Nuuskommentaar: Is ons dan ape? Nee, ape gedra hulle beter

Homo naledi (Foto: Skermskoot uit National Geographic-video)

Homo naledi (Foto: Skermskoot uit National Geographic-video)

Die nuus gister dat ’n span wetenskaplikes van oor die wêreld heen ’n nuwe vroeë homonied-spesie, Homo naledi, op Suid-Afrikaanse bodem ontdek het, is wêreldwyd groot nuus. Geen nuusmedium in Suid-Afrika wat sy sout werd is kon werklik waag om ’n blinde oog op dié aankondiging, met bykomende inligting, te werp nie.

En tog, menige redakteur sou by voorbaat krimp in die vooraf-wete dat daar ’n stroom kritiek sou wees. Die woord “evolusie” is immers ’n gelaaide een en maak by baie mense hewige emosies wakker.

En dit is oor hierdie reaksies en die wyse waarop dit dikwels erg beledigend teenoor mede-Christene aangebied word waaroor dit hier handel, eerder as ’n argument vir of teen evolusie. In die proses word hele kerkverbande verdoem – terwyl die Bybel dit immers duidelik stel dat die oordeel ons nie toekom nie.

Uit ’n wetenskaplike oogpunt beskou sal daar vele vraagtekens wees oor hoekom die aankondiging gedoen is terwyl daar byvoorbeeld nog geen ouderdomsbepaling gedoen is nie. Die standaard-proses wat deesdae gevolg word, om die ouderdom deur minstens drie erkende metodes te bepaal, waarvan die resultate ooreen moet kom, gaan nog gevolg word. Veral in hierdie geval waar die nuwe spesie soveel eienskappe met baie ou  en veel jonger spesies deel, sou verwag word dat die ouderdom eers bepaal sou word. Voorts gaan probeer word om DNS te onttrek. Die uitslae hiervan sou vele vrae beantwoord. Die moderne mens, sowel as sy naaste verwante, die Neandertal en Denisovan, het immers een chromosoom minder as die groot ape en ander oorgangsfossiele.

Die NG Kerk se formele beleid oor evolusie maak in hoofsaak vir drie opsies voorsiening wat aan lidmate ’n mate van keusevryheid bied. Dit sluit in: 1) teïstiese evolusie (God beheer die proses as deel van sy skeppingswyse); 2) lidmate kan die Bybelse skeppingsverhale soos vervat in Genesis 1 (die tweede skeppingsverhaal en geskep in die tyd van die ballingskap) en Genesis 2 (die eerste skeppingsverhaal en geskep in die tyd van Dawid en Salomo) aanhang; of 3) ’n benadering wat as ou-aarde-skepping beskryf kan word waar die skepping letterlik met die Bybel ooreenstem, maar in die oper konteks dat die aarde ongeveer 4,5 miljard jaar oud is, en nie 6 000 jaar oud nie (die argument hier is dat een dag soos ’n duisend jaar is, en ’n duisend jaar soos een dag – vergelyk Psalm 90:4 en 2 Petrus 3:8).

Die Hervormde Kerk se standpunt, soos gestel in die e-Hervormer, kom met dié van die teïstiese evolusie ooreen. Daar word onderskei tussen ’n voor-historiese tyd (voor Abraham) en ’n historiese tyd daarna.

Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) se standpunt is verwarrend deurdat, volgens ’n artikel in Die Kerkblad, ’n sinode ’n standpunt ingeneem het wat ooreenstem met die teïstiese evolusie, maar die mediaverklaring wat dit moes toelig, dit grootliks weerspreek het. Meer onlangs het deputate ’n studiestuk opgestel wat sterk ooreenkomste met die jong-aarde-kreasionisme toon, maar die verslag is nie bespreek nie, en die sinode het die status verander na “die opinie van die samestellers”.

In ’n baie interessante artikel in Die Kerkblad het emeritus-dominee Fanie Coetsee na God se twee openbaringswyses, die Skrif (Bybel) en die skepping (wetenskap) verwys.

Die Rooms-Katolieke Kerk, veral soos verwoord deur die jongste twee pouse, staan duidelik in die dampkring van die teïstiese evolusie.

Die Suidelike Baptiste in die VSA het formeel standpunt ten gunste van jong-aarde-kreasionisme ingeneem, ’n benadering wat grootliks voortvloei uit ’n boek wat net meer as 50 jaar gelede die lig gesien het, The Genesis Flood. Hierin is getrag om op wetenskaplike grondslag te toon dat die aarde inderdaad net 6 000 jaar oud is.

In die GKSA se deputateverslag is verwys na “probleemwetenskappe” soos geologie, sterrekunde en fisika wat almal met gegewens werk wat veel ouer as 6 000 jaar is. Hierby kan gevoeg word argeologie, insluitend Bybelse argeologie waar gewerk word met die stad Jerigo wat volgens sommige navorsing 10 000 jaar oud is.

Die idee dat die aarde 6 000  jaar oud is, is die gevolg van berekenings van ’n Anglikaans-Ierse biskop James Ussher (1581-1656) wat die stamregisters bereken het. Ander, wat presies dieselfde berekenings doen, kom egter by net meer as 4 000 jaar uit.

Nie alle wetenskaplikes wat evolusie aanhang, is Christene nie. Baie is ateïste, maar dit is aanmatigend om wetenskaplikes, waaronder paleontoloë, onder ’n kombers van ateïsme in te vee. Boonop is daar grootskaalse onkunde onderling oor die ander benaderings, en dit is dikwels juis hierdie strooipoppe wat aangeval word, eerder as dit wat die betrokkenes self werklik glo. Die bekendstes is seker dat die ontstaan van lewe deel van evolusie uitmaak, of dat evolusie altyd in ’n reguit lyn plaasvind (wat die wetenskaplikes strykdeur ontken).

Ook onder die leserskommentare op Maroela Media word woorde gebruik wat erg kwetsend is, soos “Wat ’n stinkende, stomende pot hondedrek.” Word hier nie nou heel en groot dele van kerkverbande veroordeel nie?

Sal die Here werklik van sy kind verwag om “namens” Hom tot sulke vlakke (en erger) te daal? Word daar dan nie van die Christen verwag dat ander die Here deur hom/haar  kan sien nie?

Moet die Christen nie die goeie vrugte van die Heilige Gees probeer nastreef nie? Dié vrugte, soos saamgestel uit die Bybel, is ʼn begrip van die genade van God, regverdigheid, waarheid, liefde, vrede, geduld, vriendelikheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, inskiklikheid, genade teenoor ander, onpartydigheid en onbevooroordeeldheid word maar te maklik met die slegte vrugte vervang: deelname aan ongehoorsaamheid, dade wat in die geheim gepleeg word wat te erg is om te noem, verwaandheid, uitlokkendheid/skoorsoekerigheid, jaloesie, selfsug, die vertel van leuens, skynheiligheid en kwaadwillige vooroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Sarel Strydom ·

Wetenskaplikes en Christene moet gemeenskaplike gronde vind vir hulle idees rondom evolusie. Dit is egter vandag meer sigbaar dat sommige Christene in veroordeling staan teenoor ie wat nie met hulle saam stem nie en dit is myns insiens verkeerd. Om Christus te aanbid en as Christen bekend te staan moet ‘n leefwyse wees en nie ‘n uitspraak wat tot veroordeling van ander ly nie.

Johan ·

Sodra gelowiges teregwysing doen in liefde dan se die wereld hulle veroordeel. Ons mag ons medemens teregwys volgens die Bybel. Sarel as jou seun teen 120 km/h af pyl op ‘n rooi robot – veroordeel jy hom of vermaan jou hom in liefde ? Gewoonlik mense wat nie die Woord lees nie is gou om te se daar word deur gelowiges veroordeel.

