Nuuskommentaar: Kernwapens nie albaster speel

John Bolton, die VSA se nasionale veiligheidsadviseur, tydens ʼn kabinetsvergadering by die Withuis op 16 Augustus 2018. (Foto: Washington Post foto deur Jabin Botsford)

Daar sal moontlik later vandag groter duidelikheid kan kom oor of die wêreld se kernbedreiging ’n hupstoot gaan kry wanneer die Amerikaanse nasionale veiligheidsraadgewer, John Bolton, se samesprekings met die Russe in Moskou afgehandel is. Dit volg na pres. Donald Trump gedreig het om hom aan ’n kernooreenkoms met Rusland te onttrek omdat Rusland die ooreenkoms glo skend. Rusland ontken dit.

Dié ooreenkoms wat nou in die kookpot is, moet nie met die internasionale kernsperverdrag wat in 1970 in werking getree het, verwar word nie. Die kernsperverdrag is deur 140 lande bekragtig. Suid-Afrika het in 1991 toegetree, en Noord-Korea in 1985, maar in 1993 weer onttrek. Die verdrag wat nou ter sprake is, is in 1987 tussen presidente Ronald Reagan van die VSA en Michael Gorbatjof van die destydse Sowjet Unie gesluit. Dit het ten doel om die ontwikkeling van middelafstand kruisermissiele wat kernwapens oor ’n afstand van 5 500 km kan dra, uit te skakel.

Rusland word al verskeie jare lank daarvan beskuldig dat hulle die ooreenkoms skend, en Trump het nou aangedui dat die VSA nie die “enigste land gaan wees wat hom daarby hou nie”. Rusland ontken dat hy dié ooreenkoms skend.

Dit is in hoofsaak Rusland se ontwikkeling van die 9M729 wat nou krap. Formeel het dié missiel ’n reikafstand van “net” 500 km, maar die VSA meen variante is ontwikkel wat die verbode afstand kan bereik. Dit beteken Rusland kan enige Europese land tref as die missiele van Moskou af afgevuur sou word. Dit beteken egter ook, volgens die webwerf Global Security.org dat sekere Amerikaanse stede aan die weskus getref kan word as die missiele van die verre oostelike dele van Siberië afgevuur word. Selfs kaarte is voorsien.

Westerse politici is dit nie eens of Trump die regte benadering volg nie. Kritici meen dat sou die VSA hom aan die verdrag onttrek, dit Rusland in staat stel om ongehinderd met die ontwikkeling van hierdie soort missiele voor te gaan. Ander staan by die VSA.

In die VSA is ’n gevoel dat die VSA beter sou vaar deur self missiele te ontwikkel wat ter see gelanseer kan word, en só druk op Rusland uit te oefen om te herbesin.

Intussen hou Rusland vol dat dit die onskuldige, vreedsame slagoffer van kwaadwillige Amerikaanse propaganda is.

Van buite geoordeel is die Amerikaanse media en publiek se reaksie ook effe vreemd. Die Los Angeles Times se daaglikse nuusbrief skenk eers in sy vierde berig aandag aan die saak. Die peilingsagentskap Rasmussen wat gewoonlik dadelik uit die blokke is om Amerikaanse opinies oor al wat relevante saak is te toets, is stadig uit die blokke en gee nog geen aanduiding dat dit selfs aan die beurt gaan kom nie.

ʼn Kaart wat op Global Security.org verskyn. Volgens dié webwerf kan Amerikaanse stede aan die weskus getref word as missiele van die verre oostelike dele van Siberië afgevuur word. (Grafika: Global Security.org)

Die geheim van die besit van kernwapens is om dit NIE te gebruik nie. Die blote besit daarvan dien as afskrikmiddel, en dit gaan ’n uiters onstabiele leier kos om die rooi knoppie te druk om ’n kernoorlog aan die gang te sit, juis omdat die aggressor die gevaar loop om in die proses van teenreaksie, uitgewis te word. Dit is hoekom met soveel kommer na die Noord-Koreaanse verwikkelinge gekyk word, en Israel en die VSA onder meer, erg wantrouig oor Iran bly.

Baie waarnemers meen Israel “waarborg” sy voortbestaan deur die “geheime” besit van kernwapens. Lande soos Egipte en Irak is besonder kwesbaar sou Israel oor kernwapens of enige ander bom beskik wat damme soos die Aswandam kan vernietig.

