Nuuskommentaar: Kampus-burgeroorlog

Veiligheidspersoneel tydens die onrus by die Universiteit van Pretoria. Foto: Adéle Changuion

Veiligheidspersoneel tydens die onrus by die Universiteit van Pretoria. Foto: Adéle Changuion

Lei die AfriForum-geleide rugstyfmakery by Tuks en die voorval in Bloemfontein waar woedende toeskouers molesmakers (wat ’n Varsitybeker-wedstryd kom ontwrig het) van die veld verwilder het ’n nuwe dimensie in die kampusgeweld in? En wat is in die eerste plek onderliggend tot die kampusgeweld – ’n soort klassestryd of ’n rassestryd gevoed deur die invloed van Fanon?

Die kampusgeweld wat vlaag ná vlaag oor die land trek, het in ’n betreklike kort tydjie ’n weerstandskinkel bygekry. Op Tuks het AfriForum begin rug styfmaak, en by Kovsies het toeskouers ’n groep stakende werkers, maar in rooi geklee en dus waarskynlik EFF-ondersteuners, wat ’n rugbywedstryd ontwrig het, van die veld verwilder. Klippe is oor en weer geslinger.

Die jurie debatteer nog woes oor of die weerstandigheid ’n goeie of slegte ding is, of dit onafwendbaar is gegewe die omstandighede en of dit maar net die lont is van ’n veel groter moles. Uit lekkasies uit die juriekamer blyk dit dat wyduiteenlopende gedagtes gekoester word.

Wanneer die werke van Franz Fanon (1925 tot 1961) onder oë geneem word, kristalliseer ’n meesterskema uit van veral dit waarmee die EFF op kampusse besig is. Dit is veral die geval wanneer Fanon se werke wat uit Frans in Engels “vertaal” is, bestudeer word waar die parallelle baie sterk blyk. Die werke is nie net swak nie, maar skynbaar moedswillig swak vertaal. In die proses word Fanon as geweldsfilosoof onderliggend tot anargie geskets eerder as sy werklike ingesteldheid van dialekties gekant te wees teen niegewelddadigheid.

Fanon, ’n swart man wat op die eiland Martinique gebore is, is onder andere deur Marx en Sartre beïnvloed. Fanon was 18 toe ’n deel van die Franse vloot wat tot Martinique beperk was, ’n staatsgreep daar uitgevoer het en besonder rassisties teenoor die inwoners opgetree het. Hy self vlug van die eiland, en sluit by die Franse Weermag aan. Toe die Nazi’s verkrummel en sy eenheid Duitsland binnetrek, is die eenheid van alle nie-wit soldate gestroop, en elders heen verplaas. Die raskwessie sou voortaan met die klaskwessie in sy werke meeding. Hy het later in Algerië gaan woon en aan die Algerynse rewolusie deelgeneem.

Belangrik egter, is dat sy invloed na Suid-Afrika gestrek het, en onder andere Steve Biko sterk beïnvloed het. Die gedagte dat swart mense nie rassisties kan wees nie, word onregstreeks hiervan afgelei.

Maar hoekom het talle, veral liberale akademiese ontleders, die situasie aanvanklik so “misgelees”? Wie sal vergeet hoe die een ontleder ná die ander uit die dampkring van die Seunse Weenkoor gepleit het dat na die studente geluister moet word, dat daar geldige griewe is, dat die historiese en oorgangskonteks baie verklaar en dat daar ’n sterk element van verantwoordelikheid en redelikheid teenwoordig is?

Die eerste rede is eenvoudig dat dit nog aanvanklik met veral die #FeesMustFall-veldtog waar was. Die gevaartekens, soos die openlike steun vir die veldtog teen Afrikaans, is egter met selfopgelegde blindheid geslaan, al het verskeie instansies gewaarsku dat die situasie gaan uitrafel. Dit het ook as selfaangestelde drukgroep gedien vir akademici wat Afrikaans wou uitfaseer, en gevaartekens is daarom skynbaar nie verreken nie.

’n Tweede faktor is dat nie alle studente-opstande noodwendig deur die Engels-verwronge weergawe van Fanon gevoed is nie, maar dat die parallelle wat hom in die VSA in die dampkring van die grootliks onbevredigende uitwerking van “affirmative action” afspeel ook hier mildelik neerslag vind. Een van die manifestasies is dat swart mense daar wat hulle aan hul “shoe laces” optrek en uitstyg, dikwels deur diegene wat in die agtergeblewe siklus bly maal, ongeag “social engineering” deur die staat, verwyt en verwerp word. Hier, skyn dit egter, open dit bloot die weg vir die verwronge Fanon-idees en so word die EFF met ideologies-verwante groepe in pas gebring.

