Nuuskommentaar: Jan van Riebeeck en die dag toe al die land se probleme begin het

Jan van Riebeeck

Jan van Riebeeck

Is dit verkeerd dat sommige mense vandag Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap op die een of ander wyse herdenk? Volgens pres. Zuma se uitsprake, het die land se probleme immers begin die dag toe Van Riebeeck in die Kaap voet aan wal gesit het. Bog soos wat dit is, dui dit egter op ʼn komplekse situasie in ʼn heterogene land.

Tot met die aanbreek van die nuwe bedeling, was 6 April ʼn vakansiedag in Suid-Afrika. Dit was in die volksmond Van Riebeeckdag en amptelik Stigtingsdag, ter herdenking van die aankoms van Jan van Riebeeck in die Kaap op 6 April 1652.

Maar, volgens pres. Jacob Zuma, was dit ook die aankoms van “al die land se probleme.” Volgens hom het die swart mense voor daardie datum in vrede geleef en baie pret gehad.

Histories gesproke (wat die konteks immers insluit) hou Zuma se standpunt min of meer net soveel water soos sy latere stelling dat Afrika die grootste kontinent is en dat die ander kontinente saam daarin pas.

Om maar een probleemstelling te noem – die Khoi en die San wat suidelike Afrika al duisende jare lank bewoon het en landswyd hul “getuigskrif” daarvan in die vorm van rotstekeninge en plekname gelaat het, sal wonder hoe vreedsaam en vol pret dinge dan was as hul voorsate uit groot dele van die land verdring is.

Voorts het ʼn navorser bevind die swart inwoners van Mapungubwe het die Koi as slawe van die een of ander aard aangehou om bepaalde funksies te vervul, waaronder om op ʼn bepaalde plek die reëndans en ander rituele uit te voer wanneer dinge begin droog raak het.

Zuma se stelling staan egter in die geïdealiseerde Pan-Afrikaanse konteks dat kolonialisme en imperialisme inherent boos was. In baie gevalle is hierdie siening reg, maar om Van Riebeeck sonder kwalifikasie en buite historiese konteks as eksponent te gebruik, is te dik vir ʼn daalder. Die eksklusiewe toestaan van die reg om vis met nette te vang aan vrygestelde slawe, toon immers Van Riebeeck was nie met bose motiewe teen nie-blankes vervul nie. Maria van Riebeeck is by geleentheid as die land se eerste verhoudingsbeampte beskryf gegrond op die uitreikaksies wat sy vir Khoivroue gehou het. Jare na Van Riebeeck die Kaap verlaat het, het ʼn kleindogter, Johanna Maria, die Kaap besoek en van Van Riebeeck se gewese slawe opgesoek, wat nog met groot deernis van die gesin gepraat het.

Van Riebeeck was ʼn onbedoelde en minstens, by tye, onwillige volksplanter. Sy taak was net om ʼn selfversorgende verversingspos vir skepe na die Ooste en terug te vestig, terwyl hy self dit as ʼn trappie in die rigting van ʼn tweede kans na die Ooste, waar hy voorheen weens binnehandel deur die VOC afgedank is, beskou het. Sy taak is trouens dikwels bemoeilik deur opdragte van die VOC oor hoe verdraagsaam hy teenoor die inheemse bevolking moet wees – iets wat dikwels tot skade en selfs lewensverlies gelei het.

Daar kon nie voorsien word dat die plaaslike bevolking so kwesbaar sou wees vir sekere “Westerse” siektes soos pokke nie (wat onder die inwoners van die verversingspos ook gemaai het). Ook ander kontinente se inwoners, wat duisende jare lank van Europa en Asië geïsoleer was, soos die inboorlinge van Australië en die Amerikas, was vatbaar en sonder immuniteit teen Westerse siektes.  Daar was aan die Kaap geen sprake van die doelbewuste verspreiding van die siektes, soos in die VSA waar pokke-besmette komberse aan die Indiane verskaf is nie.

Die feit is as sonde by die land se verskillende volke gesoek word, gaan dit gekry word en sommiges is veel, veel erger as wat op Van Riebeeck se brood gesmeer kan word, selfs al word die historiese konteks buite rekening gelaat.

