Nuuskommentaar: Julius ‘Mafiosi’ Malema

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Iemand smee ’n moordkomplot teen Julius Malema, beweer die EFF, en iewers kom die naam van Noordwes se premier, Supra Mahumapelo, ter sprake. Die skoen kon net sowel aan die ander voet gewees het.

Die waarskynlikste scenario is dat Julius sy paadjie na die ANC aan die sement is. In die proses kan ondersteuners van Zuma hulle maar gereedmaak om fel onder die EFF deur te loop. Veral die vernaamste lede van die Premierliga kan hulle teenspoed op die hals haal, maar Ace Magashule van die Vrystaat en nou nasionale sekretaris-generaal moet veral in sy pasoppens wees.

Waar sou hierdie “Koue Oorlog” vir pres. Cyril Ramaphosa laat?

Te oordeel na hoe hy teen alle waarskynlikheid in die presidentskap bekom het, en die feit dat een van die vernaamste Premierliga-lede, David Mabuza, sy adjunkpresident geword het nadat hy Ramaphosa se presidentskap bewimpel het, moet ’n mens Ramaphosa se meesterskap met taktiek erken.

Dit is bekend dat Zuma en Malema se vyandskap histories van aard is. ’n Baie breër pad het geloop van die Botshabelo-byeenkoms waar Malema en Vavi, toe nog onbetwiste Cosatu-leier, hulle uitgespreek het dat hulle sou doodmaak vir Zuma. ’n Ongemaklike vlieg in die salf was dat Zuma, Malema en Vavi, wat nie een staatsposte beklee het nie, amptelike sprekers by ’n staatsgeleentheid was, en op staatskoste daarheen geneem is. Die organiseerders het blatant staatskoste aangewend om ’n ANC-saamtrek daarvan te maak. Toeskouers is van heinde en ver per bus aangery – die openbare beskermer, toe nog die lamlendige Lawrence Mushwana, het die ANC liggies oor die vingers getik.

Die Vrystaatse ANC het presies soveel daaruit geleer dat die afskeid aan Magashule en die ontvangs van die nuwe premier glo R20 miljoen belastingbetalersgeld gekos het. Selfs adj.pres. Mabuza het dit onaanvaarbaar gevind.

Die relevante feit is egter dat die verhouding tussen Zuma en Malema hierna so versuur het, die einste jongman wat hy by geleentheid tot kroonprins verklaar het.

In teenstelling hiermee het dit selde gelyk of daar ’n blywende hoogspanning tussen Julius en Ramaphosa was. Ramaphosa kon dus heimlik van Julius gebruik gemaak het om momentum teen Supra op die hoogste versnelling te plaas. Ace saag nog hard aan sy eie keel, en Mabuza se verlede sal nog wel die een of ander tyd die waarheid blootlê.

Die “belangrikste” is dat dit Julius se mense uit die populistiese kaders is wat Supra wil begrawe, en dit is stemme wat die ANC met 2019 se verkiesing bitter nodig gaan hê.

Is dit ’n “mooi” ounagstorie? Ja, dit is om middernag geskryf, maar in hierdie stadium is die feitedrade nog so los dat daar ruimte vir breingimnastiek is. ’n Kollektiewe poging kan van ontsettende waarde vir opposisiepartye wees om die taktiek in die wiele te ry.

Die storie kan ook met kwasi-akademiese akademikaans ’n baadjie van indrukwekkendheid aangetrek word soos dat Ramaphosa teen wil en dank die dwingende noodsaak van Julius se steun besef en moet inspan. Dit sal voorspelbaar meer stemme oplewer as dié van die Zuma-lojaliste.

En moenie die rol van fopnuus onderskat nie in ’n land ryk daaraan en waar buitelandse agentskappe ook lustig lostrek met propaganda asook die werk van geplante joernaliste, bekend as stringers, wie se produkte deur hul buitelandse meesters elders voltooi is en plaaslik deur die stringers geplant word en selfs as besondere scoop aangebied word.

Sterkte aan die polisie wat die jongste bewerings verkieslik holisties gaan ondersoek, maar hulle kort voor lank sonder die hulpmiddele vir ’n geveg bo hul gewigsklas gaan bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

marous ·

Trane rol die riviere vol …. verseker nie van empatie met die man se delema nie

JA wohl ·

VOEL HOE VOEL DIT om gedreig te word MALEMA .. voel hoe voel die boere ELKE nag as hulle gaan slaap. Jy hits mense aan om spesifieke BLANKES aan te val .. so nou dat daar ‘n teiken op JOU kop is nou skielik moet mense nie goed met GEWELD oplos nie ?? HYPOCRITE!

