Nuuskommentaar: Israel saam met badwater weggegooi, muishondlande ingedra

Minister Lindiwe Sisulu (Foto: Verskaf/Departement van internasionale betrekkinge en samewerking/Katlholo Maifadi)

Minister Lindiwe Sisulu is lid van die ANC se Xhosa-adel, soos ook haar broer, die gerespekteerde Max Sisulu wat by die vorige president die trekpas as speaker gekry het omdat hy dinge reg probeer doen het.

Tog het Lindiwe nog nie daarin geslaag om as minister in enige van die kabinetsportefeuljes wat sy beklee het, te beïndruk nie. Ook as minister van internasionale betrekkinge en samewerking styg sy nie bo haar so-so en rampspoedige ANC-voorgangers uit nie.

Konsekwentheid is beslis nie een van haar sterkste eienskappe nie. Vroeër vanjaar het sy ’n ondiplomatiese vloermoer gegooi oor vyf Westerse lande glo diplomatieke protokol sou verbreek het deur saam ’n brief waarin oor korrupsie gewaarsku is, regstreeks aan pres. Cyril Ramaphosa sou gestuur het. Hulle moes deur die diplomatieke kanale gewerk het, wat insluit dat dit deur haar departement gevoer moes gewees het. Sy het, heel ondiplomaties, die vyf ambassadeurs op die rooi tapyt gedaag, en dit het geblyk dat sy haar optrede gebaseer het op sterkte van ’n berig waar die betrokke koerant die kat behoorlik aan die stert beetgekry het.

Nou het Sisulu aangekondig dat die SA ambassadeur in Israel permanent onttrek word, en die voormalige ambassade in effek ook nie meer ’n belangekantoor kan wees nie, maar slegs konsulêre funksies sal hê. Die Vryheidsfront Plus se reaksie via die leier, dr. Pieter Groenewald, som die posisie soos volg op: “Die VF Plus is gekant teen die ANC-regering se eskalerende en eensydige boikot teen Israel terwyl hy terselfdertyd moeite doen om bande te smee met lande soos Venezuela, Noord-Korea en Kuba wat internasionaal ʼn swak aansien het.”

Die regering onder die ANC se bewind het uit die staanspoor sekere bedenklike keuses gemaak. Die destydse president Nelson Mandela het die Libiese diktator, Ghaddafi, as vriend geag. Suid-Afrika het ’n teenstem uitgebring toe die destydse diktatoriale regering van Mianmar teenspoed by die VN gekry het. Selfs in ’n mosie teen Isis het Suid-Afrika buite stemming gebly.

Sisulu probeer die indruk wek dat Suid-Afrika se jongste optrede in pas met die tendens in die VN is, waar “vordering” bloot deur die Amerikaanse vetomag (in die Veiligheidsraad) in die wiele gery word.

Wat egter nié in die wiele gery word nie, is die feit dat Israel geleidelik diplomatieke betrekkinge op ambassadeursvlak met al hoe meer lande aanknoop. Die totaal staan nou op sowat 73. Dit is nie so maklik om die totaal te bereken nie, omdat sommige ambassadeurs ook as nie-residensiële ambassadeurs in buurlande optree.

Israel se ambassadeur in Suid-Afrika is/was byvoorbeeld ook die nie-residensiële ambassadeur in Lesotho en Swaziland, en geen melding word gemaak hoe Suid-Afrika se optrede dié posisie raak nie. Onder die lande wat op ambassadeursvlak diplomatieke betrekkinge met Israel het, sluit verskeie Islamitiese state, waaronder Egipte, Turkye, Albanië, Oesbekistan, Eritrea, en lande met groot Moslembevolkings soos Nigerië en die Ivoorkus in.

Dit sluit kommunistiese lande soos China en Viëtnam in, Afrikalande soos Senegal en Suid-Soedan in, en ook lande soos Rusland en Meksiko. En natuurlik die VSA en Brittanje.

Wie het die ANC nou eintlik probeer paai, en hoe bevorder dit SA se buitelandse belange? Soos die Joodse Raad sê, dit maak SA irrelevant in die Midde-Ooste.

In die politieke wetenskap word graag gesê lande het nie vriende nie, net belange. Die ANC werk egter andersom, en ongelukkig tel ’n fris spannetjie muishondlande onder dié vriende.

Maar het Sisulu korrekte diplomatieke protokol ingespan soos sy van ander vereis?

