Nuuskommentaar: ‘Kanse beter vir tornado as polisiepatrollie op SA-plaas’

Argieffoto

Die nuus oor ’n meteoor wat Woensdagaand oor die Wes-Kaap ontplof het, het gister baie aandag gekry. Tog, so lyk dit uit ’n brief van ’n boer aan Landbouweekblad, is die kanse beter dat so iets in Suid-Afrika kan gebeur as dat ’n bepaalde plaas besoek van ’n polisievoertuig sal kry.

Die kanse is beter vir ’n tornado as vir ’n polisiepatrollie op jou plaas. So skryf ’n boer van Noordwes in die jongste uitgawe van Landbouweekblad. Die boer skryf onder sy eie naam, maar in die konteks van wat hy geskryf en beleef het wonder ’n mens of hy nie daardeur ’n risiko vir hom en sy gesin geskep het nie.

Die boer se aanklagte teen die polisie is vry ernstig, maar hy gaan verder – die twee patrollievoertuie wat wel gesien is, het weggejaag toe ’n patrollie van die boere op hulle afgekom het.

By nadere ondersoek is gevind die grensdraad was geknip. Die volgende aand wou ’n polisiebeampte in ’n patrollievoertuig ’n boer in hegtenis neem omdat hy glo “onwettig” patrollie ry. Die boer wonder of die polisieman nie deur kollegas gevra is om boere deur intimidasie te probeer verhinder om patrollie te ry nie, en sodoende die polisie wat amptelike voertuie misbruik, te beskerm nie.

Berigte oor selfs senior polisielede wat self by veediefstal betrokke is, kom net te veel voor. So ook berigte oor die misbruik van voertuie (met die gevolglike deuntjie dat daar nie ’n voertuig beskikbaar is om ’n misdaadtoneel te besoek nie), omkopery en vele meer. By geleentheid het ’n voertuig op die toneel van veediefstal weggejaag toe ’n boerepatrollie daarop afkom. Die voertuig het weggejaag – reguit na die naaste polisiestasie, maar die insittendes is aangekeer toe hulle voor die polisiestasie se hek, wat gesluit was, voorgekeer is. Die insittendes was polisiemanne.

Dis uiteraard nie net boere wat ly as polisielede korrup is nie. Onlangs het stedelinge ontdek dat dit vir omtrent ’n uur elke dag nutteloos is om misdaad by ’n polisiestasie aan te meld. Dit blyk dat dit met die skofruiling saamval, en dat voertuie en lede gebruik word om ander wat van skof afgaan, huis toe te neem.

Gelukkig is daar ook berigte oor polisielede wat uitstekende werk doen.

As die polisie in amper enige geselskap onder bespreking kom, ontaard dit gans te dikwels in die een rillerverhaal op die ander, soos iemand wat telefonies ’n huisroof probeer aanmeld het waartydens daar ’n sterfgeval was, maar dit byna onmoontlik was omdat die persone wat die telefoon beantwoord het, nie Afrikaans of Engels magtig was nie. En dit in ’n oorwegend Afrikaanse area.

Die probleme wat die polisie en die landbou ervaar is welbekend, en dit is jammer dat daar dikwels ’n negatiewe raakvlak moet wees. As ’n mens na sommige politici luister is die landbou gelaai met skurke wat uitbuit so ver hulle kan. Tydens ’n parlementêre debat het ’n ANC-parlementslid, destyds nog ’n adjunkminister in opvoedkundige kringe, uitgeroep: “Begrawe hulle (die boere) lewend.”

Daar is nie teen hom opgetree nie.

En ’n minister van polisie, wat as mense teen plaasaanvalle betoog, sê dis goedkoop propaganda?

Maar die boer van Noordwes wat op die skaarsheid van polisiepatrollies gewys het, raak nóg ’n kwessie aan. As dit dan nie help om die formele strukture vir oplossings te nader nie, by wie moet dan aangeklop word? Hy vra of dit dan AfriForum is?

Selfs analiste wat van AfriForum se grootste kritici is, moet dikwels erg teensinnig en bitterbek erken dat AfriForum, Solidariteit en ander “soms” goeie werk doen.

Dit is geen verrassing nie. Dit is ’n kenmerk van die staatkunde dat wanneer ’n staat faal, strukture in die burgerlike samelewing van daardie rolle begin oorneem. Daar is ook ’n staatkundige model wat ontwerp is om leemtes in ’n land se regeervermoëns te takel, naamlik die tegnokrasie. Dit beteken in kort dat waar die regering faal, tree kundiges op ’n a-politieke manier in om sake (soos rioolplase) weer vlot te laat verloop.

