Nuuskommentaar: Is ʼn vreedsame multi-kulturele samelewing moontlik?

hande kultureel diversiteit rasse

Argieffoto (Foto: maxlkt, Pixabay)

Is ’n vreedsame multi-kulturele samelewing moontlik? Die Nederlandse rubriekskrywer, Stevo Akkerman, wat hom as “onvervalste deugneus” (skarminkel of swernoot) beskryf, meen wel dit kan. Twee van Nederland se groot kusstede, Rotterdam en Den Haag, is egter tot dusver nie juis toonbeelde van vreedsame naasbestaan nie.

In Den Haag staan veral 2015 uit, toe rasseonluste in die Schilderwijk uitgebreek het. Dit was nadat die polisie ’n gekleurde persoon doodgemaak het, wat geblyk het onskuldig te wees. Die man het versmoor. Dis die wyk waar die grootste persentasie mense maatskaplike toelaes ontvang, meer as 100 per 1 000.

Uit berigte lyk dit of die ou, historiese Joodse gemeenskap betreklik onlangs padgegee het, terwyl Geert Wilders ’n besoek aan die Moslemsektor gebring het na ’n uitlating waaroor die Moslems erg gekrenk gevoel het. (In ’n onlangse sensus is bevind dat 5% van die Nederlandse bevolking die Moslemgeloof aanhang, teen byvoorbeeld net meer as die helfte wat geen godsdiens aanhang nie.)

Turkye, wat ’n konsulaat in Rotterdam het, was ook al met die polisie haaks oor geweld tussen die Turke en die polisie.

Rotterdam lewer steeds ’n stroom berigte oor geweld op. Baie hiervan handel oor huishoudelike geweld. Trouens, die stad het ’n Sentrum vir Seksuele Geweld, en verlede jaar nog het honderde mense teen seksuele geweld betoog.

Die aantal berigte oor die polisie wat glo oordadige geweld aanwend in die bekamping van geweld tref egter die oog. In 2016 verklaar die polisie dat hulle geweld sal gebruik indien nodig. Van die vorige jaar het die gevalle waar die polisie geweld moes inspan, met 6% toegeneem. Geweld teen die polisie se hulpwerkers het egter met 22% toegeneem. Die volgende jaar het twee polisiebeamptes in die hof verskyn omdat hulle oormatige geweld gebruik het.

Kan ’n mens, sonder om ’n swerkater te wees, sê vreedsame naasbestaan in die multi-kulturele Suid-Afrika is moontlik. Of om die ANC se verbete verwysingsraamwerk te gebruik, in ’n veelrassige land?

Seker nie as:

  • blankes se grond geteiken word vir onteiening sonder vergoeding nie. Terwyl pres. Cyril Ramaphosa mooi broodjies probeer bak, was daar sommer van die begin af aanduidings dat die kleptokrate dit as ’n kans gesien het om groot rykdom onder die grond uit te haal.
  • plaasmoorde en plaasaanvalle skynbaar nie as baie ernstig beskou word nie, en die skuld vir die lawwe uitlating dat dit nie in Suid-Afrika gebeur nie, selfs voor die deur van pres. Donald Trump gelê word.
  • die vorige president na blankes as “white supremacists” verwys nie. In die VSA is dit so erg soos om ’n swart man hier die “k”-woord te noem.
  • blatante ekonomiese diskriminasie teen blankes bestaan nie.

Die lys kan oneindig lank gemaak word.

Natuurlik is daar ook blankes wat die pot met heksebrousel roer.

Die feit is dat dit ’n regering se plig is om na die beste belang “van al sy mense” om te sien.

’n Skynbare gevolg, soos blyk uit lesersreaksie, is ’n verskerpte versugting na selfbeskikking. En heel dikwels word selfbeskikking as niks anders as totale geografiese onafhanklikheid gesien nie. Voorstelle wat die oorspronklike gerrymandering na die bou van ’n kleuterlegkaart laat lyk, word voorgestel.  Vir hulle bestaan die baie bestaande modelle van geografiese en korporatiewe selfbeskikking eenvoudig nie. Totale onafhanklikheid word egter as moontlikheid uitgesluit in die grondwetlike artikel wat selfbeskikking moontlik maak (artikel 235).

Een leser se kommentaar moes selfs van Maroela Media verwyder word omdat die leser gewapende geweld vir onafhanklikheid bepleit. Julius Malema is nou ook nie juis die toonbeeld van ’n brugbouer nie; veel eerder van ’n sloper.

