Nuuskommentaar: Kenners van rassisme?

hande kultureel diversiteit rasse

Argieffoto (Foto: maxlkt, Pixabay)

’n Artikel in De Standaard van België wat onder meer die kwessie van rassisme onder die loep neem, laat ’n mens dink.

“Die resultaat van ’n halwe eeu se hondefluitjie-politiek is die verguising van die wit middelklasgroepe: hul werksgeleenthede verdwyn, hul lone stagneer, hul kinders kry nie die geleentheid om te studeer nie. Hoe kan wit arbeiders in hierdie omstandighede daarvan oortuig word om ’n koalisie met mense van kleur te vorm? Dat anti-swart rassisme ook hul belange en dié van hul kinders skaad, is vir hulle immers ’n radikaal nuwe en moeilik begrypbare boodskap.”

Die 50 jaar waarna die skryfster, Evita Neefs, in die Belgiese koerant De Standaard verwys, is die halfeeu wat verloop het voor die laaste prysenswaardige poging van gemarginaliseerde groepe in Martin Luther King se tyd gerealiseer het.

Neefs grond haar artikel hoofsaaklik op ’n onderhoud met prof. Ian Haney Lopez. Lopez word beskryf as ’n kenner van rassisme wat ook verskeie boeke oor dié onderwerp die lig laat sien het. Uit die artikel, Hoe de elitede arbeiders uitelkaar speelt met racisme, is dit nie altyd duidelik of dit om die standpunte van Lopez handel, of Neefs nie. Albei put egter uit die werk wat deur die Haas Institute for a Fair and Inclusive Society gedoen word.

Die somtotaal is egter dat die artikel dit met sy bydraers eens het dat die wyse en motiewe waarop pres. Donald Trump met die raskwessie omgaan, verkeerd is. 

“Openlike rassisme is vandag uit die bose – maar die resultaat is dieselfde – die wit vrees word deurlopend aangewakker. Die skuldiges gebruik subtiele kodewoorde, waarvan die rassistiese bedoeling nie vir almal duidelik is nie, maar wel sterk reaksies by die benadeelde groep aanwakker. Haney Lopez vergelyk dit met ’n hondefluitjie. Donald Trump is ’n virtuoos op die hondefluitjie. Sy ondersteuners vergeef hom al sy sondes eenvoudig omdat daar ‘uiteindelik weer ’n politikus is wat die waarheid praat en erken dat die wit mense in gevaar is’.”

Die bedoeling is egter nie hier om die ganse artikel aan te haal en te vertaal nie. Die vraag is of ons in Suid-Afrika iets kan leer, of ten minste iets herkenbaars in Suid-Afrikaanse denke sal vind.

Die antwoord is egter nie so eenvoudig nie. Daar is bepaalde herkenbare gedagtes en sinsnedes. Daar is klaarblyklik in die VSA, net soos hier, mense wat Trump verabsoluteer oor sekere standpunte wat hy inneem, en mense wat ’n totale afkeer van hom het.

’n Interessantheid is dat, deur na anti-swart rassisme te verwys, klaarblyklik erken word dat daar ook anti-wit rassisme moet wees. In Suid-Afrika word dié werklikheid deur veral sekere akademici, rubriekskrywers en andere ontken, met die argument dat swart mense inderwaarheid nie rassiste kan wees nie. Dít ondanks ’n oorvloed voorvalle van haatspraak en ander rassistiese optredes wat die teendeel uitlig.

Uiteraard verskil die posisie tussen die VSA en Suid-Afrika. Hier, byvoorbeeld, is die wit mense in ’n minderheid. Dit is ook nie meer so maklik hier om na ’n swart kollektief te verwys nie – onderlinge etnisiteit speel ’n al belangriker rol in onder meer die politiek, en daarom spreek sommige swart elite hulle toenemend teen “tribalism” uit.

Tans speel ’n sterk etniese bewuswording hom onder die Zoeloes in KwaZulu-Natal af, met berigte dat ’n opstand teen pres. Cyril Ramaphosa deur Zoeloe-aanhangers van Zuma beplan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Vytjie Molefe ·

Nadat ek gisteraan die film Denial gekyk hetm het ek ‘n akademiese vraag?

