Nuuskommentaar: Is verpligte inentings op die horison?

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

President Cyril Ramaphosa het die afgelope Sondagaand vir die eerste keer in ʼn lang ruk die land  oor die Covid-pandemie toegespreek. Die afgelope Sondagaand het Ramaphosa aangekondig:

“We have therefore been undertaking engagements with social partners and other stakeholders on introducing measures that make vaccination a condition for access to workplaces, public events, public transport and public establishments.”

Dit staan natuurlik in skrille kontras en volkome teenstelling met die aankondiging wat Ramaphosa in Februarie vanjaar gemaak het:

“But I want to be clear. Nobody will be forced to take this vaccine. Nobody will be forbidden from travelling, from enrolling at school, or from taking part in any public activity if they have not been vaccinated.”

Sodoende is dit wat een van die mees verdelende debatte van die moderne geskiedenis gaan wees behoorlik op eie bodem aan die gang. Moet mense verplig word om in te ent of nie?

AfriForum het reeds onomwonde gestel dat hulle verpligte inentings sal teenstaan. Hulle erken die doeltreffendheid en veiligheid van entstowwe, maar sal die verpligte toediening daarvan deur die regering beveg. Hulle maak ook die belangrike punt dat verpligte inentinge internasionaal reeds bewys is om die absolute teendeel te bereik – mense skop doodeenvoudig vas. So ook het die kerkgroep South Africa National Christian Forum (SANCF) reeds hofstukke by die Grondwethof ingedien om verpligte inentings teen te staan weens die growwe skending van menseregte waarop hierdie verpligting sal neerkom.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het reeds by monde van hul voorsitter, Bongani Majola, gesê dat individue en private entiteite wat nog oor die grondwetlikheid van verpligte inentings debatteer, geen voet het om op te staan vanuit ʼn regsperspektief nie:

“Government is a government of everybody, private institutions can’t say they can’t be bound by a law of general application, which is passed by Parliament.”

As die regering sê dit is so, is dit dus so. Daar is geen terugpraat met die regering nie. Daar is geen uitdaag van wetgewing of beleid deur die howe nie. Daar is beslis geen burgerlike verset of opstand vanuit kulturele, morele of godsdienstige oortuigings nie. Wanneer die regering besluit dat entstowwe verpligtend is, sal dit dus verpligtend wees. Die gedagte dat die regering se wette en beleide vir ewig en onaanvegbaar staan, is en was egter nog nooit waar nie. Dit wat wet is, was nog nooit outomaties en noodwendig moreel reg nie.

Dit beteken egter ook nie dat die regering wat ʼn wet oor iets deurvoer, dit outomaties immoreel en verkeerd maak nie. Groot gedeeltes van ons samelewing staan een of ander mate en vorm van verpligte inentings voor – mense wil regtig graag anderkant die pandemie beweeg op so ʼn wyse dat openbare gesondheid steeds behoue bly.

Entstowwe is elke samelewing wêreldwyd se beste kans hierop. Doodeenvoudig omdat dit die beste moontlike bestrydingsmiddel teen die virus is – Covid is gevaarlik en ons het geen kuur daarvoor nie. Sodoende dink mense wat verpligte inenting voorstaan dat diegene wat inentings weier in individuele selfsug optree met die openbare belang wat nie op die hart gedra word nie. Dit is die ander kant van die debat.

Dit lyk egter of verskeie werkplekke en universiteite inentings verpligtend sal maak selfs voordat die regering ʼn nasionale mandaat uitvaardig. Die Universiteit Stellenbosch (US), die Universiteit van Kaapstad (UK), Old Mutual en Discovery het reeds verpligte inentings begin oorweeg.

Bestaande besluite oor verpligte inentings kan vloei uit die bepalings vir beroepsgesondheid en ‑veiligheid wat in Junie vanjaar deur die departement van arbeid uitgereik is met betrekking tot Covid-19. Hierdie beleid maak daarvoor voorsiening dat werkgewers beleid mag instel wat vir verpligte Covid-19-inentings voorsiening maak ten einde ʼn veilige werksplek te skep. Hierdie bepalings maak egter steeds daarvoor voorsiening dat werknemers verpligte inentings mag weier op grond van mediese óf grondwetlike redes.

