Nuuskommentaar: Kan Afrikaanse kunstefeeste politiek oorleef?

Die Gariep-kunstefees (Foto: gariepfees.co.za)

Die ondergaan, ná 18 jaar, van die Gariep-kunstefees relatief kort ná Aardklop ook gekapituleer het, is ’n terugslag vir diegene wat argumenteer Afrikaans word nie bedreig nie. Aardklop is beredder, maar met groot opofferings uit Afrikanergeledere. Dalk kan die Gariep-kunstefees ook herrys sonder regeringsinmenging. Of anders moet die kuns van kruipery vervolmaak word om te oorleef.

Ná 18 jaar word die gewilde Gariep-kunstefees in Kimberley gestaak. Die ekonomie trek te noustrop, maar politiekery en die onvoorsiene onttrekking van die stadsraad se R1,6 miljoen het ook hiertoe bygedra.

Florerende Afrikaanse, en soms nie meer so duidelik Afrikaans nie, kunstefeeste word dikwels voorgehou as een van die bewyse dat Afrikaans eerder floreer as onder die sweep staan. Talle kunstenaars verdien tydens hierdie kunstefeeste ’n broodnodige geldjie en blootstelling.

Van ewehandigheid, uit beginsel en om voort te bestaan, word dikwels vreemde politieke tentakels uitgesteek. ’n Bekende Afrikaanse kunstenaar is laat weet hy is nie by ’n spesifieke kunstefees welkom nie, onder meer omdat hy by ’n ander groot kunstefees staande toejuiging gekry het toe hy die ou Volkslied (nou ’n FAK-lied, en nie verbode nie) in die bosse aangehef het. Die betrokke kunstenaar het nie, en was nie van plan om aan die kunstefees wat hom belet het, deel te neem nie.

Ook aan die Weskus het ’n kunstefees, net ingeval, laat weet hy is nie welkom nie.

Die groot fees het egter dieselfde jaar lang arms uitgesteek om kunstenaarsgroepe te betrek wat net vir swart lede toeganklik is. Die rooi tapyt is behoorlik vir hulle uitgerol.

Die Aardklop-kunstefees was reeds in die graf toe talle belangegroepe saamgespan het om die fees re red. Sonder sterk borgskappe kan so ’n fees maar moeilik oorleef.

Die Gariep-kunstefees was nooit ’n wit fees nie. Afrikaans is weliswaar in die Noord-Kaap die grootste amptelike taal, maar hoofsaaklik weens bruin inwoners. Tog het die EFF gesanik dat die fees te wit was. Dit is egter jaarliks deur uitstallers van alle bevolkingsgroepe ondersteun, asook deur toeskouers van alle groepe bygewoon.

Dit is besonder moeilik om ’n akkurate beraming te maak van die ekonomiese inspuiting wat ’n kunstefees vir ’n gemeenskap bring, maar dit is ooglopend dat Kimberley en omringende dorpe veel meer as die R1,6 miljoen munisipale belegging gebaat het.

Maar Afrikaans se grootste kunsbydrae is die kuns om die regte voetval te doen om kunstefeeste te laat voortgaan.

Dit gaan ietwat makliker waar die borg nie ’n munisipaliteit of die provinsiale regering is nie. Nie dat politieke voetwerk heeltemal wegbly nie. Volksblad se kunstefees vind nou plaas op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Die UFS het op ’n bruuske wyse en veral gedryf deur transformasiedrywers, Afrikaanse onderrig op twee uitsonderings na, afgestroop. In die proses is die allerlelikste “eienskappe” van Afrikaans opgedis.

Hoe lank nog voor hierdie “leftover lefties” (byna almal wit) kan voel ’n hoofsaaklik Afrikaanse kunstefees op die kampus gaan ook verdelend en konflikgenererend optree, en is diskriminerend van aard?

Terwyl die provinsiale regering jaarliks enorme bedrae toeken vir die aanbied van die Macufe-fees, waaroor liefs nie te veel gesê moet word nie. Vir baie inwoners is die beeld van die fees egter ’n oormatige middernagtelike lawaai, strate vol dronklappe en berge rommel.

Afrikaanse kunstefeeste oorleef by wyse van spreke dikwels met die krummels, maar die persoon wat dit bywoon, weet gewoonlik sy sak het ’n knou weg. Tog beskou hy dit as die moeite werd, want hy kry genoeg items en stimulus wat met sy eie kultuur versoenbaar is. Die volgende jaar is hy weer daar.

Hofmeyr het ná sy aanhef van Die Stem tussen die bosse ’n erg koue skouer van die organiseerders van daardie fees gekry. Die rede is eenvoudig dat groepe soos die ANC-jeugliga harde dreigemente gemaak het – en dat hulle ’n naelstring het na die instansies wat die beursie hou.

Die Aardklop-fees is gered danksy belanghebbendes, soos die sakelui en ander wat Afrikaans op die hart dra. Dalk gebeur iets soortgelyks met die Gariep-kunstefees.