Omdat met ’n verwronge weergawe van Fanon gewerk word, is dit nie so maklik om die uiteinde te voorspel as aan die heethoofde se eise voldoen word nie. Gaan hulle tevrede wees, of gaan hulle net meer en nogmaals meer eise stel, en universiteite byna blywend onregeerbaar hou?

In die lig van die jongste voorvalle moet die vraag egter nou ook gevra word of die rugstyfmakery nie ook deeglik verreken moet word nie. Met die eerste Tuks-konfrontasie het Barnard Beukman, redakteur van Beeld, ’n ope brief aan Kallie Kriel van AfriForum geskryf waarin AfriForum oor die algemeen geloof word, ook vir die interdik teen Maties oor die taalkwessie, maar AfriForum vir die aanvanklike Tuks-rugstyfmakery gekritiseer is. Beukman meen dit skep in Afrikanergeledere, en selfs binne AfriForum, ’n weerstandigheid teen AfriForum se styl.

Dit lyk tans of aktiewe weerstand bied net die bottel effe vinniger gaan laat bars as om bloot passief teenwoordig te wees. By die ontwrigte Varsity-bekerwedstryd in Bloemfontein is daar ook geen aanduidings dat die toeskouers wat die oproermakers verwilder het, AfriForum-lede was nie, of beslis nie almal nie. Keelvolheid vir oproermakers het eenvoudig oorgekook.

Boonop hou AfriForum ook deurgaans die olyftak uit. Ná afloop van gesprekvoering van die Tuks-rektor het AfriForum byvoorbeeld gister ’n verklaring uitgereik wat die volgende bevat:

AfriForum het aangedui dat die organisasie daartoe verbind is om:

  • te help om ʼn vreedsame oplossing vir die geskil te vind;
  • die voortsetting van die akademiese program as hoofprioriteit te sien;
  • deel te neem aan die raadplegingsproses oor die taalbeleid;
  • skriftelike insette in die proses te lewer;
  • goeie verhoudinge en wedersydse erkenning en respek tussen studente na te streef; en
  • na die veiligheid en belange van die Afrikaanse studente om te sien.

AfriForum het ook die verteenwoordigende studenteraad (VSR) se uitnodiging om oor die saak te vergader aanvaar en verwelkom, maar dit betreur dat AfriForum Jeug se vroeëre versoeke om die kwessie met redelike gesprekke op te los, nie aanvaar is nie.

Boonop duur gewelddadige molesmakery ook op ander kampusse voort waar AfriForum geen rol speel nie. Die gebeure by Ikeys waar onder meer waardevolle skilderye en twee busse verbrand is en ’n petrolbom na die rektor se kantoor geslinger is, is nog vars in die nuus. Groot molesmakery gister by die UWK het net plek-plek die nuus gehaal. By die NWU het die bestuur die Studenteraad ontbind en bly die Mahikeng-kampus gesluit.

Om die situasie te pasifiseer gaan nou uiters moeilik wees. Eerstens probeer te veel ontleders die hele kwessie nog tot ’n klassekwessie beperk, en gee lang verduidelikings hoekom dit so dikwels nie die werklike arm studente is wat die pot roer nie, maar die kinders van bekende welgesteldes. By Tuks het die dogter van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, byvoorbeeld op sosiale media haar wonde getoon waar die polisie haar met rubberkoeëls getref het. Sy is sekretaris-generaal van die EFF op Tuks.

Met die invloed van die verwronge weergawe van Fanon se opvattings moet ras egter as minstens een van die sentrale faktore in die oog gehou word. Dit manifesteer alte dikwels as naakte rassisme, al is dit volgens die oproermakers in beginsel nie rassisme nie omdat hulle swart is. En rassisme neig ten ene male om allerlei lonte aan die brand te steek.

Om hierdie rassisme vas te vat gaan egter veral nou moeilik wees omdat die ANC rassisme as hoeksteen van sy verkiesingstrategie inspan. En tot dusver is dit baie duidelik dat dit manifesteer as swart mense wat noodwendig die slagoffers is, en wit mense (bygestaan deur sogenaamde “coconuts”) as die rassistiese oortreders.

