Nuuskommentaar: Is my pappa nog dood?

Foto: Reint Dykema

Hoeveel sin en waarde maak pres. Cyril Ramaphosa se beloftes aan jong blankes oor hoe belangrik dit is dat hulle in die land bly, as dit is wat hul ouers byvoorbeeld uit hul loopbane dwing? As die kinders se kans om iets te bereik, verinneweer word deur rasgebaseerde maatreëls? Of as die plaas waaraan nog afbetaal word sonder vergoeding afgeneem word?

“Is my pappa nog dood?” So vra ’n driejarige seuntjie nadat sy pa tydens ’n plaasaanval by die plaashek doodgeskiet is.

Binne ’n ommesientjie is minstens 15 plaasaanvalle op plase uitgevoer, en los die viering van die Paasfees vir baie ’n groot hartseer na.

Hoeveel peuters en kleuters moet ons nie nog aan ons harte gryp nie? Dink maar aan Willemientjie Potgieter wat saam met haar ouers vermoor is … klein Willemientjie wie se groot ideaal dit was om ʼn lofkleuter te word.

Of die tweejarige Anri van Rooyen wat gekoester tussen haar ouers voor in die bakkie gesit het waar ’n aanvaller haar in haar magie geskiet het. Die eerste wat die ouers geweet het, was toe sy “’seblief, pleistertjie vir die eina” gevra het.

Plaasaanvalle en plaasmoorde bestaan nie net uit bloedstollende statistiek nie. Buiten ’n klompie politici wat plaasaanvalle se bestaan in wese wegredeneer, en ’n paar akademici wat dit min of meer wegredeneer, is hierdie soort woorde, dikwels sterwenswoorde van die peuter- en kleuterbrigade, diep roerend.

Binnekort word Nampo-oesdag gehou, en baie besoekers sal weer geroer word deur die gedenkmuur wat opgerig is om die name van slagoffers van plaasaanvalle te gedenk. Die name op die mure word ontstellend vinnig meer en meer.

President Cyril Ramaphosa het onlangs ’n beroep op jong Afrikaanssprekendes gedoen om nie die land te verlaat nie. Hy wens hy kon hulle aan bome vasbind om te keer dat hulle gaan.

Sonder om derms uit te ryg: Wat van om plaasmoorde te erken en behoorlik vas te vat en sodoende die jong mense teen bose aanvallers te beskerm?

Verskeie presidente het al die informele ere-titel van “pappa” of “vader” verwerf. Winnie Mandela het in ’n stadium die titel van Mama Wetu (moeder van die nasie) gekry – iets wat tot ’n groot mate verdwyn het na een van “haar kinders”, Stompie Seipei, so erg onder haar lyfwagte, en na bewering van die moeder self se sambok, deurgeloop het.

Ten slotte, hoeveel kans staan ’n kind of jong mens as sy of haar ouers weens hul velkleur uit hul werk verdring word? Hierdie is eintlik ’n lang lys vrae.

Wat van die sielkundige uitwerking om ’n ouer deur geweld te verloor? Of te min geld vir terapie? Of speelgoed te moet ontbeer wat sy maatjies as vanselfsprekend aanvaar?

Moenie die kinders met die badwater uitgooi nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

honourable member ·

Hierdie mense het soveel haat teenoor n witte en die regering blaas dit aan. Dis regtig skokkend en onaanvaarbaar wat in hierdie land aangaan en die regering hou hulle blind daarvoor. Ons het almal die reg op lewe en hierdie mense respekteer net geen lewe nie, nie eers die van hulle eie mense nie. As hulle kan vernietig doen hulle dit want hulle kan want hulle kom niks oor nie. Die rassekaart word orals gespeel.

marco polo ·

Hulle het ons nog altyd gehaat, van oom Jan se tyd af. Ons was net beskerm deur apartheid en het gerus geraak.

Melanie ·

Ramazuma het die ganse wêreld ingelig dat daar geen plaasaanvalle is nie en geen plaas gaan weggeneem van sy regmatige eienaar nie. Die feit dat hy blankes vra om nie die land te verlaat nie is bloot sy poging om die wêreld (en blankes in SA) ‘n rat voor die oë te draai. Ramazuma het sy ware kleur gewys deur aan te voer dat hy die blankes sal hanteer soos mens met paddas maak. Moesie hou vol dat swartes sal voorkeur geniet ivm werksgeleenthede. Blankes word deur die DA aan die neus gelei, net soos hulle destyds deur FW aan die neus gelei is! Maar die tyd kom ….. gee kans.