Dit beteken (en laat die leser mooi verstaan, hierdie kommentaarskrywer is al lankal by hartlik sat verby om oor Zuma se streke te skryf) Zuma is nie ʼn president se stert deur die Van Riebeeck-kwessie as ras-polariserende kwessie te gebruik nie.

Boonop, as kolonialisme dan net sleg is, moet Zuma ook verduidelik waarom die Wes-Kaap, die deel van die land wat die langste aan kolonialisme onderhewig was, vandag die besbestuurde deel van die land is.

Dit sou egter ook onbillik wees van diegene wat sentimente oor die herdenking van vandag het, te verwag dat ander, wat aan ʼn jarelange alternatiewe geskiedenis blootgestel was, saam die aankoms moet herdenk.

In ʼn land wat onder kulturele imperialisme teen minderhede deurloop, gaan die uiteenlopende beskouings van dieselfde geskiedenis ongelukkig deurlopend tot spanning lei. Vandag se Volksblad kondig byvoorbeeld aan dat die historiese Kerkstraat in Bloemfontein binnekort O.R. Tamboweg word.

Dit word eenvoudig by die dag belangriker vir minderhede in die land om in burgerlike instellings, soos AfriForum, te organiseer om hulpbronne kollektief in te span om ʼn plekkie onder die Afrikason gegun te word – soos die grondwet bepaal.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Theresa ·

Het soos van ouds gister weer my kinders herinner dat vandag Van Riebeeck dag is en indien hul dalk vergeet het, 6 April 1652 was ‘n groot dag! Die man lyk SO netjies! Baie trots.
Nee wat, nyd en jaloesie is ‘n vreeslike ding. Maar, ek kan verstaan dat handeldryf en als wat gekoop was op die manier van daardie tyd (Dus als wettig gedoen) is moeilik te begryp vir iemand wat nie maklik begryp nie maar dalk eerder gryp. Hyg! maak mens skoon moeg om so te verduidelik weens gedwonge diplomasie. Geniet ‘n heerlike Van Riebeeckdag – vir die wat graag dit wil doen.

Zumie ·

En toe word oom Jan nou ‘n propaganda simbool vir sekere groepe wat dien as hulle regverdigingsgrond vir die eksploitasie van ander… O Afrika, O Afrika, (Dit is seker makliker om ander se bates oor te neem as om self iets op te bou?)
Oom Jan het seker nooit gedog dat hy so handig misbruik gaan word toe hy by die Kaap anker gooi nie.

alida ·

Wat verwag julle van ‘n Std 3 kind se uitlatings en dan word hy President van ‘n land!!!!

tamboti ·

Baie mooi Alida – dit is presies die opsomming van sy karakter. Mag ek daarby byvoeg: ‘n baie stout en arrogante std. 3 kind met ‘n totale gebrek aan verantwoordelikheid, ontken alle aantuigings en antwoord dit met vals beskuldigings, beledigings en dreigemente!

Pamela Mac Leod ·

My beskeie mening. As Jan van Riebeek nie hier aangekom het nie sou die land nog n onbewerke onontwikkelde woesterny gewees het!

Trots Afrikaans ·

Die probleem het eintlik begin toe Zuma se voorsate hier aangekom het. Ons kan hulle nie blameer nie want ons weet nie wie hulle was nie want hulle kon tot Jan aan die kaap gekom het nie geskryf het nie.

alida ·

Dit is 2016 en JZ kan nou nog nie lees of skryf nie hahahahaha

Heidi ·

Jan van Riebeeck toe eintlik Bartholomeus Vermuyden!

Baie interresante artikel, maar soos deur Wikipedia bevestig- foto van Jan van Riebeeck soos hierbo te sien, is foutief! Dit is die gesig van Bartholomeus Vermuyden!