Rof ·

Dis seker maar net n storie wat n leuen is om aandag te kry…die trane die rol oor jou bokkie ………..

Grassie ·

Of daar iewers iemand is wat vir Malema wil uithaal, weet ek nie. Wat ek wel weet – as wense iemand kon doodmaak het hy seker al so ‘n miljoen keer of wat die lepel in die dak gesteek.
Ek dink daar is beslis iets aan die uitbroei tussen Malema en Ramaphosa. Malema het so ‘n klompie dae gelede uit die bloute gesê dat die witmense nie moet weggaan nie, hulle hoort in die land. Dit is in skrille kontras met wat hy gewoonlik uitbasuin. Miskien word daar beloftes aan hom gemaak. Ramaja het stemvee dringend nodig vir volgende jaar se verkiesing.

Nel ·

Oppas Malema hierdie truuk van jou mag jou dalk net aan die hakskeen byt!

Jaco Pool ·

KARMA is n snaakse ding.

Hy verkonding wyd en suid dat mense gemoor moet word, plase afgevat word want dit behoort aan sy mense.

Nie so lekker as jy aan die ontvang kant is nie.

Malema gaan binnekort sy ROOIPAKKIE vir die kleed van die A.N.C verruil en vir homself n hoe pos losslaan. Die A.N.C het nie meer n Jeugliga of Vrouelige wat dinge kan deurmekaar krap soos nodig in die verlede nie, om Malema aan te stel kry hulle dit weer terug.

Hier kom nog GROOT sports.

Casper Labuschagne ·

Moordkomplot teen Malema? Ja, miskien tog, daar behoort nagenoeg soveel verdagtes vir so ‘n komplot te wees as wat daar witmense in die land is.

Casper Labuschagne ·

Hier is ‘n goeie vraag, wat sal gebeur indien Malema wel om die lewe gebring word, of selfs sou daar net ‘n mislukte poging wees om Malema om die lewe te bring? Die EFF is ‘n persoonlikheidskultus van Malema, hoe sal sy ondersteuners vir wie hy die rolmodel is reageer? Op die heel minste sal dit groot dele van die land onregeerbaar maak.

Niks ·

AGnee wat nie regtig nie . wat het van Peter Bokaba se spannetjie geword nadat hy dood is? MALEMA is die dryfveer . niks gaan gebeur as hy ons verlaat nie ..

Theresa ·

Lekker gelees (en soms lekker gelag) vir die artikel. Die inhoud daarvan rillingsfeite, maar die bewoording en beskrywing regtig geniet.
Wanneer die jagter die prooi word.

Paul ·

Mag Julius gespaar word dat Gerrie Nel hom eers voor die hof kan sleep.

Casper Labuschagne ·

Daar is oomblikke waar ek regtig hardop wens dat Maroelamedia ‘n knoppie het waar ek met ‘n kommentaar kan saamstem, oftewel nie. En hierso is dit saamstem, saamstem, saamstem!

Oom Kalahari ·

Herman, weereens ‘n puik skrywe en uitligging van omstandighede. Politiek is maar skaakspel oor geld en mag en elkeen wil die troon bestyg. Malema is besig met foefie nuus en taktiek en probeer soveel moontlik aandag op hom en as party te vestig om stemme vir 2019 in te win. Die skaakspel gaan groter, interessanter en belangriker word soos die tyd verloop.

Reguit ·

Ag, hoe kostelik. Almal wag in spanning op nóg ‘n ‘opwindende’ episode van die plaaslike goedkoop sepie gevul met belaglike karakters van die Azaniese Sirkus. En ná die episode afgespeel het sal die wittes besef dat alles intussen versleg het en dat hulle maar net nóg dieper in die bruin goed sit. Beste opsie is om die hool te verlaat en te emigreer.

Chris Ws ·

Weghol is nie die antwoord nie.Saamstaan is.Ons gaan nog op die kantlyn staan en kyk hoe die narre mekaar uitmoor!Pragtige artikel Mnr.Toerien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.