Elfie ·

Sien min van “in liefde” Johan. Die veroordelendes is altyd baie aggressief in hul vingerwysings! En vergelyk asb appels met appels.

Walton ·

as ons ape is dan is God ook seker 1, God het ons geskape volgens Sy ewebeeld.

Lyk my die wetenskaplikes ken nie eens die bybel nie. As n baba gebore word lyk die baba dan soos n aap. uit die vorm van sperselle word n kind gebore, As ek n wetenskaplike was wat so gemors uitgrawe sal ek ander werk drasties vinning soek

Jakoos ·

Walton as ek jy is sal ek “drasties” begin wyer lees! ek dink meeste mense “lyk” nie na God nie, dit word beslis nie letterlik bedoel “na Sy beeld” nei want dan moet God regtig vreemd lyk as mens net neem hoe verskillend mense van alle nasies lyk!

Neels Steyn ·

Ek wil in die eerste plek sê, die Evolusie teorie is net ‘n teorie. Tweedens wil ek sê dat enige teorie wat God misken en Sy plek uit die skepping van die hemel en die aarde uitredeneer, is godslasterlik en daarmee stem ek glad nie saam nie. God is die Skepper van die hemel en die aarde en alles wat Hom daaruit wil kry, is verkeerd.

Herman Toerien ·

Die Teïstiese evolusioniste, of te wel Christene wat in die wetenskap werksaam is, wil allermins God uit Sy eie Skepping dryf – hulle erken juis God se oneindige, onbegryplike grootheid daardeur.
Normaalweg is van evolusieleer, eerder as evolusie-teorie gepraat, maar evolusieteorie het weer meer in gebruik gekom, nie omdat die voorstanders meen dat daar onsekerhede is nie, maar juis omdat hulle seker is soos die aanhangers van Einstein se relatiwiteitsteorie – wat lankal nie meer net ‘n teorie is nie.

WL ·

Herman, weereens ‘n fantastiese artikel.
Mense moet net in ag neem dat die konflik tussen godsdiens en wetenskap hou al vir eeue en eeue aan, baie langer as vandat Darwin sy teorie bekend gemaak het.
Die kerk was op ‘n stadium selfs teen die teorie dat dat die aarde rond is, of dat die aarde nie die middelpunt van die heelal (God se skepping) is nie. Baie kere vantevore was godsdiens en die kerk al verkeerd bewys en moes godsdiens aanpas om relevant te bly. Evolusie in my oogpunt is net nog so ‘n geval. Om die wetenskaplikes verkeerd te prober bewys sal fataal wees, dit sal net lei tot jou eie onkunde. Probeer eerder ‘n middelweg sien waar beide waar kan wees.
Aan die ander kant, daar is nog so veel wat wetenskap nog moet ontdek. Dalk in die toekoms loop wetenskap en godsdiens se paai baie nader aan mekaar a.g.v. nuwe ontdkekings.
Om Dan Brown aan te haal in sy boek Angels & Demons: “Science and religion are not at odds. Science is simply too young to understand.”

Coert Welman ·

Dalk net ‘n regstelling. Die kerk het nooit geglo die aarde is plat nie. Nie eens die Rooms-Katolieke Kerk het dit ooit geglo nie. Die idee dat die RKK in ‘n plat aarde geglo het dateer uit die 1800s uit.

Geosentriese vs heliosentriese sonnestelsel is ‘n heel ander saak (maar ook nie naastenby so eenvoudig ‘n saak soos mens sou dink nie).

Melt Olckers ·

Gravitasie is ook net ‘n teorie. Ek nooi jou om van ‘n gebou af te spring en te bewys dat dit “net ‘n teorie” is. Jy verwar hipotese met teorie.

Johan 2 ·

Dankie Melt. Mense verwar dit omdat hul nie God se grootheid in die skepping en evolusie kan raaksien nie.

Juan Olivier ·

Die vergelyking is appels en piesangs. Gravitasie is nie ‘n teorie nie, dit is ‘n feit. Hoe gravitasie werk is teorie. Moet nie “Bestaan” en “Hoe dit werk” met mekaar verwar nie. Evolusie in die ander hand is ‘n teorie in die sin of dit bestaan en hoe dit werk. Dus werk die Gravitasie is ook ‘n teorie argument nie.

Eliza-beth ·

Dankie Herman, goed gestel. BAIE goed. Soms raak ek so vies juis omdat mense dinge net veroordeel (en aanhangers daarvan of mense wat daarin geinteresseerd is) dat ek myself soms verkeerd uitdruk.

Nico ·

Die mens is geneig om dieselfde foute oor en oor te maak en dit lyk nie of ons leer uit ander se foute nie. Copernicus en Galileo is ook uit die Kerk verban en vandag weet ons hulle was reg. En vandag stem almal saam daardie dele in die Bybel was net simbolies. (Die aarde wat op vier pilare staan en die son wat om die aarde draai.) En hier doen mense alweer dieselfde ding. Baie mense word deur hierdie houding heel onnodig uit die Kerk verjaag.

Hennie ·

Dank die Liewe Vader ek is geskape deur God as Mens, en is nie deur ewolusie van ‘n aap afkomstig nie! As jy graag van ‘n aap wil afstam, ” be my guest”. Gaan begrawe terselfdertyd jou Bybel, want jy is ‘n ongelowige wat die Ewige lewe gaan misloop!

WL ·

Dankie Hennie dat jy nie oordeel soos die Bybel onder jou arm sê nie.
Wil jy nie asb. weer Herman se artikel lees nie.

Lynt ·

Hier is jou skrywe nou ‘n bewys van jou onkunde. Fundamentalistiese godsdienstigheid wat ander veroordeel.

Elfie ·

Jip Hennie, veroordeel ons (sal die ewige lewe misloop, inderdaad!) – dis wat “Christene” soos jy doen! Pasop dat jy nie in jou eie slaggat val nie!

Michiel ·

Hennie so die evolusieleer bestaan nie jy glo dit nie maar jy glo Eva is uit ‘n ribbebeen geskep? Verduidelik vir ons. Net so wat jy dit nie kan verduidelik omdat God enigiets kan doen – ja ook verandering/evolusie ens!

Michiel ·

Ons het ‘n brein gekry en moet dit gebruik ter ere van die Skepper om ALLES wat HY geskep het te ontdek en ondersoek. Niks met godsdiens te doene nie.

Petrus ·

Vraag: As jy nie die BEGIN van die Bybel vertrou of glo nie – naamlik die SKEPPING, die SONDEVAL, om watter rede sal jy die Bybel wil vertrou of glo rondom die EINDE daarvan? Hoe kan jy glo in saligheid en verlossing, as jy nie glo wat Petrus skryf as hy skryf “deur die SONDE van die MENS het is die HELE HEELAL uitgelewer” nie?

WL ·

Jy hoef nie. As Christen hoef jy slegs in Christus te glo en dat hy vir jou sondes gesterf het.

Kobus ·

Dis so eenvoudig. God het alles geskape, Van die son maan en sterre, die aarde, plante , voëls, visse en diere. Onder die diere tel bobejane, ape, gorillas ens, Net voor hy gerus het van Sy skeppingswerk. het hy die mens geskape. Laat Ons mense maak na Ons beeld. Niks van kom ons verander homo – wat ook al, na die mens nie. So, ons as Christene glo dat God die mens gemaak het en al probeer wetenskaplikes ook hoe hard, daar sal nooit ‘n “missing link” gevind word nie. Hierdie “ontdekking” wys niks anders as al die vorig ontdekkings nie.