Die een ding wat wel onbetwisbaar waar is, is dat ʼn gesentraliseerde oorkoepelende benadering van die regering af op ʼn absolute ramp sal neerkom. Indien ons enigsins ʼn sinvolle openbare gesprek wil voer oor die spanning tussen individuele vryheid en openbare belang, gaan hierdie sentralistiese element afwesig moet wees. Verder vergiftig die regering ook die gesprek deur enigsins teenwoordig te wil wees – mense het feitlik geen vertroue in die regering oor nie en sal enige gesprek waarby hulle betrokke is, tans wantrou.

Dan moet ʼn mens ook altyd uitsonderlik versigtig wees vir enige regering wat regte – soveel meer basiese vryhede en regte op liggaamlike integriteit – by ʼn mens met mag weg wil neem. Siende dat uitsluitlik die regering ʼn monopolie op geweld het, is die magsbalans in hierdie debat tussen burgers en regering heeltemal skeefgetrek. Daarom moet daar soveel moontlik weerstand gebied word om die regering se magsvergrype teen te staan – ook met verwysing na inentings.

Tussen deur hierdie en verby die regering se betrokkenheid, gaan die debat egter voort. Die vraag wat baie moeiliker gaan wees om te beantwoord, is hoe gemeenskappe se oplossings self lyk. Suid-Afrika is ʼn gemeenskap van gemeenskappe waarin radikale liberalisme en individualisme afwesig is. Ons het sterk groepsgevoelens met die openbare of gemeenskapsbelang wat sterk deel van ons alledaagse lewens is.

Die vraag is dan hoe hierdie openbare belang – in die lig van entstowwe, individuele vryhede en persoonlike voorkeure – die beste beskerm en bevorder kan word. Entstowwe is bewys om tans ons beste moontlike kans om ʼn wêreld anderkant die pandemie te wees – een waarin Covid net endemies soos die griep met ons saamleef en soortgelyk hanteer word.

Hoe gaan hierdie spanning tussen individuele vryheid en groepbelang opgelos word sonder om families en gemeenskappe uitmekaar te ruk? Is daar werklik sogenaamde selfsugtige oningeëntes in gemeenskappe wat met gesonde sosiale druk tot inenting oorreed moet word en oorreed behoort te word? Moet diegene wat oningeënt is, nie net met goeie argumente oorreed word nie – is dit moontlik of wenslik?

Is dit moontlik dat entstowwe een van daardie goed is wat vir die doeleindes van die openbare lewe onverklaar en privaat kan bly? Kán hierdie benadering in die lig van ʼn voortslepende pandemie ooit die openbare gesondheidsbelang van gemeenskappe bewaar en bevorder?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Pietertjie ·

Dis die begin van die einde van demokrasie as ‘n regering beheer oorneem oor mense se persoonlike gesondheidskeuses.

Yolandie ·

Ek stem saam met jou op die punt. As hulle in die naam van gesondheid nou wil ons reg op keuse weg neem wat is volgende??????

Erik ·

Kan iemand dalk vir my verduidelik… Volgens wet mag ‘n skool ‘n kind toegang weier tot die skool indien ‘n kind se inentings (kliniekkaart) nie op datum is nie.

Wat maak hierdie anders?

Talitha ·

Kom ek verduidelik Erik. As mens na die oorspronklike definisie vir inenting kyk, maak dit sin dat skole dit vereis, maar skole vereis nie jaarlikse griep inspuitings nie, en díe covid inspuitings val meer in daardie kategorie. Inentings stop siektes/viruses.

Erik ·

Goeie verduideliking, dankie. Wat stel jy voor moet gedoen word om die virus uit te wis aangesien natuurlike immuniteit vir amper 6 miljoen mense wat reeds gesterf het, nie gewerk het nie?

Jan ·

Virus soos vlieë kan kwalik uitgewis word. Dit is iets waarmee die mens na die sondeval nog altyd mee moes saamleef.

Vlooitjie ·

Die sogenaamde virus gaan nooit uitgewis word nie en vaccine booster shots gaan aanhou vir ewig. Vr elke nuwe variant ook ‘n volgende vaccine.

VaalDonkie ·

Erik, as jy COVID vinnig genoeg begin behandel, dan val die kans dat jy sterf na bykans NUL. Dis mense wat by die huis sit en harregat wees totdat hulle nie kan asem kry nie wat die grootste risiko loop.

