Nuuskommentaar: Jan van Riebeeck, kolonialisme en plaasmoorde

helen-zille1Helen Zille het haar pas in die moeilikheid in getwiet deur nie aspekte van kolonialisme te veroordeel nie. In ʼn heterogene land is so iets ingewikkeld, soos wat AfriForum in ʼn navorsingsverslag uitwys oor die toenames in plaasmoorde na onverantwoordelike uitsprake deur prominente politici.

Presies hoe ingewikkeld dit kan wees as twee kulture met verskillende agtergronde in noue kontak met mekaar kom, blyk uit die tameletjie waarin die Wes-Kaapse premier en oud-leier van die DA, Helen Zille, haar nou bevind.

Terwyl sy vanuit talle oorde veroordeel word en onvoorwaardelik om verskoning gevra het, is daar baie wat wonder wat presies sy nou eintlik verkeerd gesê het. ʼn Mens sou verwag dat Zille, synde haar agtergrond in onder meer die Black Sash, beter as jong studentemeisies sal weet wat “aan die ander kant krap” en nie iets aanvang soortgelyk aan blackfacing nie. Of dan iets wat net so ernstig of selfs ernstiger opgeneem word.

ʼn Historiese blik op blackfacing bring dikwels kennis en selfs begrip vir die sensitiwiteit hieragter.

Om kolonialisme se negatiwiteit te verstaan, is breër kennis nodig. Hoe gebeur dit byvoorbeeld dat presies dieselfde mense, wat so bitter oor kolonialisme is, dan juis die koloniale taal as taal van voorkeur – ʼn soort prestige taal – ophemel?

En wat van die luukse huise en deftige pakke klere? Die paaie waarop gery word?

Of is dit deels iets soortgelyks waar die beleid van afsonderlike ontwikkeling die karakter van ʼn strooipop, apartheid, aangeneem het en die goedbedoelde kernelemente verswelg geraak het? En natuurlik was daar vir baie pyne.

Kolonialisme het ook groot pyne teweeg gebring. In die Kaap en elders is die plaaslike inheemse bevolking weens duisende jare se isolasie van die nedersetters erg deur pokke-epidemies getref. Die Australiese aborigenes is na 50 000 jaar se isolasie ook hard getref.

In die Amerikas is hele bevolkings byna uitgewis. Die jongste navorsing toon dat die Asteke en omringende bevolking van ongeveer 20 miljoen tot 1 miljoen gekrimp het nadat hulle aan ʼn westerse stam van salmonella blootgestel is. Harde en onhigiëniese werk in myne het ook nie gehelp nie.

Vandag is slegs ongeveer tien geskrifte van die Mayas oor, nadat hulle sowat 500 jaar gelede in isolasie hul eie skrif ontwikkel het – ʼn skrif bestaande uit karakters, simbole en kleur om die betekenis duidelik te maak. Die Mayas se kalender was akkurater as die destydse westerse kalender. Die Spanjaarde het byna alle geskrifte waarop hulle hul hande kon lê, ook van die Asteke wie se skrifstelsel nog nie behoorlik ontwikkel was nie, vernietig omdat dit heidens was. Die Spanjaarde se wreedheid met die verowering van Suid- en Sentraal-Amerika het nie ver teruggestaan vir die wreedheid van die Asteke, wat tydens religieuse seremonies hul piramides rooi gekleur het van die bloed van vyande wie se harte lewend uitgesny is nie.

Op baie plekke het die inheemse volke wat gekoloniseer is, (nog) nie die tegnologiese en beskawingsvlak van die koloniste bereik nie. In weerwil van die invloed van die konsep “die edele barbaar” wat destyds wyd inslag gevind het en huwelike tussen koloniste en inboorlinge, het groot standeverskille ontwikkel, wat diep historiese letsels gelaat het.

