Nuuskommentaar: Julius en rassisme

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: ANA.

’n Radio-omroeper wat sy hand oorspeel het en oor die lug na Julius Malema as ’n aap verwys het, het ’n storm op sosiale media tot gevolg gehad. Die omroeper is sy werk kwyt, maar Malema, wat kriminele klagtes (dikwels van rassistiese aard) soos speelgoed bekom, bly vernuftig skynbaar bo die reg verhewe.

Malema is weer oor beweerde rassisme in die nuus. Dit is nie meer groot nuus nie, want ’n Google-soektog bring aan die lig dat talle klagtes al teen Malema en rassisme by verskillende instansies soos die Menseregtekommissie ingedien is, en dan bloot in die vergetelheid-boks beland.

Dié keer is die rolle soort van omgekeer – ’n omroeper by ’n radiostasie is summier afgedank nadat hy na Malema as ’n aap verwys het. Die Menseregtekommissie was saam met die Ahmed Kathrada-stigting voor in die koor om die afdanking te prys.

Wat dalk meer verbasend is, is dat ’n mens nou weer ’n stortvloed nuusdekking sou verwag oor AfriForum se voorgenome private vervolging nadat die Nasionale Vervolgingsgesag skynbaar nie by sy belofte gehou het om teen nie later nie as Augustus vanjaar te besluit of Malema se vervolging op aanklagte van bedrog, wat verband hou met die bedrywighede van On-Point in Limpopo, heringestel gaan word nie. AfriForum het die klag aanvanklik in 2011 aanhangig gemaak. Dit is in 2015 van die rol geskrap nadat ’n mede-beskuldigde siek was.

Dat daar klaarblyklik nou, sowat twee maande ná die spertyd, geen woord van AfriForum en adv. Gerrie Nel se private vervolgingseenheid was nie, sou heeltemal verstaanbaar wees nadat die destydse aankondiging oor die voorgenome vervolging, wat tot ’n stortvloed kritiek (en ’n skerp toename in lidmaatskap) gelei het.

Bekende kritici van AfriForum was deel van die skynbaar georkestreerde deel van die kritiek op dié organisasie.

Een van die elemente van die kritiek teen AfriForum was dat die wyse waarop AfriForum te werk gegaan het, vernederend teenoor Malema was, en dat dit rassegevoelens sou aanblaas.

Een van die eietydse nuusberigte wat die Google-soektog wel opgelewer het, is dat die EFF se steun by universiteite toeneem.

Die breër prentjie is dat daar op die oog af ongelooflik met regsoptrede voete gesleep kan word as Malema onkant speel, en hom op die oog af aan rassisme skuldig maak, maar as wit mense ’n voet verkeerd sit, is hulle soms reeds in die gelykheidshof en die by die Menseregtekommissie verhoor, skuldig bevind en beboet voor, by wyse van spreke, dit nog teetyd was.

Indien hierdie waarneming korrek is, oortree die Menseregtekommissie die grondwetlike bepaling dat almal gelyk voor die reg is, sommer grof.

(Daar was selfs in die openbare diskoers ’n groot twispunt oor of swart mense hoegenaamd rassisties kan wees.)

Malema was onlangs ook in die nuus toe hy na Indiërs as misdadigers verwys het. Volgens Malema is daar darem sekere Indiërs wat hulle voorbeeldig soos swart mense gedra. Ander identifiseer hulle meer met wit mense.

Die Google-soektog herinner ’n mens ook aan ’n groot verskeidenheid aanklagte wat teen Malema aanhangig gemaak is; van minagting van die hof tot aanstigting van rassespanning.

Min het nog gebeur om die wydlopende opvatting te weerlê dat Malema bo die reg verhewe is. Soms lyk dit of Malema uit sy pad gaan om dié indruk te probeer versterk en die resep het hy skynbaar goed onder die knie.

Namate die tyd tot die volgende algemene verkiesing te kort begin word om Malema vir enigiets aan te kla, te verhoor, skuldig te bevind en te vonnis, kan ’n mens verwag dat Malema selfs nog meer uitdagend sal word. Daardeur vervaag die moontlikheid dat Malema weens ’n rekord wat tronkstraf insluit, ongeskik is om as parlementslid te dien. Die Grondwet bepaal ’n parlementslid wat weens ’n misdryf tot meer as ’n jaar tronkstraf gevonnis word, verbeur sy setel. Die gewese ANC-parlementslid, Tony Yengeni, was byvoorbeeld ’n “slagoffer” hiervan.

Niemand kan egter verkwalik word as hy meen die kanse is uiters skraal dat Malema ooit sy rooi kleredrag vir ’n oranje oorpak sal hoef in te ruil nie.