Anna-Marie ·

Tot dusver het elke belofte rondom die vaksiene nie uitgekom nie. Lock downs en maskers gaan nie meer nodig wees as n groot persentasie van die bevolking ingeënt is nie. UK en Europa is terug op maskers vir almal ingesluit die geënte en met rekordgetalle geïnfekteerdes ten spyte van hoë vaksiene syfers. Hierdie vaksiene is eintlik nog in sy eksperimentele fase en lang termyn studies word op massas mense uitgevoer. Ek verkies n benadering van as jy siek word, behandel jy die probleem. Jy behandel nie n gesonde persoon nie. So gebruik extra vitamine, veral vit d en sink, gebruik ivermektien indien nodig en bly by die huis as jy olik voel. Danksy covid is dit vir meer mense moontlik om van die huis af te werk. Die virus sal homself uitwoed met of sonder vaksienes.

tweeling ·

Ek dink jy veralgemeen oor die maskers. Daar was die vorige naweek en die afgelope naweek baie sport in UK en vol stadions met geen maskers nie. Miskien moet jy maar bietjie gaan oplees oor die ontwikkeling van moderne vaksienes dit is nie meer soos 20-30 jaar terug nie. Dit is nie vir almal geskik om ekstra vit en sink te gebruik nie dit kos geld wat min mense ekstra van het, so die inenting is op die langtermyn baie goedkoper en meer suksesvol. die griep virus (nie verwant aan covid) het hom oor dekades nie uitgewoed nie

JohnnyS ·

Ek kyk waar is UK se syfers in teenstelling met SA s’n – Lyk nie of dinge mooi werk in die UK met hulle inentings veldtog. Of miskien lieg die SA regering oor ons syfers

Danie ·

Ek wens mense wil deel wees van die oplossing en nie die probleem nie. Dis vreeslik hartseer dat duisende mense daagliks onnodig sterf maar daar is n vaksien beskikbaar om hul daarteen te beskerm. Ek glo daar moet strenger op getree word teen die wat nie die veiligheid van hul medemens as prioriteit stel nie. Hulle is bloot selfsugtig en solank hulle in al die vreeslike teoriee glo, sal ons nooit in die regte rigting beweeg nie.

Jan ·

Hoe op aarde is ongeëntes ń gevaar vir die wat geënt is indien die entstof enigsinds effektief is.

Hans ·

Presies Jan. As hulle dit nie verstaan nie, dan weet ek nie.

Carolina ·

Jy is duidelik totaal oningelig! Israel en Marokko is omtrent 100% gevax en hulle is op lockdown met hoeveel in hospitale!! Jy breek jou hele imuunstelsel af af en gaan sieker word!!!!

Papsak ·

Hulle sal aan gaan tot hulle ons almal uit gewis het so los my uit julle het geen reg om ons te dwing nie bly jou regte om iets te doen of te los skiet my af want dit waarheid

Hendrik ·

Goeie vraag – as mens egter tokelossie stories glo, is sulke detail nie belangrik nie.

piet ·

Oningeentes is al op hoeveel maniere oorreed, met wetenskaplike data probeer oorhaal, maar steeds geen samewerking nie. So wat moet ons nou doen want iets moet gedoen word? Die oningeentes moet maar uitgesluit word op alle vlakke ten einde ‘n gesonder situasie te skep soos dit oorsee ook gebeur, ek sien geen ander alternatief nie.

Liesje ·

En wat van diegene wat herstel het van covid? Diegene het verseker baie beter immuniteit. Daar is genoeg wetenskaplike navorsing wat reeds gedoen is, wat dit staaf. Moet daar teen die sg ongeëntes gediskrimineer word?

Plaaskind ·

Ek is nie ‘n dier wat in ‘n drukgang in gejaag word en teen al wat pes is ingespuit word nie. Hou maar julle entstof vir die wat so gretig is om dit te neem. Dis my lyf en my keuse, punt!

Erik ·

Maar Ivermektin, wat juis vir diere bedoel is, is aanvaarbaar en klop alle variante?

tweeling ·

Jy het natuurlik besluit dat jy as kind nie teen polio, masels en pokke ingeent moet word nie! Mooi so.

Irma ·

Toe ons kinders was het ons ouers namens ons die besluit geneem om ons te laat inent maar ons is nou volwassenes en kan self besluit of ons ons gaan laat inspuit met ‘n eksperimentele inspuiting.

Christine ·

En steeds is ons hier…. Gesond uit genade. My liggaam, my keuse.