’n Nuwe kinkel in die kabel op internasionale vlak is egter dat baie wêreldleiers vir nie Trump of pres. Wladimir Poetin van Rusland as besonder stabiel beskou nie. Veral Trump se optredes, aangevuur deur sy dikwels opspraakwekkende getwiet, skep die indruk van onvoorspelbaarheid, en selfs onverantwoordelikheid. Sommige leiers, soos die Kanadese premier, kom baie na daaraan om Trump se geestelike stabiliteit te bevraagteken deur op te merk dis baie kompleks om met Trump te kan saamwerk.

Tog sal niemand waarskynlik glo dat Trump (of Poetin) selfs onder provokasie sal oorgaan om die rooi knoppie te druk nie. As ’n leier wie se land oor kernwapens beskik egter skielik ’n beroerte kry, of stil-stil Alzheimers of ʼn ander toestand ontwikkel, is dit ’n ander saak, maar dit kan aanvaar word dat genoeg veiligheidsreëlings in plek sal wees om ’n oomblik van waansin te voorkom.

Kernwapens is nie albaster speel nie. Juis daarom kan die vraag gevra word of Trump wys is om in die styl van Kim Jong-oen te dreig. Boonop het Trump al getoon dat hy die wêreldmening maklik vir ʼn ses kan slaan soos om die VSA uit die nuwe internasionale klimaatsverdrag te onttrek. Hy het pas eers erken dat die wêreld se klimaat aan die verander is – nadat die VSA self ʼn paar baie harde hamerhoue weg het – maar is steeds nie bereid om die wetenskaplikes se verklaring daarvoor te aanvaar nie.

De Standaard se skrywer, Corry Hancké, vra die vraag of Trump met ʼn pokerspel besig is. Die Telegraph en die Duitse Focus Online berig egter dat Trump die wêreld gewaarsku het dat die VSA beplan om sy kernarsenaal uit te brei sou Rusland en China voortgaan om hul eie voorraad uit te bou.

In minstens sommige kringe is daar dus nou effense ligte ongemak, juis omdat sake van hier af potensieel al verder kan ontspoor. Die Nederlandse koerant Trouw meen die opsegging van dié verdrag kan die hervatting van die Koue Oorlog en die wapenwedloop inlui.

Bronne:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jerry ·

Trump se geestestoestand kan vergelyk word met die van n boelie. As jy hom wil kwaad maak of wil he hy moet die rooi knoppie druk dan se jy vir hom wat hy nie wil hoor nie. John Bolton gaan dus vir hom se wat hy graag wil hoor en dan is alles a, okay. Wie sou nou ooit kon raai dat dit so eenvoudig kan wees om die magtigste boelie so maklik te kan beheer!

Boelie ·

Nou van wanneer as is die boelie om op te staan as jy deur globale rykes geboelie word? Nee, Trump verdedig die middelklasse teen die globale nuwe wereldorde. Dis nie boelie nie.

Piet ·

Jerry kan jy ons vertel hoeveel “inter continental ballistic missiles’ is na Trump se besoek aan Noord Korea afgevuur? Hoeveel ondergrondse kern ontploffings is afgesit? Vertel ons tydens wie se bewind het Korea die kernkrag ontwikkel? Ek sal ook graag wil weet wie dit is wat alle pogings vir n goeie verhouding tussen Rusland en die VSA ondermyn. Is dit nie juis “Crooked Hillary”, CNN en haar volgelinge nie?

Santie ·

Enigiemand wat steeds dink president Trump weet nie presiés wat hy doen nie, laat hom/haar deur die linkse media aan die neus lei. Pres. Trump weet wie om te “boelie”, en hoe om dit te doen, om wêreldvrede te bewerkstellig. Hy het dit met almal anders reggekry, hy sal dit met Rusland ook regkry.

Marie Visser ·

Santie en Twakkie, stem saam met julle. Trump laat hom nie dikteer nie – hy is enig in sy soort – bravo vir Trump!

Landi ·

Wens ons het n Pres soos Trump gehad. Vir n slag een man in die wereld wat n spade n spade noem, en skielik vind baie gemaklikke leiers hulself op die tone. Ek vir een, is gaande oor hom. En ja, hy gaan nie maklik wees om mee saam te werk as jy nie jou varkies agter mekaar het met lojale intensies teenoor jou eie, en tog n mededeelsaamheid teenoor ander in alle regverdigheid.

Staak saam ·

Herman, Rusland is besig om hulle ou USSR propaganda masjien weer aan die gang te kry. Trump is nie die duiwel wat die liberale media voorgee nie.