Volgens die Suid-Afrikaanse Joodse Raad nie. Die ANC se besluit in 2017 om diplomatieke betrekkinge met Israel te verbreek moes volgens die Joodse Raad eers deur die parlement gevoer word, en deur die kabinet goedgekeur gewees het.

Volgens Sisulu het die regering dit ’n jaar na die ANC se besluit goedgekeur. Maar is dit so, of is dit op die regte manier gedoen? ’n Mens sou verwag dat die Israelse ambassadeur in Suid-Afrika daarvan ingelig sou gewees het, en dat die Joodse Raad ook op ’n manier daarvan sou kennis geneem het, sou dit volgens protokol verloop het.

Sommige waarnemers meen dit was bloot nou ’n impulsiewe stap na aanleiding van Israel se formele anneksasie van die Golan-hoogland. Pres. Donald Trump het die anneksasie formeel namens die VSA erken. Israel het die gebied in 1967 reeds by Sirië verower, omdat ’n groot deel van Israel van die hoogland af onder kanonkoeëls en missiele gesteek kan word. Die gebied is hierna goed ontwikkel.

Lande wat Israel se besetting van verowerde gebiede kritiseer, laat dikwels na om die geskiedkundige agtergrond van besetting in die oorspronklike Palestina in berekening te bring.

’n Palestynse betoger gebruik ’n kettie om Israeliese troepe met klippe te bestook gedurende ’n skermutseling digby die grens met Israel, in die noordelike Gasa-strook (Januarie 2019). (Foto: Stringer, Xinhua)

Ja, die Volkebond, voorganger van die VN, hét die gebied destyds tussen ’n Joodse staat en ’n Palestynse staat (Wes-Oewer en Gasa) verdeel. Die feit is egter dat Jordanië hierna die Wes-Oewer verower het, en later formeel geannekseer het. Ook die ou Oos-Jerusalem, wat volgens die oorspronklike bepalings later ’n referendum oor sy toekoms sou hou, is verower en geannekseer. Egipte het die Gasa-strook verower en daarna geannekseer.

Daar was dus geen Palestynse staat nie tot Israel dit weer by Jordanië en Egipte afgeneem en ingevolge die Camp David-ooreenkoms selfregering toegestaan het.

Nie dat Israel altyd soos engeltjies optree nie, en Joodse nedersettings op die Wes-Oewer bly ’n netelige kwessie. Die doktrine van die gebruik van die nodige geweld om ’n lewensbedreigende gevaar af te weer, is voortdurend onder skoot omdat baie glo Israel gebruik oormatige geweld. Volgens sekere SA koerante het Israelse soldate oproerige Palestyne wat doodgeskiet is, “vermoor”. Dit is dan ook een van die sake wat Sisulu as motivering genoem het.

Terwyl Suid-Afrika nou ’n verkiesing nader, is dit stellig relevant om te bespiegel hoe dié stap die verkiesing gaan raak. Sowat een en ’n half persent van die SA bevolking is Moslems, of te wel sowat ’n half miljoen. Hulle sal in alle waarskynlikheid meestal die stap teen Israel steun. Die Joodse bevolking in Suid-Afrika het van ’n hoogtepunt van 120 000 tot sowat 75 000 afgeneem. Dit lyk dus of dit vir die ANC oor getallepolitiek gaan.

Baie, veral fundamentalistiese Christene, neig om uit ’n Bybelse perspektief Israel blindelings te steun. Daar is ook ander oorwegings waarom Israel uit ander oorde steun kry, soos die standaard van demokrasie en menseregte in die moderne staat Israel, waarteen die Arabiese bure meestal sleg afsteek. Israel het ook tegnologies baie te bied aan ander lande, soos met ontsoutingsaanlegte.

Dié week, as alles goed verloop, word Israel slegs die vierde land wat naas die VSA, Rusland en China’n tuig op die maan geland het. Daar is ’n baie sterk moontlikheid dat Israel oor ’n aantal kernbomme beskik wat in effek sy voortbestaan waarborg. Israel gaan dus nie verdwyn soos baie van sy vyande dit wil hê nie.

Suid-Afrika soek buitelandse beleggings. Baie Amerikaanse nyweraars is Joods.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Charles ·

Al wat ek kan se is: Ek Lief Israel-en ons Afrikaners STAAN SAAM met julle!

Somtyds grawe regimes (soos die ANC) , sonder aanmoediging, vir hulself ‘N GAT.