Die werklikheid laat natuurlik nie ruimte vir twak soos pres. Jacob Zuma se stelling dat die inheemse swart bevolkings in vrede geleef “en baie pret gehad het” voordat Jan van Riebeeck hier aangekom het en al die land se probleme begin het nie. Vandag nog stroom baie mense uit die Oos-Kaap en elders na die Wes-Kaap, wat eerste en die langste gekoloniseer was. Die ANC raak woedend as dié mense ekonomiese vlugtelinge genoem word. En hoewel dit strate beter in die Wes-Kaap met sy beperkte middele gaan as in die Oos-Kaap, wil die ANC die Wes-Kaap “bevry.” So asof die feit dat ʼn heterogene regering in die Wes-Kaap regeer en nie ʼn swart regering nie, die provinsie aan kolonialisme onderwerp.

Oor wat die swart volke, nadat hulle betreklik onlangs binne die grense van die huidige Suid-Afrika ingetrek het, aan die inheemse KoiSan-bevolking gedoen het, is die ANC betreklik stil. Terwyl taamlike vlakke van assimilasie plaasgevind het, was daar tog ook bloedige gevegte en moes die Koisan reeds na meer onherbergsame dele uitwyk voordat Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het.  Na “veel pret” vir almal klink dit nie juis nie.

Met ander historiese idees sou wittes dan ook hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. Dat dit grootliks historiese bog is, verhinder nie dat Zuma die EFF se beleid kon kaap en hom ten gunste van grondonteiening sonder vergoeding uitspreek nie. En sal Zuma dit nog so voorstaan as die San-nasate, wat oorspronklik op Nkandla gewoon het, aanspraak maak op die gebied – en sonder vergoeding?

Kwetsende woorde, bedoeld of nie, lei gewoon tot spanning. So is daar ontsteltenis oor ʼn ANC-LP wat tydens die debat oor plaasaanvalle uitgeroep het die boere moet lewend begrawe word. En dit is juis op die terrein van plaasaanvalle, waar AfriForum nou met insiggewende nagevorste syfers vorendag gekom het oor die verband tussen opruiende politieke uitsprake van prominente politici en ʼn toename in plaasmoorde:

  1.  Peter Mokaba se sing van “Kill the Boer, kill the farmer” in April 1993 – plaasmoorde styg met 135 %.
  2. Julius Malema se sing van “Shoot the Boer” in Maart 2010 – Plaasmoorde neem met 51% toe.
  3. President Jacob Zuma se sing van “Shoot the Boer” in Januarie 2012 – Plaasmoorde neem met 36% toe.
  4. Ronald Lamola se oorlogspraatjies in Junie 2012 – plaasmoorde  neem met 60% toe.
  5. Julius Malema se toesprake oor die slagting van wit mense in November 2016 – Plaasmoorde neem met 92% toe.

Om na die Zille-dilemma terug te keer. Is dit nie maar wys om ter wille van die vrede van kolonialisme volledig ʼn strooipop te maak nie? Diegene wat nie die aptyt het om op hierdie strooipop te skiet nie, kan dit bloot ignoreer.

Heeltemal so eenvoudig is dit nie. Dit is in die aard van ʼn volk om trots te wees op die prestasies wat sy voorouers vermag het. En dit raak ingewikkeld as dié prestasies weer vir ander juis aanstoot gee.

Dit word graag gesê dat Ethiopië nooit gekoloniseer is nie. Volgens die afkeur aan kolonialisme, sou Ethiopië dus besonder welvarend moes wees, maar min Afrikalande is deur die loop van sy geskiedenis so deur hongersnood geteister. Vir baie jare het omtrent al die paaie en brûe in die land uit die kort tydjie van Italiaanse besetting gedateer.

