Winnie Mandela en die drom met sneesies…..?
Wanneer Malema, en die leier van die BLF tronk toe gestuur word–dan eers sal die MRK ‘n snarsie morele aansien verkry…..nie voor dit nie.

Andre ·

Dis tyd om die MRK aan te kla van “etniese suiwering” by die Internasionale Hof in Den Haag.

Misdadigers!!!

Al ·

Ek stem, hulle is glad nie objektief nie. Dis asof hul swart rassistiese uitsprake teen wittes ignoreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.