Is rassisme per-se onwettig in SA? Gestel jy glo inherent dat jy geneties beter is as ‘n lid van ‘n ander ras of stam of selfs geloof? Maar jy beoefen nie haatspraak of opsweping nie – is dit fisies onwettig om rassisties te wees?

Natuurlik is dit moreel onaanvaarbaar en onosel – maar is dit onwettig? Dankie

rollie ·

Nee, nog nie maar daar is pogings om dit tot ‘n misdaad te verklaar. Dit kom.

Casper Labuschagne ·

Dit is heel debatteerbaar of die beskuldiging van rassisme ‘n marxistiese skepping was. Wat wel so is, is dat rassisme ‘n strydkreet van die kultuurmarxiste geword het en in die definisie waarmee hulle die westerse taal asook denke geïnfekteer het, is rassisme net moontlik in een rigting vanaf wit Europeërs na andere.

Wat niemand oor skryf nie, is die mens se genetiese programmering teenoor die bedreiging vreemdelinge. Almal buite die kern gesin is ‘n bedreiging, veral as hulle nie soos Ma of Pa lyk nie. Almal buite die klein nedersetting is ‘n bedreiging vir die inwoners, veral as hulle nie soos die bure lyk nie. ‘n Klomp nedersettings saam is ‘n stam en almal buite die stam is ‘n bedreiging, veral as hulle nie soos stamlede lyk nie. ‘n Klomp stamme saam vorm ‘n land of nasie, en almal buite die land is ‘n bedreiging, veral as hulle ander tale praat, afskuwelike gewoontes het en heeltemal anders lyk. Die mense se gene is sekerlik al vir miljoene jare geprogrammeer dat buitestaanders ‘n lewensgevaarlike bedreiging is. Is dit dus enigsins verbasend dat mense eerder sê soort soek soort en in hul diepste wese bedreig voel deur buitestaanders?

En gegewe die genetiese beskerming ten gunste van groepsverband, is dit hoegenaamd moontlik om werklik nie rassisties te wees of op te tree nie?

Paul ·

Herman, betreffende rassisme, haatspraak en ewehandigheid die volgende: Ek is van mening die “probleem” van ewehandigheid lê by die definisie van rassisme. Ook per die sosiale norm kleef daar ‘n baie groter stigma aan ‘n rassis as dié van een wat haatspraak uiter.

O wee, en as jy as ‘n rassis gebrandmerk word?

Per die definisie van rassisme blyk dit ook dat ‘n swart mens wat van Crimen Injuria aangekla word baie moeilik, indien enigsins, aan rassisme skuldig bevind sal kan word, daardie persoon sal eerder aan haatspraak skuldig bevind word, in teenstelling met dié van ‘n wit persoon.

Dan is rassisme, wat by wyse van ‘n handeling of verbaal kan geskied, ‘n kriminele oortreding, terwyl haatspraak, wat slegs verbaal geuiter kan word, ‘n siviele oortreding is.

En as haatspraak mense aanspoor om tot dade oor te gaan?

Ek glo die ewehandigheid wat nie toegepas word nie, se antwoord lê in die voormelde opgesluit. Dus, soos die wetgewing tans staan, vra ek, is dit enigsins moontlik dat ‘n regter ‘n ewehandige uitspraak sal kan gee?

Thinus Oosthuizen ·

Voordat daar nie aanvaar word dat God se skepping Heilig is nie, dit sluit ALLES in. (Gen 1:27, Joh 10:34,Hand 10:11-16) en die erfsonde Gen 2 en 3 deur Roomskatolieke Heiliges eers +-200 tot 300 nC in die Bybel geskryf iis en dat die aarde om die son wentel, (bietjie logika, as die son 1,3 miljoen keer groter as die aarde is en dit vat 24 uur of een dag (wat eintlik 28 siklusse moet wees) dan sê die basiese ratios dat dit 1,3 miljoen dae TEEN die son sal vat om om die son te roteer. ) (Giordano Bruno 1548 – 1600) en solank as wat n Demokrasie soos om skryf in die Bybel Rigters 17:6, 18:1, 19:1 en 21:25 asook 1 Sam 8 nie aanvaar word nie maar Immanuel Kant se filosofieë, veral sy Perpetual Peace filosofie,die Wêreld Vredesorganisasie het in 2008 erken dat Perpetual Peace nie werk nie! Indien die 46664,46164 en die erfsonde 464 (Reënboog Strategie) nie implimenteer word nie, sal rassisme as Sosiale ondermynings tegniek deur die Mosesstoel ( Mat 23) gebruik word om vir hulleself ‘n gratifikasie te bewerkstellig, teenstrydig met UNCAC en Wet 12 van 2004.