In ʼn heterogene land is dit noodsaaklik dat mense moet kennis neem van onnodighede wat ander kan ontstel – ongeag die meriete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Nicolaas ·

Niks wat Helen Zille gesê het, is onwaar nie. Maar ek sou dink politici soos sy sou lankal geleer het dat hulle nie die kaalkop waarheid in die openbaar mag uitsaai nie. Dan is hulle mos rassiste en teenstrydig die partybeleid. In hierdie land mag mens se stellings niks meer as 0.1% van die waarheid bevat nie en 99.9% versluierde onwaarhede, of jy is ‘n rassis. En boonop sal die ‘demokratiese massas” besluit watter 0.1% hulle is hulle waarheid. Demokrasie werk nie in Afrika nie, outokrasie word ingekleur as synde demokrasie

Cherokee ·

Ek vind dit problematies wanneer iemand teenstellend praat. Wanneer jy iets sê en dit terselfde tyd afskiet. Niks wat Helen gesê het is onwaar nie, sê jy. Sy het gesê en toe verskoning gevra vir wat sy gesê het. In haar eie woorde gesê dat dit wat kolonialisme vermag het, steeds nie kolonialisme verskoon nie. Sy sou dus verkies het dat die land sonder pypleiding en… en… en… bly solank oom Jan van Riebeeck en oom Hendrik Verwoerd net nie in koalisie gegaan het en Suid Afrika sodoende gekoloniaseer het nie.

Ouma ·

En daar het jy nou die hele geskiedenis in ‘n paar woorde!!! Vertel en kry dit nou in domkoppe se klapperkoppe!! As ek dit reg verstaan het: was daar ouens voor oom Jan aan die Kaap! Was dit nie ‘n oorstoppie oppad na die res van die wereld toe nie?? En wie het hulle hier gekry? Die Koysan outjies! Nou wie was eerste hier? En wie het van Noord Afrika af hierheen gehol? Dan wonder ek maar net!

Gerhardus Petrus Padda ·

Dit sal baie makliker wees as ons verstaan waaroor ons eintlik argumenteer: Die argument is eintlik oor die “reg” van witmense om in Suid Afrika te wees en tweedens die “reg” van swartmense om witmense te belas vir “regstelling” agv die “skade” wat kolonialisme en apartheid aan swartmense aangerig het.

Die argument oor of kolonialisme goed of sleg is, is slegs n “proxy” argument vir bogenoemde.

Die tweede konsep wat ons moet besef is dat Apartheid (A) in elke fundamentele aspek, die teenoorgestelde van Kolonialisme(K) is:

-K dwing “moederland” kultuur af op kolonie/ A gee vir elke kultuur sy eie ruimte
-K diwng moerland wette af op kolonie/A laat gemeenskappe toe om volgens hulle eie wette te handel
-K regeer deur Goewerneurs die kolonie/ A laat elke kultuur toe om homself te regeer
-K dwing sy geloof af op kolonie/ A doen nie
-K verwag van kolonie om hom te ondersteun in oorlog/A doen nie
-K gebruik die grondstowwe van kolonie vir eie voordeel/ A doen nie

Dit is dus oneerlik om apartheid en kolonialisme in dieselfde asem te noem. Hulle is glad nie dieselfde nie. Sosialiste gebruik hierdie konflasie vir hulle eie voordeel in argumente.

Die tweede ding wat ons moet besef is dat die Engelse al lankal terug gewen het. Elke aspek van ons lewens het Engelse fondamente. Ons skole, ons TV, ons Kerke, ons sport, ons politieke struktuur, argitektuur, alles. Jy kan nie n gebreekte eier heelmaak nie.

AL ·

Jou kommentaar is ‘te edel’ en ‘te indrukwekkend’ vir die politici.
Al hoe hul massas mense kan opsweep, is om leuens en verdraaiing vd waarheid te propageer.
Indien ons die massas kon opsweep met bogenoemde kommentaar, het niemand vir die ANC of EFF of Agang gestem nie.

Cherokee ·

Vanaand klink jy soos een van daardie gloei-paddas waarvan Maroela vertel. Ek is beïndruk met jou opsomming – nee verkeerd gestel… in goeie Afrikaans gesê, ek smaak dit heavy!