WL ·

Ek vind dit altyd baie vreemd dat wanneer mense na “God se beeld” verwys, hulle altyd na die uiterlike verwys. Hoekom kan dit nie beteken om soos God te kan redeneer of lief te hê nie? Het dit regtig te doen met 5 vingers en 5 tone? En wat dan van babas wat sonder arms gebore word, beteken hulle is nie volgens God se beeld geskape nie?
As jy die eerste paar hoofstukke van Genesis lees, sal jy vining besef mens kan nie die Bybel letterlik opneem, daar is net eenvoudig te veel foute. Soos bv, God het lig gemaak op die 1ste dag, maar eers op die 4de dag het God die son en ander sterre gemaak. ‘n Ander voorbeeld, God het die man en vrou op die 6de dag geskape, maar as jy dan lees wat alles op die 6de dag moes gebeur het, maak dit glad nie sin nie. Eerstens was Adam geskape, toe het God al die diere en voëls na Adam laat kom sodat hy hulle name kon gee. En eers daarna was Eva geskape.
Ek is ‘n groot Christen, moet nie ‘n fout maak nie. Maar daar is baie wat ons nie verstaan nie, of erger, wat ons nie wil verstaan nie, want ons kyk ons vas teen die letterlike van die Bybel.

Petrus ·

Dis presies wat gebeur wanneer jy die SONDEVAL as mitologies probeer lees. Die REDE waarom daar dood, seerkry, ellende, pyn, hartseer, moord, roof en siekte is, is JUIS omdat die HELE HEELAL swaarkry onder die SONDEVAL. Petrus skryf dit DUIDELIK! Jy trap in dieselfde slaggat as talle ongelowiges: Jy wantrou God, omdat jy twyfel in die RES van die verhaal!

Anton ·

Uhm – jy moet dalk bietjie wyer lees, vriend. Jy wil doelbewus dele letterlik lees, wat as simbolies gelees moetword, en doelbewus dele as simbolies lees, wat as letterlik gelees moet word. Werk nie so nie, vriend. ENIGE wetenskaplike sal vir jou verduidelik hoe daar REEDS ligenergie kan wees voordat daar ‘n soliede ding soos ‘n SON tot stand kom. Maar selfs verder: Jesus IS die Lig. God IS die Lig. Daar staan selfs in Openbaring dat daar weer DUISTER sal wees, met NET God as die Lig.

WL ·

Ek dink jy beaam my hele punt. Dit moet simbolies gelees word en nie letterlik nie. Dus is evolusie baie moontlik. Weereens kyk mense hul vas in die uiterlike, selfs wanneer hulle oor evolusie redeneer. As ons ‘n gesprek gaan hê oor hoeveel ‘n gemiddelde mens se IK toegeneem het oor die laaste 1000 jaar, dan sal almal heel moontlik saam stem. Maar wanneer ons praat oor die fisiese eienskappe, dan skop ons vas.
Ja ek is heeltemal bewus van ligenergie, maar jy moet ook in ag neem, as jy daardie teorie wil gebruik, moet jy besef dat die ligenergie van baie ver moes gekom het. En omdat lig teen slegs 300 000 km/s beweeg, is dit onwaarskynlik dat dit in een dag gebeur het. Maar dis seker moontlik, as mens in ag neem alles is in slegs 6 dae geskep (dis nou as jy dit letterlik lees en nie simbolies nie).
Maar snaaks dat jy die wetenskaplike glo wat oor ligenergie praat maar nie die wetenskaplike wat oor evolusie praat nie?

Michiel ·

WL – 100%. As mens kyk hoe verskillend lyk mense dan kan mens nie “na Sy beeld” letterlik opneem nie.

Johan ·

Aanhangers van die evolusieleer ontken God se skepping. Jy is of die een of die ander een of jy glo God se Woord 100% of jy verwerp dit. Besluit waar jy jou ewige lewe wil deur bring in die hemel of in die hel ?

Lynt ·

As jy regtig glo dit is so eenvoudig het jy nooit geleer om te dink nie. So vir jou is die aarde 6000 jaar oud en basta! Lees weer Herman se uitstekende artikel.

Michiel ·

Lynt – vertel vir Johan! Johan verduidelik vir ons wie was Kain Able en Ste se vroue en waar hul vandaan gekom het soos iemand anders reeds gevra het.

Wicus ·

Dankie Herman, ‘n moeilike onderwerp goed gestel!

Mense is op die brandstapel verbrand omdat hulle durf waag het om te sê die aarde is rond in stryd met die “kerk” en hoe die Bybel verstaan is! Ons ken net ten dele, en ons sien wat ons glo, nie andersom nie. Jip,’n teorie, en tog gebruik en geniet ons daagliks die nuttige gevolge van “wet. teoriee”. Wanneer die Woord bots met die werklikheid moet ons seker maak ons verstaan die Bybel reg aen verstaan ook dit wat ons waarneem reg.

Die Bybel is nie ‘n wetenskap handboek nie, ook nie geskiedenis nie. Dit sê nie hoe God geskape het nie, dit mag dmv verandering/evolusie wees, ons weet nog nie, daarvoor het God ons die verstand en vryheid gegee om alles te ondersoek en Hom so te eer.

Terloops,wat is figuurlik en wat letterlik in die Bybel? Dit vat nie baie vrae aan 2 leeraars om te sien dat daar grondige verskille in die verstaan van die Bybel is nie, ons moet nie ophou om die Waarheid na te jaag nie!

Ek is dus baie opgewonde oor die ontdekking en wat ons daaruit kan leer!

Petrus ·

Jip. Want die WETENSKAPLIKES van die tyd het die Kerk wysgemaak die aarde is plat, omdat HULLE logiese elemente soos “vier hoeke” en “vier pilare” probeer lees het as letterlik. Dit gebeur vandag nog. Wat LETTERLIK gelees moet word, of minstens HISTORIES, word afgemaak as simbolies. Wat SIMBOLIES gelees moet word, word aanvaar as LETTERLIK. Die ironie van alles? Job skryf IN DIE BYBEL dat die aarde ROND is! As mense maar net hul eie Bybels REG gelees het!

Wicus ·

Stem Herman, Nico, Michiel!

Verstommend hoe mense met die Woord kan omgaan en ook veroordelend kan wees, iewers is iets nie reg nie.

Daar is baie wetenskaplike teorieë waarvan ons daagliks die toepassings nuttig gebruik en geniet.

Paul de Beer ·

Nee, wanneer die “ding” wetenskaplik omskryf en uitgewerk, gemeet en deur soek is, en grootlils wiskundig bereken kan word, of chemies ontleed en beproef kon word, dan is dit nie meer net ‘n teorie nie. Dan kan pns dit manupileer en benut.

pop ·

Toe my kinders kleintyd, en dus op skool, vir my gevra het hoe pas dinge inmekaar het ek hulle so geantwoord. Dit maak vir ons sin. God het alles geskape. MAAR, ons het nie n idee of dit werklik 7 dae was nie, of n uur, of n dag of wat se tydvak ookal nie. Vir die simpel rede dat ons nie een kan weet hoe lank God se tyd is nie. n Dag kon bv duisend jr gewees het, n duisend jr kon n dag gewees het. So het dit dalk duisende jare geneem om die aarde en lugruim ens. te maak, en die aapmense, en toe die dag kom dat hy die mens wou skape, wat soos Hy is, het hy n mens gemaak met n wil en verstand soos ons dit nou ken. En om Hom te aanbid en na Sy wense op te tree. Daarna was dit baie maklik vir my kinders om die lesse by die skool te verstaan. Sjoe hoe verlang ek nou na my kinders, kleintyd, toe het hulle nog alles opgeslurp wat ek hulle vertel het. lol

Lynt ·

Baie dieselfde uitgangspunt as wat ek gevolg het met my kinders.

