Nuuskommentaar: ‘Kill the Boer, kill the farmer’

Argieffoto: Reint Dykema

“Vertaal asseblief hierdie artikel in Engels. Dis noodsaaklik dat die buitewêreld hiervan kennis dra – van die verskriklike marteling waarmee plaasmoorde gereeld gepaardgaan – en ek wil graag die inligting aan oorsese vriende stuur. Maar hulle verstaan nie Afrikaans nie.”

Dít, min of meer, is ’n gereelde versugting van Maroela Media-lesers wat kommentaar op berigte, artikels of rubrieke lewer.

Intussen het dit via sosiale media begin uitlek dat daar inderdaad so ’n boek op pad is, juis met die hooftitel Kill the Boer, kill the farmer. Ernst Roets, ondervoorsitter van AfriForum, blyk die hoofskrywer te wees. Selfs ’n vroeë konsep van die voorgestelde voorblad het op sosiale media in omloop gekom. Roets het gister op Pretoria FM se Klankkoerant die sluier oor meerdere aspekte van die boek gelig. Die boek behoort Juniemaand klaar te wees, en word deur Kraal-uitgewers uit die Solidariteit Beweging se stal uitgegee.

’n Persoon of instansie vertaal wel self soms die inhoud van plaasmoord-artikels en stel dit vir gebruik in Engels beskikbaar. So is ’n nuuskommentaar, Plaasmoorde, een erge euwel, twee persepsies, in Januarie 2015 vertaal, en onder meer hier op die internet geplaas.

Die rubriek het ook, soos die titel aandui, die kwessie van verskillende perspektiewe uit Afrikaanse geledere berig – die een dat plaasaanvalle wreed is, en dat die rol van politiek nie misgekyk moet word nie. Die hoofartikels, wat die twee verskillende perspektiewe bewoord het soos vervat in die hoofartikels van onderskeidelik Beeld en Die Volksblad op dieselfde dag, is as ankers gebruik.

Dit was in die dae toe onder andere Solidariteit oor die hoofredakteurskap van Adriaan Basson vir ’n boikot van Beeld gevra het. Basson se verskuiwing binne Media 24 het genadiglik ’n einde aan dié onvergenoegdheid gebring, hoewel sommige Afrikaanse akademici verbete klou aan die afskaling aan die erns van plaasaanvalle, en die politieke rol ewe verbete ontken.

Dit is hoogs ongerymd om die skrywer van ’n rubriek soos hierdie se persoonlike omstandighede daarin te verreken. Daar is egter geen manier dat die uwe “sag” na plaasaanvalle kan kyk nie. Bykans sy hele familie boer, sy skoonma was die slagoffer van ’n plaasaanval. Ook die skoonpa se broer op ’n buurplaas is gewelddadig aangerand en sy huis gestroop. Vroegoggend kon hy hom loswoel en met ’n trekker (sy bakkie is gesteel) gaan hulp soek.

Die skrywer se oudste seun is met ’n Landbouweekblad in die hand gebore, en het landbou gestudeer. Hy het verskeie plaasaanvalle in die omgewing waar hy werk, eers by Bothaville en toe die Paarl, op die een of ander wyse beleef. Die plaasmoord naby die Paarl (by Klapmuts en ’n hanetreetjie van die plaas waar hy werk en ’n plaasaanval wat kort voor sy koms plaasgevind het) het regstreeks tot die Swart Maandag- landwye optogte gelei.

Geen ouer kan in hierdie omstandighede lou oor die kwessie staan nie. Google wys 2 000 trefslae aan oor die nuuskommentator se gepubliseerde pennevrug oor plaasmoorde, en byna net soveel oor plaasaanvalle.

Die hoofskrywer van Kill the Boer, kill the farmer, Roets, asook sy ondersteuningspersoneel by AfriForum en Solidariteit, is besonder goed toegerus om objektief oor die onderwerp te kan skryf. Die boek, Treurgrond, met dr. Dirk Hermann as hoofskrywer, kom byvoorbeeld uit dieselfde stal.

In die nuwe boek word onder meer empiries bewys dat dit feitelik verkeerd is om die politieke rol in plaasaanvalle te minimaliseer, en dat die voorstanders daarvan ’n volkome foutiewe metodiek van berekening gebruik het.