Andreas ·

Herman, soos Cyril se kop werk is nié soos ‘n ware president se kop moet werk nie, en ek praat nie van ‘n ANC president nie, ek praat van Die Land se President. Hierdie man het dit net nie. ‘n Land se president het dit veil vir ELKEEN van sy land se burgers, maar toe is die privaatsektor weereens daar op op te tel, in dié geval sien ons het ADT sekuriteit na vore getree om te help.

Ronald ·

Hulle dryf alles na n civil war toe. Wat baie lelik gaan wees

Gemaskerde Sopbeen ·

Jy kan tog nie plaasaanvalle prioritiseer as dit deel uitmaak van jou strategie om “grond sonder vergoeding te gryp nie”? Die swart regering van Suid Afrika wil soveel as moontlik blanke boere van hulle plase verdryf sodat hulle daardie plase aan hulle “stem-vee” kan gee sodat hulle langer kan “rule”. Bewys my verkeerd….nadat jy die ANC se Vryheidsmanifes gelees het oor “Land Hunger”…

Cedric ·

Oplaas, ons bly hoop, maar realiteit (feite) wys, hierdie regering kan nie vertrou word vir die welstand van sy eie volk, wat nog vir minderheidsgroepe, blankes, kleurlinge en ander.

Beket ·

Ek lees so deur die skrywe en kry n knop in die keel. Ek lees dit terwyl ons in die polisiekantoor sit om “clearance” te kry om die land te verlaat. Met die lees van die skrywe besef ek net weereens dat dit die regte besluit is. Dit is nie lekker nie , glad nie en baie hartseer , maar dit moet. Dit moet vir oorlewing. Dit moet sodat my kinders n regverdige kans in die lewe het. Dit moet want ons is nje welkom hier nie. Al se die president wat. Maar dit is sleg. Dit is hartseer. Maar dit moet.

Skerpioen ·

Beket, ek verseker jou jy doen die regte ding. Maar mag ek erken dat ek ongelooflik baie jaloers is op julle. Ek sou ook bitter graag hierdie land verlaat, maar ek te oud en met raap en skraap kom ons elke maand net net uit met ons geldjies. Mag dit voorspoedig met julle gaan in julle nuwe tuiste.

Johann van Cullinan ·

Amen. Ons is tans besig met ons immigrasie proses. Ek wens my 20 jarige seun kon verstaan wat ek en sy ma vir hom wil doen om hom te vestig in Australië saam met ons, maar hy kan dit nie insien nie. Ñ meisie is vir hom belangriker. Dit is vir ons as ouers hartseer, maar ek word amper 45 en moet spring voor die afsny datum. Dinge gaan nie beter word nie. Die wysheid kom hier te pas. God het ons ñ verstand gegee om te dink en te sien. Ek sien donker wolke saam pak oor Suid – Afrika. Geen werksikuriteit, veiligheid en voedsel nie.

Felix ·

Johann, vat die meisie saam, so maklik soos dit, dan het jou seun daar anderkant nie nodig om aan die uitspraak gewoond te raak nie EN julle bly Afrikaans.

Frederik ·

Hierdie afdeling is die hartseerste om oor te praat.
Daar is al duisende mense dood gemaak net omdat
hulle wil of.?????????????????.
As daar nie meer Boere is nie wie gaan kos op die tafel plaas.
Jy word ‘n Boer gebore.
Ek is baie hartseer oor die Boere en mense wat onnodig vermoor word.

Andreas ·

En ons het gedink die ANC kan ‘n haas uit die hoed trek met die verkiesing van ‘n president vir die land, toe nie, toe trek hulle Cyril uit.

Tanzsemaarnet ·

Elke dag, elke uur, elke minuut en sekonde leef ons in vrees. Ons is nerens veilig nie en moet heeltyd oor ons skouers kyk. Hulle moor ons bejaardes, kinders en families elke liewe dag…. Nee wat! Die eerste kans wat ek kry om my tiener dogter oorsee te stuur, stuur ek haar, al kos dit my om alles wat ek het te verkoop vir haar visums en paspoort sal ek. Daar is niks meer hoop in die land nie. Ek sal eerder sien dat sy iewers oorsee veilig is, n’ gesin daar he, wetend dat sy veilig is en haar gesin ook. Ek is ongelukkig nie so gelukkig nie, en sal saam my medemense tot die einde in Suid Afrika wees en baklei vir wat eens onsin was.

Helena. ·

Dis baie hartseer om die land te verlaat net om die geweld vry te spring..maar gaan dit aan die anderkant enigsins beter? Ek dink nie so nie. Jy kan oral in die werêld teen iets of iemand te staan kom wat jou bedreig. Die duiwel is los in die werêld nie net in SA nie, so hoekom rond skarrel soos n klomp miere.

