Nuuskommentaar: Katalane stem wéér vir onafhanklikheid

Foto: AP Photo/Manu Fernandez

Foto: AP Photo/Manu Fernandez

In Spanje het die Katalaanse streek ’n vervroegde verkiesing gehou, en dit het vir alle praktiese doeleindes as ’n referendum oor onafhanklikheid gedien.

Na raming woon 16 persent van Spanje se bevolking van 47 miljoen in Katalonië, maar is verantwoordelik vir sowat 19 persent van die BNP. Spanje sal dus welvaart inboet as Katalonië ’n eie land word.

Die probleem is dat Spanje se grondwet hoegenaamd nie voorsiening vir onafhanklikheid maak nie, tensy alle Spanjaarde daaroor sou saamstem. Katalonië voel dit is onregverdig dat mense wat ’n ander taal praat, en ’n eie kultuur het, die finale sê het oor hul onafhanklikheid.

Intussen gaan Katalonië se regering voort om ’n program in werking te stel wat binne 18 maande tot onafhanklikheid sal lei.

Die Baske en Kataloniërs het ’n mate van selfregering verkry toe Spanje lid van die Europese Unie (EU) wou word. Ingevolge die handves van die EU moet lande selfbestuur aan minderheidsgroepe toeken om lid te kan word. Onder die Franco-bewind is minderheidsgroepe erg onderdruk, en die Baske, wie se taal aan geen ander bekende taal verwant is nie, is byvoorbeeld verbied om hul taal te gebruik. Die Katalane se posisie was nie veel beter nie.

Terwyl die EU in beginsel selfbeskikking voorstaan, is dié liggaam egter uiters onwillig om dit tot die vlak van volkome onafhanklikheid deur te voer. Die Skotte, wat begerig was om deel van die EU te bly, sou die ja-stem vir Skotse onafhanklikheid slaag, het byvoorbeeld ’n baie koue skouer uit die EU-geledere ontvang.

Verskeie politieke wetenskaplikes meen die selfbeskikkingsreg van minderheids- en ander groepe stimuleer die onafhanklikheidsgedagte. Kiesers kan eenvoudig nie insien hoekom daar nog ’n regeringsvlak tussen hul eie streekparlement en die Europese parlement moet wees nie. Die mate waarin België onder druk van die Vlaminge en Duitssprekende minderheid staatkundig desentraliseer en die aandrang op Vlaamse onafhanklikheid skynbaar groei, word graag as voorbeeld genoem. Maar België is nie al land in dié posisie nie – die Skotte gaan bly woel, die Katalane hou aan roei, en vroeër vanjaar het Venesië en omgewing vir onafhanklikheid van Italië gestem.

Dit het ook niks met linkse of regse politiek te make nie. Die Katalaanse premier word byvoorbeeld as liberaal beskryf, en die Spaanse premier as konserwatief. Die kleiner party wat die Katalaanse premier moet help om ’n meerderheid te kry, is weer heeltemal links. Dit is ligjare verwyder van Suid-Afrika waar ’n pro-selfbeskikkingstandpunt vanselfsprekend met regs en konserwatief verbind word, en ’n staatkundige versmelting met links of liberaal.

Ondanks enorme verskille tussen die posisie van die Katalane en die minderheidsgroepe in Suid-Afrika, is daar tog ’n grondwetlike raakvlak. Artikel 235 van die Suid-Afrikaanse Grondwet maak ook vir selfbeskikking, korporatief én territoriaal, voorsiening. Artikel 235 maak egter nie vir volkome onafhanklikheid voorsiening nie, net soos die Spaanse regering se vertolking van hul grondwet.

Artikel 235 maak, soos die internasionale reg, nie voorsiening vir selfbeskikking waar velkleur ’n rol speel nie, maar wel taal en kultuur.

