Nuuskommentaar: Jesse sekondeer Zindzi, plaasmoorde, Kaapse Vlakte en Ramaphosa se swye

Adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte (Foto: Bhekikhaya Mabaso/Africa News Agency/ANA)

Wanneer die boek Habakuk gelees word, voel dit by tye of daar oor Suid-Afrika geskryf word, en spesifiek oor ’n tyd waarin die volk aan ellende, geweld, onderdrukking en onreg blootgestel word. Dit is nie toeval nie, en is bedoel om as tydlose riglyne te dien. Gister was weer so ’n dag toe dit by tye behoorlik gelyk het of die onreg oor die goeie heers.

Te midde van die aankondiging van skokkende nuwe plaasaanvalsyfers gebeur die pikante – Jesse Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC en verbete Zuma-ondersteuner, gaan tree vir Zindzi Mandela met haar uiters rassistiese uitlatings in die bresse, maar noem AfriForum rassiste.

Soos reeds deur sy kantoor aangekondig, gaan pres. Cyril Ramaphosa nie op plaasmoorde reageer nie – dit is sy minister van polisie en ander geraakte ministers se werk om op spesifieke soorte misdaad te reageer. Dié minister is egter nou op sy kragdadige manier besig om op die Kaapse Vlakte spiere te bult – maar ook nadat swart mense op groot skaal die slagoffers van bendegeweld begin word, het. Selfs die weermag gaan ontplooi word ná jare se vrugtelose pleidooie. Maar toe was die slagoffers byna uitsluitlik bruin mense, en die weermag is eerder elders in Afrika ingespan, waar ook maar genoeg drooggemaak is.

Hoe minder oor Jesse se tirade gesê word, hoe beter. Haar redenasies oor vergewingsgesindheid kom ooreen met dit wat nou onder radikale swart mense in die VSA gedryf word, naamlik dat vergifnis, selfs meer as ’n honderd jaar nadat slawerny afgeskaf is, nie moontlik is voor die wittes nie restitusie betaal het nie. ’n Ongebore wit baba is dus reeds gevonnis om ’n rassis te wees oor iets wat lank voor sy geboorte gebeur het, en al is hy/sy met ’n swart persoon getroud, die rassis-etiket bly vasgeplak tot ’n vorm van restitusie plaasgevind het. Hierdie verskynsel word nou reeds deur ontleders genoem as faktor in die volgende Amerikaanse presidentsverkiesing wat eers oor twee jaar plaasvind.

Adam Kazavelos buite die landdroshof in Rustenburg. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Intussen kan, of eerder behoort, swart mense ’n vry sê te hê oor wit mense, en is selfs die wildste uitsprake nie rassisties of haatspraak nie, aldus hierdie benadering wat self van harde rassisme drup.

Intussen, hier te lande, draai die Menseregtekommissie die skroewe teen wit mense al stywer vas. Die Afrikanerbond het juis gister in ’n mediaverklaring met bewyse gekla oor (rasse-) inkonsekwentheid van die Menseregtekommissie: “Wat egter verstommend is, is dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie geen konsekwentheid toon in sy optrede nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gaan Catzavelos nou van haatspraak ingevolge die Gelykheidswet aangekla. Volgens mediaberigte het die MRK bevestig dat die feit dat Catzavelos die video in Griekeland gemaak het, nie ’n probleem is nie.

“Die Afrikanerbond wil die Menseregtekommissie daaraan herinner dat hulle ná ʼn klagte wat ons in Augustus 2008 oor oudminister Essop Pahad en rassistiese opmerkings wat hy in Beijing, China, teenoor wit mense gemaak het, die klagte van die hand gewys het. In ʼn skrywe gedateer 1 September 2008 (en) sê die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie dan:

‘We wish to advise that the functions of the South African Human Rights Commission are set out in section 184 of the Constitution. In particular, section 184(1)(c) provides the “South African Human Rights Commission must monitor and assess the observation of human rights in the republic”. In the light of the aforegoing, we note that the Minister has made such utterances while in Beijing. In this regard, the cause of action arose in Beijing and the South African Human Rights Commission has no jurisdiction in matters arising outside the republic.’

