Nuuskommentaar: Julle skuld ons, daarom brand ons af

Betogings in Baltimore (VSA) Foto: realclearpolitics.com

Betogings in Baltimore (VSA) Foto: realclearpolitics.com

Suid-Afrika is by die wêreld in die sop oor xenofobie; in die Amerikaanse stad Baltimore smeul die puin nog na skynbare rasse-onluste.

Is daar ’n groter gemene deler as net ras tussen die xenofobie, Baltimore, die “Open Stellenbosch”-aksie, die aanslag op die Rhodes-beeld en die beeldestorm daarna? En indien wel, waarna moet gekyk word?

Die Amerikaanse skrywer, Froma Harrop, gee die gebeure in die VSA in ʼn skerp ontledende artikel ’n naam, “defeatism”.

Om na die been te sny, moet bietjie wyd gehou word van politieke korrektheid. In die proses skets sy ’n prentjie wat bykans net so op Suid-Afrika van toepassing gemaak kan word.

Die artikel dui hoe die Amerikaanse neonligte van voorspoed ’n boodskap van hoop en vooruitgang aan die ganse wêreld – en die VSA stuur. Van oor die hele wêreld kom mense, soos uit Latyns-Amerika en swart mense uit die Karibiese See-gebied en slaag daarin om hulle in die land van geleenthede op te werk.

Ook uit die armoedige swart woonbuurte slaag vele daarin om hulle uit die stagnasie van armoede te werk en na die welvarende woongebiede te versit.

Maar ’n groot deel bly vasgevang. Harrop wys daarop dat hulle selfs “die taal van defeatism” aangeleer het. “The deck is totally stacked against poor blacks, they insist, so why even try?”

“Niks” word vir hulle gedoen nie – skree hulle van die puinhoop van ’n behuisingsprojek vir behoeftige bejaardes wat die stad in hul woonbuurt gebou het, maar wat hulle pas aan die brand gesteek het.

Met ander woorde, die gees van “defeatism” maak hulle blind vir die geleenthede wat wel geskep word.

Want saam met die oorgeërfde armoede kom dikwels bendes en dwelmhandel wat die tronke vol swart Amerikaners hou.

Die jongste Rasmussen-peiling dui daarop dat Amerikaners min simpatie het met die betogers. Altesaam 63% meen die betogings is meestal die werk van misdadigers wat die situasie uitgebuit het. Net 25% meen die molesmakers het geldige gronde gehad.

Het dit nie ’n gemene deler met die “die ‘foreigners’ steel ons werk” nie?

Vandag is Werkersdag in Suid-Afrika en in baie lande wat meestal ’n argaïese verbintenis met die ou Sowjet-Unie het. (Ander lande het ook werkersdae, maar nie op Meidag nie.) Maar die land het enorme werkloosheid, en diegene wat werk het, kyk dikwels hoe min hulle kan doen om die maksimum geld te verdien, en staak om dit te vermag. En dis min of meer hier waar die raakvlakke met die Amerikaanse voorbeeld verdwyn.

Die rol van onverantwoordelike politieke beloftes, die aanwastempo en blaampolitiek speel almal hier ’n rol. Al hierdie negatiewe eienskappe word in die voorbeeld en leierskap van pres. Jacob Zuma “saamgevat”. Sy gevaarlikste streek is om alles na ras te reduseer, en so verby dit te kyk wat elke gemeenskap in die land bedreig – en veral weens die kleurbeheptheid blind te wees vir die werklike oplossings.

Maar hoe ver is die Afrikaner en ander minderhede van ’n algemene toestand van “defeatism” – ’n verslaentheid waar die hoop en energie ontbreek om nog te probeer? Harrop wys daarop dat wêreldwye ekonomiese toestande dit boonop moeiliker maak om ekonomiese sukses te behaal.

Die Afrikaner het kollektief reeds heelwat terugslae te bowe gekom. Met elke teenspoed, soos die verliese van die Anglo-Boereoorlog het ’n deel in hierdie “defeatism” agtergebly, en het die Wolmers en Watkeystrate van die Afrikaner meer en meer geword, tot daar nou reeds talle wit plakkerskampe is. Die nood op kerke se koskaste raak groter, terwyl baie selfs dit ontbeer omdat hulle kerkloos geword het. Maar meestal, tot dusver, het die Afrikaner daarin geslaag om hom uit onmoontlike situasies te werk.

Maar kan dit onbepaald volgehou word te midde van ’n gedugte statutêre aanslag om geleenthede te beperk en selfs te ontneem? Sal die gevoel van vreemdeling wees in eie land nie uiteindelik die Afrikanergees kollektief breek nie?

Met die her-trek van die gemeente Nieuwoudtville in die Noordweste se grense ná die gemeente Loeriesfontein afgestig het, is die een grens beskryf as Moedverloor. Dit was ’n rowwe omgewing, blyk uit die nagelate geskrifte van een van die predikante, dr. Kikulus. Hy skryf in dankbaarheid hoe die ouderling met huisbesoek in die omgewing vir mev. Dominee gehelp het om die kar teen sandduine uit te stoot. (Vrouebestuurders was destyds daar nog ondenkbaar.) Solank die Afrikaner Moedverloor tot die periferie beperk kan hou, is daar altyd hoop gesetel in ’n kombinasie van sy Christelike geloof, en die inherente energie om na bo te streef.