’n Groot deel van die politieke rol kom van die regering self. Feitlik elke keer dat die regering beloof het om sy optredes teen plaasaanvalle te verskerp, het die teenoorgestelde in die praktyk gebeur.

Kill the Boer, kill the farmer” blyk ’n goeie belegging te wees as hulpmiddel om mense in die buiteland bewus te maak van die grusame aanslag op die land se boere. Roets self skryf op AfriForum se Facebookblad die volgende:

“Die boek Kill the Boer, kill the farmer gaan oor die regering se aandadigheid by Suid-Afrika se wrede plaasmoorde. Ek is nou besig om die teks te finaliseer. Dit word geskryf met ’n internasionale gehoor in gedagte. Ons sal eersdaags meer inligting aankondig oor wanneer die boek bekendgestel sal word, hoe jy solank ’n getekende kopie kan bestel en ook wat jy kan doen om na die bekendstelling genooi te word.

“Die boek skok selfs dié wat die meeste oor plaasmoorde ingelig is. Help asseblief om die boodskap te versprei en hou hierdie spasie dop …”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

White Rhino ·

Sal defnitief help om dit te versprei en ook na die Buiteland toe stuur – veral omdat dit Engels geskryf word.
Australie moet natuurlik ook ‘n paar kopiee kry en Trump ook.
Wie kan dit na Australie en Trump in USA stuur?

Jerry ·

Solank as wat die boek die hele spektrum en beide kante van die muntstuk dek, word dit verwelkom. Daar moet dus gewaak word om nie wit en swart teen mekaar af te speel nie (speel verskillende ideologiee teen mekaar af) deur die fokus te plaas op woorde soos boere (sonder die wit), plaaswerkers (sonder die swart), moordenaars (sonder die swart) en wetstoepassers ook sonder die velkleur. Die doel van die boek sal nie net wees om Suid Afrikaners en die buiteland bewus te maak van die ANC regering se aandeel in plaasmoorde nie, maar ook kan dit goeie en slegte emosies wakker maak by mense wat aan verskillende kante van die draad staan. Die regte impak behoort druk op die regering te plaas om beveiliging van boere en hul werkers n prioriteit te maak. Die verkeerde impak behoort die ANC regering net nog meer skietgoed te gee om plaasmoorde nie as n prioriteit te hanteer nie. Die boek behoort nie goeie leesstof te wees vir sensitiewe lesers nie

Janee Boerseun ·

Ou Jerry kan sy haat vir die AFrikaner, die boer, Afriforum en Solidariteit net nie wegsteek nie, tog is hy ELKE LIEWE DAG op hierdie forums … goed so .. laat hy ook uiteindelik die waarheid en die LIG sien !!

rollie ·

Maar die plaasmoorde het dan reeds so afgeneem vanjaar. Dit gaan die “politieke rol” en die valse bewerings van georkestreerde wit bevolkingsuitwissing weerlê.

Pollie ·

AG jy lieg al van gister af oor PLAASMOORDE wat AFGENEEM HET . ons almal weet dit het met rasse skrede TOEGENEEM, weet nie waar kry jy en Jerry julle informasie nie . maar IEMAND LIEG VIR JULLE!

Siek en sat ·

Stuur soveel inligting oor die blankes se situasie oorsee asb.

T. van Schalkwyk ·

Uitstekende nuus! Die boek kan nie gou genoeg verskyn nie.

Die Australian Broadcasting Corporation (ABC) vra juis in hul gereelde “Fact Check” hierdie week die vraag: “Were 400 white South African farmers murdered last year?”
Nou ja, natuurlik is 400 nie korrek nie, maar die blote feit dat daar gereeld oor getalle bespiegel, gestry en hare gekloof word wanneer hierdie onderwerp ter sprake is, spreek boekdele oor die harteloosheid by linksgesindes vir wit mense se teëspoed en pyn.

Die teenstrydige boodskappe vanuit Suid-Afrika oor plaasmoorde is ‘n probleem en kan maak dat selfs goedgesindes later twyfel. Hoe verward sal ‘n buitelander bv. wees wanneer hy met sommige van ons welbekende Suid-Afrikaanse meningsvormers oor plaasmoorde gesels. Die ontkenning wat steeds in sommige kringe heers, is verstommend.
Mag Ernst Roets se boek groot sukses behaal!