Op die oog af stuur die Katalane nou onherroeplik op ’n grondwetlike breekspul met die Spaanse regering af. In Suid-Afrika wil dit voorkom of die groepe wat hulle op die mees verbale wyse vir ’n Afrikanerstaat uitdruk, ook volkome onafhanklikheid, of dan eksterne selfbeskikking, nastreef. Die Internasionale Reg maak wel daarvoor voorsiening, maar onder erg benouende voorwaardes wat sake soos volksmoord of erge onderdrukking insluit. So ’n nuwe staat mag ook op sy beurt nie teen minderheidsgroepe in sy geledere diskrimineer nie.

Boonop is die ANC teen selfbeskikking gekant. In ’n onderhoud met Beeld het Gwede Mantashe selfbeskikking vir die Afrikaner heeltemal uitgesluit, hoewel hy die ou ANC-laai gebruik het om Afrikaner en wit as sinonieme te gebruik.

Die punt is, solank aan minderheidsgroepe se grondwetlike regte, soos taal van onderrig, bly karring word, so lank gaan daar al meer mense aan die woord “self” begin dink – en nie as ’n vloekwoord soos wat ’n koerant met opperste hoernalistiek dit probeer maak het nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

Helizna ·

Ja vir Selfbeskikking, maar die regerings wat dit teenstaan is parasiete wat aan die minderhede se are suig. Sien, dis altyd die luies wat dit teenstaan en die flukses wat dit wil hê…

JJ nie Vankerk ·

In watter streek/stad in die land is die Afrikaner die meerderheid?

Chris ·

Die hoeveld. Afrikaner konsentrasies is van so n aard dat dit wel mppntlik is om n grenslyn te trek sodat Afrikaners n meerderheid is. Dit is reeds gedoen deur organisasies wat hulle daarvoor beywer.

Bruno Stef ·

Dit kan tog sekerlik nie verkeerd wees om jou eie mense se kultuur/tradisies/taal en lewensbeskouings te ondersteun nie.Wat is die alternatief om polities korrek te wees en jouself en jou mede Afrikaner te verag en n klop op die skouer te kry van persone wat jou ondergang wil bewerkstellig.Daarom se ek “So kom ek om so kom ek om”my mense is my prioriteit dit word genoem Afrikaner Nasionalisme.

Sue ·

Ek vra ook selfbeskikking omdat my taal en kultuur verwerp word in my geboorte land, die ANC mag nie dit van ons weerhou nie!!! Dit is growwe menseregte skendungs wat teenoor ons gepleeg word! Gee vir ons, ons eie area waar ons tesame met die ander minderheidsgroepe kan leef! Dit sluit die Khoi San, Kkeurlinge in

Rian ·

Wel ek sien dit so, al hoemeer minderheids groeppe gaan begin oplet na hulle regte en aanspraak maak daarop, hoekom nie ons Volk nie? Ons kan dit maklik reg kry, ons is in staat om alles weer van vooraf op te bou en te maak werk soos destyds toe sanksies op ons gerig was. Grondgebied sal egter die doring in die vlees bly want daarvoor gaan ons moet agresief optree en nie soetjies poep benaderinge he nie.

Hein ·

Rian verkryging van grondgebied gaan nie skielik gebeur nie maar daar is wel verskeie areas waar die Afrikaners alreeds in die meerderheid is met geen ander kultuurgroepe tussen in nie. Ons praat nou nie van veiligheidsarea nie maar van areas soos Kleinfontein en Orania waar die bevolkings in hierdie areas oor die 1000 mense is en reeds meer as 400 huise per areas is. Die groot ding is dat hulle alreeds begin het en dit is volhoubaar.

Josef du Toit ·

Die Europese Kommissie was heeltemal in die kol om tydens die Skotse onafhanklikheidsdebat daarop te wys dat die EU-projek progressiewe integrasie behels, en dat disintegrasie van enige lidstaat dus nie met EU-waardes ooreenstem nie. Per slot van rekening is die skuif van die politieke swaartepunt in Skotse sake vanaf Londen na Brussel allermins ‘n aanwins van onafhanklikheid. Katalonie” stuikel teen dieselfde realiteit omdat daar nie rekening gehou word met die haalbaarheid van lidmaatskap byvoorbeeld van die Europese Ekonomiese Area (soos Noorwee”, Ysland en Lichtenstein) as alternatief tot behoud van EU-lidmaatskap nie.