Johan ·

Dit lyk of Zille in n argument met iemand was op haar twitter bland….pleks dat sy haar opinie vir haarself hou gaan blakker sy nou iets uit wat haar, haar werk gaan kos…..Jy mag net jou opinie lig as jy deel van die meerderheid van die land is…..jy mag sê maak dood, rape, kill,take, steel , begrawe hulle, ens ens………wat is erger om jou opinie telig en dit kan dalk rasisties voorkom of om blatant te sê maak dood, begrawe, gee vigs vir hulle………..

Verwonderd ·

Sodra enige “vorig benadeelde” hand in eie boesem steek en begin werk, en of verantwoordelikheid vat vir sy dade…, word hy deur sy eie geledere herrineer aan die feit dat hy nou nie moet probeer wit wees nie, of sommer as ‘n coconut ge-etiketeer. ‘n Wlagklike kringloop van onbeholpenheid, en gedurig word die “koloniseerder” (Nie – ‘n mede-burger van Suid Afrika, soos dit behoort te wees), die skuld gegee vir eie gebrekkigheid.

AL ·

Sê niks, dan is daar niks.
Mense moet hul weerhou om uitsprake te maak op sosiale media, al is dit hoe onskuldig.
Hierdie Zille-debakel oorheers nou die skandale vd Regering.
Dis waarom ek nie op sosiale media is nie.

Yvonne Askevold ·

Herman Toerien – puik stuk – net jammer dat die wat dit MOET lees en kennis neem niks gaan of sal wil verstaan nie! Want hierdie waarheid dien nie hul agenda nie! Jy is amper in ‘n situasie waar ‘n Professor in Chemie gevra word om aan ‘n kleuter die konsep van ‘n molekule te verduidelik? Haas onmoontlik! Maar .. om terug te kom na Me Zille – nes Zelda le Grange – slaan ek my hande saam oor die “askies” na die tyd .. genade ons …… askies ek lewe?

AL ·

Moet nooit agterna verskoning vra nie. Dan trap hul jou nog dieper in die grond.
Sosiale media is n byenes waar emosies hoog kan loop.
As jy twyfel of jy iets wil sê, of dit reg is, en wat die nagevolge gaan wees, moet eerder dit nie plaas nie. Rather safe than sorry.

Arie ·

Lyk my on Suid-Afrika mag mens nie die waarheid praat nie en die DA stem saam met regering in die opsig, deur hulle optrede teen haar, so ek sal nooit vir hulle stem nie

AL ·

Die oproer het begin op 702, sou die DA leier haar ondersteun in die openbare oog, sou hul die party uitgekryt het vir ‘DA support white racists’ ens.
Nothing is fair in love and war.

AL ·

Mandela se oudste dogter het verklaar in 2019 stem sy nie vir die ANC nie. Sy kan nie meer die skandale hanteer van die ANC en miljarde rande wat gemors word nie. Die SASSA en Life Esedemni skandale het haar besluit op die spits gedryf.

Cherokee ·

In hul pyp sit en rook sê jy. Ek hoop dit is nie EFF-twak wat sý gaan rook met die rokery saam nie!

mike ·

Leer die onnosele klomp in die parlement geskiedenis. Hulle kan seker nie self lees nie en daarom glo hulle nie wat hulle hoor nie. Leer hulle eers lees en vertel dan die storie.

John ·

Kom ons wees nou maar die minste… om vredesonthalwe vra Herman. Buiten dat hierdie nie ‘n onderonsie tussen huweliksmaats is nie… en ons weet almal hoe lank so ‘n vrede hou… moet die waarheid glo liefs misken en uitgewerk word. Afrika ontken dat die kontinent enige insette benodig het. Inderwaarheid word geglo dat Afrokane hoogs ontwikkeld was maar deur kolonialiste verarm en onderdruk is en hul prestasies vernietig is en die wittes daarna die geskiedenis verdraaid opgeteken het in ‘n soort slinkse 1984-proses. Hoe kan mens teen so ‘n mega-konsep stry? Dis buite-ruimtelik-bekonka. Of is dit, dit wat Herman bedoel?