Buite Stander ·

Dit gaan om die waarskynliheid dat iets negatief met jou gaan gebeur of nie. Die waarskynlikheid dat iets in SA gaan gebeur is hoër as in Australië. Ten minste het jy waarskynlik ‘n goeie pos in Australië en jou kinders ‘n toekoms.

Gerda ·

Ja, geweld en moord is oral, enige ding kan gebeur, maar dis beslis veiliger vir my kinders. As ek weer die besluit moet maak sal ek dit weer doen. My kinders kom en gaan soos hulle wil, ek weet oral is skurke, maar my hart is meer gerus hier as wat ek ooit in SA sou wees as die jong klomp tot watter tyd in die aand uit is.

Andreas ·

Kom ons vra die vraag: ” Hoe sag is ‘n man se hart wat paddas stadig wil kook?” Het so ‘n man werklik empatie en meelewing in die welstand van AL sy land se burgers?

Is ons ALMAL dan nie aan hom toevertrou nie?

Jerry ·

Hoe meer ek se witmense, veral die Afrikaner met klein kindertjies moet emigreer, hoe meer kry ek teenstand vanuit Afriforum/Solidariteit geledere, wat se dat Afrikaners moet bly! Nou voeg CR hom ook by Afriforum en se witmense moet bly! Ek was nog nooit anders daarvan oortuig dat wanneer links of regs vir jou iets se, dat jy dit maar met n knippie sout moet neem, dat jy self maar eers goed die kat uit die boom moet kyk, omrede daar altyd die een of ander snaakse motief is soos om positief te wees oor iets wat eintlik negatief is! Ek het al met trane in my oe gevra, wat se sin is daar in n lewe in SA op plase met die onnatuurlike afsterwes van jong kinders, wie vermoor word. Is dit die Afrikaner terwille of is dit Afriforum terwille of is dit georkestreerde wraak terwille, of is dit n kombinasie? Vinniger as blitsvinnig het diegene wat “bly” ondersteun, my daarop gewys dat Afriforum plaasbeveiliging oorgevat het omrede die staat en SAPD die boere gefaal het. Intussentyd het dit nou aan die lig gekom dat Agri SA besluit het dat genoeg is genoeg en Fidelity/ADT betrek omrede, en ten spyte van Afriforum se onderneming om plase te beveilig, plaasaanvalle, plaasmoorde en diefstal aan die toeneem is. Hoe ironies is dit dan tog nou, dat terwyl ons sien hoedat die kindertjies met die badwater uitgegooi word, luister die Afrikaner eerder vir Afriforum en CR, om te bly!

Ella ·

@Jerry: as ek kon het het ek lankal hierdie landwaar ek groot en oud geword het, verlaat maar ek kan nie want ek het nie die geld wat vereis word.
My een kind is reeds weg en ek verlang daagliks maar ek moedig die ander elke dag aan om weg te gaan terwyl hulle nog kan. Al beteken dit dat ek dan alleen hier agterbly, solank hulle veig is en
toekoms elders kan skep vir, veral, hul kinders.
Eendag gaan ander lande hul grense vir ons ook sluit en dan sit die paddas in die pot….

Nicolise ·

Almal kan nie die land verlaat nie want dit kos baie geld. So daarom baklein Afriforum en Solidariteit nog vir die wat bly.

Liza ·

Solidariteit en die VF+ se pogings sal nie die Afrikaners se voortbestaan verseker nie. Ons verdwyn tussen die massas en gaan in armoede veval en in plakkerkampe bly waar Helpende Hand vir ons kospakkies gaan uitdeel. Ons benodig ‘n selfregerende gebied waar ons kan werk en ‘n nuwe toekoms bou.

Andreas ·

Jerry, jy is sefsugtig en bevooroordeeld teenoor mense soos Solidariteit en Afriforum wat die veil vir die land het en kan help.

Andreas ·

Jerry, Solidariteit bestaan al sedert 1902, Afriforum is in Maart 2006 gestig. Het jy al hierdie mense se webwerwe gaan besoek, in diepte gaan beloer, en gesien watter vertakkings hulle het, tot watter enorme organisasie dit gegroei het. Ook kan mens daar sien wat hulle als vermag het, als in die belang van Afrikaans. Daar verskyn bykans daagliks berigte in Maroela daaroor.

Gaan haal vir ons statistiek en inligting uit byvoorbeeld die Naspersstal, of enige van die Stigtings wat Afrikaans bevorder en dan sal jy sien dit kom, ten minste wat die praktiese inpak aan betref, nie naby aan wat Solidariteit met sy vertakkinge in hierdie tye vir ons doen nie, vir almal in die land se belang. Veral en toenemend die afgelope twee tot drie jaar. Ek wil my verstout om te sê, en dit is die realiteit, dat as dit nie vir hulle was nie, was die land lankal pê en op sy rug.