Hierdie soort inkonsekwentheid het die norm geword, en die EFF-leier, Julius Malema, het onder meer reeds die (vrot) vrugte hiervan gepluk.

Kan ’n mens jou die pandemonium indink as die beginsel van “hy/sy wat beweer moet bewys” toegepas word? Met ander woorde, iemand is outomaties skuldig aan dít waarvan hy/sy ’n ander beskuldig (byvoorbeeld rassisme) as die bewering nie met onweerlegbare feite bewys kan word nie.

Foto: Reint Dykema

Wat plaasaanvalle betref het TLU SA bekend gemaak dat van 2010 tot en met vanjaar daar 586 plaasmoorde was, berig RSG. Die organisasie se adjunk-hoofbestuurder, Chris van Zyl, sê 2 022 mense van die boerderygemeenskap is sedert 1990 vermoor. Van Zyl sê plaasaanvalle word duidelik aan die grondvraagstuk gekoppel, terwyl plaasaanvalle en moorde van ander geweldsmisdaad onderskei moet word weens die wreedheid wat met plaasaanvalle gepaard gaan. TLU SA het aanbeveel dat daar dringend aandag geskenk word aan ’n landbouvriendelike reservistestelsel, beskikbare hulpbronne geïntegreer moet word en ’n herbevestiging dat plaasaanvalle ’n prioriteitsmisdaad is.

Hoe behoort mense op die deurmekaarspul in die land te reageer? Is die simboliese verklaring van eensydige onafhanklikheid van Ramaphosa se bewind ’n opsie?

Die profeet Habakuk het bitterlik gekla oor die verdrukking waaraan sy volk onderwerp is. Die samestellers van Die Bybel in Praktyk noem die verskynsel van die vreemdheid dat die regverdige God toelaat dat die goddelose die oorhand het, ’n teodisee-probleem. Die probleem word ook as die “verleentheid van die teoloog” beskryf. Die boek Job verwerp vergelding as enigste verklaringsbeginsel van goed en kwaad, maar sluit vergelding en beloning nie heeltemal uit nie.

In Habakuk is daar geskryf oor die oordeel oor die Galdeërs wat aanvanklik die groot sondaars was en dit sluit af met die bekende verse wat ook as ’n lied op die melodie van “Amazing Grace” bekend geword het: “Al sou die vyeboom nie bot nie.” Dit sluit af met: “Die Here my God gee my krag. Hy maak my voete soos dié van ʼn ribbok, op die hoë plekke laat Hy my veilig loop.”

Die boek Habakuk bestaan maar uit drie hoofstukke, of te wel vyf bladsye, en beskryf die situasie vandag in Suid-Afrika, maar ook elders, met tydlose akkuraatheid.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
marco polo

Verklaring van onafhanklikheid? Waar het jy in gedagte? Ons wag al lankal vir die leiers om te se waar daai plek gaan wees. Ek ondersteun dit heeltemaal, maar dit kan nie ‘n stukkie hier en ‘n stukkie daar wees nie.

Dries

Terwyl Me duarte so besig is met restitusie – kan sy maar vir my so n meevallertjie reel via die Engelse, wat meer as 26 000 mense in konsentrasie kampe laat sterf het ni?
Praat van vergifnis!

Johhnie

Verbeel ek my of het Ruda Landman ‘n paar jaar gelede ‘n vreeslike huldeblyk oor die skepsel uitgesaai.??

Ben

As witmense wie se families uitgemoor word so iets sou se is hulle rassiste, maar as n Mandela dit se is sy n held.

Andreas

Herman, terwyl jy nou so uit die Grootboek aanhaal, Suid-Afrika is nou maar so 25 in die woestyn, daar is nog 15 jaar van ‘suffer’ oor.