Piet ·

Onse Vader het ons versaak. Daar is geen hoop meer. Ek ervaar dit in my eie lewe. Geen werk, geen inkomste. Dead man walking.

Celia ·

Dit is die waarheid wat jy nou daar se Piet. Maar, daars n rede. Ons het ons verswaer met die vyand en God het ons aan hulle oorgegee. (Jos 23:7,12,13) Ons bid en bid, Buchan hou byeenkomste- maar die onderdrukking word net erger. Dis omdat ons nie wil luister nie. Die Gelofte met ons Skepper, vergeet. Dien sportgod, die vlees en mammon.Die Here roep maar ons gaan aan en aan. Daarom het Hy ons uitgegee(dis pakgee vir stout kinders) sodat ons kan besin en terugkeer tot Hom. HY vra van ons IETS saam met gebed en geloof. Ons moet elke week begin bymekaarkom in klein groepies oral in SA, God eer en dien, paraat word en mekaar help.
Piet, deur die donker dal(Ps 23) gaan die Here steeds met jou! al voel dit nie so nie.JJ Ek weet- ek is ook sonder inkomste en skielik in groot gevaar van dakloos agv swart bemagtiging. Piet, HOU MOED, as jy moed verloor, verloor jy alles!Ek bid vir jou.

Cherokee ·

…en ek bid vir jul albei. Én vir die land waarvan ek deel is. Die land waarvoor ek lief is, ongeag.
Lees kommentare… maar lees ook tussen die lyne en sien glimlagte wat desperaatheid wegsteek.

Andre ·

Zille praat oor kolonialisme en die media trek haar uit makaar,n LP se die boere moet lewendig begrawe word maar die media gooi n dowe oor,verduidelik dit as hulle kan

Erick ·

Afsonderlike ontwikkeling in skool, werk en buurt veral was as bolwerk daar teen wat ons nou beleef. Ons het die administrasie van die hele land, finansieel, militêr en sosiaal maatskaplik net so aan ‘n klomp kommunistiese Godloenaars oorgegee. Met katastrofiese gevolge vir die hele multikulturele samelewing. Vlug of veg is al wat oorbly. Vlug as jy kan…

Anner Andre ·

Laat demokrasie seevier.Die wat wil dekoloniseer kan daarmee voortgaan.Die plase wat reeds in onbruik is kan vir hulle gegee word.Dit behoort n groot hupstoot vir ons toerismebedryf te wees ons aan toeriste tradisionele gebruike en lewenswyses as attraksies kan aanbied

Johann Barnard ·

Ek persoonlik dink ons blankes moet SA verlaat en trek,laat hulle maar dan alleen voortgaan.Die goud is in elk geval op.Hulle mag ons net nie volg nie,enigste voorwaarde.

John ·

Nee, Piet. Ons NP-regering het ons versaak. Die manne het baie ander dinge gehad wat hul besig gehou het. Ons stryd is ook nie teen vlees en bloed nie, maar teen die magte van die duisternis, se die Bybel. Ons kan nie dat hierdie wesens ons geloof steel nie. Dis waaroor alles gaan… die behoud van ons geloof. Ek wil eerlikwaar nie op hierdie aarde agterbly wanneer die Messias kom nie… want daarna volg erger as erg.

Eriko ·

Sien Ziller? Dis wat gebeur as jy blank is en die waarheid praat in SA. Jou “eie mense” gooi jou vir die wolwe.

Dinge gebeur nou vinnig. Dis nie meer lank nie dan is die land weer in die hande van sy regmatige en YHWH gegewe hande.