Renier johannes ·

Dis om die land goed op te mors dis al stel nie belang in die spuit nie my reg

casper ·

Dit gaan net so suksesvo; as etolls en Sauk tv lisensies wees.
Enige webwerf vir kunstige inenenting sertifikate teen R50.00 ?????

Erik ·

Het jy al met iemand gesels wat in ‘n covid icu werk en hom/haar gevra hoeveel mense wat daar beland het die inenting ontvang, en hoeveel van daardie mense wat sterf, het die inenting ontvang? Dink jy nie dis dalk ‘n betroubare bron nie?

Daniel ·

In Taiwan het meer vd inenting gesterf as van die siekte self

Lood ·

Daar is ‘n groot probleem as die media en die regering na die inspuiting verwys as inenting. Dit is per definisie nie ‘n entstof nie. Wanneer jy teen iets ingeent is beteken dit jy kan nie die siekte kry nie. Met die inspuiting agter die blad kan jy steeds Covid opdoen, dit oordra na ander mense en doodgaan van dit soos die gesondheidswerker wat met ‘n groot hoe-ha omtrent ‘n jaar terug vertel het sy is nou ten volle “ingeent” en het niks oorgekom van dit nie. Sy is toe dood van Covid. So, verduidelik net asb vir my hoe jy die samelewing veiliger maak wanneer jy ingespuit is. Die inspuiting is eintlik maar dieselfde as die griepinspuitings wat mense jaarliks kry as hulle wil.

Irma ·

Lood,ek wens ek kan vir jou ‘n duisend opduimpies gee vir jou kommentaar. Darem nog iemand wat saamstem dat hierdie Covid 19 inspuiting nie ‘n entstof is nie maar bloot ‘n inspuiting. Volgens my kennis bied ‘n goed nagevorsde entstof algehele beskerming teen ‘n spesifieke siekte en dit is nie wat die Covid 19 inspuiting doen nie. want mense word nog steeds siek van Covid.

Carina ·

Net soos wat jy nie die griep inspuiting verpligtend kan maak nie, kan jy ook nie die Covid inspuiting op mense afdwing nie, want eintlik is dit presies dieselfde ding. Sodra dit gebeur begin mense twyfel aan die redes daaragter – hoekom word dit skielik in ons kele afgedruk? Die nuwe variant is blykbaar al klaar weerstandig teen die huidige inspuiting, wat beteken nuwes moet alweer gemaak word. So binnekort gaan jy elke jaar vir ‘n ander een moet gaan, net soos met die griep inspuiting, net om voor te bly.
Ons “sogenaamde demokrasie” is baie vinnig besig om in komunisme te verander.

Anoniem ·

Griep is vir influenza virusse, die is vir ‘n spesifieke covid virus nie die selfde nie

Dirk Mostert ·

Nie jaarliks nie. Goewerneur Rama I het reeds aangekondig dat die wat 6 maande gelede ge jab is nou weer moet aantree. Die Europese Kommissie beveel aan dat entsertifikate net vir 9 maande geldig moet wees.

Erik ·

Soos dinge nou lyk, gaan julle saamstaan, êrens in afsondering in ‘n hoekie.

SANET ·

As Christen, sal ek nie onder druk swig en die inenting neem nie. Wat het van my Godsdiensvryheid geword. Wat my verstand te bowe gaan is dat mense blindelings alles glo wat die regerings wereldwyd aan hulle opdis. Daar is duisende bewyse van die skade wat deur die inenting veroorsaak word. Natuurlik word dit met alle mag weggehou van die publiek. Spesialiste en drs word selfs geskors of is hulle werk kwyt as hulle dit waag om hulle bevindinge bekend te maak.
My enigste blindelingse geloof, is in my Skepper

Fluisterwind ·

Die verpligte inentings kan slegs effektief wees wanneer die regering volle verantwoordelikheid neem sou ‘n persoon skade ly of self afsterf a.g.v. die inenting. Hulle het nog nie gesê wat hulle sal vergoed indien dit bewys word dat die inenting nadelig is vir ‘n persoon.

Dirk Mostert ·

Dlamini se wetsontwerp vroeer vanjaar, in tandem met die buiteland, vrywaar Groot Farma. Hoekom is sulke wetgewing nodig?

Yolandie ·

Ek sou al die drama rondom die ongevaksineerdes verstaan het as die wat ingeent was nie Covid kon opdoen of ander kon aansteek nie. Maar dis nie die geval nie neh????!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.