Paul ·

Elke jaar is dit vir my nogal grappig wanneer mense aandui dat Jan van Riebeeck “op 6 April voet aan wal gesit het”. Dit is foutief. Mens kan dit in sy dagboek lees. Op 5 April 1652 het hulle Tafelberg gewaar (waarvoor die opperstuurman van die grootste skip van die vloojie, die 200-ton Drommedaris, vier Spaanse Reale as beloning ontvang het – hy het dit eerste gewaar).
Om eenuur daardie nag (dus eintlik eenuur die oggend van 6 April) kom hulle naby die land. Later die dag stuur hulle drie man in ‘n sloep in Tafelbaai in om te gaan verkenning doen om te sien of daar enige ander skepe (moontlik vyande!) in die baai lê. Eers twee ure voor dit aand word op 6 April kom die drie man terug en rapporteer dat daar geen ander skepe in die baai is nie. ‘n Tydjie ná sonsondergang op 6 April vaar Van Riebeeck self Tafelbaai in, maar daar gaan eers op 7 April enigiemand aan wal – ‘n sloep met roeiers en soldate, om te soek na briewe en groenigheid te ete.

Paul ·

Ook is dit vir baie mense onbekend dat daar eintlik vyf skepe (eintlik skippies) met Van Riebeeck na die Kaap gekom het. Die Walvis en Olifant het eers later, op 7 Mei 1652, in Tafelbaai aangekom. Hulle het baie las van siekte op die Walvis en Olifant gehad, en het derhalwe eers in Sierra Leone aangedoen en het dus agtergeraak.

Dit is waarom die aanvanklike fort aan die Kaap (die huidige Kasteel is eers lank ná Van Riebeeck se tyd gebou) Goede Hoop geheet het, en die vier bastions van die fort was Drommedaris, Reijger, Walvis en Olifant.

Koos ·

Na. 1652 is daar nedersettings gestig op grond wat die Kompanjie daargestel het en Waar tuine gemaak was om voedsel te voorsien. Nou as die huidige grondgrypers soos hulle beweer reeds daar was, sou sulke nedersettings nie nodig gewees het nie. In elk geval sou dit ook nie gewerk het nie want stakings sou groei belemmer het. Ons kry vandag ook nedersettings vinnig opgeslaan sjebeen geopen en Dan paaie versper klippe gegooi omdat daar nie water en krag is nie

Tess Riekert ·

Het Jan nie voet aan wal gesit nie was Nkandla nie eens ‘n droompie nie. Ek glo Zuma se voorsate sou almal uitgesterf het.

marius ·

alles wat hulle weet vandag is agv die wit man wat begin het met jan van riebeeck vir duisende jare was daar geen ontwikkeling met hulle nie .Hulle het nog geleef soos hulle voorouers duisende jare voor hulle en hulle sou vandag nog presies dieselfde gelewe het

vermeende ·

Herman en Maroela die artikel is op die verkeerde groep gemik, ons ken die geskiedenis julle hoef ons nie te oortuig nie. Stuur dit aan Zuma.

Arno ·

Of ons moet maar bloot ‘n heenkome elders gaan soek. Ek weet nie eers of burgerlike organisasies die golf van absolute verval kan stuit nie. As ons voorsate kon migreer en ‘n nuwe lewe maak, kan ons dit ook sekerlik regkry.

Peter ·

Arno, ek wens dit ook. As dit maar net so maklik vir ons almal was! Deure is bykans geslote vir blankes, verál bo ‘n sekere ouderdom – al is jy gesond en ‘n spesialis in jou beroep – Mens kry ook makliker toegang as “refugee” wanneer jy nie-blank of ‘n moslem is. Dit is weereens bewys in Europa. Hoeveel onderdrukte blanke Suid -Afrikaners wat reeds onder die broodlyn lewe kan bekostig on elders in die wêreld heenkone te vind? Hoeveel ander blankes in die sg middelklas kan dit bekostig? Dis bykans ontoeganklik tensy jy iewers ‘n paar hobderd duisend Dollars of Ponde het.

m ·

Van Riebeeck se aankoms 364 jaar gelede het beslis nie die chaos in hierdie land veroorsaak nie. Die swartes moet ophou met hierdie deuntjie want dit raak nou vervelig. Hulle is die oorsaak van alle chaos.

m ·

Die lot weet nie eers wie Jan Van Riebeeck is nie nou wil hulle n mens wat 364 jaar gelede hier aangekom het blameer vir alles en eintlik veroorsaak hulle al die chaos. Hulle sal seker maar hulle lewens lank ander blameer vir hulle foute.