In die woorde van dr. Tjaart van der Walt, voormalige grootbaas van die RGN: “Indien die mense nie verstaan en vertrou nie, sal geen grondwet doodeenvoudig nie werk nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Slimkop ·

Volgens kenners is vreedsame saamleef moontlik net tot hulpbronne soos werk, water, geld of watookal begin min raak of probleme begin kop uitsteek, dan groepeer mense instinktief volgens uiterlike kenmerke soos ras. Dis waarom saamleef in n oorbevolkte wereld onrealisties is.

JC ·

In ‘n neutedop, nee dit KAN nie. Indien daar stawing gesoek word vir die stelling sal ‘n blaai deur die alternatiewe nuusbronne voldoende wees. ( vermy liefs die valsretoriek, deugde-verkondigende, slagofferskapmentaliteit- bevorderende, idealistiese en manipulerende hoofstroommedia wat dink ons DIE MENSE is nog stewig in hul walglike en sieldodende wurggreep vasgevang)

Ben ·

Ek dink so, maar dit is onderheuwig aan samewerking van al die partye. Elke kultuur is uniek daarom om die kultuur suiwer te behou moet dit nie vermeng word moet n ander kultuur nie. Elke kultuur moet gerespekteer word. Waneer kuture vermeng word soos in ons skolestelsel gaan daar wrywing kom want die een kultuur se kinders kan nie die ander kultuur se moeder tong verstaan nie asook hulle kuture gewoontes ens . Dit is vir hulle frustrerend en veroorsaak dat hulle nie daar wil wees. Hulle begin dus te rebuleer. Om te kan saamleef moet veranwoordelike leiers aangestel word en daar ‘n universieele kommunikasie protokol in plek wees van hoe die verskillende kulture met mekaar komunikeer en hoe griewe opgelos word. Elke kultuur moet sy eie grond (grense) , sy eie bestuur (Lelers), sy eie regstelsel ens he. Vermenging van kulture vernietig meer was dit opbou. As ek pratige blou verf met pragtige rooi verf meng dan kry ek pers. Dink net hoe fantasties en baie toeriste ons kan trek as ons ‘n kulturele markte het waar elke kultuur sy eie ware en kosse ens ten toon stel en te koop aanbied. Daar sal natuurlik reels wees wat se dat een kultuur nie ‘n ander kultuur se produkte mag namaak nie. Ander nie Suid Afrikanse kulture kan dan genooi word om saam deel te he.

Hendrik ·

Natuurlik is vreedsame multikulterele samelewing moontlik,.. in elkeen groep se eie gebied. Ons werk mos saam en daar is sommige mense wat saam kuier.

Johan H. ·

NEE Dit kannie, Altans nie in die land nie,,, Hoe meer n mens geintredoktoneer word met die gemors belyd wat tans in die land heers, hou meer word HAAT gekweek , Dit sou werk in n land waar al die rasse omtrent dieselfde getalle het en ALMAL oor die selfde kamp geskeer word.. Hier word wittes om elke hoek ooglopend uitgesluit in die hoofstroom van die besigheid,,,Maak nie n fout nie Daar is baie spanning op die damwal,,,Julle Liberale het klaar n gelaaide rewolwer in die baba se kot gegooie,, Die baba word groot,,

Jerry ·

Ja, n multi-kulturele samelewing is moontlik wanneer alle groepe hulle daartoe verbind en versoenend teenoor mekaar optree. In SA weier die ANC en Solidariteit/AfriForum egter om versoenend teenoor mekaar op te tree en is dit die heeltyd n kul jou hier en kul jou daar, stryd. Beide strewe na afsonderlike ontwikkelling deur die ander groep uit te sluit. In plaas daarvan om te aanvaar dat afsonderlike ontwikkelling vir beide n oplossing bied en waarna hulle in elk geval strewe, skreeu hulle rassisme en diskriminasie ten hemele. Beide maak hulself daaraan skuldig en daarom is dit tyd om op te hou om diskriminasie te skreeu en bloot voort te gaan om afsonderlik te ontwikkel. Implementeer doodeenvoudig paralelle programme wat swartmense uitsluit, soortgelyk aan die ANC se NDR programme wat witmense uitsluit. As die ANC daarmee kan wegkom onder die grondwet, dan regverdig dit dat n ander groep soos Solidariteit dit ook kan doen! Dit is nou die regte tyd om op te hou om hof toe te hardloop en om eerder die ANC diskriminerende programme te gebruik as regverdiging vir afsonderlike ontwikkelling.