Vir die regering om bloot soos benodig en wanneer enorme skade reeds aangerig is die onlustepolisie en ander taakspanne in te stuur, is eenvoudig nie genoeg nie. Dit verg nou sterk politieke leierskap afgestem op geregverdigheid en grondwetlikheid, en nie net van die ANC nie maar alle politieke partye. AfriForum reken egter die EFF sal die pot bly roer as ’n soort propaganda met die oog op die verkiesing later vanjaar.

Die Tupamaro’s van Uruguay was in omstandighede wat nie veel van die huidige hier verskil nie, meesters van wat genoem is gewapende of gewelddadige propaganda.

Met ’n slaprug-regering wat boonop sku vir die grondwetlike regte van minderheidsgroepe is, word die saak van vrede nie gedien nie.

In ’n artikel op Netwerk 24 behandel prof. Amanda Gouws die kwessie vanuit die hoek van verdraagsaamheid. Sy beskryf verdraagsaamheid as ’n kernbegrip van demokrasie. “Dit is iets waarsonder vryheid van spraak baie moeilik kan bestaan. Dit is ook die kern van ’n ‘vrye mark van idees’.”

Die vraag is nou net hoe om groepe wat hul idees op ’n onverdraagsame manier op die grondwetlike regte van ander wil afdwing tot verdraagsaamheid oor te haal?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

MCS ·

Net jammer dat die toekomstige wit leiers van die land wat goed gemanierd en goeie inbors het die oorlog moet begin! God wees met ons kinders! Amen.

Johan ·

Dit wil vir my voorkom asof swart studente skynbaar meer regte het as wit (veral Afrikaanssprekende) studente. Ai tog . Hier kom nog groot moeilikheid

PJ ·

En nog is de klerk en sy trawante so stil soos die graf sies!!!

Loeis ·

En dan is daar die mense wie vir hom gestem het. Wie vandag seker vir die party wat sy party se plek in geneem het, stem.

Fool me once, shame on you. Fool me twice, shame on me. Party mense leer nie.

Willie ·

Ek se weer,hierdie is n geokestreerde doelgerigte beplande aksie vanaf die kommunistiese party tesame met die anc. Dit staan duidelik in hul notule van die afgelope SAKP kongres dat hierdie aksies aan gespreek moet word om revolusie te versnel ten einde SA in n volwaardige kommunistiese land te verander. Die anc is deel hiervan! Sogenaamde ‘commisars’ word ontplooi om aksies uit te lok op alle vlakke (hierdie is net die begin) om die radikaales te ontplooi om ontwrigting te veroorsaak in die naam van ‘afrikaans, imperialiste,rasiste,wit mense,ryk wit mense,universiteite,skole,ja skole is nog net aan die begin stadium,kultuur en ons godsdiens. Dit alles is die daai notules en is as prioriteit aanvaar (anc inkluis) om hierdie revolusie te versnel. Die Liewe Vader moet ons behoed van hierdie aanslag! Ons sal eenvoudig MOET saam staan om hierdie aanslag die hoof te bied en nie n duim terug staan vir die onreg wat tans oor hierdie land besig is om plaas te vind nie.

Johan ·

Verbeel ek my of is die DA ook maar stil oor die radikales se amok? Of is hulle onseker? Of is daar ‘n gebrek aan sterk leierskap?

Saartjie ·

So hartseer om te dink hierdie is ons toekoms; ons land se “toekomstige” dr’s, bestuurders, ministers; Finansiele bestuurder…. (Of so dink hulle blykbaar). Hoe in die lewe gaan hulle toekoms lyk as hulle nie eers op universiteitsvlak beskaafd kan wees en ander respekteer nie. As jy nie jou sin kry nie vernietig alles voor jou… Way to go! Absolute gebrek in opvoeding. Geen waardes; geen respek; geen selfrespek. Barbaars is saggestel. Wat gaan deur jou kop as jy vanaand rustig raak ( of raak jy ooit rustig)….. sê jy WOW ek het vandag soveel mense seer gemaak… soveel skade hier aangerig, soveel van die of daai vernietig? Hoe leef jy met jouself en jou gewete saam om te weet jy is so vernietigend! Hoe kan jy n gelukkige mens wees wat ander soveel skade aan doen….. Gun mens dan nie meer vir elkeen n plekkie in die son nie?

charl ·

Saartjie, die dinge het al in 1976 en vroeer begin. Baie van daardie deelnemers aan daardie geweld wat oa hul eie mense met brandende motorbande om die nek terregestel het, is nou die ouers en grootouers van die wat nou aan die anargie deelneem. Hulle het by die “beste” geleer!!! ( Ek wil my verstout om te se dat die woorde respek, selfrespek en gewete ens nie deel is van die woorde wat in hul woordeboeke voorkom nie)

