Nuuskommentaar: Kabinet – prestasieooreenkomste gaan deurslag gee

Ramaphosa tydens die aankondiging van sy kabinet. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

In 2005 het die destydse NNP onder die leiding van Marthinus van Schalkwyk met die ANC saamgesmelt, en sou “jul stem in die regering wees”. Met pres. Cyril Ramaphosa se kabinetsamestelling gister het die laaste ou NNP-“verteenwoordigers”, Andries Nel en Gert Oosthuizen, ook die trekpas gekry. Maar niemand het werklik meer verwag dat daardie ooreenkoms nog sou hou nie. Die aandag van die kiesers was op ander sake, soos die vraag of die Zuma-era se vrot appels weggesny sou word, en met bekwaamheid vervang word, gerig. Dit lyk of Ramaphosa redelik aan die verwagtinge voldoen het, maar daar is sekere voorbehoude.

Ramaphosa het sy eerste werklike eie kabinet aangewys, en die onbekendheid van baie van die nuwelinge, veral op adjunkministersvlak, maak dit moeilik om die suksespotensiaal van dié span vooruit te bepaal.

Die prestasieooreenkomste wat almal nou moet onderteken, verskaf darem gerusstelling, MITS dit behoorlik toegepas word en diegene wat daarvolgens nie die mas opkom nie, inderdaad die trekpas kry. Waar prestasieooreenkomste in die verlede ingestel is, het dit gewoonlik platgeval omdat dit gewoon nie toegepas is nie.

Sommige aanstellings is duidelik verbeterings.

Jeff Radebe. (Foto: Twitter via @Energy_ZA)

Die rede waarom Ramaphosa sy swaer en langsdienende minister, Jeff Radebe, uit die kabinet weggelaat het, is nog nie bekend nie. Dit lyk of Radebe nie sommer op eie versoek weggelaat kon wees nie na hy tot onlangs nog self presidensiële aspirasies gehad het. Sy “kwalifikasie” hiervoor was dat hy nog nie in omstredenheid betrokke was nie.

Die nuwe kabinet is die eerste (as adjunkte ingereken word) wat nie meer enige oorblyfsel oorhou van die NNP se samesmelting (oorname?) met die ANC nie. Beide Andries Nel en Gert Oosthuizen se name is nou weggelaat. Hoewel dit nooit in die praktyk gebeur het nie, beteken dit nou formeel dat die gewese NNP nie meer kan hou by die “belofte” van ons sal jul stem wees nie. In geheel is daar nou, na die weglating van Derek Hanekom en dr. Rob Davies, net een blanke in die kabinet, naamlik Barbara Creecy, wat nou omgewingsake, bosbou en visserye gaan behartig. Sy was Gauteng se LUR vir finansies.

Nie Hanekom of Davis (SAKP) het die kabinet as oud NNP’s gehaal nie. Wat die ideaal van verteenwoordigend wees betref, het bruin mense en Indiërs effens beter as die blankes gevaar. Die interessantste hiervan is die aanstelling van Patricia de Lille, leier van die Good-party, as minister van openbare werke en infrastruktuur. Altesaam vyf bruin en Indiërlede is as ministers en adjunkte aangestel. Daar is egter oor ’n wye front druk om een van hulle, Pravin Gordhan, te pos.

Panyaza Lesufi. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency (ANA)

’n Interessante kantlynverwikkeling is dat die Gautengse gewese LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, nie soos deur baie verwag is as minister van onderwys aangestel is nie. Trouens, Lesufi is as LUR vir onderwys in Gauteng vervang en na finansies geskuif. Vir baie Afrikaanssprekendes is dit waarskynlik ’n verrassing dat Lesufi by baie so ’n hoë aansien in onderwyskringe geniet. In ’n stadium het die SABC se TV-omroeper Lesufi se lof begin besing, gevolg deur haar twee paneellede – ’n sakeleier en ’n akademikus. Ook Cope se woordvoerder het sy teleurstelling uitgespreek dat Lesufi nie minister van onderwys geword het nie.