Kernbomme en veral waterstof bomme is daar genoeg van om die wereld n paar keer te laat vergaan, kernkrag naavorsing gaan kernwapen ontwikkeling altyd vooraf, daarna volg bediening.
Rusland gaan volgens media hulle hipersonic glider ontplooi, dit vlieg in die stratosveer teen mag 5. Daar bestaan nie n misiel wat hom kan afskiet nie behalwe die laser gun wat nog ontwikkel word.
Space tockets is die engine waarmee kernbomme afgelewer word (ICBM) en Rusland het die meeste. Rusland het moetswillig die ooreenkoms omseil met die hipersonic glider want n glider is nie n rocket nie.

Ek persoonlik dink dat Trump die enigste leier is wat nie wol voor sy oë laat hang nie, hy sien die gevare duidelik raak. Gee vir Iran net n halwe kans en Israel verdwyn in die nuut.

Kryger ·

As ‘n land kern wapens het, maar die leier is nie beried on dit te gebruik nie, kan jy net sowel dit nie he nie. Pres Trump drieg vir Rusland en China, want hulle weet sy dreigemente dra water.
Rusland (Pres Poetin) is net so bang vir Amerika se 5500km afstand missiele soos Amerika vir Rusland se missiele en Rusland en China wil ook nie he Amerika moet hulle kern wapens uitbrei nie. Ons vergeet partykeer dat hierdie lande ook deur mense regeer word wat net so bang is vir die dood soos ander mense.
Die massa histerie wat Pres Trump probeer aan bande le is onnosel en in elk geval is hul taktiek om die ander wang te draai alreeds beproef deur Pres Obama met slegte nagevolge.

Kryger ·

Ek is nie seker hoekom jy dink Pres Trump het nou eers erken die wereld se klimaat is aan die verander nie… Dis ‘n belaglike stelling, seker weer vanaf die MSM?
Wat Pres Trump se (gebaseer op vooraanstaande wetenskaplikes se bevindigs) is dat dit nie bewys kan word dat die mens ‘n beduidende rol speel in klimaats verandering nie.
Vra jouself af hoekom het die term verander van “Global warming” na “climate change”? Daar is baie plekke wat kouer geword het, dis hoekom dit nou klimaats verandering geword het in plaas van aards-verwarming. Klimaats verandering was nog altyd daar, voorbeelde is die verskil tussen Kanaan in die Bybel en Isreal vandag, die Karoo en vele ander woestyne wat onder water was op ‘n stadium, die vele ys tydperke en hoekom daai ys gesmelt het, ens.
Hier is twee paar feite wat nodig is om te verstaan:
1. Meeste plante op aarde is in die see, nie Suid Amerika of Afrika nie.
2. Meer mense beteken meer CO2 in die lug – dis wat plante gebruik om mee asem te haal.

DewaldS ·

Ek lees genoeg op oor internasionale geo-politiek om te weet wat is die dinge wat Herman Toerien nie hier vertel nie.

i) Rusland is heeltemal groot genoeg dat die enige plek in Europe met ‘n IKBM (met minimum afstand 5500km) sou kon tref deur dit van die Ooste-kant af oor hulle eie land af te skiet – die goed kan in elk geval seker tot so 16000km ver vlieg!. Dit kan ook omtrent enige plek in die VSA so tref. Om aan hulle daardie motivering toe te dig (dat hulle Europa wil bestook) om die intermediêre afstand kern-missiele te ontwikkel, is dus nie baie eerlik nie.

DewaldS ·

ii) Die VSA (dmv NAVO) het basisse al teen die Russiese federasie se grense. Daardie basisse is kamtig ontwikkel om NAVO lande te beskerm deur missiele te kan afskiet sou die Russe dan heel onverwags (en vir watter rede?) Europa aanval. Daardie selfde basisse kan omskep word om intermediêre afstand kernmissiele in Rusland in te lanseer. Duidelike motivering hoekom die VSA sulke missiele sou wou hê. Baie goedkoper en op-‘n-afstand oorlog teen die Russe en die NAVO lande kan maar vernietig word en die VSA glo hulle kan dit oorleef. So – stel die narratief op dat Rusland dit ontwikkel en dan is daar mos regverdiging vir die VSA om dit ook te doen. Tensy dit natuurlik al lankal hulle plan was?

DewaldS ·

ii) Die VSA (dmv NAVO) het basisse al teen die Russiese federasie se grense. Daardie basisse is kamtig ontwikkel om NAVO lande te beskerm deur missiele te kan afskiet sou die Russe dan heel onverwags (en vir watter rede?) Europa aanval. Die VSA het daardie basisse sedert 2002 ontwikkel toe hulle eensydig uit nog ‘n belangrike verdrag getree het. Daardie selfde basisse kan omskep word om intermediêre afstand kernmissiele in Rusland in te lanseer. Duidelike motivering hoekom die VSA sulke missiele sou wou hê. Baie goedkoper en op-‘n-afstand oorlog teen die Russe en die NAVO lande kan maar vernietig word en die VSA glo hulle kan dit oorleef. So – stel die narratief op dat Rusland dit ontwikkel en dan is daar mos regverdiging vir die VSA om dit ook te doen. Tensy dit natuurlik al lankal hulle plan was?