Dalk moet belanghebbendes ’n tydige gesprek met Cyril Ramaphosa aanvra om die polarisering van die Afrikaner wat in die Zuma-era bedenklike hoogtes bereik het, om te keer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eish ·

Ek wonder tog of so n gesprek die moeite gaan loon. Die meerderheidsregering is besig met die skep van n eenvormige, Engelsprekende burgery met die klem op eendersheid.
Die kunstefeeste se Lehani houding stuur n duidelike sein uit dat hul die politiek korrekte paadjie verkies bo die viering van die Afrikaanse kultuur.
Deur Steve Hofmeyer as persona non grata te verklaar by die geleenthede, slegs oor sy openeheid rondom die waarde wat hy heg aan sy kultuurskatte, toon baie duidelik dat diè feeste n vreemde agenda het.
Dan moet ons maar dalk minder, maar meer pro Afrikaanse feeste self hou.
Ek, sal verseker geen van die Afrikaanse ” leftover lefties” se feeste ondersteun nie. Ek sal hul Spur.

Pietman ·

Ek hou my eie Afrikaanse fees by die huis. Lekker boeremusiek, braaivleis, goeie geselskap en ek sluit af met die stem. Nie lus om deur my ore te betaal om na kunstenaars te luister wat nie eens Afrikaans kan praat , of deur ‘n reuse vlooimark te loop om myself te vermaak nie.

Landi ·

Ek voel net dat ons Afrikaanssprekende mense, alles net te maklik laat vaar. Ons kan ook n slag opstaan vir ons taal en kultuur, soos wat ons gedoen het met plaasmoorde. MAAR net n optog gaan nie veel help nie, ons sal vir n slag in die geskiendenis moet begin saamstaan en veg vir ons taal en kultuur

Jan ·

Hoekom hoekom….altyd waar daar n afrikaase,wat ook al goed doen en vir sy mense iets gee word die ander tale en rassi afgedwing in ons afrikaans se keel….as julle nie verander of bla bla dan sal ons net vat of glad nie meer geld gee nie….bog man….begin jule eie feeste en wat ook al…die afrikaans sprekendes werk hard vir wat hul wil he en doen vir hul taal dan word dit sommer sumier net oor geneem of druk op gesit om te BBE en wat ook al.So kan jy alles wat die afrikaans sprekende op gebou en doen vat,plase,besighede wat ook al dan moet dit vir die ander taliges gegee word of hul wil dit net vat…daar is die skool in Vereniging,selle storie…..net om dat dit goed gaan daar nou wil ander taliges sommer net inloop…..dis n afrikaanse flippen skool…dan kry jou kind skool in afrikaans…..as jy by n engelse skool wil skool gaan kry jy skool in engels….as jy by n tswana skool wil skool gaan kry jy klas in tswana……..wens die politiek wil hulle by hul eie probleme hou en eers kyk na hulself voor hul by ander dinge inmeng.

meraai ·

Die Suid-Afrikaanse bevolking het ontaard in ‘n massa van oorsensitiewe senuweeagtige individue – wat gepaardgaan met oningeligte groeperinge wat gebreinspoel word deur die indoktrines van onbevoegte leiers/belangrike politieke figure/individue. Almal gaan oploop met ‘n gevolgtrekking dat ras/ideologieë/kultuur as ‘n REG beskou moet word, en indien daar nie gehoor gegee/geluister/teruggestaan word aan/vir die oningeligtes se begeertes en wilaspekte nie, ontaard dit in gewelddadige aksie. Dit help NIKS om te betoog, te brand, te moor vir dit waarin die groepperings glo nie : En ongelukkig is dit so dat die meer opgevoede/ingeligte/verligte groepperinge dan moet terugstaan, om hierdie bogenoemde aksies te probeer vermy, WANT DIT RAAK ALLE SUID-AFRIKANERS. Punt.

Piet Pompies ·

Die berig is ietwat misleidend, daar is ‘n verskil tussen ‘n Afrikaanse kunstefees en ‘n Kunstefees. Afrikaanse kunstefees is daar om die taal te bevorder, Kunstefees is daar om die kuns te bevorder. Ons het al die KKNK en gereeld die Innibos bygewoon en albei die feeste is puik en ons as Suid Afrikaners voel tuis en geniet dit.
As Afrikaans sprekende gesin pas ons in by die feeste en dit is geensins vir ons probleem. Ons ontmoet baie Afrikaanse akteurs, sangers, boek skrywers ens by die geleentheid.

Hendrik ·

Ag nee wat mense julle is regtig verniet bekommend. Ons hou lankal ons eie feeste in ons eie gemeenskappe. Niemand kan ‘n fees van ‘n sekere kultuur afdwing of iemand dwing om erens te bly nie. Alles gebeur natuurlik en hierdie is net ‘n natuurlike proses soos Suid – Afrika homself regskud vir die volgende era.