Petrus ·

So hoe maak ons dus met JESUS se uitspraak: “Het jy dan nie gelees dat God hulle VAN DIE BEGIN AF man en vrou gemaak het nie?” Was Jesus (as God) maar oningelig, en ons weet vandag van beter? Waar pas aapmense – wat dus bestaan het VOOR die BEGIN waarna Jesus verwys – in? VERAL as hulle ons voorsate is?

nig ·

Petrus: Tyd, broer TYD. Tydsverloop en wat daarmee saamgaan. ai… dis wat evolusie tog is, verandering en verbetering met TYD (om dit baie eenvoudig te stel) en wie weet hoe lang tyd tussen ADam, Eva en kie en die volgendes verloop het. Intussen moes die 3 seuns vrouens kry…

Hein ·

Ai, as dit maar so maklik was dat almal mekaar behandel het soos wat hulle self behandel sal wil word; ons sou in die paradys gelewe het! In my eie klein breintjie het ek egter die volgende idee gevorm, so iemand met meer kennis help my asseblief reg: As Christen glo ek dat die mens gemaak is na die beeld van God, wat definitief nie in die vorm van ’n sel wat self ontstaan het, of later ’n aap is nie. Dit is ook logies dat die evolusie beteken dat ’n spesie aanpas by sy omgewing; nie die helfte pas aan en die helfte bly dieselfde nie. Hier kom ‘survival of the fittest’ ook nou in; soos met die dinosourusse wat nie vinnig genoeg kon aanpas nie en uitgesterf het. Wanneer die DNS van ’n mens getoets word, kan jy presies sien watter ras en geslag die persoon was. Hierdie vondste wat nou gemaak is, is slegs van ’n spesie wat uitgesterf het wat nie kon bybly nie; soos wat die Boesmans ook nou bedreig word. Die mens was nog altyd mens, soos ’n krokodil nog altyd krokodil was (al is hulle ’n groot familie van alligators, Nyl-krokodille ens.). Al probleem met die mens is dat hy homself losgedink het van die natuur se reëls en nou erger as ’n dier tekere gaan!

Melt Olckers ·

Die Bybel stel dit dat God Gees is, Hy is nie ‘n wese soos die mens met vlees en bloed nie. As God ons na Sy beeld geskape het, dan is dit die Gees binne ons wat ooreenstem met God, nie ons liggame nie. Anders gestel, watter mense ras is dan na God se beeld geskape? God het nie ‘n ras soos ons nie. Hy is nie Scith of Griek of vryman of slaaf nie. God is Gees. Ons Gees is geskape na God se beeld. Ook kan genoem word, vlees en bloed sal die Koninkryk van God nie beerwe nie, en God het ook geen behae in vlees nie. Maw, God gee nie ‘n dut om oor jou vlees nie.

Rudi ·

Asof die pro-evolusioniste nie ‘n skewe woord sê nie, en asof Christus en die Apostels nie die geestelik afgewaterdes in die grond in sleggesê het nie. Probeer weer asb.

Sollie ·

Rudi so dis reg dat mense ander met slegmaak want vlg jou het Jesus en die apostels dit gedoen. Vertel dan hoekom se Hy ook oral in die Bybel mens moenie skinder nei (lees gerus Spreuke hele paar plekke) en ook in die NT het Jesus gereeld wonderwerke gedoen en dan gese mense moet dit stilhou en nie oor dit praat nie. Maar dan se Hy weer ons moet SY woord versprei – so hoe bring mens die teenpole van wat glo gese is bymekaar? Ek sal jou se die Bybel bevat NIE alle geskiedenis en dit wat daar in is is ook nie altyd 100% korrek omdat die vervolgers vand ie Christendom Bybels vernietig het soos hul Christene uitgewis het. Die bietjies wat oorgebly het was nie die volle Bybel en dit wat later geskyf is slegs geskryf deur wat mense onthou het en slegs die wat wel kon skryf. Maw dis logies dat baie verlore gegaan het. So laat ons nou nie die Bybel hier inbring nie, daar is al heelpartykeer BEWYS dat met vertalings sekere verse totaal anders vertaal is as wat dit geskryf is – die mens maak foute en plaas dat julle leer daruit nou slaat jul mense met die Bybel hoe en waar dit julle pas. Hierdie is ‘n fantastiese ontdekking en ek kan nie wag om meer te hoor/lees en sien nie. Maropeng, ons kom beslis voor die einde van die uitstalling besoek afle!

Ludwig ·

Vir my is daar geen botsing tussen die Chistelike leer en die bevindinge van die wetenskap nie. Inteendeel, laasgenoemde laatg my juis God en Sy grootse skepping beter verstaan. Evolusie beteken doodgewoon groei en ontwikkeling, en ons het tog almal, gegroei en ontwikkel, danksy God se genade-openbaringe aan ons. En Hy gee ons vandag die insig om dinge wat vroeër vir ons duister was. beter te verstaan. Die spieèl en die raaisel waardeur ons volgens dije Bybel kyk, word net vir on s duideliker soos die mens se kennis vorder. Dit breek geensins af aan my liefde vir God en Sy liefde en genade vir my nie. Kyk maar hoe ver het Hy die mens al laat vorder deur die wetneskaplike ontdekkings en bevindinge wat Hy, glo ek, vir sekere mense gegee het om openbaar te maak, tot voordeel van die hele mensdom. Kyk maar watter tegnologie het die ruimtevaart al tot voordeel van die mensdom opgelewer. Hier gesels ons soos ‘n groot gesin om ‘n tafel met mekaar, danksy ‘n tegnoloigie wat God vir die mens beskikbaar gestel het.

Rooiman ·

Die hele beginpunt/uitgangspunt van die “evolusieteorie”, is m.i. dat die hele kosmos ontstaan het sonder die invloed van ‘n “Hoër Hand”. Dit was wat Darwin geglo het. Die evolusieteorie wil nie hê daar moet ‘n God wees nie. Dit is waarom Christene so hard te velde trek teen enige iemand wat enige vorm van “evolusie” wil verkondig. Soos Hennie Mouton in sy boek :”Skepping & Evolusie – Onversoenbaar” dit sê: “Die mens wat evolusie met die Bybel probeer versoen kan homself maar die moeite spaar, want dis sinneloos –tensy hy die definisie van evolusie só afwater dat die evolusionistiese wetenskaplike dit in elk geval as ʼn halwe waarheid en daarom as nutteloos gaan beskou.”

Die boek kan gratis as ‘n PDF-lêer afgelaai word by http://www.glodiebybel.co.za/boeke-dvds-ens-m/61-boeke-kat/120-skepping-en-evolusie-onversoenbaar-hennie-mouton.html

Die Bybel sê baie duidelik dat God Almagtig alles “volgens hulle soorte” geskape het (Gen. 1:21, 24, 25). Verder staan daar ook baie uitdruklik “dit was aand en dit was more, die XX dag”. In Gen. 2:2:1 – 3 verduidelik ook sonder enige twyfel dat God “op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag geurs van al sy werk wat Hy gemaak het. (3) En God het die sewende dag geseën en dit geheilig…” Dus kan dit mos nie miljoene jare wees nie? Of twyfel ons regtig in God se Woord? Lees hier ook die artikel van Creation Ministries oor die 7 dae: http://creation.com/how-long-were-the-days-of-genesis-1

Om te praat van ‘n “teistiese” evolusie word die God wat hemel en aarde verkleineer en ons geloof afgewater om ons tekort aan verstand en geloof te regverdig. God openbaar Homself in sy Woord soos wat Hy wil hê ons moet Hom ken. Om “sekere” gedeeltes in die Bybel as “simbolies” af te maak, is gevaarlik vir ons geloof, en versterk net die teenstanders van die Bybel se saak. Ons moet baie ernstig waak daarteen. Lees weereens die artikel op Creation Ministries se blad:”http://creation.com/john-dickson-vs-genesis”.