BOLANDER ·

Ek persoonlik voel ook dat daar soveel as moontlik inligting oorsee gestuur moet word asb. Maar ek stem ook saam dat dit in die korrekte konteks gestel moet word. Hulle daar oorsee moet weet wat se ongeruimdhede hier in ons land aan die gang is.

Siek en sat ·

Ons stuur gereeld ALLES oorsee. Tot al direk aan Donald Trump gestuur. Sal maar sien wat gebeur.

Johan ·

Dit sal wonderlik weed as dit soos Paauw se boek ook elektronies beskibaar kan wees. Paauw se boek het elektronies soos ‘n veldbrand geloop.

Jerry ·

Ek stem saam met Jerry dat Ernst die boek kleurblind moet skryf sodat dit net so n groot impak maak op swart lesers as op wit lesers, veral in die buiteland.

Willem ·

Maar natuurlik weet ons dit sal nie gebeur nie. Die boek is ook amper al klaar geskryf en verseker sal daar nie nou op hierdie laat stadium aan jul versugting voldoen kan word nie.

Theresa ·

Bravo!! Dankie vir jul volgehoue pogings om ons (duisende van ons) wat nie weet wat om te doen nie, moed te gee en die aanslag te verwoord en na lande te stuur dat mense meer ingelig raak. Daar sal altyd weer ‘n boek verskyn (soos al baie) wat ander gebeure uitlig en voorhou, maar solank daar puik skrywers is wat ons situasie verwoord, is daar meer ewewig. Die skrywer kan moontlik self sy boeke aan belangrike mense in ander lande stuur.

Jerry ·

Boerseun, die kommentaar van Jerry is alles behalwe liberaal, dit getuig van n hoe vlak emosionele intelligente denke te midde van n sensitiewe emosionele onderwerp.

Tatta ·

TIEN HOERAS VIR ERNST ROETS, NOU kan al die liberale en kamstige slagoffers se LEUENS uitkom … IGNOREER vir JERRY, ons het klaar gesien sy liberale onderrok hang uit . STERKTE MET DIE BOEK ERNST< nou kan die WERELD ook sien WIE LIEG En WIE LIEG NIE … As daar 'n Long Walk to FREEDOM kon wees, kan daar 'n KILL THE BOER Ook wees . nou sal die WERELD AANDAG GEE en die liberales met hulle leuens sal VERDWYN.

Vermeendes ·

Plaasmoorde is sonder tweifel georgesteer en word gedryf deur bevrydings partye en organusasies.
Op hierdie oomblik is net die militere wapens wat gebruik word die naaste bewys en die sel foon blokeerders wat op CCTV vasgevang is, hiedrdie blkeerders kom van die weermag stock af.
En dan is daar die toeval soos nou weer, sedert Winnie die lewe verlaat het en Zuma in die hof moet kom, beide twee groot gebeure is daar nog nie een plaasmoord gewees nie en veral tydens Winnie se dood, dit was ook so gewees met die SWC en met die ANC kongres.
Die toeval is net te groot, voed groot gebeure in die land dan die massas…..nee, dit skep inteendeel die regte klimaat aangesien die SAPD se fokus dan elders is.
Delf net dieper om die waarheid te kry en let op, na Winnie se begrafnis word die deure van die hel weer oor die boere en bejaardes oopgemaak.

Jerry ·

Tatta, jou wanpersepsie wat jy skep en jou gebrek aan voorstelle mbt onderwerpe onder bespreking, is om die minste te se, betreurenswaardig. Deur mede Afrikaners se opinies nie te respekteer nie en beledigend te raak dra absoluut niks by tot die soeke na oplossings en die beste opsies vir Afrikaner probleme.

Oom Kalahari ·

As dit nou by Jerry en rollie kom, wel dan kan jy maar die “Liberale” magneet wegstoot aksie verwag. Voor 1994 was alles gedoen om die Regering en sy minderheids groep in swaklig te stel en van die sestiger jare moes ons gebuk gegaan het onder buitelandse sanksies, maar goed oorleef. Jerry en rollie moet verstaan dat Mnr Ernst Roets die skrywe op werklikhede asook waarhede vir navorsing sal basseer en nie duimsuig inligting nie. Dit gaan oor ‘n hernude diskriminasie, Apartheid, vertrapping, onteiening en misdade teen ‘n minderheids groep om hul hele kultuur en Godsdiens asook taal te vernietig.