Jode Lief Afrikaans en Afrikaans lief Jode :)

Johan Bekker ·

Ten minste praat die ANC nie namens my nie….as Zuidlander ondersteun ek Israel.

Johan du Toit ·

Al gehoor van die sêding “Cut your nose to spite your face?”

John ·

… maar natuurlik was Joodse geld nog altyd welkom in SA… ook vir Mandela. Waarom CR die doringdraadserp graag dra? Is dit waar sy siel tuis voel?

Arak ·

Ek sien hier is ‘n aantal mense wat Israel ondersteun en my vraag is maar net: “hoekom”?
Dalk is dit omdat julle daarvan hou dat Israel se weermag meer as 2000 Palestyn voor die voet dood geskiet het in 2014 en meer as 17000 gewond het. Dalk omdat Israel konstant as aggressor teen Sirië optree. Dalk omdat die media dag en nag Israel voorhou as die slagoffer terwyl hy konstant die aggressor is. Dalk is dit omdat daar vir julle van die kansels in die land af gepredik word van “Die volk van God”.
So, Israel kan net maak wat hulle wil en julle sal hulle ondersteun, blanko tjek vir die “volk van God”.
Elke land het goed en sleg, maar wanneer dit by Israel kom is dit of mense net nie meer vir hulle self kan of wil dink nie.

benaYaHU ·

@Arak
Dit neem vreeslik baie om deesdae die dieper Waarhede na te vors, en veral meer nog om net vir jouself te dink. Die oorgrote hoofstroom mediahuise (vir die wat wil, vors gerus na in wie se besit dit is) sowel as “verdraaide leringe” deur wolwe in skaapklere, dryf die agenda verder so word die Waarheid uitgewis.
Die maklike uitweg is oogklappe aan en ‘groepdink’.. dit is die normale reaksie weens grootskaalse misleiding en ‘geloof’.
Shalom!

Charles ·

Dis seker heerlik, verfrissend en boonop VERKWIKLIK om fopnuus te versprei ne Arak?

Israel-julle moenie nonsens vat van die besmetlike siekte wat linksheid is nie! Ons SAL daaroor seevier!

juan ·

Ek dink rerig jy moet weer na jou bronne gaan kyk om jou beweringe te staaf. Hoeveel “rockets” word daagliks in Israel in geskiet? Hoeveel selfmoord aanvalle was daar al gewees? En terloops…hulle is God se volk. Vir die laaste 4000+ jaar al probeer al wat volk is hulle uitroei en nog geen een kon dit reg kry nie. Waar is al die volke en nasies vandag wat dit probeer het?

Tom ·

Jy maak jou skuldig daaraan dat jy ook selektief met die verlede omgaan. Wag tot Damaskus vernietig word soos die profeet Jesaja voorspel .

Arak ·

Liewe @Charles, @juan, @Tom.

Julle beaam nou presies die emosionele uitbarsting wat alle logiese denke oorskry. Ek is eintlik verbaas dat julle my nog nie as ‘n anti-semiet uitgekryt het nie, want dit is gewoonlik die manier om die gesprek te stop.

@Charles – Die fop nuus waarna jy verwys is die oorspronklike Goldstone verslag (2009) en die 2019 (Human Rights Councel) verslag. In die laaste verslag word duidelik gemeld dat die IDF doelbewus kinders en mediese personeel doodskiet en afmaai.

@juan – Die “rockets” waarna jy verwys is ‘n paar patete in die ope tronk (Gaza) wat goed afvuur soos vuurwerke wat die media vir jou optof tot vreeslike missiele wat huise vernietig. Gaan kyk na die verskil in aantal sterftes tussen die twee kante van die konflik en jy sal besef dat dit niks ander as ‘n mense slagting is nie.

@Tom – Bly jy het Jesaja aangehaal. Van wanneer af is dit aanvaarbaar om wat goed is sleg te noem en wat sleg is goed (Jes 5:20). Ek gee nie om wie die land is nie, as hulle doen wat verkeerd is, is dit ons plig om dit te noem vir wat dit is.

Tweetie ·

Dit is nou stank vir dank. Die Jode het dan so vir die ANC se bevryding gewerk. Helen Suzman, Nadine Gordimer en nog n elle lange lys Jode was almal deel van die anti-apartheids beweging, wys jou net!