Die wêreld is baie lief daarvoor om die kinders van die Almagtige God aan te val as liefdeloos en te beskuldig: “Christene maak nie so nie”, wanneer ons driftig raak teenoor mense wat hulleself as vyande van Jesus Christus identifiseer. Van oral word ons standpunte en geloof aangeval en bevraagteken, maar ons word nie toegelaat, of van ons verwag, om dit waarvan die Heilige Gees ons oortuig, te verdedig, nie. Dit is geestelike oorlogvoering, en daarom sal vuur met vuur beveg word. Ons is nie skaam vir die Woord van God, of die God van die Woord nie. Dit is dus eenvoudig: as ons aangeval word, sal ons met mening verdedig; as jy my geloof wil aanval, sal ek soos ‘n soldaat van Christus verdedig en aanval. Evolusie is ‘n teorie, uitgedink deur ‘n sielsiek ou man. “Charles Darwin’s thinking and writing on the subject of evolution and natural selection caused him to reject the evidence for God in nature and ultimately to renounce the Bible, God, and the Christian faith.” (http://creation.com/charles-darwins-slippery-slide-into-unbelief).

“Sola Scriptura, Sola Fide, Sola Gratia, Solo Christo, Soli Deo Gloria”

Lynt ·

Hoop net jy neem die hele bybel(elke versie) so letterlik op….

Petrus ·

Nee, hoop hy neem dit op wat letterlik opgeneem MOET word. Jy wil tog nie ‘n versie soos “As jy jou neus te hard vryf, sal die bloed loop” as letterlik lees nie? Of hoe?

WL ·

Rooiman, baie goed nagevorste kommentaar. Net een vraag vir jou; God het het die son eers op die 4de dag gemaak. So hoe dink jy was daar ‘n dag en more die eerste 3 dae? Ek as Christen betwyfel nie die Bybel as geheel nie, maar ek betwyfel defnitief sekere letterlike aspekte van die Bybel, want ek verstaan die Bybel was baie lank gelede geskryf deur mense met ‘n baie beperkte kennis in vergelyking met wat ons vandag as selfsprekend aanvaar.

Jay ·

Rooi man die proses hoe diamante vorm en die duisende jare wat dit vat word baie goed verstaan. Of dink jy God het maar so paar neergesit vir ons toe hy alles gemaak het?

Melt Olckers ·

Die Bybel is NIE ‘n geskiedenis of wetenskap handleiding nie. Dit is ‘n gids om saligheid te bekom. Om te se dat evolusie net ‘n teorie is, is misleidend. Gravitasie is ook ‘n teorie, ek daag enige iemand uit om die teorie van gravitasie verkeerd te bewys omdat dit net ‘n teorie is. Die hand van God is in evolusie duidelik sigbaar, deurdat Hy ‘n dier geneem het, en hom mens gemaak het, deur aan hom Sy Gees te gee. Judas v 11 stel dit duidelik dat baie mense is soos redelose diere van die veld, omdat hulle dinge op natuurlike wyse wil verstaan. Die Bybel kan glad nie natuurlik gelees word nie, dan word dit net ‘n omnibus van verhale, met geen nut nie.

Rooiman ·

Jammer Melt, maar jou standpunt dat God ‘n dier gevat het en van hom ‘n mens gemaak het deur aan hom Sy Gees te gee, is nie waar nie. Gen. 1:27 en 2:7 is tog baie, baie duidelik daaroor?

Melt Olckers ·

God het geen behae in die mens se vlees nie, want vlees en bloed sal die Koninkryk van God nie ingaan nie. God is Gees, daarom is die beeld van God in die mens ook Gees, nie mens nie. Dit is juis hierdie wanopvatting dat die natuurlike mens na God se beeld geskape is wat aanleiding gegee het tot die rassisme wat ons beleef het, en ook gepleeg het met God as verskoning.
Dit is die hand van God, wat uit niks het lewe gegee het aan ‘n enkel sel organisme en dit ontwikkel het tot by die mens vandag.

Petrus ·

Al verskil, natuurlik, dat Copernicus, Galileo et al, TEEN die kerk se uitsprake gegaan het – en die kerk het toe, net soos vandag, agter die WETENSKAP van die wereld aangeloop. Van hulle veral, was ‘n STERK gelowiges in die Bybelse orde van die skepping. Galileo spesifiek het gefokus op die Bybelse uitspraak dat “… God die hele heelal UITGESTREK het…”. Die WETENSKAP het gesê Huh-uh, en die Kerk het agter diesulkes aangestorm, en Galileo dienooreenkomstig aangevat.

Tweedens, geen Hebreeuse spreker sal die dele van die Bybel wat histories BEDOEL is, as simbolies lees, of andersom nie. Voorbeeld: Te wete die grammatika in Genesis en Numeri, waar die skryfstyl IDENTIES is, waarom word Genesis beskou as poeties en Numeri as HISTORIES – met betrekking tot hul “DAE” en “DAGORDE”?

Derdens, as die sondeval SIMBOLIES was, is SONDE simbolies. As SONDE simbolies is, is die totale PUNT rondom Jesus Christus se kruisiging sinloos. Mens kruisig nie iets of iemand vir SIMBOLIESE sonde wat nie regtig bestaan nie. Dis tog eenvoudig dat dit die presiese fondament van die REDE waarom ons verlossing nodig het/gehad het, totaal en al vernietig.

Dit gaan dus oor heelwat meer as om dit te oorvereenvoudig met “die Bybel is nie ‘n wetenskap boek nie”. Daar is nie ‘n REDE vir enige saligheid, as daar nie in die eerste plek ‘n GRONDSLAG daarvoor is nie.

Ronnie Bezuidenhout ·

Dankie, Herman. Jou artikel verwoord my kommentaar wat ek gister oor H. naledi geplaas het.

Winston ·

Herman jy maak dit die moeite werd om jou artikels te lees. Soos hier weereens. Holistiese benadering. Elke mens het die reg om te glo wat hy wil. Dit is egter so dat ons nie weet hoe lyk God nie, dit is egter goed genoeg om Hom te ken in al sy weë. Dankie vir al die kommentare. Daar is beslis mense wat omgee en weet waaroor dit gaan.

Lynt ·

Uitstekende artikel Herman. Stem ook grootliks saam met Michiel, WL, Wicus, Ludwig, Pop en Hein. Nadat ek gister die Homo naledi artikel gelees het en die onsmaaklike kommentare gesien het, het ek nogal gedink Maroela Media kan ook maar News24 se voorbeeld volg!

Jaap ·

Mense probeer die skakel kry tussen ape en mense, hoekom wonder hulle nie waar kom die ape vandaan nie. ń Aap het ń hart, niere, longe en ń brein nodig om te lewe. Hoe kan organe uit niks uit ontstaan nie? As ń aap se hart ophou pomp vir 5 minute, is hy dood. ń Halwe hart gaan hom niks help nie, hy werk of hy werk nie. Iewers moes dit geskep gewees het deur ń skepper.

chris ·

As jy evolusie sien as verandering in ‘n spesie is ek met jou.Vra enige veeboer .Selfs die “nuwe” buzwoorde in die wildsbedryf(swart springbok,wit leeus,goue wildebees ens) dien as voorbeeld.
Die verandering na ‘n nuwe spesie,dier of organisme sluk ek swaar.My vraag is, as daar dan sulke verlore skakels bestaan moet daar mos letterlik biljoene wees?Waar is hulle?Onthou nou soos ek dit het, het alle lewe deur evolusie ontstaan. Waar is die een van al die diere?Dus moet die aap,beer,alle bokke, alle katte ens mos ‘n skakel he waar hy oorgegaan het in die een wat ons vandag ken.