Wat wet en orde betref lyk dit of burgerlike strukture soos buurtwagte, GPF’s, plaaswagte en ander bykans heeltemal outonoom van die polisie optree. Dit is weer dikwels ’n geval van knap lede van die polisie wat goed saam met die burgerlike strukture werk, wat skielik verplaas word. Die nuwe ampsbekleërs tree dan op asof die burgerlike strukture nie bestaan nie, onwenslik is of selfs die vyand is.

Ongelukkig, so lyk dit, is die kantelpunt bereik waar dit lyk of die breekspul eerder die norm as die uitsondering is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Andre ·

As jy iets ordentlik gedoen wil hê, doen dit self. Dis ‘n lessie wat kinders moet leer nog voordat hulle skool toe gaan.
Nie net in SA nie, maar in alle lande is dit altyd beter om iets self te doen as om die regering se hulp te aanvaar.
Selfs in ‘n volkstaat sal ek nog steeds eerder my eie ding doen.

leser ·

in die area wat ek bly, ongeveer 3km van my af, neem dit die polisie tot 4ure om by my uit te kom
skof ruiling is 18:00 uur, vanaf 16:30 tot 20:00, kan jy vergeet om enigiets uit hulle te kry
bel jy vir opvolg, is die antwoord; n voertuig is oppad
dit is in n geval van gewapende roof of/en n ernstige mva

Anni ·

Lesser, Weet J dat as jy met selfoon di 10111 nr bel, J by enige stasie waar ookal uitkom. J mut landlyn van J stasie bel. Dis hukom dit so lank vat om by uit te kom.

Paul ·

Anni, lees gerus my kommentaar hier onder, laer af. Ek wil graag vir jou alle voorspoed toewens, moenie ophou om te glo in wat jy doen nie, moenie dat moeilike dae of sake jou onderkry nie, jy bereik meer mense met jou ingesteldheid ook dersettingsvermoë as wat jy besef, jy is ‘n voorbeeld vir ander.

Dries du Toit ·

Nog nooit het die woord Volkstaat so mooi geklink nie. Daar sal jy jou eie ding kan doen. Dit sal van jou verwag word

bgj van der westhuizen ·

weskaap nou en dan sien jy sapd voertuig staan geparkeer by n winkel sien hulle nooit amper patroleer in woon gebied nie uit hulle mond doen hulle net patrollie waar misdaat hoog is en as jy deur plekke ry sal jy sien dat daar by huise en woonstelle voertuie staan van die sapd wat tot dae daar staan voor dit weer beweeg die hele land sapd val uit mekaar

Anni ·

Ons is altyd geneig om Ons monde uit te spoel oor di staatsdiens dun dit en dat. Maar Ag di privaat sektor dun nooit iets fout ni. Ek se dit omdat Ons nog n handjies vol blankes in polisie en ander staatsinstansies is. Ons word oor di Selfde Kam geskeer. Niemand sien Ons probeer ni, en sal ni se Dankie my maat Ons sien raak Wat Jy dun ni. Nee Kyk net Wie ry en stop waar. Onthou net een ding baie stasies HET NI GENOEG VOERTUIE NI EN DIS NI DI POLISIEMAN/VROU SE SKULD NI. so asseblief Kyk eers Wat aan gaan en vind ware redesign uit. Bel van selfoon af landlyn nr na stasie, Anders as j 10111 bel kom J by enige stasie uit. Dankie julle.

Paul ·

Herman, daar sal ‘n wet gemaak moet word dat die polisie (die SA Police Services) in belang van die land se wetgehoorsame burgers optree. Ook moet daar ‘n klousule in groot vet letters ingeskryf word dat die kommissaris aan die hoof daarvan moet staan wat direk verantwoordbaar gehou sal word en die minister moet 24 uur per dag toesig hou.

Nou nie dat dit eintlik sal help nie, maar die idee is om ‘n wet op die tafel te sit wat die polisie dwing om die wette van die land toe te pas.

Ja swaer ·

Ek woon al 10 jaar in Rooihuiskraal in Centurion. In al die tyd het ek seker hoogstens 2x n SAPD voertuig daar deur sien ry en dit was met n spoed. Sekuriteitsvoertuie van 3 verskillende maatskappye sien ek elke dag patrollie ry. Dit bewys wat Herman se – gefaalde staat. Belastingbetaler betaal polisie se salarisse en die voertuie wat hulle misbruik en byne nooit gebruik vir misdaadvoorkomingspatrollies nie. Dieselfde belastingbetaler moet privaat sekuriteit aanstel om hom te beskerm. As jy vandag driekwart vd SAP afdank, sal daar geen verskil aan (die tekort aan) dienslewering wees nie, maar misdaadvlakke sal nog hoër wees. En die ironie is dat die staat geld maak uit die einste mislukking wat hy is, deurdat privaat sekuriteitfirmas elke jaar miljoene opdok aan ledegeld by PSIRA en maatskappy belasting. SA = ‘n onfeilbare resep vir ‘n mislukte staat. ‘n Paradys van korrupsie en swak dienslewering. En boonop een wat geld maak daaruit.