Josef du Toit ·

Die Europese Kommissie was in die kol om tydens die Skotse onafhanklikheidsdebat daarop te wys dat die EU-projek progressiewe integrasie behels, en dat disintegrasie van lidstate daarom teen EU-waardes loop. Katalonie” struikel teen dieselfde feit, omdat daar nie voldoende rekening gehou word met die haalbaarheid van lidmaatskap van die Europese Ekonomiese Area (EU-lande plus Noorwee”, Ysland & Liechtenstein) as alternatief tot die EU nie.

pop ·

As dit in die kaap kan wees is ek in. Ek sien nie my arme kinders en kleinkinders op n verlate bar vlakte nie. Die koi kom van daar en die kleurlinge is alreeds daar. ons is almal mindere en word vertrap ten opsigte van ons taal ens.

jacques ·

Al wat ek weet ek is gatfol vir alles in die land.
Iets sal moet gebeur mens kan nie vir ewig so aangaan nie,ons kinders en kleinkinders gaan baie verkeerd grootraak in die land.Hulle gaan hulle self haat omdat hulle wit is.

Chris ·

Herman Toerien verwys na “enorme’ verskille tussen die Katalane en minderheids groepe in Suid Afrika ?
Net soos die Katelana, is Afrikaners n minderheids volk wat ooreenkomstig internasionale regsbeginsels aanspraak het op selfbeskikking en in bepaalde omstandighede selfs ook volle onafhanklikheid oor grondgebied.
Alhoewel artikel 235 van die RSA Grondwet nie spesefieke voorsiening maak vir afskeiding (seccesion) van grondgebied met die oog op volle onafhanklikheid nie, verbied die betrokke artikel dit ook nie !
Ttouens, tydens die sertifiseering van ons Grondwet het die konstitusionele Hof se regters die inhoud van artikel 235 soos volg verduidelik: : “It is not necessary for us to decide whether the New Text is obliged to keep the idea of territorial self-determination alive. The fact is that the Constitutional Assembly chose to do so in terms of the Text 235, which ensures that the permissive door opened by the Constitutional Principals is kept ajar.
It is obvious that the arrangements which could be made to establish a territorial entity and define its boundaries will have to be negotiated with an existing government within the framework of the New Text (including the permissive provision)”
Selfs al sou die RSA Grondwet sessesie met die oog op Afrikaner (of enige ander volk in RSA) se onafhanklikheid verbied, wat duidelik nie die geval is nie, sou dit binne die konteks van internasionale reg irrelevant wees, aangesien die state nie die regte van mense en volke wat intermasionaal erken, word kan verbied nie.
Boonop bepaal artikel 233 van ons eie Grondwet die volgende: ” When interpreting any legislation, every court must prefer any reasonable interpretation of the legislation that is consistent with international law over any alternative interpretation that is inconsistent with international law”.

Dit is lankal praktyk in die internasionale gemeenskap dat mindersheidsvolke onder bepaalde omstandighede grondgebied kan afskei met die oog op volle onafhanklikheid , soos wat die Kosovare en Suid Soedanese dit in onlangse tye bewys het. Die Serwiese eenheidstaat kon nie verhoed dat die Kosovare eksterne selfbeskikking kry nie en ook nie die Soedanese eenheid staat wat betref die Suid Soedanese nie – al het hulle alles in hul vermoë gedoen om dit te probeer voorkom.
Die Skotte is sterk oppad na volle onafhanklikheid en wat die Katelane betref, is die nie meer n vraag of hulle onafhanklikheid sal kry nie, maar waneer ! Die feit dat die Spaanse grondwet sessesie verbied (ons eie grondwet verbied nie sessesie nie ) is lankal nie meer relevant in internasionale reg nie. Slegs een ander soewereine staat hoef die Katelane se onafhanklikheid te erken, dan geniet die nuwe staat soewereniteit kragtens internasionale regsbeginsels – en Spanje se standpunt tel nie. Ook nie die Europese Unie of die VN se standpunte nie, want nie een van hierdie organisasies is n soewereine staat nie.