Henk ·

Ek is in Amerika en President Trump is stabiel, Wat se snert is dit Om hom met daai komminus Putin te vergelyk. wow julle mense moet ophou CNN kyk, CNN is soos Ramaphosa wat se daar is nie plaas moored nie. wie moet Rusland op hulle plek dit net een land Amerika. Putin is fanatics en moor mense uit as hulle nie aan sy kant is nie, hy is n groot Malema

Jerry ·

Staak saam, Donald Trump se grootheidswaan het hom so magsbehep gemaak dat hy nie eers meer vir Melanie raak sien nie, laat staan nog gevare raaksien!

Piet ·

Henk ek hoop jy geniet dit daar in die VSA! In die geheim het die CIA SA ondersteun in ons bosoorlog in Angola, omdat ons ‘n gemeenskaplike vyand gehad het, naamlik Kuba wat met die hulp van Rusland amper n kern oorlog teen Amerika begin het. Terselfde tyd het hulle in alle erns begin om SA te boikot. Interesant dat hulle eers vir Castro, van Kuba, gehelp het in ‘n staatsgreep teen sy voorganger en hom later om die lewe wou bring om elke hoek en draai. Hierdie oorlogmodel het hom ook in Irak afgespeel waar hulle Sadam gehelp het om die Ayatollah van Iran te beveg net om hom later uit te lewer aan sy eie mense om gehang te word. Selfde storie in Afghanistan. Waar ook al Amerika betrokke was het die selfde storie ontvou. Ek het nie genoeg spasie om te verduidelik waarom dit gedoen word nie, maar n sekere minister van ons (my kommentaar wat betrekking het word nie toegelaat nie), het manne op die grens laat sterf terwyl hy saam met die CIA en hul kommunistiese pelle besig was om die ANC oorname van SA te bewerkstellig. Ek hoop regtig Trump kan uit die kloue van hierdie duistere klomp bly en sy land na werklike stabiliteit en welvaart stuur.

John ·

Ooh Jerry, dis presies hoekom Trump so beskinder word, dat mense dit moet glo. Trump het nie donker dieptes nie… mens is eerder bang vir die’ dinge wat ons nie hoor nie. Hillary en Obama en Bush… scarry… En ‘n kop op die skinkbord vir die koning en posbusbomme wat mense self in hul posbusse plaas… Dis nou bangmaakgoed… Truth is stranger that fiction… Dis waar. Mens is nie bang vir die groen mannetjie wat die aardbewoner wegvoer die ruimte in nie. Dis die ou wat weggevoer is wat my sleg laat slaap.

Marthinus Willemse ·

Ek hou die afgelope ses jaar `n ogie op Wladimir Poetin en Rusland, en om hom “nie … besonder stabiel” te noem, is absurd. Navo is `n Amerikaanse invalsmag, op Rusland se grense, vanaf die Noordpool tot by die Middellandse See. Om dit nie in te sien nie, en te verwag dat Rusland nie daarop gaan reageer nie, dui op onkunde.

DewaldS ·

100%. Die wat dit nie kan of wil sien nie is of te onkundig of hulle is ‘paid shills’ van die NWO wat betaal word om ‘n ander storie te verkoop.

Piet ·

Dewalt wat baie min mense weet is dat, gedurende die Kubaanse missielkrisis, toe die VSA Kuba ‘n 3 dae ultimatum gegee het om hul kernmissiele te verweider, het die VSA ‘n noemenswaardige, maar hoogs geheime toegewing gemaak. Hulle het hul eie missiele wat op Rusland gerig was eers gaan aftakel. Die wereld domineering, of nuwe wereld orde, het na die 2de wereld oorlog van Engeland geskuif na die VSA, want Hitler het Engeland permanent verswak. Putin bedryf tans ‘n regering wat baie ooreenkomste het met ‘n apartheid sisteem en dit pas nie in by ‘n NWO nie. Wat mens egter gerus kan opmerk is dat die liberaliste die NWO steun (al besef hulle dit nie). Dis duidelik hoe hulle alles in hul vermoe doen om onmin tussen Putin en Trump te saai en resultaat hiervan gaan natuurlik nie goed wees nie. Dan vertel hulle uit onkunde hoe mal Putin kwansuis (en Trump) is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.