Kwaad Mossie ·

Dis nou maklik om die Jode te blameer vir wat gebeur het. Natuurlik het baie die ANC/Mandela gesteun, maar tog was dit ‘n Afrikaner wat ons verraai het en ons land oorgegee het. Die NP was in volle bewind, en het geen verskoning nie vir die chaos wat hulle nou in ons land veroorsaak het. Jode alleen kon nie die ANC laat seëvier nie, en terloops het baie Jode in elk geval nie die ANC gesteun nie. Om nie eers te praat vir Afrikaners wat SAP gestem het.

benaYaHU ·

Dit wil voorkom asof die meerderheid Afrikaners absoluut nie die vaagste benul het wie “Israel van die Midde-Ooste” waarlik is nie.. Verder blyk dit duidelik te wees dat die meerderheid ook nie die geskiedkundige agtergrond tot die ontstaan van die Joodse-staat, maar meer belangrik nog, minder begrip het ten opsigte van die implikasies daarvan volgens die Skrif.. meestal verkeerdelik gereken in hul “profetiese” oortuiginge.
Die Joodse-staat “Israel” is GEENSINS die ware Yisra’AL van Die Geskrifte (verspreide 12 stamme in die nasies), is beslis nie Semities in nageslag, en het absoluut geen reg om hulself so uit te beeld aan ‘n wêreld mislei deur hul eie onkunde. Die Geskrifte stel dit tog onomwonde – onkunde word NIE gereken as ‘n verskoning!
Ek stel geensins belang in politiek en nog minder mensgemaakte ‘gelowe’ .. navorsing en studie van Die Geskrifte egter, in lyn met nie-verdraaide ‘geskiedenis’, bevry jou van die agenda van leuens en misleiding! [Hazun (openb.) 12:9]
Shalom!

Tom ·

Ek dink ook jou weergawe van alles is verdag om die minste te se. Daar is geen basis in DNS toeste vir jou weergawe van die 10 stamme se bewegings in Europa nie.

benaYaHU ·

@Grassie
Jammer, jou insig blyk beperk te wees aangaande die verskil tussen “Israeliete” en “Jode” .. BESLIS nie een en dieselfde, en BESLIS nie korrek! Inteendeel, dit dui op die sukses van ‘n valse lering .. asook ‘n aanduiding van geen begrip wie die Yisra’AL van Die Geskrifte waarlik is.
Wat jy egter skryf tov. die “Joodse magsbasis” – korrek! Dit is presies die dieper agenda. Die meerderheid Afrikaners het ook ‘n baie beperkte kennis van die “Jode” se diepe betrokenheid rondom beleid en denkrigtings in SA.
All is NOT what it appears to Be!

Theoman ·

Ek het niks teen die Jode in SA nie ,maar van ons grootste vyande saam met die ANC geduurende die struggle was almal jode, mense soos die Bersteins, Hopple, Kasrils, Suzmans Goldsteins Goldreichs en talle meer was kop in een mus was om ontslae te raak van Afrikaner bewind. Die meeste Jode het bankvas PFP gestem en alles wat Apartheid was gekritieseer. Dis nogal ironies dat Israel amper die selfde beleid(Apartheid) handhaaf soos ons voorige bedeling, maar ontken dit kategories as hulle daarop attent gemaak word. Kyk maar hoe die Palesteine behandel word…. laat mens wonder!

Tom ·

Theoman jy vergeet van die noue samewerking tussen Israel en die RSA voor 1994. Of ken jy nie bv die R5 aanvalsgeweer nie?

jaco ·

Die “baie Jode” in die ANC se struggle is net die helfte van die storie. Die meerderheid Jode in SA was teen hulle mede-Jode wat so gr-struggle het. Hulle houding was een van “bly stil en bly uit konflik uit, anders word die hele Joodse gemeenskap later deur die apartheidsregering geviktimiseer”.

Grassie ·

bena – ek is ‘n gelowige Christen en aanvaar die Bybel, van Genesis tot Openbaring, as die Woord van God. Daarin word beskryf hoe die kinders van Israel oor die hele wêreld verstrooi sal word, maar later weer sal terugkeer na Israel en dit weer sal herbou. Dit is presies wat gebeur het. As jy dus sê my “insig is beperk” sê jy eintlik die Bybel is beperk,
Sovér die Jode en die Israeliete betref, die Jode is die afstammelinge van die stam van Juda, wat een van die stamme van Israel is, so hulle is almal Israeliete.
Dit klink vir my of jy deel is van die geloofsgroep wat beweer dat die Israeli’s nie die Israeliete is nie maar dat ons Afrikanervolk eintlik die werklike Israeliete is. Indien wel, het ek en jy niks verder vir mekaar te sê nie.