En dit stuur weer ’n belangrike boodskap uit na misdadigers en voornemende misdadigers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Barnard ·

En dan is daar hier onder op die kommentare van artikels ‘n sekere kommentator wat gedurig van die Afrikaner, Afriforum en wit mense pleit om versoenend op te tree, ongeag.

thea ·

dis net ons blankes wat altyd verkeerd is. daar word selde enige iets oor haatspraak van die ander partye, en wat meer geweld aanhits gedoen

Jana ·

Al waarop ek hoop, is dat my kinders betyds uit hierdie land sal kom.
Ek het aanvaar dat die regering alleen tevrede sal wees as die laaste blanke hierdie land verlaat het.
Vir my is daar absoluut niks meer wat my gebonde aan hierdie land hou nie.

Ronnie ·

Ek weet nie hoekom ons voorouers ooit hierheen gekom het nie.

Casper Labuschagne ·

@Ronnie, ek is trots op my voorvaders wat hierheen gekom het. Die teenstand wat hulle vele male oorkom het was aansienlik erger as dit wat nou vir ons in die gesig staar. Net soos in daardie tyd sal die meerderheid volksgenote steeds die gemaklike pad kies, maar ‘n minderheid van die volk sal deurdruk en weer bo uitstyg.

Aster ·

Jana, ek stem 100% saam met jou. Poot klink maar bietjie benoud. Wat my verstand te bowe gaan is dat daar eintlik nog blankes is wat dink daar is hoop en dat SA sal reg kom. Ons is die minderheid en dis skokkend om te sien teen die vinnige trand van hoe baie blankes die land verlaat.

Jacques ·

Its Pay Back Yime – Vir die mense gaan dit oor niks anders as om die wit mense in die hool n punt te bewys nie . Hulle sit in die stoel en maak die besliute . As dit sekere hoes kom is hulle bo die wet want anders is dit ook weer n rasse aangeleentheid . Dit is hoekom ek glo hier is beslis dubbele standaarde .

Theresa ·

Naamnoem van enige een oor enige een is nie naastenby so erg soos die gedrag nie. Daarom kan mens net kopskud wanneer mens na die gedrag oplet. Kopskud en veragting of jammerte…

Eish ·

Territoriale selfbeskikking, nie verkloostering in Centurion of Bloemfontein nie, eie plek asb.

Casper Labuschagne ·

Malema is inderdaad bo die reg verhewe en die rede is dat hy meester taktikus is. Hy is te jonk om deel van die sg “struggle” te kon wees, maar in ‘n slinkse strategie keer hy alle aanvalle asook vervolging teen hom om sodat hy die slagoffer word en die “wit rassistiese Boere van Afriforum” word die vyand wat die onderdrukking van Apartheid op Malema wil afdwing. Die probleem is dat geen hoeveelheid tou wat hy gegun word genoeg sal wees sodat hy homself spreekwoordelik ophang of dat die tou hom selfs sal pootjie nie.

Intussen dy die steun vir die EFF voort op Malema se taktiek. ‘n Onlangse peiling toon dat die EFF se steun sedert Januarie van sowat 6% gegroei het tot 13% op die rug van eise vir onteiening. Dit is merkbaar dat die gehore by Malema se toesprake nie meer net jeugdiges is nie, maar dat groot getalle ouer persone, die werkersklas wat statig na Malema sit en luister. Die EFF het so te sê skoonskip gemaak by al die swart universiteite se SR verkiesings met 80% tot 90% steun. In elke stad, dorp en streek stig die EFF kommunistiese verteenwoordigende strukture, so nougeset volgens die radikale teksboek asof dit Mao self is wat hierdie revolusie aandryf. Teen hierdie koers sal die EFF baie naby aan die DA se steun kom in die volgende verkiesing. Onthou egter, die EFF se doel is nie ‘n parlementêre oorwinning nie, maar ‘n revolusie op straatvlak.

Jerry ·

Dit is nooit te laat om versoenend op te tree nie, veral nou dat julle besef dat daar dubbele standaarde by die MRK bestaan en dat malema verhewe bo die wet is! Gerrie Nel se regskennis en mag het toe geen oemf teen malema nie!

@ Jerry ·

So nou moet die wittes KRUIP omdat die MRK korrup is?? Sjoe . dit is nou vir jou logika!

Snowball ·

Versoenend met wie en wat presies? Met die dubbel standaarde van die MRK, die rassisme van Malema? Ek dink jy het vasgehaak, by een woord, amper soos die drie- woord ‘slogans’ waarmee die ANC kiesers mesmeraais. ‘n Regdenkende mens kan nie versoen met iets wat verskil van sy waarde sisteem en beginsels nie, want dan verloor jy albei.

Smirre ·

Afrika en veral SA het my uiteindelik laat besef dat Afrika is maar vir Afrikane, hul gewoontes, ik, sosiale gedrag en kultuur, leierskap keuses en politiek. En dit meer terugkeer na primere Afrika met tyd. Europieers en hul nageslagte gaan meer en meer sukkel om vooruitgang te maak veral in SA.