Dit sal insiggewend wees om te weet hoekom het ons dan soveel fossiele van diere waaruit sekere diere kom maar die “missing link” miskien net ‘n paar(en dan is hulle nog debateerbaar ook)?Dit maak geen sin nie onthou die “oorgang” het miljoene jare geduur, daar moet dus baie wees.

Die mense wat meer weet kan gerus antwoord my kennis is erg beperk hier maar my logika vra maar die vrae hierbo.

Herman Toerien ·

Hallo Chris. Met die nuuskommentaar het ek juis probeer voorkom dat daar ‘n standpuntinname vir of teen evolusie gevorm word. Hier was dus geen poging om die bewyse vir of teen iets te stel nie – dit sou in elk geval boekdele bevat. Daar is egter ‘n volkome verskil tussen ontstaan van lewe en evolusie – hoewel verskeie deelnemers tog die kwessie van oersop ooprakel wat nie ter sprake is nie. Sedert Darwin het baie kennis bekend geword, soos die hele kwessie van genetika, Elke kind wat gebore word het talle mutasies wat sy / haar ouers nie het nie – verandering tree dus deurlopend in. Sommige mutasies sal nie lewensvatbaar wees nie, en uitsterf. Dit is ‘n soort van natuurlike seleksie.
Wat oorgangsfosiele betref, is Suid-Afrika in veral die Karoogesteentes baie ryk daaraan. Dit is meestal talle soorte soogdieragtige reptiele wat voor die dinosourusse geleef het. Dit kan in enige natuurwetenskaplike museun, bv die Nasionale Museum in Bloemfontein, besigtig word. By die nuwe krag-wateroordragstasie in die Drakensberge wat in aanbou is, word ook spesiaal ‘n uitstalruimte ingerig vir die fossiele wat daar diep onder die rotste gevind is.
Om ‘n teëlprograam van die beefalo (bees en bison) aan die gang te sit verg weens die genetiese afstand heelwat kundigheid, al is die chronsoomgetalle dieselfde, en die gene bykans identies. So het die wit- en swartrenoster nie dieselfde chromosoomgetal nie, maar is geneties nader aan mekaar verwant as wat die witrenoster en die oosterse renosters wat wel dieselfde chromosoomgetal het. Kortom, baie van die voorheen-onoplosbare genetiese probleme het geblyk onbenullig te wees.
Ek sien elders die vraag oor as ons van ape afstam (so ver ek weet het geen evolusionis nog dit beweer nie, maar na ‘n gemeenskaplike voorouer verwys) en vra dan hoekom is daar steeds ape. Dis al tot satwordens beantwoord. Dis nie ‘n geldige vraag nie – dieselfde vraag moet dan gevra word oor hoekom daar dan nog eensellige organismes is, as alles dan uit enkelsellige organismes ontwikkel het.
Die feit dat ons goud en ander swaar metale op aarde het, is ‘n aanduiding dat ons planeet en sterrestelsel nie “oorspronklik” is nie, maar die produk van “recyckling” is, dws die swaar metale word net in sterre wat ontplof gevorm. Dit alles gebeur nogal gou – nie biljoene jare nie, maar miljarde wat veel korter is.

T ·

Ek wonder hoeveel mense wat kommintaar hier lewe en wat hulle gewig agter die big bang teorie ingooi het die teorie al gaan ondersoek.

Om te begin, biljoene jare terug het niks in n vakuum van duisternis ontplof. Daai word nou al massa en grote aan die niks gegee. In n kosmiese sop het n enkelsel organisme ontstaan wat baie jare later n veel selige organisme geword, later vinne gegroei en toe bene om op die land te loop en later het die mens ontwikkel. Hierdie teorie is so vol gate en niks kan bewys word nie nie eers carbon dating kan vertrou word nie maar steeds word dit in ons skole geleer as feite. Hel man, dit is n teorie…net n moontlikheid, een teorie wat deur n ander teorie bevestig word en dit maak dit nie die waarheid nie!
Die skepings teorie dra soveel meer water en daar is konkrete beweise wat dit staaf maar dit word nie in ons skole geleer nie.
DNS toetse het so onlangs as twee jaarterug beweis dat blank en nieblank nie eers van dieselfde spesie is nie.
Die big bang teorie is n geloof wat verkoop word wat glo beweis dat daar geen god is en kan wees nie, dit is n atehetiese geloof.
Elke Christen moet sy grond staan teen die vergiftaging van die geloof maar soos gewoonlik word die Christen kaart getrek en gespeel en nou word ons oor die vingers getik want ons is nie goeie Christene nie, gee hierdie geloof nie n plekkie in die son nie. Gemaklik word Bybel versies getrek om Christene tot orde te roep maar nou is dit ons beurt. Die Bybel se ook jy moet volhard in jou geloof en dit is wat ons doen, ons volhard in die die Bybel en die skepings teorie. As jy wil he jou voorgeslagte moes ape wees, geluk want jou DNA stem ook 64% oor een met die van n daffodile.

Pieter van der Dussen Senior ·

Ek sluit aan by Rooiman, Jaap, T en al die ander wat die Woord van God nog as waarlik die Woord van God erken en aanvaar soos ons dit deur die eeue leer ken het, en daarom die spotnaam “fundamentalis” as erenaam beskou. Soos dr Izak Burger by geleentheid gese het hy noem homself graag ‘n fundamentalis as dit beteken dat hy die Bybel letterlik as die Woord van God aanvaar. As ortodokse egte Dopper vind ek hierin met hom aansluiting teenoor die dubbelslagtigheid van die sogenaamde Susterskerke, “die GKSA” inbegrepe. Eintlik lafhartigheid om teen die mening van “die gearriveerde, wetenskaplike, alwetende, volkome selfstandige mens” in te gaan, en daarom soutloos omdat die sout waarin hulle hulle beroem laf geword het. Soos die Here Jesus gese het (Matteus 5:13): As die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word?
So kom Satan se verleidingswoorde in Genesis 3, veral vers 4-5, en die eerste vrou en haar man se luister daarna, tot sigbare en hoorbare vrug tot uiting. Gedurende die 16e eeu begin onder leiding van die Heilige Gees die groot Hervorming toe Maarten Luther Skriftuurlike besware teen die Roomse Kerk openbaar maak. Teenoor die Gees van die Lig – want God IS Lig – laat Satan, die groot na-aper van Jesus Christus (en daardeur erkenner van Sy Almagtige oorwinning), in dieselfde eeu die kultus van Aufklaerung of opklaring (van probleme – ook verligting genoem, vandaar die begrippe verlig en verkramp) deur navolgers van die Humanisme en van die Renaissance na vore kom. dit ontwikkel ewewydig met die Hervorming gedurende die 17e eeu tot ‘n volwaardige lewensbeskouing (dus veel meer as ‘n filosofiese stroming) wat na 1700 die mensdom oorheersend beinvloed. Die MENS het eindelik die duisternis van die Middeleeue wat deur die Gocsdiensoorheersing die MENS se redelike en verstandelike vermo-ens verduister het dat die MENS nie tot selfstndige volle bloei kon ontwikkel nie. Hierdie R-ewolusie of omkeer in lewensbeskouing het die MENS so beval dat hy na ‘n verstandelik-redelik nuwe verklaring vir sy bestaan begin soek het. Satan was gereed om deur middel van die sogenaamde wetenskaplikheid die E-wolusieleer van selfstandige ontwikkeling deur die weer-gebore mens (re-naissance = weer-geboorte – slinkse na-apery!) te vestig.
E-wolusie het baie tyd met baie geslagte nodig. In 1965 verklaar ‘n wetenskaplike(?) oor die radio: Waar daar tot toe geskat is dat die aarde 250 000 jaar oud is, is die jongste skatting – met huisering gese – 650 000 jaar. Vyf jaar later was dit 7 000 000 jaar. Deesdae word daar van miljarde jaar gepraat. En dan word ‘n nuwe sterrestelsel ‘n jaar of wat later ontdek en word die “wetenskaplik-bepaalde vorige skatting” sonder meer met 80 000 000 verhoog. Wetenskaplik?