Die Solidariteit Beweging bied Dinsdag ’n beraad aan waar na oplossings gesoek gaan word, met die idee dat dit ’n doen-beraad sal wees.

Mag dit wees dat hierdie beraad ’n ommekeer sal bring waar Moedverloor heeltemal uit die denke geskuif kan word. Maar met ’n hart wat die hand sal uitsteek na diegene onder ons wat weens omstandighede nie meer kan kers vashou nie – teen die sandduine van die lewe vasgeval het.

Want waar “defeatism” intree, neig dit om oorerflik te raak. Dan gaan selfs die beste bedoelings en voordele van maatskaplike ingenieurswerke, soos “affirmative action” wat vir sekere gemeenskappe ingespan word, nie die siklus breek nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

9 Kommentare

Peet Schabort ·

Kortom begin dit by beloftes sodat jy jou kruisie in die ‘regte’ blokkie moet maak. Nou duur die beloftes voort want baie daarvan kan nie nagekom word. Ook egter is dit ‘n tweesnydende swaard daar die kruisiemaker het mos nou sy kant nagekom deur ‘reg’ te stem en dit is dit. Nêrens word daar enigsins melding gemaak van die woordjie WERK.
Ek kan voortgaan waar daar dan ook minimumlone afgedwing word, teregstellende (my woord) aksie ens.
Nou begin die rassekaart en blaam wat uitgedeel word van “Dis nie ek om te blameer maar . . . . .” Nou begin die kieser opstandig raak en die ironie is dat meeste so gebreinspoel is dat hulle dit vir soetkoek opeet. Hier lê die probleem en die diepste punt van die kommunisme waarmee ons te doene het.

Gerald van der merwe ·

HERMAN TORIEN JY IS KOOKWATER. EN MOET NIE VIR PEET ONDERSKATNIE.

Pretorius ·

Ja dit gaan baie swaar met die Afrikaner volk en ek kanelke dag sie hoe die probleem erger word. Oral hier op ons dorp is daar wit mense wat bedel. Ek het net nou die dag by n vulstasie gestop en n jong man sy vrou en drie kein kinders daar gesien en dit het vir my gelyk of hulle geen heenkome het nie. Alhoewel daar baie arm Afrikaner is, is daar ook baie skatrykes wat nie n flenter omgee nie. Hulle sal verby die arme volksgenoot ry sonder om te blik of te bloos

Cathy Kotze ·

Die Afrikaner weet van veg, maar ons geskiedenis leer ons dat ons liewerste wegtrek en elders van vooraf begin: Dink maar aan die eerstes wat hier aan wal gestap het vir ‘n nuwe begin. Die vryburgers. Die Voortrekkers.

Ons verkies om konfrontasie te vermy. Ons werkywer is legendaries. Ons het hierdie hele land oopgegooi en help ontwikkel. Ons haat onreg. Dis waarom so veel onderdrukte swart stamme die Voortrekkers om hulp gevra het. Dit was dikwels die eerste item op enige transaksie om grond van die inheemse volke te ruil: beskerming en vee.

Nogtans word ons steeds onregverdig verguis, tot mense ons van nader leer ken. Ek sal altyd trots wees op die Afrikaner se geloof, deursettingsvermoë en hulpvaardigheid, al word dit selde erken.

Ons trek weer. En soos voorheen, maak ons ons merk waar ons ook al gaan. Die wat emigreer, breek menige lansies vir Afrikaners. Die werklike Afrikaner word ontdek en gerespekteer.

Die wat agterbly, veg meestal met die wet en die woord, maar moenie Orania vergeet nie; ‘n veilige oase in ‘n woestyn van haat.

Grassie ·

Die “African Americans” in Amerika is al vir donkiejare lank “vry” en die Yanks het baie moeite gedoen en geld spandeer op opheffing, maar tevergeefs. Hul gewelddadige optredes, brandstigting en plundering laat ons “comrades” na amateurs lyk. Is daar enige hoop op beskawing hier by ons?

Pieter ·

Herman, daar is meer aan die gedrag van swartmense in Suid Afrika en ook in Amerika. Die antwoord is Swart Nasionalisme, Swart Bewussyn, en dan heel belangrik; Kulturêle Marxisme oftewel Politieke Korrektheid in al sy fasette.
Voeg hierby die ideologie van Marxisme oftewel Militante Ateïsme wat die denke van die regerende party en hul ondersteuners oorheers, aangevuur deur onwettige revisionisme van die geskiedenis wat vervang is met terreur-ideologie en terreur-propaganda, en die gedrag raak al duideliker.
Voeg hierby die sielkundige oorlogvoeringstegnieke wat teen die Afrikaner ingespan word deur die taalpervert Max du Preez, en jy verstaan waarom swartes se gedrag oorheers word deur n militante ateïsme, wat roof en plunder en brand as hulle emosies die vorm van die massa-psigose en laags-gemene deler aanneem, wat onmiddelike behoeftebevrediging in alle opsigte voorop stel

leon ·

Dit is wat gebeer as jy vir mense net gee.Hulle verwag dit en as hulle nie kry nie breek hulle af.Ek se in die arm gemeenskap moet die mense weer skills geleer word om vir hulle self te kan sorg.Give a man a fish and he will eat for a day.Teach a man to fish and he will have fish to eat every day.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.