Anoniem ·

Malema kom weg met baie dinge maar die woord se die uitverkore volk van GOS sal vervolg word op elke gebed ons dtaan noy in openbaring se woord begin van due verdrukking op die uitverkore volk van GOD ..

Kfn ·

Lees asb. die WOORD korrek.
Daar is slegs een uitverkore volk van God en dit is die volk Israel.

Boy van die Suburbs ·

Malema gaan nog sy EIE woorde kou & sluk, want die poppe gaan dans!!!!

nannie ·

Party keer dink ek dat Afriforum ook maar net groot mond is.

Ek stem Nannie ·

Die punt is hulle gaan met NIKS regdeur tot agteruit nie .. hulle BEGIN net iets en maak dit oral bekend en dan raak dit stil. Hulle VOLG niks op nie .. hulle publiseer al die AANKLAGTE wat hulle orals ingedien het . en dan word dit stil .. NIEMAND volg dit ooit weer op nie . daar word net agterna gese dat daar nog 156 of hoeveel sake uitstaande is en daar kom NIKS van nie terwyl al die wittes teen wie daar klagtes was onmiddellik afgedank is EN strafregtelik aangekla is .. hierdie sake van hulle hang nog erens tussen die MRK en nerens .. kom nooit tot ‘n besluit nie, en later word die lysie maar weggegooi en almal lag vir Afriforum wat aanvanklik optree en alles publiseer maar dan net swyg soos die graf.

Elmarie ·

Ek dink Afriforum hoort sommer Sasha te verdedig in die hof en Malemma aankla oor sy uitlatings is nou gatvol dat ons heeltyd skenk skenk maar ander nonsence word met ons geld gemaak

Carlien ·

Malema kan se net wat hy wil, geen probleem, maar ons blankes moet ons woorde tel of alle hel bars los… Rassisme is teen ons wit mense, ons word soos vliee afgemaai en die president gaan belieg die buiteland dat plaasmoorde en grond onteiening nie bestaan nie.. ons blankes spartel soos n klomp rotte in n emmer vol water en dis net n kwessie van tyd voor ons versuip.. Om in Suid Afrika te oorleef en elke dag die son te sien opkom is net genade van die Here af… Jy is nie meer seker oor die dag van more in hierdie land nie..

Donderstorm ·

Reels geld net vir sekere mense in hierdie land blykbaar

Erika ·

Malema in sy arogansie is blykbaar verhewe wat reg en verkeerd is Sulkes se en Doen wat hulle lus het selfsugtig teen ander sonder om ander in ag te neem. Dit is n feit wat in jou kop aangaan manifisteer in jou vieslike gedrag en wat jy se. .Vroer of later gaan jy verantwoordelikheid moet wat .-Jou Val kom Skierlik en Vinnig.(Ek wonder maar net of hy nog sy gunsteling”Calvin Klein ” gedra het as daar nie Ontwikkeling van kolonialisme plaas gevind het nie Ne

HPV ·

Hoe dit ookal sy, die wittes weet waar hulle met Malema staan en wat om te verwag in die toekoms. Met Ramaphosa weet geen mens wat die toekoms inhou nie, ek glo hy weet self nie.

Cornelia ·

Mnr. Toerien, het ons nie tog maar vanaf voet aan wal gesit, geweet dat ons ‘n troefkaart op die tafel het nie? Is dit realisties om iets anders te verwag? Dalk moet ons die slagysters vermy wat oop en bloot gestel word. Dit wen nie ‘n slagveld nie en dit dra nie by tot ‘n ander gesindheid wat van beter dinge getuig nie. Gaan almal nie rekenskap móét gee voor die Regterstoel van God nie. Gelowiges, spotters, antichriste… In die wêreld geld die wêreld vir die wêreldling. Maar u en ek weet dat die ons in die wêreld is maar nie van of soos die wêreld nie. Die wêreld regeer met die oog op die afsluiting waarvan Openbaring ons inlig. Tot dan verg God van ons ‘n volharding in Sy weë. Daarom sê Hy uitdruklik: My weë is nie julle weë nie en My gedagtes is nie julle gedagtes nie. En tog vra God dat ons so een met Hom moet leef dat ons net soos Hy doen, moet doen. Dan moet ons baie dinge aflê wat eie is aan ons sondige natuur. Stem u saam? Ek self sal nie ‘n oorloggie voer met dieselfde vurige pyle van die teëstander nie. Want ons wapenrusting is van Bo.

Christiaan Carstens ·

Die eerste keer wat ek Malema op televisie gehoor het, was sy reaksie op ‘n vraag van ‘n joernalis … dit was op BBC óf dalk CNN. Sy heel eerste woorde aan die joernalis was: “You white trash!” Toe het hy homself bekend gestel as ‘n opperste rassis. Dit is nou etlike jare later en hy het net sterker in sy kwaad geraak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.