Nuuskommentaar: Is Poetin ’n held of skurk?

Wladimir-Poetin-president-van-Rusland-Foto-Rusland-regeringskantoor-

Pres. Wladimir Poetin van Rusland.

As daar een saak is waaroor die wêreld nooit konsensus sal bereik nie, is dit of pres. Wladimir Poetin eintlik ’n held of ’n skurk is. Menings is baie selde op feite gebaseer, en is eintlik opvattings wat sterk deur propaganda en fopnuus beïnvloed is. Dit hang ook saam met die feit dat die gees van die Koue Oorlog nog baie mense se denke oorheers.

Die vraag het weer aktueel geword ná presidente Poetin en Donald Trump skynbaar heel vriendelike gesprekke gevoer het, en nadat die Nederlandse politikus, Geert Wilders, teen Russefobia en ’n afkeer aan Poetin gemaan het.

Ná die ontmoeting tussen Trump en Poetin het ’n Rasmussenpeiling getoon dat 52% van die Amerikaanse kiesers aangedui het dat hulle met Trump saamstem dat dit beter is om vriendskaplike verhoudinge met die Russe te hê as om altyd met hulle haaks te wees. Altesaam 27% het nie saamgestem nie en 21% kon nie ’n mening uitspreek nie. Die steun vir Rusland was baie sterker onder Republikeine (75%) as onder Demokrate (29%).

Onlangs nog het die meeste Amerikaners aangedui dat hulle Rusland as ’n groter bedreiging as China beskou.

Die volgende aanhaling uit die Nederlandse WNL beskryf die agtergrond goed waarteen Rusland en Poetin so wyd in die Weste gewantrou word:

“Er gaat bijna geen dag voorbij of het gaat wel weer over het grote gevaar Rusland. Het land zou verkiezingen hier beïnvloeden met nepnieuws [fopnuus] en hacks, de NAVO stuurt bataljons richting de grens met het immense land en Poetin wordt afgeschilderd als een dictator.”

Dié paragraaf dien as inleiding tot ’n splinternuwe artikel oor die jongste, positiewe uitlatings van Wilders oor Rusland en Poetin.

Wilders se standpunt en planne word soos volg opgesom: “PVV-leider Geert Wilders vindt het genoeg geweest en wil een ander geluid laten horen. Dat wil hij volgend jaar hoogstpersoonlijk overbrengen in het parlement van Rusland, de Doema. ‘Rusland is geen vijand en dat moeten we er ook niet van maken,’ zegt hij in een interview met Elsevier Weekblad.”

Donald Trump

Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Wilders se sienings soos hy dit nou uitgespreek het, is nie heeltemal nuut nie. Reeds sedert 2014 is gereeld oor sy sienings oor Rusland en Poetin gerapporteer. Daar is gereeld bespiegel oor wat die aantrekkingskrag (al is dit eensydig) tussen Wilders en Poetin is. Onder meer is geskryf dat nie een gestop kan word nie (wat as ’n baie slegte ding beskryf is). Tydens verkiesings het opponerende politici selfs so ver gegaan om kiesers ’n afkeer in Wilders te probeer gee deur te sê ’n stem vir Wilders is ’n stem vir Poetin.

In Januarie vanjaar is berig dat Wilders ’n bloutjie by Poetin geloop het toe Wilders hulp gevra het om die establishment in die komende verkiesing te vernietig. Die gesprek sou gesneuwel het omdat Poetin se tolke nie die woord “gedoog” geken het nie, en dit dus gelyk het of Wilders met sy eertydse gedoogde steun aan die regering, sélf deel van die establishment was.

(Gedoogde steun is min of meer wat die EFF nou aan koalisies op munisipale vlak gee om die ANC uit die kussings te lig, maar nie self aan die regering deelneem nie.)

Daar is nog geen duidelike aanduiding dat Poetin enige erg aan Wilders het nie.

In Suid-Afrika is dit duidelik dat gevestigde rubriekskrywers wat in die verlede bloot ongemotiveerd na Rusland en Poetin verwys het, dit nie meer kan doen sonder om hulle ’n stroom kritiek (dikwels georkestreerd en onder meer deur individue wat vanaf dieselfde IP-adres, verskillende briewe met verskillende e-posadresse instuur) op die hals te haal nie. Soms lyk dit of die Kremlin se propagandadiens in St Petersburg ten diepste betrokke is.

Aan die ander kant, om tyd te bestee aan die motivering van kritiek op Poetin en Rusland, het dieselfde reaksie tot gevolg.

Vir baie Poetin-ondersteuners is die jongste skynbare toenadering tussen Poetin en Trump baie goeie nuus, aangesien daar baie mense is wat tegelyk ondersteuners van die twee presidente is.

Feit bly, vir baie mense bly Rusland die nuwe Sowjet-Unie en instinktief die vyand. Die Russe se beweerde inmenging in Westerse verkiesings bly dus ’n teer punt.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frederik

Rusland het nie Suid Afrika uitverkoop nie….

Eish

Ek het groot bewondering vir Vladimir Putin ontwikkel deur nie my aan fopnuus te steur nie, deur sy onderhoude op You tube na te luister en seker te maak wie skryf die artikels oor die man. Hy kwyt hom goed van sy taak en vat nie nonsens van liberale twak nie. Pluspunt in my boek. Moet asseblieftog my nie kom vertel van Stalin en sy vergrype en dit probeer afdruk op die man nie. Dit is dieselfde gedrag wat ons nou ervaar aangesien ons voorouers die helhool geannekseer het. Voorwaar n uitekende politikus myns insiens. Indien hy my vlugtelingstatus verleen,… Lees meer »

Houverby

Die Amerikaanse publiek is on-ingelig (ignorant) oor alles en kan net hulself blameer indien hulle beinvloed sou wees deur die sg sosiale media fopnuus kampanje tydens die 2016 VSA verkiesing.

Denise

Ek dink nie daar is nog n leier soos Poetin nie wat n groot jammerte!!!!!

HV

Amerika moet n vyand hê om oorlog teen te voer want hoe anders gaan hul die wapen industrië aan die gang hou. Nou span hul die magtige media in om vals inligting en propogande die wêreld in te stuur om die ander lande bang te maak en die koop dan hul wapens. Nou word Puten en Rusland en Noord Korea as vyande uitgewys. Ding is Noord Korea gaan niemand aanval nie maar wys net vir Amerika hul het ook n groot knopkierie en Amerika hou nie daar van nie want hul wil alleen n groot knopkierie hê sodat hulle almal… Lees meer »