Nuuskommentaar: Is onteieningsdiskoers nog op koers?

Mense wat in Springbok in Namakwaland die eerste landwye openbare vergadering oor onteiening sonder vergoeding bygewoon het. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Terwyl die parlementêre geleenthede om die onteieningskwessie sonder vergoeding in sowat die helfte van die provinsies afgehandel is, word al hoe meer gekyk na die sinvolheid van hierdie proses. Nie almal stem saam dat dit suksesvol is nie, en nie al die saakmakende gesprekke vind binne die parlementêre proses plaas nie.

Twee duidelike prosesse het die afgelope paar dae nuusdekking gekry. Die grootste stofopskoppery kom uit die geledere van die Kongres van Tradisionele Leiers, Controlesa. Verskeie politieke partye het by die proses probeer aanhaak, soos die EFF en IVP. Luidens berigte gaan pres. Cyril Ramaphosa nou die Zoeloekoning oor die grondkwessie spreek. Nog ’n berig lui dat vier ministers deur die kabinet afgevaardig is om gesprekke met die tradisionele leiers te voer.

Op 4 Julie het die FW de Klerk-stigting saam met die Konrad Adendauer-stigting ’n konferensie gehou om koppe bymekaar te sit oor die kwessie. De Klerk het onder meer op die ingeboude teenstrydigheid van die regering se planne gewys – dit is gewoon nie moontlik om die ekonomie, voedselsekerheid en soortgelyke kwessies ’n werklikheid te maak solank onteiening sonder vergoeding deel van die einddoel is nie. Hy meen ook dié planne is ’n ernstige vergryp teen die 1994- grondwetlike ooreenkoms.

In nog ’n artikel skryf Rapule Tebane, politieke redakteur van die City Press, oor die parlementêre vergaderings wat nie aan hul doel voldoen nie. Die meeste deelnemers steur hulle nie aan die doel daarvan nie (om te sê of hulle meen dis nodig dat artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word), en kom rammel bloot hul politieke party se beleidstellings oor die grondkwessie af.

Uiteindelik, meen Tebane, gaan die volume insette nie die finale teks bepaal nie, maar die insette van kundiges.

En dan is daar nog die hele Khoi-San-kwessie.

Verder lyk die proses waarmee AfriForum help om insette saam te voeg en in te dien belowend.

Die aantal voorleggings, skriftelik en mondeling, wat reeds ontvang is, maak dit in ieder geval ’n onmoontlike taak om alles behoorlik te oorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Plantasiegorilla ·

Enige een met 5 breinselle moet besef dis onmoontlik sonder die onafwendbare ekonomiese ineenstorting en anargie wat gaan volg . Laat my wonder oor politici se intillektuele kapasiteit. Ons weet almal waaroor dit gaan. Ten koste van .. …….??

amanda ·

Suid Africa moet trug draai na God en alles in Sy hande los

Nikita ·

Amen. Al voel als soms deurmekaar en hopeloos is dit die beste wat ons kan doen….bid, glo en vertrou in ons Hemelse Vader.

Derf ·

As ek Netwerk 24 so kyk, lyk dit of dit reeds algemeen aanvaar word dat dit gaan gebeur en net hoe en wanneer moet oor besluit word. So ‘n vraag dan, as hul so 20 of 30 vat elke maand, gaan die ekonomiese regtig omval? Sal ons regtig in opstand kom as dit nie jou plaas is? Wonder maar net…

Katrien ·

Derf ek stem saam jou hulle gaan bietjie vir bietjie vat en sodoende die padda pot kook, as alles gelyk gevat word gaan almal baklei, maar 10 ouens dan staan die ander 5000 terug

Jerry ·

Die prosesse is n rookskerm omrede selfs die insette van kundiges die afskaling van witbevoorregting en die opheffing van swartbevoorregting nie geregverdiglik sal kan keer nie. Boere gaan van hulle grond prysgee sonder vergoeding. Dit is n gegewe, as jy dit vreedsaam en gelate aanvaar sal jy kan aangaan, indien jy dit nie vreedsaam aanvaar nie sal jy vervolg word vir dit wat jou onvreedsame optrede sal behels en dan is jy in elk geval jou grond kwyt. Die groot geheim was om jou grond, eiendomme en besittings te verkoop en om te emigreer. Die groot geheim tans is om dit wat jy kan verkoop te verkoop en eerder n plekkie te huur terwyl jy wag dat die popo die fan strike!

Katerina ·

@Jerry -Ja nee kyk as ek so bevoorreg was om n plaas te he,of enige eiendom wat ek vir genoeg geld kon verkoop was ek al Lankal die land uit. Maar baie mense voel verbonde aan hul grond. I am in the spiritual sense, not of the Abrahamic religions, i am shamanic in heart and soul. So for me any piece of ground anywhere, any piece of nature anywhere in the world, is sacred. Ek sou dit so vat, dat dit nie my lewe werd is om aan Een spesifieke stuk grond vas te kleef nie.

Ek het arm grootgeword,het nog nooit in my lewe enige eiendom besit nie, so dis n hele paradigma wat ek nie verstaan nie. Maar ek voel baie bitter jammer vir diegene wat grootgeword het in die paradigma van grondbesit, dit sal baie swaar wees vir hulle. Veral vir die wat boer en/of grootgeword het op familieplase wat al honderde jare in hul familie se besit is. I guess the ones with nothing to lose like me are the lucky ones. Still it is not fair,what is gonna happen to the others unlike me. Not all South African soil was taken from black people,not by a loooong shot.

1+1 ·

Alles is aan verandering onderhewig en ons almal ken die uitdrukking “die papier werd waarop dit staan”, ook Mnr. de Klerk . Kom ons pas dit ook maar op SA toe. Soms lyk ‘n besluit soos die enigste oplossing vir ‘n spesifieke tyd, maar die probleem van volhoubaarheid word geignoreer,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.