Nuuskommentaar: Is my pappa nog dood?

Foto: Reint Dykema

Hoeveel sin en waarde maak pres. Cyril Ramaphosa se beloftes aan jong blankes oor hoe belangrik dit is dat hulle in die land bly, as dit is wat hul ouers byvoorbeeld uit hul loopbane dwing? As die kinders se kans om iets te bereik, verinneweer word deur rasgebaseerde maatreëls? Of as die plaas waaraan nog afbetaal word sonder vergoeding afgeneem word?

“Is my pappa nog dood?” So vra ’n driejarige seuntjie nadat sy pa tydens ’n plaasaanval by die plaashek doodgeskiet is.

Binne ’n ommesientjie is minstens 15 plaasaanvalle op plase uitgevoer, en los die viering van die Paasfees vir baie ’n groot hartseer na.

Hoeveel peuters en kleuters moet ons nie nog aan ons harte gryp nie? Dink maar aan Willemientjie Potgieter wat saam met haar ouers vermoor is … klein Willemientjie wie se groot ideaal dit was om ʼn lofkleuter te word.

Of die tweejarige Anri van Rooyen wat gekoester tussen haar ouers voor in die bakkie gesit het waar ’n aanvaller haar in haar magie geskiet het. Die eerste wat die ouers geweet het, was toe sy “’seblief, pleistertjie vir die eina” gevra het.

Plaasaanvalle en plaasmoorde bestaan nie net uit bloedstollende statistiek nie. Buiten ’n klompie politici wat plaasaanvalle se bestaan in wese wegredeneer, en ’n paar akademici wat dit min of meer wegredeneer, is hierdie soort woorde, dikwels sterwenswoorde van die peuter- en kleuterbrigade, diep roerend.

Binnekort word Nampo-oesdag gehou, en baie besoekers sal weer geroer word deur die gedenkmuur wat opgerig is om die name van slagoffers van plaasaanvalle te gedenk. Die name op die mure word ontstellend vinnig meer en meer.

President Cyril Ramaphosa het onlangs ’n beroep op jong Afrikaanssprekendes gedoen om nie die land te verlaat nie. Hy wens hy kon hulle aan bome vasbind om te keer dat hulle gaan.

Sonder om derms uit te ryg: Wat van om plaasmoorde te erken en behoorlik vas te vat en sodoende die jong mense teen bose aanvallers te beskerm?

Verskeie presidente het al die informele ere-titel van “pappa” of “vader” verwerf. Winnie Mandela het in ’n stadium die titel van Mama Wetu (moeder van die nasie) gekry – iets wat tot ’n groot mate verdwyn het na een van “haar kinders”, Stompie Seipei, so erg onder haar lyfwagte, en na bewering van die moeder self se sambok, deurgeloop het.

Ten slotte, hoeveel kans staan ’n kind of jong mens as sy of haar ouers weens hul velkleur uit hul werk verdring word? Hierdie is eintlik ’n lang lys vrae.

Wat van die sielkundige uitwerking om ’n ouer deur geweld te verloor? Of te min geld vir terapie? Of speelgoed te moet ontbeer wat sy maatjies as vanselfsprekend aanvaar?

Moenie die kinders met die badwater uitgooi nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

45 Kommentare

jongste oudste gewildste
honourable member

Hierdie mense het soveel haat teenoor n witte en die regering blaas dit aan. Dis regtig skokkend en onaanvaarbaar wat in hierdie land aangaan en die regering hou hulle blind daarvoor. Ons het almal die reg op lewe en hierdie mense respekteer net geen lewe nie, nie eers die van hulle eie mense nie. As hulle kan vernietig doen hulle dit want hulle kan want hulle kom niks oor nie. Die rassekaart word orals gespeel.

W W Rsa

Word wakker Boere word wakker!!!

Melanie

Ramazuma het die ganse wêreld ingelig dat daar geen plaasaanvalle is nie en geen plaas gaan weggeneem van sy regmatige eienaar nie. Die feit dat hy blankes vra om nie die land te verlaat nie is bloot sy poging om die wêreld (en blankes in SA) ‘n rat voor die oë te draai. Ramazuma het sy ware kleur gewys deur aan te voer dat hy die blankes sal hanteer soos mens met paddas maak. Moesie hou vol dat swartes sal voorkeur geniet ivm werksgeleenthede. Blankes word deur die DA aan die neus gelei, net soos hulle destyds deur FW aan… Lees meer »

Andreas

Herman, soos Cyril se kop werk is nié soos ‘n ware president se kop moet werk nie, en ek praat nie van ‘n ANC president nie, ek praat van Die Land se President. Hierdie man het dit net nie. ‘n Land se president het dit veil vir ELKEEN van sy land se burgers, maar toe is die privaatsektor weereens daar op op te tel, in dié geval sien ons het ADT sekuriteit na vore getree om te help.

Gemaskerde Sopbeen

Jy kan tog nie plaasaanvalle prioritiseer as dit deel uitmaak van jou strategie om “grond sonder vergoeding te gryp nie”? Die swart regering van Suid Afrika wil soveel as moontlik blanke boere van hulle plase verdryf sodat hulle daardie plase aan hulle “stem-vee” kan gee sodat hulle langer kan “rule”. Bewys my verkeerd….nadat jy die ANC se Vryheidsmanifes gelees het oor “Land Hunger”…