Theuns ·

Herman baie goeie kommentaar. Ek geniet jou deelname aan “Stere en Planete” ook. Jy het vandag goed oor komentaar gelewer wat my na aan die hart le. Die leuens en propaganda van Zuma sal die Nazi Propagandis Goebbels rooi van skaamte en jaloesie gemaak het! PEDRO (Kode Naam vir Zuma) die ANC kommunis, het sy storie goed geleer in Angola en by die Oos Duitse Statsi. Hy het ook n paar draaie gemaak by die KGB. Ek is baie bekomered oor naiwe Komentators wat nie die gevare raak sien nie soos byvoorbeeld die uitstel van die munisipale en plaaslike verkiesings nie? Onthou Pedro steur hom nie aan die grondwet nie!! Die aanduidings is baie baie sterk dat ons na ‘n Diktatorskap op pad is. Die moontlikheid dat hier ‘n massa slagting plaasvind soos in Ruanda is baie goed!
Groete

Rupert Ashford ·

Dankie vir die stuk Herman. En dankie aan Jan. Groetnis

Charles ·

Herman, ek wonder of die vrede en pret wat “mister zuma” na verwys die uitmoor- nie net na die Khoi en San mense nie- maar ook hulle EIE mense en afstammelinge insluit wat in hul duisende gesterf het?

Charles Austin ·

Die aankoms van Jan van Riebeeck op 6 April 1652 het voorspoed vir almal in Suid Afrika gebring, huise, dorpe en stede is gestig, landbou en die infrastruktuur is opgerig en een van die mooiste lande en nasie het ontstaan in 343 jaar, 21 jaar gelede is die land oorgegee aan n regering wat nie kan regeer nie maar net kan verwoes, moor en plunder en om alles te bekroon kon hulle in 364 jaar nie veel leer sonder spoon feeding nie, daar is ook geen uitvindings deur hulle gemaak nie. Wat n verwoesting in so n kort tyd.

Disselboom ·

Jan van Riebeeck en kie kom met skepe met tegnologie soos katrolle, hefbome, navigasiestoerusting, gepreserveerde voedsel, wapens, gereedskap en volle kleding in die Kaap aan. En kom met mense in aanraking wat nie van ‘n knoop, wiel of meer as net bestaansboerdery weet nie. Nie polities-korrek om dit te noem nie. Die vraag kom op of dit ‘n agterstand of onvermoë is wat die teenstelling veroorsaak?

Basson ·

So die ‘Rooi gevaar / Totale aanslag’ was toe inderdaad die waarheid….

Henry ·

Ek weet nie altyd of ek so vreeslik ingenome oor oorle’ oompie Jan, se voet aan wal ge-sittery moet wees nie. Lyk asof daar selfs ‘n gestryery is oor sy naam, oor die voete wat op 6 of 7 April 1652 aan wal gesit is en of daar 3 of selfs meer skepe of skepies was…

Een feit is egter klinkklaar. Daar sal van die woord ‘go’ af ‘n gestryery oor die doen en late van die VOC se eerste streeksverteenwoordiger, tuinier en kafee bestuurder – oorle’ oompie Jan – aan die suidpunt van hierdie donker vasteland wees. Om nie eers te praat van al die Europeërs wat na oorle’ oompie Jan hier aan-geskuit gekom het nie en nuwe stryerye begin het. Selfs die huidige regime se president karring 364 jaar later steeds aan oorle’ oompie Jan en oorle’ antie Maria se voet aan wal ge-sittery!!!

Soos die meerderheid in-kommers wat hierheen vertrek het, het my voorsate ook nie oor al die rykdomme/luukshede van hul landgenote in Europa beskik nie. Is tog logies dat bittermin siele die lang en gevaarlike tog na die donker, onbekende en woeste vasteland sou onderneem, indien alles so hunky dory in hulle buurt was. Vergeet maar die sprokies oor hertogdomme, rykdomme en wat ookal in die stamland wag…

Nou sit ek maar hier en sal vanaand ‘n glasie of meer op oorle’ oompie Jan, oorle’ antie Maria en op al die VOC se direkteure klink.