Andreas ·

Jerry, net ‘n laaste vraag, “ek neem aan jy dra prakties by tot die oplossing van die land se probleme, of dat jy andersins ten minste lid van Solidariteit of Afriforum is?”

Eben ·

Sulke berigte is vir my vreeslik hartseer en onstellend.

Kinders behoort nie aan sulke haat blootgestel te word nie.

Paul ·

Dit breek ‘n MENS se hart om sulke goed te lees en jy voel so magteloos want jy weet nie wat jy kan doen om dit te verander nie. Kerke, organisasies en soveel ander wit indivudiee het al so baie uitgereik en doen dit steeds, maar helaas dit bring geen verandering nie.
Wat moet ons nog doen om dit gespaar te word.

Mieliestronk ·

As jy sit en dink : daar word van mense gepraat en hulle sê hulle is mense en ons aanvaar dit so. Of is dit die storie hulle is uit die bos gehaal maar die bos sal nooit uit hulle kom nie wat se soort ding is dit is dit ‘n mens of wat. In ‘n huis inbreek ‘n weerlose kind van 8 jaar in sy gesig slaan met ‘n voorwerp dat hy ‘n neus operasie moet onder gaan. Die boer van Bloemhof dink ek hy is bly omdat hy dood is. As dit nie so was nie sal hy vandag in die tronk gewees het oor die plaasaanvaller wat hy dood geskiet het. Want jy mag nie kroonwild skiet nie. En die ergste van als ons baie goeie President (Pel van Roelf Meyer ) het tot nou toe nie ‘n woord gesê oor al die plaasaanvalle wat die naweek plaasgevind het. As jy jou verstand gebruik is daar mense wat opdragte kry om wit mense te vermoor, ‘n kind word nie eers oorgesien nie . Daardie mense sal gou aan die blankes bekend gemaak moet word.

Bloudrom ·

Ek kuier op die oomblik by my seun in New Zealand en kan net sê dat n mens nie besef wat n ontwikkelde land vir n mens se gemoed doen nie. Wat dit meer indrukwekkend maak is dat ek baie minder blankes sien as oosterlinge. Hier is absolute verdraagsaamheid tussen die mense. Dan besef ek maar net weer dat ons in Afrika almal wanaangepas is. Swart en wit. Die kinders moet sukkel om weg te kom. Hulle hoef nie weer Voortrekkers te wees nie.

Cornelia ·

Jerry, die versoeking om uit te wyk is ‘n alternatief. Dit is ‘n vrye keuse. En keuses word deur omstandighede maar ook unieke geleenthede oorweeg. Ekself het skoolmaats aan die anderkant afgestaan omdat daar van altyd af baie beter aanbiedinge was om hul gawes tot voordeel van verbetering op die globale front tot “wins” te bring. Afriforum draai niemand se arm wat ankers hier lig as daar brood op die tafel gedek kan word vir ‘n gesin of jongmens wat dalk net daar oorkant ook ‘n verskil kan maak wat dalk hulle beste verwagtinge oortref nie. Afriforum as ‘n burgerregte organisasie veroordeel niemand wat vertrek nie. En DANKIE aan Fidelity/ ADT wat ook hul gewig ingooi. Afriforum kan nie alleen die wa deur die drif trek nie. Niemand luister na CR se “boom” nie. Om geboom te word, is om aangewend te word as ‘n gerieflike melkkoei. Maar om uit vrye wil te bly is om ook ‘n verskil te maak hier t.w.v jou eie en ander en almal. En daarin vra ‘n mens ook wysheid.

Deloris ·

Ramie sê net nouuu en dan iets om ons wittrs mak te maak maar hy is deel van die spul waarom allesdraai…. ons wittes word uitgewerk, agv ons velkleur…. ons kan cergeet van n werk behalwe as jy iets vir jouself doen….ons land gaan soos ander Afrika lande word met net vervalle huise en grond paaie…. n land wat eens DIE AFRIKA land was….gaan niks oorbly nie…..

Anneli ·

Beket, ek dink ook jy doen die regte ding. Dit gaan moeilik wees vir ‘n jaar of twee dan is julle aangepas by ‘n land waar julle ‘n toekoms met vertroue kan tegemoed gaan en waar jy rustig in die nag kan slaap en jou kinders in ‘n normale omgewing kan speel, skoolgaan, sport speel, universiteit toe gaan en op meriete ‘n werk kan kry.
Alle voorspoed- dat julle ons verlaat is Suid -Afrika se verlies.