E.K. ·

As ek party se kommentare lees dan stem ek absoluut saam met die opskrif “Nee, ape gedra hulle beter.” Maroela kan gerus maar Nuus24 se voorbeeld volg. Laat mense maar tuis mekaar slegse en baklei, ons wil dit nie meer lees nie.

Sunette ·

Ek stem saam met E.K. Maroela volg asb Netwerk 24 se voorbeeld, dis regtig nie nodig dat mense mekaar so moet slegse nie, laat elkeen sy denke vir homself hou of met sy vriende en familie daaroor praat, maar hou dit uit die koerant.

Marius Erasmus ·

Maak eerder seker jy weet waarheen gaan jy, as om jou te bekommer waar jy vamdaan kom. Miskien sal God vir ons alles eendag in die hemel vir ons verduidelik.

SNEL ·

Marius Erasmus, dis nou die beste kommentaar wat ek nog hier gelees het wat ten volle sin maak. Mens maak jou moeg om ander te oortuig oor wat mens glo of dink. Punt is, ken die Outeur van die Bybel en laat die Heilige Gees ons lei, antwoord op seker goed sal ons later kry, maar waarheen ons oppad is, DIS wat tel.

Ben ·

Dit is interessant hoe vinnig die wetenskaplikes daarop wys dat Christene vreeslik aggressief teen enige evolusieteorie is dog word alle skeppingsteorie summer met die grootste en duidelikste taal aggressief daarop afgeskiet. Soos in die artikel genoem is, is daar min “wetenskaplikheid in die bevindings tans beskikbaar. Vele van die sogenaamde wonder ontdekkings van vorige homo-? is al bewys vals te wees met geen amptelike erkenning van die weteskalikes om dit te erken nie. Google dit maar,

Oubaas ·

Die wetenskap bewys nou dat die bybel die enigste waarheid is,ons lees dat God al die nasies van die mensdom uit een bloed gemaak het en ons lees ook in ou testament dat die mense lang hare gehad het nerens word van kort hare ge praat,dan lees ons ook dat daat ‘n dier was met wie die mens gemeng het en God sē dit was ‘n gruwelike vermenging en dat mense met gemengde bloed saam met Moses en volk van God uit Egipte grtrk het,en dat die volk die gemengde bloed mense afgesonder,verskeie plekke staan dit geskryf ,dan lees ons mense met gemengde bloed sal nooit in vergadering van God kom.Dan lees ons in verskeie plekke hoe die volk van God die vreemde vroue wat hulle gehad het met hul kinders moes trug stuur hoekom sal jul sē,is dit nie omdat hul verbaster het nie.

Marius Smit ·

Die onkunde oor die onwetenskaplikheid van Neo-Darwiniaanse Evolusie is ‘n skreiende skande. Sedert Darwin sy skoot-in-die donker teorie gestel het, het verskeie nuwe wetenskaplike dissiplines en velde ontstaan wat die absolute onwaarkynlikheid en onmoontlikheid van Evolusie bevestig. Bv. nr. 1 Genetika – en mikro-biologie dui die verbystenede kompleksiteit van die eenvoudigste sel aan. Die nano-klein masjientjies, rathefbome, proteienvervaardigers (ATP), turbinetjies ens. maak almal deel uit van ‘n “eenvoudige” sel se kompleksiteit. Dit is abosuluut onwaarskynlik dat hierdie kompleksiteit deur spontane lukrake kans oor selfs trijoene der triljoene jare kan plaasvind. Tyd is nie die towerkuur waarop Evolusioniste hoop nie. Wiskundig bereken is die waarskynlikheid dat ‘n “eenvoudige sel’ met al die organelle, DNA, RNA en interafhanklike komponente in die korrekte proses deur spontane, lukrake kans tot stand kom 1 uit 10 tot die mag 57800. Dit is 1 uit ‘n getal gevolge met 57800 nulle (11 bladsye). Daar word geskat dat die heelal slegs 10 tot die mag 80 elektrone het. Selfs al sou eleke elekron ‘n selkomponent word, sal dit nog te min wees om die onwaarskynlikheid van lukrake enkelsel vorming te oorkom. Dit is operasioneel absoluut onwaarskynlik en dus onmoontlik. Die enigste verklaring vir die bestaan van “eenvoudige” en ook komplekse organismes is dat dit op bo-natuurlike (dws anders as die natuutrlike) wyse geskep word Nr.2 die twee meganismes waarop Evolusie gebasseer is om plaas te vind nl. natuurlike seleksie en mutasie verminder (selekteer)of beskadig die genetiese informasie. Mutasie en natuurlike seleksie kan nie ‘n ‘n vakuum plaasvind nie en het voorafbestaande informasie nodig. Die rigting van Evolusie is dus teenoorgesteld as wat vereis word nl. entropies (verminderende/verswakkend) i.p.v. geleidelike verbetering. Evolusie se “meganismes” is dus absoluut onvanpas en dit is dus natuurlik en fisies onmoontlik. Hierdie bewys teen Evolusie is die gevolg van die ontwikkeling van Inflingtingstegnologie in die 20ste eeu. Nr.3 Die fossielrekord is ‘n duidelike bewys dat Darwin se teorie gevalsifiseer is. Daar is geen geleidelike oorgang tussen spesies nie. Alle kundiges/paleontoloë moet tot hul verleentheid erken dat Prof. Steven J Gould (Evolusionis van Harvard Universiteit) dit eerlik uitgewys het toe hy met ‘n alternatiewe verduideliking nl.”Punctuated Equilibrium” gekom het om hierdie ongemaklike wetenskaplike feit te probeer wegverklaar. Daar is soveel uitsonderings, fossiele in onverwagte plekke, skielike verskyning van ten volle ontwikkelde spesies, hedendaagse “lewende fossiele” wat nooit oor oënskynlik miljoene jare ge-evoleer het nie, en bewyse van mensartifakte, spore en oorblyfsels in verskeie strata dat die fossielrekord een groot verleentheid vir die Evolusieteorie is. Die fosielrekord bevestig eintlik in der waarheid die Groot Vloed in Noag se tyd omdat dit die verklaar kan word aan die hand van die volgorde van begrawing van plante en dire in ‘n globale vloed kataklisme. Die biogeografiese bewyse steun ok ‘n sondvloed model, die ondekking in 1999 en 2000 en nogsteeds van 100de T-Rex en hadrosaurus, ens bene in VSA en Kanada met roobloedselle, sagte proteiene weefsel en DNA in, bewys onomwonde dat hierdie dinosaurusse nie 65 miljoen jaar gelede uitgesterf het nie, maar wel relatief onlangs (4000 jaar gelede) tydens die sonsvloed begrawe is. Eenvoudige berekeings van die huidge koers van versouting van die oseane, die erosiekoers van kontinente, die versakking van die aarde se magnetiese mag, ekstrapolasie van die koers waarteen die maan vanaf die aarde wegbeweeg ens meer as ‘n 100 onomwonde wetenskaplike feite bewys dat die aarde nie miljoene jare oud kan wees nie, maar wel ‘n paar duisend. Die onakuraatheid en grootskaalse wisselvalligheid tesame met gepaardgaande aannames en voorveronderstelling t.o.v. radiometriese tydsmeting, maak dit totaal en al twyfelagtig. Die bestaan van Koolstof 14 in diamante wat uit die diep myne in SA gedelf word, bevestig ook dat die aarde baie jonger is as wat Evolusoniste hoop. ‘n Mens moet altyd onthoud dat die ontologiese vertrekpunt en wereldbeskouing van Neo-Darwiniaanse Evolusioniste is dat daar geen meta-fiesese/bo-natuurlike/geestelike realm is nie en dus moet alles n die “sekulere” wetenskap aan die hand van die Natuur en materie verklaar word hoe onwaarskynlik en onlogies die gevolgtrekkings ookal is. Daarteenoor is die ontologiese vertrekpunt van Teistiese/ Christen wetenskaplikes dat daar wel ‘n metafisiese / geestelike / bo-natuurlike realm is wat tesame met die natuurlike realm die realiteit beslaan. Dit beteken dat die Christenwetenskaplikes wel God se skeppingsmag en instandhoudingskrag as deel van die wetenskap kan aanvaar en dat die geordenheid van die heelal en die verbasende (amazing) ontwerp van die kleinste sub-atomiese partikel tot die mees komplekse galaksie sprekend is van God se almag en betrokkendheid by Sy skepping. Sekulere/Evolusionistiese “wetenskaplikes” kan/mag dit nie vanwee hul eng wereldbeskouing/siening van die “Wetenskap” in ag neem nie.
Teïstiese Evolusie [TE}(die idee dat God dmv evolusie geskep het) wat vele liberale Christen kerke aanhang, is ‘n kompromitering van die Bybelse boodskap en bring ingrypende teologiese probleme mee. Ek noem het ‘n paar nl. (i) TE het tot gevolg dat God se karaktereienskappe van ‘n alwetende, almagtige, alomteenwoordige, liefdevolle en goeie God noodwendig moet bes gee tot ‘n wese wat mog-het-troffe oor en oor probeer om te skep en sukkel om deur miljoense jare se siektes, pyn, lyding en dood uiteindelik per toeval by die mens en hedendaagse skepsels uit te kom. (ii) TE het die ongemaklike logiese konsekwensie dat as daar nie eintlik ‘n werklike Adam en Eva as eerste mense was nie, dan is die Genesis 1 & 2 wwergawe net allegories en dus was daar nie in werklikheid ‘n sondeval nie. As daar nie werklik ‘n sondeval was nie, dan is daar nie erfsonde nie. As daar nie erfsonde is nie, dan het Jesus nie vir ons sondes gesterf nie. Dus die evangelise en die Bybel se hele verloop van skepping -sondeval – redding – herstel gaan dan tot niet. Die aanvaarding van die geskiedenis van Genesis is fundamenteel belangrik vir die noodsaaklikheid en werklikheid van die Evangelie. (iii) As TE waar is dan word kernbelangrike leerstellings van die res van die Bybel misken/ondermyn. As TE waar is dan het Christus en die Nuwe testamentiese skrywers gefouteer (of hul nie die waarheid verkondig het nie/dus gelieg het) in hul onderrig oor die mens se oudheid en betsaan vanaf die begin van alles (Luk. 1:70, 11:50, Markus 10:6, Handelinge 3:21, Romeine 1:20); en verkee die Aaarde se skepping vanuit water ( 2 Petrus 3:3–5), Noag se vloed [sondvloed] ( 2 Pet. 3:6), onderskeid tussen die mens en dier (1 Kor. 15:39), ‘n letterlike Adam (bv. 1 Kor. 15:47–49), Eva se skepping vanuit Adam (1 Timotheus 2:13), letterlike versoeking van Eva deur Satan(2 Kor. 11:3). Die Nuwe Testament bevestig die meeste van die kernwaarhede van Genesis. (iv) Die logiese konsekwensie van TE is ook dat die leerstuk van Christus se inkarnasie ondermyn word, die Bybelse kronologie verwring word, en die gewone verstaanbaarheid van die Bybel ongedan gemaak word. Trouens, as Darwin se evolusieteorie waar is, dan beteken dit dat honderde jare se Christen teoloë die Bybel verkeerd geïnterpreteer het en dat Darwin (wat ‘n ateïs was) die eerste een was wat die Bybel reg geïnterpreteer het. Dit is tog belaglik.
die apostel Petrus het ongeveer 2000 gelede voorspel in 2 Petrus 3:5 dat mense opsetlik onkundig gaan wees en sal ontken dat daar ‘n sondvloed (globale vloed) was. Dit gebeur juis nou in hierdie dae. Hoe lank gaan die hoofstroom “Wetenskap” en die “Teoloë” nog verkneg en verketting wees aan ‘n absolut valse doktine soos Neo-Darwinistiese evolusie.?Daar is 100de onaanvegbare wetenskaplike bewyse wat fataal vir die Evolusie teorie is. Ons mense moet net uit hul sluimering wakker skrik en ‘n bietjie die werklike feite naspoor.