david ras ·

Jacob, dit word algemeen aanvaar dat die swart volke met die Xhosas op die voorpunt Suidwaarts GEMIGREER het terwyl die blankes Noord waarts migreer het
Die eerste kontak tussen swart en wit (nie bruin en wit nie) was tussen 1780 en 1800 in die omgewing van die Visrivier. Daar bestaan geen getuienis van enige kontak tussen hierdie groepe tussen die Visrivier en Kaapstad nie.
As die Blankes 150 jaar geneem het –1652 tot 1800 om tot by die Visrivier te migreer, waar was die Xhosas dan op 6 April 1652 ?
Pas dieselfde migrasie tempo toe (ons mag nie diskrimineer nie) en dit plaas mens min of meer by die Huidige Richardsbaai.
Intussen wil julle, wat nie kon lees of skryf toe julle ons voorouers raakgeloop het. werklik he ons moet julle mitologiese grondeise glo……?
Die Griekse Mitologie het net soveel waarde as julle eise—almal glo aan die bestaan van Zeus, Apollo en Poseidon…..! (en die tandmuis..)!!

Anoniem ·

Oom Jan het nie ‘n bril, stort of die Guptas nodig gehad toe hy hier voet aan wal gesit het nie.

Simon ·

Ons sal seker ook hoor, Van Riebeeck het sy beeste ook gesteel, dis hoekom hy nou ‘n kraal gebou het by Nkandla met belasting geld…Dis mos sekuriteit vir sy beeste, stortkoppe werk ook nie meer vir AIDS nie, nou gaan hy eerder swem in sy brandweer swembad … Gaan pas beeste op Zuma, dis al waarvoor jy kwalifiseer….

Johannes Meintjes ·

Omrede vrywillige werk my tot langs die oewers van die Kongorivier langs neem, is die verval in Afrika, na kolonialisme, vir my opvallend. Die DR Kongo is nou 56 jaar lank al “onafhanklik”, en ten spyte van Westerse proaganda dat dit hier en daar “goed gaan” in Afrika, gaan dit eintlik elke jaar slegter. Enkeles is ryker ja, maar al meer is van enige redelike ontwikkelingsvoordele afgesny. So ook in die Nuwe SA. Sonder die raakvlakke en spilpunte van “kolonialisme” (en ek voer aan dat Cjina en Indie nuwe kolonialisme skep), gebeur daar hoegenaamd niks. Ek steun die kommentaarskrywer, Herman Toerien, se mening dat “Plan B” spoedig baie meer effektief binne regsgeldige raamwerke toegepas moet word deur diegene onder ons wie na groter norme, prestasie en voorspoed uitsien maar dit deur middel van talmende en voortslepende versuim verbeur.

Dr P E van der Dussen ·

Dit is kommerwekkend dat met enkele uitsonderings GEEN melding van die Wilsbeskikking van die Allerhoogste gemaak word met die koms van Jan van Riebeeck nie: Die verkondiging van die Evangelie aan alle tale, volke en nasies tot hulle ewige redding . By Troas het die Heilige Gees vir Paulus na Europa gedwing en so Europa se uitverkiesing tot hierdie taak bevestig. Dis onmoontlik om nie te sien dat die Europese volke dit wel gedoen het nie. Evangelieverkondiging behels eerstens Woordverkondiging. Dit behels onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan die Drie-enige God. SY eerste opdrag in Genesis 1:28 verklaar waarom Hy die mens as Sy Beelddraer geskep het: Om Sy skepping te onderwerp en te bewerk (Genesis 2:5). Dit is die tweede deel van die uitdra van die Evangelie: Om mense te leer om hierdie opdrag genoem die kultuuropdrag tot eer van God uit te voer. Daartoe het die Drieenige God die Afrikanervolk (anderstaliges ingelsuit) hier laat ontstaan uit meerdere volke sodat die nuwe volk al die eienskappe kon kry wat nodig is om juis hierdie land te kan onderwerp. Dit is steeds die roeping van die Afrikanervolk saam met alle ander Christene. Volledige
uiteensetting gratis beskikbaar by [email protected].

hans brits ·

Ja- nee Dr,die kommentaar van jou sal hulle nie wil verstaan nie want die gees wat in die soort mense is,is vals en boos.Geen Liefde vir ander nasies nie,hoe gaan hulle nog die evangelie dan kan versprei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.