Nuuskommentaar: Is ‘sh*thole’-lande wekroep of twispunt?

vlag suid-afrika

Argieffoto

Of pres. Donald Trump dit nou gesê het of nie, of dit nou fopnuus van die laagste graad was, of dit nou deel van die politieke reine waarheid en ander liegstories was, dit dien dieper besinning oor die president se beweerde woorde dat Afrikalande, Haïti en El Salvador “sh*thole”-lande is.

Want sowaar, ná bykans ’n dekade van Zuma-slopingsbewind moet oorweeg word of Trump se klip in die bos nie, ten minste wat Suid-Afrika betref,’n “longdrop” getref het nie.

Maar daar is ’n ander kant van die saak, en dit word goed gedemonstreer deur die ontleder, Tony Weaver. In diepe nostalgie roep hy hartsgeleenthede op van besoeke aan besondere plekke in Afrika en sy mense. Ook hy tref die kol – ’n mooi kol.

Buitendien word Suid-Afrika tans deur ’n soort euforie gery ná adj.pres. Cyril Ramaphosa die pyp as volgende ANC-president gerook het, al laat van sy radikale uitsprake gereeld die wenkbroue lig. Blote voetwerk? Die markte reageer intussen oor die algemeen baie positief.

Weaver is lank nie die enigste woordkunstenaar wat die mooie en nostalgiese in die lewe raaksien nie. Rubriekskrywers soos Blouwillem Theron en Petru Hansen sorg dat daar ’n stukkie silwer randjie ook in die kern van elke donker wolk verskuil is. Dit is soms harde, baie harde werk om daardie silwer raak te delf, want ook die grootste satirikus verloor nie sy voetwerk in die werklikheid nie. Die muse wil ook nie aldag praat nie, dikwels juis ook weens die harde werklikheid waarin die skrywer hom of haar bevind.

Maar die volk het hulle so broodnodig, nie om ’n naïewe skynwêreld te skep nie, maar om die vragte slegte nuus elke dag in perspektief te stel.

Die lewe bestaan ook uit seisoene, elk met geleenthede. Gryp die geleenthede aan, skryf die Prediker. Of dit ’n bevordering was, of nuus dat die persoon kanker het, daar is gewoonlik nuwe geleenthede, al moet hulle geskep word. Dit dien dikwels as beskamende voorbeeld aan die suurgesig met die witbrood onder die arm. Maar dit kan ook so uitgeleef word dat dit ander bemoedig.

Oor sommige mense kan gesê word dat hulle meer as een leeftyd in een leeftyd inpas, maar dis moeilik om te sien hoe so iets gesê kan word van iemand wat nie lief is om die hande uit die moue te steek nie.

Baie van ons het eerstehandse ervaring van twee oumas – die een wat geestelik verlam reageer op ’n wêreld wat volgens haar, ontsettend boos geword het, die ander wat die familie gedaan maak deur stoksielalleen op haar plaas te woon, en kliphard werk om droëvrugte en vrugterolletjies te maak, en dan wyd en syd te soek vir saamgerygeleenthede vir die pakkies liefde na alle uithoeke van die land.

Die keuses om een el by ’n mens se lengte te probeer voeg, lê daagliks voor die deur.

So is dit dikwels ons eie keuse om te besluit of ons in ’n “sh*thole”-land woon, of in ’n land waar ons met vreugde aan die kultuur van ons eie mense gebonde is – waar ons sal saamstaan teen owerhede wat daardie kultuur mee probeer wegdoen … terwyl ons die werklikheid vierkant in die oë kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

m4 ·

Trump is die enigste persoon wat bereid is om die waarheid te uiter… en dan word hy in die spervuur geplaas oor die waarheid of as ‘n geestes sieke beskou.

MB ·

Goed gestel m4…..as die leiers in huidige regering dieselfde mediese toetse en geestesgesondheidstoetse ondergaan kan ons maar net wonder wat die uitslae sal wees!
Dis dalk glad nie ‘n slegte idee nie!

Gr ·

Stem saam met jou kyk maar na al die stakings en protesoptogte,wie wil sulke mense in sy land he

Ella ·

Wekroep maar die Afrikalande sien dit nie so nie. Ons regering leef ook in ontkenning “denial”

Willie ·

Ek stem, Trump noem n graaf n graaf… hy is bereid om sy nek uit te steek…

christa ·

ons ou wereld is net ‘n klug. Niemand wil die werklikheid in die gesig staar nie. Trump is ‘n reguit man en se dinge soos dit is, of mense dit so wil sien of nie. Jy kan nie die res van jou lewe met skille op jou oe loop nie.

kat ·

Trump het rugraat – hy se dit soos dit is- en is nie bang vir die waarheid nie!

Mari ·

Pres. Trump is die beste president wat die wereld nog gesien het! Maak hom wêreld president. Hy’t net die waarheid gesê.

piper ·

ja wie wil mense he wat mense opkap na hulle vermoor was, skole vinniger afbrand as wat dit gebou kan word, miljoene skade by universiteite aanrig, belaglike stakings, treine uitbrand, regeringsgeboue afbrand, op meer regte aandring sonder om iets by te dra, ens ens. hy is reg en die enigste man met die waagmoed om dit te se.