Die ANC of Gwede Mantashe kan nie in Afrikaners se weg staan as hule i n beduidende getalle selfbeskikking binne n spesefieke afgebakende gebied opeis nie. Die ernstige menseregte vergrype waarmee die ANC en hul Kommunistiese bondgenote besig is ten opsitgte van Afrikaners, raak al hoe meer bekend in die internasionale gemeenskap. Dit sluit in georkestreerde sosiale marginaliseering, skreiende kulturele aftakeling en grootskaalse ekonomiese ontmagtiging van Afrikaners op grond van rassediskriminasie.
Intussen word Afrikaners boonop , as gevolg van die ANC regering se onbevoegdheid, teen n ernstige tempo uitgemoor – soveel so dat die president van Genocide Watch, dr. Gregory Stanton, Afrikaners as minderheid lankal koppel aan 6 uit 10 moontlike vlakke van volksmoord (genocide)
Soos Steve Hofmeyr dit stel: ” My Tribe is dying like flies. We are dying at a rate completely unknown to us. And this in a time of peace” (Facebook, 20 Junie 2013)

Selfs die gerespekteerde (Suid Afrikaangebore) internasionale regsgeleerde Prof John Dugard (SC) laat die kwessie van sessesie binne die raamwerk van artikel 235 van ons Grondwet as n opevraag in sy voorgeskrewe handboek vir studente, International Law – a South African perspective.
Prof Dugard is verbonde aan die Leidense Universiteit in Nederland en het al as ad hoc regter opgetree in die internasionale Geregshof in Denhaag. Dus hoe kan Herman Toerien met sy honneursgraad in Politieke Wetenskap skaamteloos sugereer dat ons Grondwet sessesie verbied met die oog op volle onafhanklikheid ?

Slegs volle onafhanklikheid oor grondgebied waar Afrikaners in die meerderheid is en dus in poltieke beheer is, bied n volhoubare oplossing vir die feit dat Afrikaners se voortbestaan as Westerse volk in Afrika ernstig bedreig word. Hoe gouer Afrikaners, soos die Katelane en die Skotte, onafhanklikheid oor grondgebied opeis, hoe gouer sal hulle bevry word van die ANC en hul kommunistiese bondgenote.

Josef du Toit ·

Beide Kosovo en Suid-Soedan het onafhanklikheid verkry na bloedige stryd. Vir al die sofistikasie van die 21ste eeu bly dit klaarblyklik steeds waar dat wie nie neem wat hy wil he^ nie, dit nie op ‘n skinkbord sal ontvang nie.
Wat Skotland kniehalter is die verlammende staatsafhanklikheid van haar inwoners en leiers. Solank as wat die Welsynstaat die enigste realistiese model vir die deursnee Skot bly, sal die reuse subsidie van die Engelse belastingbetaler na Skotland altyd enige onafhanklikheidsgrootpratery troef.
Sommige onlangse ondersoeke in Katalonie” beweer dat ‘n noemenswaardige onderdeel van diegene wat vir onafhanklikheidsgesinde partye gestem het, eintlik protesstemme was wat nie volwaardige onafhanklikheid voorstaan nie. Iets soortgelyks is al in die verlede gesien in beide Skotland en Quebec, waar nasionalistiese plaaslike regerings magteloos moes toekyk terwyl referendums oor afskeiding verloor word.
Die EU tree toenemend soos ‘n sowereine staat op, en die oorweldigende meerderheid van wetgewing in lidstate van die EU word in Brussel geprakseer. Daarby is die EU ondubbelsinniglik oppad na ‘n Verenigde State van Europa. Dat die afskeidingshoop in Skotland en Katalonie” saamgaan met ‘n aandrang om in die EU te bly, wys opsigself na ‘n oppervlakkigheid van nasionale gevoel wat dalk meer *teen* onderskeidelik Engeland en Castilie” gemik is as ‘n opregte begeerte om op eie voete te staan.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.