Jerry ·

Herman ek deel jou siening, veral die laaste paragraaf van jou skrywe. CR kan die polarisering van die Afrikaner omkeer net soos wat hy plaasmoorde ook drasties kan laat afneem. Die Afrikaner moet net n hand van vriendskap na CR uitreik. Ons sal nooit weet as ons nie probeer nie. Net jammer dat Solidariteit by monde van Flip Buys die standpunt huldig dat sou randeier Afrikaners die ANC paai, hulle kwansuis die Afrikaner verraai. Sou Solidariteit hierdie standpunt bly huldig is ek bevrees kan die Afrikaner totsiens se vir taal, kultuur en volkstaat. Selfs selfbeskikking sal geteiken word.

Eish ·

Jerry,
Waar op aarde was jy die afgelope 23 jaar vriend?
Die hand van vriendskap was reeds uitgesteek met FW se toespraak in 1990 waar die ANC, PAC, SAKP en ander spinnekoppe ontban is. Daarna is n onderhandelingsproses begin en ons eerste demoniese verkiesing was in 1994.
FW was toe vise Staatspresident saam met Mbeki en dit was n regering van ” Nasionale eenheid”
Daarna begin die wielietjies toe afval en nasionale eenheid word nasionale verdeeldheid met kortbroek Van Schalkwyk wat toe sommer by die ANC aansluit en minister van toeriste word. Onder Zuma is hy gereduseer tot n Google soek. Ons is uitgestoot. Nou wat se hand wil jy nou uitreik? Onthou tog dat die linkervlerk en die regtervlerk, deel is van dieselfde voël.

Elizabeth ·

Dit voel tog vir my asof ons viool wil speel terwyl die wêreld rondom ons vergaan. As ‘n metrostad sonder water sit, as die land rondom ons brand, kan ons werklik staatmaak op staatsgeld om kunstefeeste te borg? “Kunstenaars” is besigheidsmense wat hulle dienste verkoop. Soos ander besigheidsmense moet hulle in hulle besigheid belê en as die publiek nie hulle produk wil koop nie, moet hulle – soos enige ander besigheidsmens – besef dat hulle nie in aanvraag is nie. Wie kan in onse omstandighede nog luukses bekostig? In elk geval: indien ons regte kuns op kunstefeeste gekry het, sou ek van my kosgeld afgeknyp het om dit by te woon. Maar ongeag of ‘n volksinger of maantjanker hom-/haarself nou ook in hul eie grootheidswaan verdrinkend ‘n “kunstenaar” noem, sal mense self besluit of die produk wat aangebied word, ‘n belegging werd is. Want kaartjies op kunstefeeste jaag jou deesdae ‘n paar maande se kosgeld uit die sak.

KlipInDieBos ·

Stenig my maar, maar is ek die enigste een wat oortuig is dat Afrikaans SAL uitsterf? Die wereld is dan Engels? Ons bly in die buiteland, maar selfs in SA was my kinders in Engels geonderrig. Hoekom deure vir jou kind toehou deur hom/haar in Afrikaans te laat onderrig? Ek sal dit seker nooit verstaan nie.

Adam ·

Klipindie Bos,ek kan nie glo dat Afrikaans ooit sal uitsterf nie. Ons wat, anders as jy, in SA bly SAL Afrikaans lewendig hou en wat ek die meeste weersinswekkend vind is dat die sg Afrikaanse “kampvegters” hulle kinders na Engelse skole stuur. Ek het my kinders aangemoedig om Engels goed magtig te wees en hulle het in hul gekose studierigtings baie daarby gebaat. Vandag is hulle in professionele beroepe en alhoewel hulle meestal Engels gebruik, is hulle 100% Afrikaans en trots daarop. Afrikaans is en sal hul eerste taal bly en hul kinders sal in Afrikaans grootgemaak word en ‘n liefde vir hul moedertaal ontwikkel. Die rede hoekom jy glo Afrikaans sal uitsterf is omrede jy persoonlik daardie besluit gemaak het en dit boonop makliker is om dit te glo omrede jy in die buiteland leef.

KlipInDieBos ·

Adam, dankie vir jou opinie. Gaan lees gerus vorige artikels op Maroela Media, oor ‘n paar jare gaan minder as ‘n miljoen blanke mense in SA oor wees, immigrasie en negatiewe bevolkingsgroei word as redes gelys. Hoeveel van daardie “minder as ‘n miljoen” mense gaan Afrikaans wees? Dit GAAN uitsterf, dalk nie betyds vir jou om te sien nie aangesien jy al ‘n gevorderde ouderdom betree het as jou kinders al professionele ouderdom bereik het (met alle respek genoem). Dink jy die KhoiSan se taal floreer huidiglik? Afrikaans sal dieselfde paadjie loop.

“It is not the strongest or most clever of the species that will survive, but the one that is least resistant to change.”

Adam ·

KlipinDieBos, jy begaan in my beskeie opinie een basiese denkfout en dit is dat slegs blankes Afrikaans praat. Afrikaans is ‘n lewendige taal en word deur vele ander mense as bloot blankes as eerste taal gebruik. Ek mag dalk naby my “sell by date” wees, maar Afrikaans is gewis nie in dieselfde posisie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.