Nederkaner ·

Ek hou van die “As jy dus sê my “insig is beperk” sê jy eintlik die Bybel is beperk”. Ek neem aan ek verloor die debat as ek nie saam stem nie.

J ·

Israel is wel beteraf, sal definitief nie RSA se diplomaat mis nie, Israel beskou in elk geval die ANC.nog steeds as vyandiggesinde land, ANC hou daarvan om terreurlande hulle vriende te maak

minnie pretorius ·

God se. Verbond met Abram is ‘n ewige verrbond:Ek sal seen diegene wat jou seen, en hom vervloek wat jou vervloek. 18 Maart het leier van Iran sy land gevra om Israel te vervloek. Die 19de tref die hael en storms hulle soos woordeliks deur Esegiel geprofeteer. God laat Hom nie bespot nie. Die oordeel oor hierdie besluit staan geskrywe.

Issie ·

WEL ISRAEL wil nie leer nie, hulle het al die jare die ANC ondersteun .. so laat hulle ook nou maar sien wie het hulle al die jaar befonds en gehelp ..

HPV ·

Israel het nooit die anc ondersteun nie. Was een van die min lande wat met ons handel gedryf het tydens die sanksie jare.

Charles ·

Vir almal wat in die donker is(ongelukkig in Engels):” In the Hebrew Bible the term Israelites is used interchangeably with the term Twelve Tribes of Israel. Although related, the terms Hebrews, Israelites, and Jews are not interchangeable in all instances. “Israelites” (Yisraelim) refers specifically to the direct descendants of any of the sons of the patriarch Jacob (later called Israel), and his descendants as a people are also collectively called “Israel”, including converts to their faith in worship of the god of Israel, Yahweh. “Hebrews” (ʿIvrim), on the contrary, is used to denote the Israelites’ immediate forebears who dwelt in the land of Canaan, the Israelites themselves, and the Israelites’ ancient and modern descendants (including Jews and Samaritans). “Jews” (Yehudim) is used to denote the descendants of the Israelites who coalesced when the Tribe of Judah absorbed the remnants of various other Israelite tribes. Thus, for instance, Abraham was a Hebrew but he was not technically an Israelite nor a Jew, Jacob was both a Hebrew and the first Israelite but not a Jew, while David (as a member of the Tribe of Judah) was all three, a Hebrew, an Israelite, and a Judahite (Yehudi, Jew). A Samaritan, on the contrary, while being both a Hebrew and an Israelite, is not a Jew.
Dankie.

jaco ·

Vreemd dat die ANC die Palestyne steun om hulle eie staat te kry, maar nie vir die wit mense van SA n eie staat gee nie. Gaan leer eerder by Israel hoe hulle die Palestinian Authority gestig het. Dis tog maar n tipe tuisland en dit het die potensiaal om n onafhanklike staat te word. Gaan leer ook by China, ander groot pêl van die ANC, hoe hulle Hong Kong en Macau bedryf. Dis 2 dele van China met hulle eie regerings.

Marthinus Willemse ·

Oud-regter Richard Goldstone is `n Jood, en `n Sionis. Sy dogter het na Israel emigreer (aliyah). Goldstone skryf toe `n verslag oor die Palestyne, en is baie duidelik: Israel oortree internasionale wette, en het die Palestyne vermoor en onderdruk. (Deur huise op erkende Palestynse grond te bou, maak Israel haar skuldig aan `n oorlogsmisdaad. Dis waarom hulle onttrek het aan die Internasionale Strafhof.)
Toe word Goldstone se kleinseun in Israel 13. Die regering weier Goldstone toegang tot Israel vir sy kleinseun se bar mitzvah. Skielik verskyn Goldstone in die media, en herroep sy verslag; hy sê hy was verkeerd; die eintlike sondaar is die Palestyne.

Prof Sakkie Spangenberg het `n verhandeling op Litnet, waarin hy as Bybelkenner dit duidelik stel dat Israel geen Bybelse regverdiging het vir die grond wat hulle tans van die Palestyne afgevat, en van Sirië in 1967 afgevat het, nie. Die mense lees hulle Bybel verkeerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.