Anoniem ·

Almal het gehoop ‘n Reënboognasie is moontlik, maar moes terselfdertyd besef het dat 11 plus verskillende volke en tale nie as een saamgeflans kan word nie. Dit het orals in Oos Europa gebeur waar volkere saamgegooi is, net om later weer onafhanklik af te stig. Soewereiniteit waar elkeen deur sy eie mense regeer word, is al werkbare oplossing, maar dit gaan groot keuses verg, aangesien die land alreeds ‘n mengelmoes is. Die vraag is egter, gaan mense bereid wees om dit te doen, want etlike miljoene gaan moet wortels lig.

Geskiedenisbeantwoordallevrae ·

Geskiedenis het vir ons oor en oor gewys nee dit kan nie werk nie maar die mens is “reactionary” en kom dit te laat agter elke keer. Verstom my hoe mense die foute van die verlede oor en oor maak en die resultate bly dieselfde. Vanaf die romeine en die pagan tot die muslims en budiste. Hoeveel meer voorbeelde soek ons?

nico k ·

Ja dit kan, maar dit neem baie eeue. En ek dink Slimkop hierbo is reg, dit gaan goed totdat daar ekonomiese moeilikheid is. In die 80’s het baie politieke wetenskaplikes (let wel Afrikaanse geleerdes) Switserland voorgehou as ‘n bewys dat dit kan. Die feit dat Switserland en SA heeltemal veskil het by hulle verby gegaan.

Haan ·

NATUURLIK is dit moontlik. Daar is báie voorbeelde waar mense van verskillende rasse vreedaam saam leef. Soos bv:… Soos… Uhmmm

Chrisjan ·

Miskien in ‘n outokratiese sisteem onder ‘n regverdige koning of leier. In ‘n demokratiese sisteem waar leiers se posisie en gewildheid deur die meerderheid bepaal word is dit onmoontlik.

D B ·

Nee, en dit geld nie net vir Suid Afrika nie.

Wanneer ‘n groep mense “saam” lewe, maak nie saak watse geslag, taal, kleur of ouderdom nie, kan dit slegs werk as almal dieselfde standaarde / waardes het, en dit is na my mening die grootste probleem in Suid Afrika, ons mense, en hier verwys ek na al die verskillende rasse, het nie dieselfde standaarde nie.

As die grootste deel van die bevolking se standaarde / waardes van so ‘n aard is dat moord, verkragting, diefstal, afbreek / brand, luiheid, ens. nie ‘n probleem is nie sal diegene met hoër standaarde / waardes uit die aard van die saak nie saam met sulke mense wil woon / lewe nie.

Ek meng my met mense wat op my vlak is. So as jy nie aan my standaarde / waardes voldoen nie, gaan ons probleme optel, ongeag jou kleur, geslag, taal of ouderdom. So eenvoudig soos dit. Dit het niks met rassisme te make nie.

RG ·

In my opinie is dit meer standaarde en klasse verskille wat mense in Suid Afrika verdeel. Meeste van ons werk om 50% van ons verdienste aan ‘n regering te gee wat veronderstel is om dit aan te wend vir die armes. Die armes voel verontreg en verwaarloos deur dieselfde regering. Niemand gee om wie langs hulle intrek solank hulle dit kan bekostig en dieselfde standaarde handhaaf nie en dan leef ons vreedsaam met ons onderskeie skole, kerke, universiteite, beroepe. Ongelukkig word daar nou al vir 24 jaar ‘n ” pasella kultuur” geskep vir die massas armes instede van om hul met hulpbronne by te staan om hulself uit die armoede te lig. Die spreekwoordelike “Leer ‘n man om vis te vang…” Ons Presidente en kaders van die afgelope 24 jaar het self oornag in die botter geval, hoe sal hulle dan die belangrike kopskuif vir die armes kan meebring. Hulle weet eenvoudig nie wat dit beteken om rerig te werk nie. Hul lewenservaring is: “Struggle”-revolusie-tronkstraf-vryheid en ongekende rykdom oornag. Meeste van ons se lewenservaring is: opvoeding-geleerdheid-werk-werk nog harder-verdienste-belasting-werk nog harder. Soveel makliker om net te vat wat aan ‘n ander behoort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.