Op die oog af is dit waarskynlik dat dr. Zweli Mkize beter sal vaar as minister van gesondheid as sy voorganger, dr. Aaron Motsoaledi. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, wie se naam in ’n stadium as moontlike adjunkpresident genoem is, word minister van samewerkende regering, of te wel munisipale aangeleenthede. Die portefeulje is in die praktyk dikwels die graf vir ministers.

Nog iemand wat hare op haar tande gaan nodig hê, is Maite Nkoane-Mashabane. Haar voorganger by vrouesake en jeug, Bathabile Dlamini, was wel ’n enorme mislukking en deur die hof gediskrediteer, maar as president van die vroueliga is sy eintlik as onaantasbaar beskou. Gaan Ramaphosa nou enige samewerking van die vroueliga kry?

Die Biz News se Daily Insider skryf oor die nuwe kabinet soos volg: “The media has become used to waiting for presidential announcements. And endured a 50 minute heel-kicking exercise last night. But this time it was well worthwhile. The investment community had been nervous about the possible replacement of finance minister Tito Mboweni and public enterprises boss Pravin Gordhan. The former because of his fierce independence; the latter because of health and age. But both are back. Reappointments which helped the Rand gain 20c from its worst point of the day.”

Pravin Gordhan. Foto: ANA

Die verkleining van die kabinet van 36 tot 28 is ook verwelkom.

Die Vryheidsfront Plus reageer ook op die kleiner kabinet: “ʼn Kleiner kabinet soos belowe wat vertroue by beleggers sal inboesem en ʼn eerbare poging om van vrot appels uit die vorige bedeling soos Bathabile Dlamini en Nomvula Mokonyana ontslae te raak, is die positiewe aspekte. Die negatiewe is die voortgesette teenwoordigheid van adjunk-president David Mabuza wat soos ʼn albatros om die president se nek hang.” Dit is in ʼn neutedop die VF Plus se siening oor die kabinet wat president Cyril Ramaphosa aangekondig het.

“Die VF Plus is oorsigtelik tevrede met die kabinet, maar kan die publiek van Suid-Afrika die versekering gee dat die regering en al die ministers se prestasie deeglik dopgehou sal word. Suid-Afrika se ekonomie het ʼn punt bereik waar daar nie verdere mislukking bekostig kan word nie.”

Die DA is ook nie tevrede nie: “At a time of great expectation of renewal and change, Ramaphosa instead chose the survival of the ANC over the future of the country. Ramaphosa chose to appoint comprised individuals such as David Mabuza as Deputy President, Fikile Mbalula as Minister of Transport and Gwede Mantashe as Minister of Mineral Resources.

“This cabinet announcement shows the farcical belief that a stronger mandate for Cyril Ramaphosa would lead to a ‘new dawn’. Rather, his appointments, to the economics cluster, show that he will continue down the same tried and tested path that has led us to having the highest youth unemployment rate in the world. While 10 million South Africans are unemployed, the President’s cabinet choice shows he has no new ideas; nor new personal; to address the country’s job crisis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trol ·

Die jeug. Die jeug! Altyd die jeug! Maar wat van blankes wie se loopbane beeindig word net omdat hulle 55 jaar oud durf word het? Die jeug behoort nog vry, kind, jeug te wees. Sonder afhanklikes. Hoeveel 55jarige blanke mans is sonder afhanklikes in die moeilike ekonomise tyd van blanke uitsluiting in SA?

Willie ·

55 vir wit mans is n probleem.. kyk na die Parlement ek dink die gemilde ouderdom is 80.. wat soek hulle dan nog daar?

Andreas ·

Marthinus van Schalkwyk is nou ons stem van doer onder uit Australië. Volgende as ons hoor sal dit seker uit Alaska wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.