Anni ·

Vind eers uit hoeveel voertuie di stasie het, teen oor di sekuriteit.
Se Maar net

Anni ·

Dis snaaks hu vinnig men’s kan vingers wys na di polisie of enige staatsinstansie Wat aktyd iets verkeerd dun. Maar Ag di privaat sektor du nooit iets fout ni. Ek wil nou graag vir jul almal net hierdi gee, ons is nog n handjies vol blankes in polisie/staatsinstansie, ons trek swaar om onder haalglike moelike omstandighede te werk. Word saam di res onder een Kam geskeer, ons probeer waar Ons kan nog pogibgs aan te wend om te help. Maar niemand niemand sal se, dankie my maat sien raak Wat Jy dun ni. PARTY STASIES HET NI EERS GENOEG VOERTUIE NI. EN DIS NI DIE POLISIEMAN/VROU SE SKULD NI. Almal is ni ewe sleg ni. Dankie julle

Koos Ubuntu ·

Dit is soos jy se, daar is van die manne/vroue wat hul kant bring, die feit bly egter Staan dat die oorgrote meerderheid laks en onbetroubaar is. Dit kos ons as Jan publiek baie geld om ons self te beveilig en veroorsaak dat alle wetstoepassers oor die selle Kam geskeer word. Dankie vir die wat hul kant bring

Pieter ·

Anni baie dankie dat jy probeer maar o wee die res bly en is pateties

Nettie ·

Dis wat gebeur as polisie-aanstellings hoofsaaklik uit mandjies bestaan – met apologie aan die SAPD-lede wie se werk wel nog hul trots is.

Daan ·

Anni, ek het 2 jaar terug n messteek voorval gehad voor my huis waar n witman met mes in borst en maag gesteek was. Plaaslik kon ek nie ons eie SAPS in die hande kry nie. Toe probeer ek 10111, eerstens kon die persoon nie mooi Afrikaans of Engels verstaan nie. Tweedens het ek amper n driekwartuur probeer verduidelik watse dorp, watse voorstad en watse straat ek was. Amper 2 ure na die voorval was die SAPS daar, 1 uur later die ambulans. 10111 Werk ook nie so lekker nie

Anni ·

Haar julle almal, ek weet presies hu gefrustreerd julle is Glo my, Maar ek en res Wat vir hulle werk trek swaerder. Ons mut Ons Kop laag Hou, se ni waar J werk ni, want Jy Kry skaam. Maar daar’s nog MANNE IN BLOU WAT PROBEER TROTS WEES

Chris ·

Hierdie was net ‘n toets om te sien of julle nog my en ander se kommentare plaas.

Felix ·

Ek het ook ‘n storie, ek was jare gelede deur ‘n inbreker aan die pols gebyt, slagaar net gemis, erge trauma agv gebeure, hy het my vrou aangeval toe ek daarop afkom, dit was net by opstaandtyd die oggend. Die wond het 10 maande gevat om te genees, en die emosionele letsels, ons slaap tot nog vandag, tien jaar later, met ligte aan in die huis. Die polisie was so ‘n uur na ons hulle gebel het hier, ek was nogal verbaas, maar dit het nie ‘n snars verskil gemaak nie, en dit kon dalk voorkom gewees het as die polisie voorkomend probeer optree en nou en dan die buurt patoleer het. Maar niks, ons sien hulle nooit in die woonbuurt nie, ook vandag, buiten as een met ‘n polisievoertuig by die karwas staan.

Michelle ·

Anni met alle respek gesê daar is staat instansies wat pateties is hoekom ‘n persoon ‘n pos gee hy is onbevoegde hy kan nie Afrikaans of Engels praat nie sit hom by ‘n stasie waar hy sy taal kan praat. jy kry daardie klein hoeveelheid ordentlike staat amptenare wat regtig hul sout werd is en ek staan bank vas agter hulle. Dan kry jy die meerderheid wat oorgwigoed is mors die staat se geld, is korrupte,ongeskik kan nie ‘n verklaring skryf nie weet nie hoe om ‘n vuurwapen te hanteer nie het nie vuurwapen lisensie nie maar een word aan hom uit gereik. Nee kom ons kyk maar regtig mooi wapens wat vir die staat uitgereik is was al in baie rooftogte gebruik of beamptes het self stasies laat roof vir wapens.

John ·

… Dit behoort nogal ‘n interessante scenario te wees as beide ‘n polisiepatrolloe en ‘n tornado op een slag op een plaas opdaag… Maar die verkeerspolisie is nog erger. Die mense hang by die toetsterreine uit en werk skynbaar net oor die Desembervakansie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.