SNEL ·

Marius Smit, jy moes jou kommentaar eerste geskryf of eerder vroeër hier op die blad geplaas het, dat ons ander wat soos jy voel net jou kommentaar kon “like”. Dit is omtrent n mondvol wat jy geskryf het, wat van begin tot einde sin maak.

Dup du Plessis ·

Marius, dit was nou lekker om te lees. ‘n Klompie jare gelede het my broer ‘n skrywe aan my gestuur wat handel oor die beskrywing van die “magtige seekoei en krokodil op ‘n plek in die Bybel. In die teks is die seekoei se stert vergelyk met ‘n Sederboom wat heeltemal onvanpas is as ons sien hoe klein ‘n seekoei se stert in verhouding tot sy lyf is. By die krokodil is daar in die teks gevra: wie sou sy bek kon bind? Ons weet tog dat vandag se krokodille se bekke maklik gebind kan word. Maar die ou grote wat anderdag uitgegrou is (dink dat die krokodil net so groot of groter as die T-Rex was) – nou die knaap se bek sou nie deur ‘n mens gebind kon word nie……..laat mens wonder……… en dit staan in die Bybel geskrywe. (53 vertaling).

Juan Olivier ·

Ek het nie so baie geloof soos ateïste om te glo aan so iets nie. Die wêreld rondom ons is vol bewyse van intelligensie. Die enigste rede omdat net die naturalisme geloof in wetenskap toegelaat word is omdat die polities korrek is. Ek sê laat mense glo wat hulle wil, as mense wil glo hulle kom van ‘n aap af en is hier deur dom geluk dan plae dit my nie, net solank hulle nie daai geloof op ander wil forseer soos dit nou heidiglik gedoen word nie.

Han ·

Afgesien van die gedurige venynigheid op mekaar, is daar ‘n aspek wat my tot satwordens toe irriteer: mense se SWAK spelling en die feit dat hulle nie hul kommentaar eers nagaan voordat dit gestuur word nie! Sommige van die kommentare is so onsamehangend dat ‘n mens nie kop of stert daarvan kan uitmaak nie. Ek stel nie meer belang om dit te lees nie. Hein Toerien se kommentaar is altyd uitstekend.

Armando ·

Han, geluk! Jy is in die kol. En dan wil hulle hulle oor die wetenskappe, onder andere, uitlaat maar kan nie eers skryf nie.

Johannes Meintjes ·

Objektiewe en stigtende navorsing rondom die oorsprong en verspreiding van volke, tale, nasies en stamme regdeur die bekende geskiedenis is verbasend as onderwerp nie baie gewild nie. Tog is dit baie insiggewend en beskikbaar.

TSHEPO ·

HAN Dis lankal nie meer a skande om sleg te spel nie iut watse era kom jy seker daai apartheis mentalitirt era baie van die mense is amateers wat hulle oppiennies gee en hulle geniet dit moet jy nou a graad he om hier te gesels . Jy is seker a onderwyser

Lindie Lourens ·

Hierdie is definitief nie my voorsate nie. Nou’s ek eers bly my voorsate het in 1652 saam met ou Jan hier aangekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.