Cherokee ·

Sien Ziller, sê jy? In hierdie riller? Waar lees jy dat die land weer van eienaar sal verwissel? Wie is die ‘regmatige eienaar’? Lees jy Siener Van Rensburg of (is di Rebecca Ackermann of so iets?) se boeke, of waar het jy dit gelees? Ek besef jy is desperaat en het dit genoem in ‘n kommentaar net voor hierdie maar probeer sin maak. As jy sê die regmatige (koisan?) gaan weer oorneem, gee redes vir jou stelling of as jy nie kan nie sal jy niemand oortuig nie. Ek weet my laaste kommentare begin ook negatief klink maar ek is realisties, Miskien meer as jy, Ek begin werklik dink dat die enigste uitweg is… emigrasie.

Gert ·

Pragtige Afrikaans: “-K dwing moerland af” Ek voel so tuis in my moerland.

Cherokee ·

Daar is relatief baie kommentare in hièrdie sowel as ander lyne waar hande geklap word oor Zille se (ontwakende?) twiet betreffende kolonialisme en die score wat die land gemaak het daaruit. (ek kon gesê het ‘wins’ maar is nie in die bui daarvoor nie) Nie een van julle, nie een ènkele een van julle, verwys daarna dat sy verskoning gevra het vir haar twiet en dus haar eie stelling dat die land opgebou is daardeur, verwerp. Dat sy in haar eie woorde sê dat die land sonder pypleidings, spoellatrines, snelweë, telefoonstelsels, vliegtuie en Internet kon klaarkom, as die wittes netnie so windgat sou wees om te kom oorneem nie. Dìt worrie jou nie wanneer jy haar twiet ophemel nie. Stem vir haar, op jul eie Internet. Stuur jou stem via rookseine.

Leendert ·

Goed gesê, dit was wonderlik om te kyk of dit wat ek skryf aanvaar word, ons tots die water, want ‘n mak enetjie het nie doie paal gehaal nie, in teenstelling met by verre mees te ander wat ek hier lees.

Leendert ·

Raait, so kom oms probeer weer, nog ‘n feit is, dat as dit nie vir die geskiedenis is, soos dit ontvou het, en wat nou taboe is om oor te praat, was nie, dan het die mense wat nou so kwaad is, ook nie in hul eie taal kon skryf nie.

Jaco ·

Mense, “blackfacing” was nog nooit “n ding” in Suid Afrika nie – dit kom uit Amerika uit en het slegs “‘n ding” geword na O.S. dit a ding gemaak het.

Jaco ·

Die verskil tussen the Spaanse kolonialisme in Sentraal and Suid Amerika en Suid Afrika, is dat hulle doelwit was (en hulle het totaal geslaag daarin) om die inheemse mense se kultuur en geloof uit te wis. Dit was nooit die doelwit in die ou Suid Afrika nie, in teendeel almal se kultuur was behou en dit was die doelwith – en tot vandag toe glo Afrikaners dat almal se kultuur moet behou word.

John ·

En as ons die swartes wou uitwis of so vreeslik uitgemoor het was daar nie 6o mij van hul oor nie, maar ook die klein klompies inboorlinge soos in Australie of Kanada of die VSA. Hoeveel klinieke is nie deur die sg ‘gehate’ apartheidsregime opgerig en inentings gedoen om lewens te red nie en ma’s en kinders het daagliks in lang rye gesit (afgekry vir die dag). Wie ontwikkel dringend teenmiddels teen siektes wat in Afrika uitbreek? Ons Hemelvader spreek Hom uit teen die ondankbaarheid van die mensdom terwyl Hy tog vir ons sorg… onthou die manna wat so neergereen het, en die Israeliete se ondankbaarheid. Ons almal hier is ‘n ondankbare spul. Dit reen… waar is die dankdienste? Maar eerder ‘n miljoen wat weer wil gaan kerm en kla en vra… maar hoor, aikonna.

Pietie ·

Uitstekende artikel. Dit gee insig. Die waarheid en persepsies is onversoenbaar, tensy jy die belang wat ons by veroening het eerste stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.