Nuuskommentaar: Is ’n toestand van geen werkloosheid moontlik?

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Die Deense nasionale bank het aangekondig dat daar amptelik geen werkloosheid meer in dié land is nie. Trouens, plan moet gemaak word om te keer dat arbeidstekorte nie die ekonomie knou nie. Onder die maniere wat die bank voorstel dat die ekonomie op alle suiers bly loop is dat ouer werkers aangemoedig en toegelaat word om hul pensioendatum uit te stel, dat studente reeds die arbeidsmark betree, dat meer mense met gestremdhede in diens geneem word en dat na immigrante gekyk word as bron van arbeid.

Dit is nogal ’n groot verskil met die werkloosheidsyfer vir Suid-Afrika wat op ongeveer 30% te staan kom afhangende van die definisie wat gebruik word.

Suid-Afrika se posisie word verder beïnvloed deur enorme hoë werkloosheidkoerse in Zimbabwe (80%), Mosambiek (60%) en Lesotho (42,7%). Ekonomiese migrasie na ’n land in die knyp uit lande nog meer in die knyp is bykans onafwendbaar.

Die Dene beskou ’n volgehoue werkloosheidsyfer van ongeveer 4% as die norm om te bepaal dat daar geen werkloosheid is nie, omdat korttermyn-werkloosheid altyd dit moeilik sal maak om nog fyner te meet. In daardie opsig het ’n hele paar lande dus nog minder werkloosheid as Denemarke. Dit sluit van die Golf-oliestaatjies in, maar daar is tog ’n paar verassings soos Wit Rusland (minder as 1 %), Kambodja (0,5 %) en ander.

Ekonome in Suid-Afrika praat nie altyd almal uit dieselfde mond oor die nodige fiskale, finansiële en ekonomiese medisyne wat die land nodig het nie. Die kundiges word ook dikwels gehoor, maar nie na geluister nie, onder meer omdat ideologieë oor ’n lang tyd ingebed geraak het en dikwels hul raakvlakke met die werklikheid kwyt is.

Ander faktore soos lomp en skadelike politiekery, korrupsie, oorregulering, staatsvermorsing en vele dien ook as struikelblokke om die ekonomie op dreef te kry.

In dié stadium kan ons maar net droom van ’n land sonder werkloosheid.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Geldsake, Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Verward ·

Ek weet nie meer wat om te glo nie. Die suidlanders basuin in hul nuutste artikel uit dat julle vir die NWO werk en die pad plavei vir die antichris se koms???

Grassie ·

Werkloosheid word direk geraak deur die bevolkingsaanwas van ‘n land. In eerstewêreldlande is die geboortesyfer laag – in lande soos Denemarke en Duitsland is dit in tru-rat. Die teendeel is waar van derdewêreldlande. In die Middeooste en Afrika kan die bevolkingsaanwas as “roekeloos” beskryf word. Hoe laer die beskawingspeil, hoe groter die aantal kinders per gesin. In ons land gaan die werloosheidsyfer bly styg. Behalwe vir die onverantwoordelike bevolkingsaanwas by sekere bevolkingsgroepe stroom miljoene werklose burgers van ander derdewêreldlande in Afrika oor ons grense. Hierdie “immigrante” is die resultaat van te hoë geboortesyfers in hul eie lande. Ek sien net swarigheid vir ons.

Plattelander ·

Grassie, jou redenasie klink vir my deurdag-moes onlangs vir SASSA-geld aansoek doen-was verbaas toe ek en my gade onsself heeldag agter in die ry bevind, aangesien jong kinders met kinders die hele tyd voor ons ingeskuif het vir hulle deel van die koek! Dr. Toerien lewer deurgaans sinvolle kommentaar-dankie tog vir enkelinge wat nog karaktervol volhou om die skrif aan die muur te lees en te vertolk.

humor ·

Grassie die spyker op die kop. Daar word nie eens die mees primere verantwoordelikheid, nl. verantwoordelike aanwas nagekom nie. Massas ly daagliks honger maar stel geen perke nie. Kan nie in die toekoms sien en beplan nie. Gee nie n duit om of hul kinders gevoed gaan word nie.Daar kan ook nie eintlik van gesinne gepraat word nie. In baie gevalle het n totaal ander struktuur as waaraan ons dink. Ek sien in SA is werkloosheid n onoplosbare probleem. Die massas is te groot. Daar is n gebrek aan arbeidstrots en die verbruikerskultuur te diep gewortel.

Theresa ·

Klink hemels. Natuurlik kan daar geen werkloosheid wees nie – maar dan is daar ‘n intelligente, strategies denkende en hoogs opgeleide leierskorps aan bewind wat hul land se mense in ag neem. Glo daar is ook wet en orde wat toegepas word. Die stert sal nie die hond daar swaai nie!

Helene Burger ·

vandag vir die eerste maal op maroelamedia.co.za ingegaan. Wat n wonderlike webblad. Geniet alles. baie lief vir lees en was baie bly oor die boekresensies. Sal later weer van my laat hoor. gaan so voort. groete van huis tot huis.

christine ·

Verlang na 1959-1966 toe ons die 5 boemelaars in Bloemfontein op hulle name geken en gerespekteur vir wat hulle was. Pasop vir jou as jy net per ongeluk daai hoed met geld raak skop of raak trap, jou ouers en die bree publiek so jou gou maniere leer.

Theuns ·

Herman, soos altyd het jou kommentaar raakpunte met die werklikheid soos dit nou is! In die tydperk (die verlede 1948 – 1966) wat taboe is om by die naam te noem het Suid Afrika gekook. Na my kennis was daar geen werkloosheid nie! Die ekonomie het geblom. Ons was op die” goud standaard”. Ons grense was toe vir ekonomiese vlugtelinge en kriminele. Mense met ‘n geleerdheid was welkom omdat hulle ‘n bydrae tot die ekonomie kon lewer.Die Rand was sterker as die Dollar. Ons het die sterkste en grootste Weermag in Afrika gehad en was self voorsienend wat ons wapen bedryf aanbetref het. My karretjie(Kewer) het maar ‘n skamele R1350.00 splinternuut gekos. Die prys van petrol was maar R9.00 per liter. In die Fabriek, waar ek gewerk het, was daar op enige werksdag ongeveer 14000 mense werksaam. BEE het die maatskappy vernietig! Vandag werk daar slegs 80 mense. JA moet die antwoord wees op die vraag wat Herman vra ! Dit is moontlik om ‘n land sonder werkloosheid te he as ons weer bekwame leiers (Esprit De Corps) in beheer van Suid Afrika kan he.

Theuns ·

Jammer vir die fout dit moet lees R0.09 sent per liter vir petrol!

armando ·

Theuns, my arme vrind, dis nie al fout wat jy gemaak het nie! Grootste en sterkste Weermag? Geen werkloosheid nie? Hemel op aarde? Melk en heuning? Kom by, maat!

humor ·

Hheuns is reg m.b.t. die weermag. Grootste en sterkste IN AFRIKA. Heuning en melk jy jy self ingeklits en dit is verkeerd.

mogalecity inwoner ·

Is Nickey se kommentaar te NA AAN DIE waarheid ? Dus word dit nie gepubliseer nie.?

Wonder net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.