Reguit ·

120 jaar terug het hierdie term nie eers bestaan nie. “Rassisme” is ‘n kunsmatige term wat maar redelik onlangs deur linkses geskep is. Dis maar net ‘n ander naam vir “anti-wit”.

Jerry ·

N koalisie tussen multi rasse groepe sal slegs gevorm kan word wanneer die speelveld gelyk gemaak is mbt gelyke behandeling en bevoorregting. Dit blyk egter uit onlangse plaaslike politieke verwikkellinge dat diegene met politieke mag die hele ekonomiese koek net vir hulle eie groep gaan probeer opeis. Nodeloos om te se dat dit reeds geskied deur misleiding in die vorm van transformasie en deur hulself van alle blaam te onthef asook die verdraaiing van geskrewe en ongeskrewe feite, intimidasie, blatante ongelyke behandeling en blatante onregverdige beregtiging. Ongelyke behandeling en beregtiging is diskriminerend en is die oorsaak van haat wat tot uiting kan kom in die vorm van wit of swart rassisme en of, wit of swart geweld.

Casper Labuschagne ·

‘n Koalisie of ‘n ooreenkoms van samewerking kan verseker tussen ongelyke groepe gevorm word. Maar as die een groep vermoed dat die ander groep eintlik so ‘n groep wil ondermyn, sal samewerking nie blywend wees nie. Daar is uitsonderings op die reël waar die byvoordeel wat ‘n groep (wat ondermyn word) uit so ‘n ooreenkoms kry die nadelige gevolge ruim oorskry. Die groep wat die ondermyning doen kan enige van die twee wees, die sterker of die swakker groep. Dit is juis my huidige probleem waar ek hierdie nare vermoede het dat die meerderheidsgroep se langtermyn strategie juis is om die minderheidsgroep te ondermyn en inderdaad word in sommige kringe gepraat van die totale verplasing van die minderheid.

Reguit ·

Aan diegene soos Jerry: In die geskiedenis van die mensdom was die speelveld nog altyd redelik gelyk, maar verskillende etniese groepe (soos o.a. oorspronklik gevind in Europa en in Afrika) het verskillende grade van vooruitgang ervaar as gevolg van o.a. genetiese verskille en verskille in intellek en vermoëns, ensovoorts. So, wat wel nié gelyk was nie (en ook steeds nie gelyk is nie) is mense. Geen twee mense is “gelyk” nie – op geen vlak nie – nie eers identiese tweelinge is “gelyk” nie. Die hele (links-liberale) idee van “Vryheid, Gelykheid en Broederskap” is vals, belaglik en satanies; en dit is ook die leuse van die Vrymesselary, en dit word deur denkende mense met minagting verwerp.

John ·

… ons moet tog almal maar vreeslik versigtig wees om nie die grense van die huidige paradigma te oorskry nie. Dan is daar ook nog diegene wat redeneer, en vroeer jare ook, dat die aardbol eintlik andersom geteken moet word, met die Suidpool bo. En daar bestaan kaarte wat dit so aandui. Dan beteken dit mos dat Afrika se suidpunt byna bo is. Is dit nie meer regverdig om van nou af dinge reg te begin doen nie en SA die krediet gee wat dit toekom nie. G’n wonder ook nie dat Van Donk deesdae so stook en geen druppel op daai stukkie aarde val nie… Nee, gits mense, kom ons begin ons aandag by belangriker sake beperk… soos erge rassisme (Harry van die Strand wat destyds vir Jan verwelkom het, het toe reeds die term geken) teen Afrika se posisie op die aardbol. CR verwys hoeka na die ‘darling of the world’…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.