Irene ·

Julius malema por die studente aan en sit in sy kamer waar hy niks kan oor kom hoekom doen regering nie iets aan hierdie gemors van malema

Ronel ·

Hierdie laaste week se gebeure is duidelik ‘n georganiseerde poging om blankes in SA nou uit te lok om reg in eie hande te neem. ‘n Doelbewuste strategie om blankes weer as die rasiste aan die wereld voor te hou. Die jeug is die voorgangers vir di rewolusie. ..
Kyk na bloed rivier die voorste slag orde aanvals linie van di zuloes was di jeug…

MCS ·

Saartjie, dit is hoe mense lyk wat sonder God is! Duiwels! God seen en beskerm ons kinders wat lief is vir U! Amen

Saartjie ·

Ons land moet terugkeer na Koning Jesus! Ons moet weer bid vir beskerming en liefde maar ons moet ook bid vir ons vyande!

Koos ·

“burgeroorlog” … as daar bietjie gestamp, gestoot en klippe gegooi word? Sjoe die media sal seker “kernkragoorlog” as die sleutel woord gebruik sou daar regtig skote klap en regte burgeroorlog uitbreek?

pieter ·

Hoekom God hierby betrek,Israel soek n koning God se nee nogtans kies hulle Saul die gevolg,God ontrek hom.My vraag dus is ons beter.MY BOERVOLK WORD WAKKER.

DEE ·

Nie eens n 3de van wat gisteraand en laas nag by Kovsie Kampus gebeur het word in die media genoem nie. Hoekom nie? Sodat dit moet lyk asof die wit studente onnodig terugbaklei het? Hoe lank moet ons nog terugstaan en toekyk hoe alles en almal rondom ons geplunder word? Wat van die wit studente wat vir alles moet betaal en nie kan klas toe gaan nie? Waar is Jansen? Hy moet n slag gesig wys en n plan maak met sy stoute kinders!

Magda ·

Die probleem is,hoe onskuldig osn wittes ookal is en of ons nou onsself verdedig as ons fisies of mondelings aangeval word, die beeld wat na die buitewêreld uitgaan is dat die wittes die opstokers is. Kyk bv op News 24 se web vandag, daar is n artikel van n wit student wat n swarte vreeslik aanrand, ons almal weet waarom hy terugslaan… ongelukkig is die beeld dat die witte die aanvalwerk doen. Waarom is die video van die swarte wat die wit sekuriteitsman giste op TUKS aanval nie ook geplaas nie? Dit sal vir n slag n ander Beeld uitstuur,die regte beeld.

PJ ·

Hoor daar gaan nou ondersoek ingestel word na die voorval by die rugby in Bloemfontein gesien paar Wittes lekker baljaar onder die moeilikheid makers sal seker maar nou weer hulle skuld wees wat het hulle in die eerste plek op die Rugby veld gesoek ?

Lynni ·

Kyk wie is betrokke by die kampus-onrus. En sekere mense dink die son skyn uit Thuli.
Public Protector Thuli Madonsela’s daughter, Wenzile Madonsela, claims University of Pretoria students who were arrested last week were targeted by the university.
Madonsela, who is the Economic Freedom Fighters’ general secretary at the institution.

Eugene ·

Ek kan net geensins verstaan hoe ‘n regering kan sit en toekyk en NIKS doen nie, wanneer ‘n handvol vernielsugtige kriminele ander manipuleer en dreig en eiendom vernietig nie!

Ek kan ook geensins verstaan hoe dit ooit toegelaat kan word dat kriminele ander wat betaal het [en lenings moes aangaan] om te kan studeer, so kan aanrand en dreig nie?!
Die wet maak immers voorsiening [Art49 van die Strafproses Wet] dat jy jouself en ander mag verdedig indien jou en ander se lewens in “imminent danger” verkeer…ek reken dat 100 kriminele met bakstene en pangas ONGETWYFELD kwalisfiseer vir diesulke optrede van verdeging?

Hoekom gaan studeer hulle nie by hulle eie universiteite waar daar Engels of Zulu of wat ookal gepraat word nie?!

Ek skaam my om ‘n Suid Afrikaner genoem te word!
Ek skaam my om noodgedwonge onderworpe te moet wees aan die leiding [lees eerder LYDING] van so ‘n uiterste korrupte, selfverrykende en onbevoegde regering!