V ·

Wat my verwar is dat die lande wat Trump van praat of nie… In plaas daarvan om bewyse te lewer dat wat hy gesê het onwaar is, en dat Trump heel moontlik van sy looitjie getik is, eenvoudig terug sit en op die badjie getakseer voel en dan hom eensydig hom as ‘n rassis uitmaak. Asof, die lande dink die hele wêreld bewonder hulle, en die manier hoe hulle dinge doen? Miskien is dit maar net ‘n saak van; dat die waarheid seermaak?

Casper Labuschagne ·

Die wêreld is verdeel in die ryk noorde en die arm suide, waar ‘n groot deel van die armste van die armes wat sal gee om noord te kan verhuis. Die uitbarsting oor Trump se blatante uitlating verberg die feit dat immigrasie ‘n land moet bevoordeel. Immigrante met skaars vaardighede en entrepreneurskap wat werk sal skep is wat benodig word. Die Noordelike lande benodig nie ongeskoolde goedkoop arbeid nie, die gebrek aan noemenswaardige werksgeleenthede vir ongeskoolde persone is juis ‘n wesentlike probleem in daardie lande.

Casper Labuschagne ·

Die uitbarsting oor Trump se blatante uitlating verberg die feit dat immigrasie ‘n land moet bevoordeel. Immigrante met skaars vaardighede en entrepreneurskap wat werk sal skep is wat benodig word. Die Noordelike lande benodig nie ongeskoolde goedkoop arbeid nie, die gebrek aan noemenswaardige werksgeleenthede vir ongeskoolde persone is juis ‘n wesentlike probleem in daardie lande.

Jerry ·

Goeie ontleding van die klip in die bos wat die kol tref. Soos die gesegde lui, “as die skoen jou pas trek hom aan”. Dit geld vir almal wat hulself aan iets skuldig gemaak het. Dit volg jou en het die nare gewoonte om jou te dwing om jou ware kleure te wys. Jy moet ligloop vir daardie klip in die bos, Flip.

Andre ·

Eerstens, Dankie Trump vir die waarheid. Ons kan hom nie verkeerd bewys nie. Die Demokrate en die Liberale pers vertel almal dat alles is net mooi en mense is net verskillend, so pragtig. Hoekom vlug mense uit Afrika en die sogenaamde Muslim lande na Amerika en die westerse lande wat so sleg is? Volgens die ANC en al die korrupte vervalle en agtergeblewe lande is SA en die lande, die slagoffers van die Weste en die kolonialiste. Maar hulle vat met graagte al die donansies van die Weste en dis ook waar die Afrika leiers so lekker inkopies gaan doen, terwyl hulle mense dood gaan van die honger, geen werk het nie, vermoor word, verkrag word ens Selfs skoolkinders is nie meer veilig nie. Nou wat noem mens sulke lande dan anders?

Yebo ·

Hoekom het niemand ooit MUGABE bevraagteken of voor stok gekry oor die VIESLIKE goed wat hy van die EVIL WEST en van BRITTANJE en AMERIKA kwytgeraak het nie? Hoekom is hy toegelaat om mense sleg te se al die jare, lande sleg te se, presidente te beledig , maar as Trump die waarheid praat is almal up in arms? Los hom uit, hy voel eintlik ‘n VEER vir julle in Afrika, hy moet nou nog net alle humanitere hulp uit die HELE AFrika ook onttrek, kan nie meer wag daarvoor nie.

Theresa ·

AMBIVALENT!
Soos ek die skrywer verstaan is meeste van ons in bogenoemde posisie. Ons wil bitter graag die goeie en positiewe van ons land en kontinent sien maar word terselfdertyd gekonfronteer met baie negatiewe nuus en omstandighede.
Na bykans ‘n maand in die buiteland het ek net weereens besef – dit gaan nerens regtig beter nie – elke land het sy eie worstelinge. Daarom KIES ek vandag om die positiewe in elke mens en situasie raak te sien en daarop te fokus. Slegte nuus kom en gaan maar positiwiteit is aansteeklik en bevorder sommer terselfdertyd jou eie gesondheid!
En ja om vir jou land en regering te bid verander ook sommer jou gesindheid. Dis ‘n uitdaging maar waarom dit nie probeer nie – dit mag dalk net die situasie verander.

christa ·

Ek wag dat Trump Suid Afrika se mense ook die deur sal wys. Na dese sal ek graag wil hoor wat hy oor SA te se het.

John ·

Waaroor dit eintlik gaan is die miljoene mense wat hul vaderlande soos klokslag verlaat, niks opbou of probeer verbeter nie en nog minder van sluwe leiers ontslae probeer raak; bloot net op die eerste boot/vlug spring en op die welsyn en goeie guns van ander regerings te loop teer. In Afrika word erge armoede en verval aangetref. Mark, riool en vullis, alles loop ineen en siektes broei en wie moet hulle bekommer, weer die Westerlinge. Hoeveel geld is al in Afrika gestort? Nostalgie het nou niks met die saak te make nie. Orals is daar mooi selfs in lelik. Staan op ‘n groot lughawe in die VSA en jou asem slaan weg oor die rye mense uit Afrika en elders wat by immigrasie aanmeld. Trump het net die hoekom probeer beantwoord. Die ‘diaspora’ moet hom eintlik bedank en aanmoedig om hul regerings te vra wat hulle omtrent die saak gaan doen of die sakgeld gaan opdroog…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.