Hendrik ·

Geen twyfel dat die inhoud van die boek uitstekend sal wees nie. Die medium is egter die probleem. Gereelde verslaggewing in Engels sal baie meer trefkrag hê aangesien meer mense dit sal lees en herhaling oor tyd benodig word om inligting vas te lê. Onhou die teikenmark – indien dit die buiteland is, aanvaar dat min mense die moeite gasn doen om n boek op te tel en te lees. In ternstelling daarmee, as ons almal gereeld Engelse artikels oor plaasmoorde op ons sosiale media platvorms plaas waar ons buitelandse vriende dit kan sien, sal ons trefkrag baie groter wees. My Amerikaanse vriende vra my gereeld uit oor wat in SA aangaan na aanleiding van my sosiale media plasings en sommiges van hulle plaas dit dan self.

Tokkie ·

Die buiteland het geen idee van die wreedheid en marteling wat gepaardgaan met die moorde nie – die intensie is nie huisbraak of roof nie – dis volksmoord

rollie ·

Hoe kan dit volksmoord wees, genade ons praat van 80 mense wat per jaar op plase vermoor word (wat swart mense insluit). Buiten die plase (waar minder as 1% van wit mense woon) is die moordsyfer veel hoër op swart mense in die res van SA. Swart mense het gemiddeld ‘n agtkeer groter kans om vermoor te word as wit mense.

John ·

Sedert grondlegging is Afrikaners eers deur sendelinge waaronder die bekende dr Philip beswadder en onder sy invloed het mede-kerklikes skrikwekkende stories opgedis vir Europa omdat Philip die boere wou verhoed om in die land eie regte te ontwikkel ~ die queen se heerskappy was die eintlike hoofsaak. En so het die duiwel uiteindelik sake begin beheer en moord en doodslag en haat en nyd en vergrype en brute jaloesie laat floreer. Afrikers het onder erge provokasie en met duur pryse voortbestaan en doen dit tot vandag toe. Scramble for Africa is nog op die rakke. Lees dit. Die ou boek se titel se steeds alles. Die woorde gryp, leuens, skatkamers en rassisme bly verstrengel op die suidelike punt van Afrika. Van Donk se Adamastor spook steeds.

jaco ·

die einste Dr. Phillip was vreeslik jammer vir die swartes, maar het ‘n baie lelike woord gebruik elke keer wat hy na hulle verwys het. as hy vandag sou geleef het, sou hy tronkstraf daarvoor gekry het.

jaco ·

nou is die engelse taal skielik goed genoeg, maar as daar verengelsing is van skole en universiteite, dan kla dieselfde afrikaanssprekende wit mense. ek hoop almal besef nou dat kennis van engels gaan help om die res van die wereld in te lig oor hoe ons in SA onderdruk word. hou op kla oor nonsens soos taal. ‘n engelse skool en ‘n engelse universiteit beteken nie jy word aangeval of vermoor op jou plaas nie. kla oor die goed wat regtig saakmaak.

Johann ·

Onthou julle daardie keer toe die buiteland ons kom help het?
….
En onthou julle daardie keer toe die internasionale gemeenskap vir Mugabe sê hy maak nou verkeerd en moet asb. ophou?

Maar dit blý altyd ‘n goeie ding om ware feite en goeie inligting oor ons stryd by herhaling en deur verskeie media te versprei en veral vertaal in ander beskaafde tale en ook in Engels.

‘n Boek versprei dalk stadiger as veldbrand-video’tjies (“viral videos”) maar ‘n boek bly baie langer behoue en kan ‘n gesaghebbende bronverwysing word.

Waak om nie met hulpelose oë die hele hoop op hulp uit die buiteland te stel nie: Niemand gaan “ons kom help” nie, ons moet dit ook self doen.

Maar ek ondersteun nogtans élke positiewe poging tot groter bewusmaking. Hetsy gereelde klein artikeltjies vir groter bewusmaking, of hierdie boek – ‘n groot taak, dankie!

Net ‘n tersluikse gedagtetjie…..
Die sprinkaan vreet tot die sprinkaan vrek. Jy kan hom maar vlinder noem, hy sal bly wees, maar sy natuur sal nie van hom wyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.