Johan ·

Eugene: Dink bietjie oor die stelling: Die regering is nie onbevoeg nie, maar weet presies waarmee hulle besig is…
As dit waar is, moet jy die verraad vinnig verwerk en ons blootgesteldheid as burgers bereken…

Eugene ·

Weereens…Eina Johan!
Hartseer dog waar!

Nee ek is heel bewus van die moontlikheid [en bes moontlik huidiglik – realiteit]. Soveel van die hedendaagse gebeure kan maar afgemerk word op die destydse “Rivonia trial” dokumentasie wat bekend gemaak is in terme van die “groter plan/ prentjie”.

Illa Conradie ·

Pragtige geleerde uiteensetting, maar ek sal my voortande verwed dat die meeste van hierdie mense nie juis filosofies ingestel is nie. Hulle wil maar net alles en almal “gelyk maak”, wat vir hulle beteken niemand mag iets hê nie. As almal niks het nie, is niemand “arm” nie. “Armoede” bestaan net as daar “ongelykheid” is.

Trots Afrikaans ·

En hoor jy die magtige dreuning
Oor die veld kom dit wyd aangesweef
Dis die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef…..

Trots Afrikaans ·

Rynhardt, sjoe man. Maar al wat ons moet doen is om Siener se voorspellings te lees.

JC ·

Nou weet ek hoe die Boere gevoel het meer as 100 jaar terug in 1899…vol van verset… Dis nogals ‘n “awesome” gevoel om dit weer te beleef.

EK SAL NIE EK SAL NIE EK SAL NIE!!

NOOIT! EK WEIER!!

EK SAL VEG VIR MY TAAL EN MY KULTUUR TOT DIE BITTER EINDE.

Nou voel ek bitter verlee en skaam, omdat ek hul voorheen beskuldig het dat hul aangehou het met die oorlog en dit begin het met en ‘n ultimatum aan die Britte…Ek verstaan nou uiteindelik waaroor dit gaan..

Flippie ·

Waar is die visie-kanseliers se leiding? Jonatnan Jansen het werklik gisteraand weg gehardloop.

Nie by ‘ n enkele universiteit sien mens leiding van die senior bestuur nie. Niks – Zero. As hulle wel iewers te voorskyn kom roggel hulle hulle ondersteuning vir ‘n groepie rewolusioner geïndoktrineerde “kinders” (te oordeel aan hulle kinderagtige redenasievermoë).

Ek het ‘n vermoede dat hierdie rewolusionere groepe eintlike drukgroepe onder leiding van die visie-kanseliers is om die tersiere omgewing te radikaliseer. En om van die Afrikaanse element ontslse te raak.

PJ ·

Wil nie eintlik de klerk se naam noem maak my naar maar wonder wat hy en sy meelopers nou sè hulle was die manne wat gesè het hulle moet die land weggee anders sou daar chaos wees is in die land waar is ons nou de klerk ? IN PARADYS!!!!

MCS ·

Trots Afrikaan! Daai lied slaan die spyker op sy kop! Dit is waarvoor die meerderheid so bang is, dit is hoekom hul telkens iets anders kry om ons mee tepootjie, maar hul onderskat ons! Ons volk is tot baie instaat as ons saam kan staan, bygese!

Liewe heksie ·

MCS ek het ok daai liedjie van ouds genoem toe kry ek n persoonlike email van Maroela af dubbele standaarde SIES vir maroela

Sune van Heerden ·

Dagsê Liewe Heksie

Die liedjie waarna jy verwys het, was ‘n rympie van ‘n kinderspeletjie, en nie hierdie betrokke lied wat die leser hier bo aangehaal het nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Cathy Kotze ·

Wenzile Madonsela, dogter van Thuli Madonsela (Suid-Afrika se Openbare Beskermer) is EFF sekretaris op die Tuks kampus. Sy is ‘n entoesiastiese deelnemer aan die protes.

Nou wonder mens; deel haar ma haar sentimente?

Albert Smook ·

Ek vertou Jonathan Jansen nie eers sover ek hom sien nie. Daar moet al byvoorbaat ‘n stukkie inligting aan hom deurgegee word dat sy banggevoel waarvan hy praat en wat hy ervaar het niks gaan wees invergelyking met wat hy gaan ervaar indien hy onredelik die wittes gaan teiken nie. Hy sal in die eerste plek die wat die agressors was en wat nie op die rugby veld gehoort het nie moet kortvat en van hulle ‘n voorbeeld maak.
Ons moet maar voorbereid wees op sy aksies want ek kan al byvoorbaat voorspel wat dit gaan wees.
Sy optredes in die verlede teen wittes sê alles.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.