Beket ·

Baie dankie. Soos reeds gese, dit is nie lekker nie. Ek glo alles sal goed gaan , en sterkte vir almal- bly of ry.

Roxy ·

Ramaphosa soek stemme daarom vra hy dat wittes in die land moet bly. Wat n grap. Hier is nie genoeg werk vir almal nie. Hy vertel leuns en ons wittes val nie daarvoor nie. Al wat by sy mond uitkom is leuns.

ES ·

Dis vreeslik hartseer.

Ek self oorweeg om weg te gaan na my kwalifikasie voltooi is. My vrou is baie na aan haar ma, en dit maak dit verskriklik moeilik om selfs daaroor te redeneer aangesien sy dalk maar baie meer patrioties is as ek en nie wil emigreer nie.

Die verskil is – ek gaan nie bloei vir ‘n land wat nie bereid is om vir my te bloei nie. Dit is nie Afriforum / VF+ se verantwoordelikheid of selfs in hul mag om ons almal te beskerm nie. Ek is meer as bereid om hier weg te kom, en vir myself en my en familie ander heenkome te vind waar my waardes nie aangetas word en waar daar nie teen my velkleur gediskrimeer gaan word nie.

Ek is moeg baklei, ek is moeg daarvoor om 10 keer harder te werk net sodat ek my werk moet behou nie – en dit als terwyl ek en net ‘n handjievol mense (julle ingesluit) die hele land moet onderhou met belastinggeld wat net ons bereid is om te betaal?

Nie meer nie – sodra my kwalifikasie klaar is en ek kan praktiseer, gaan ek hier wegkom. My oupa en my pa het baklei in sinnelose oorloë sodat ‘n klomp snotneuse kan “demand” en afbrand soos hul lus kry?

Nee dankie. My vrou sal maar moet gewoont raak aan haar nuwe tuiste, maar ten minste sal ons op ‘n plek bly waar ons nog ons menswaardigheid het. En ons is veilig.

Wilma ·

Ag nee. Hu onnosel dink Ramaphosa is die wittes. Nee wat ek glo.nie n woord van sy beloftes. Ons kinders moet maar hul heil ini buiteland gan soek. Sad but true

Koos Brits ·

Ek het na die rugby gekyk wat oor die naweek in Saldana plaas gevind het.8 spanne het deel geneem daar was een blanke wat deel geneem het , ons blankes word in sport uit gelaat geen werk vir blankes in staats departemente .Was ek jonger het ek ook die pad gevat geen toekoms in hierdie land.

Gaitsigubib ·

Ja ou Koos is dit dan nie so ironies dat die “Ja” stemmers altyd aangevoer het dat ons nie internasionaal aan sport kon deelneem nie – nou kan ons nie aan sport deelneem nie. Gelukkig swem my kinders!

Beket ·

Baie dankie. Soos reeds gese, dit is nie lekker nie. Ek glo alles sal goed gaan , en sterkte vir almal- bly of ry.

Boerboel ·

My raad is terwyl jy kans het gaan. Hierdie mense wat so moor doen dit in opdrag om vrees en paniek te saai. Dis n’ oorlog zone. Daar is meer mense dood in plaas aanvalle as toe ons in die bosoorlog was. Dit is baie hartseer. Ek kry die kinders so jammer wat hulle ouers moet verloor.

Michelle ·

As jy self slagoffer was en familie lede was en jy het familie lede afgestaan aan die dood dan weet jy hoe voel die seuntjie want ek weet hoe hy voel. Cyril het nie byou die oop grafte gestaan nie my raad aan jong mense gryp die geleentheid aan as jy kan oorsee gaan met jou kleingoed vir ‘n beter lewe asb maak so want ons land is korrupt hier is niks meer mooi of niks meer oor nie. Ons moet vrylik kan rond beweeg kan lewe kan trots wees ons president is onder verdenking ons bly agter tralies en die kriminele hou ons in aanhouding in ons huise en in plase. Jy is nêrens veilig nie. Bewys my verkeerd.

Heksie ·

Jy sal net ‘n plaasmoord verstaan wanneer jou familie direk daardeur geraak word … Dis ‘n onbeskryflike konstante pyn wat ‘n gat in jou hart klop … vir ewig!

Gaitsigubib ·

Ag nee Herman, ek is nie emosioneel sterk genoeg om die goed te lees nie. Ek sien dat skrywes geplaas word wat goed se soos “ongelukkig was die boer nie daar” tydens n plaasaanval. Ek hoop so mens besef hoe siek hy is en gaan vra hulp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.