Nuuskommentaar: ‘Kluitjies bak en die politiek’

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. (Foto: AP)

Die onsekerheid oor waar oudpres. Jacob Zuma hom bevind, rig enorme skade aan die land aan. Kluitjies bak is nie ʼn spesiale voorreg van politici nie – hul geloofwaardigheid is juis belangrik. Maar in Suid-Afrika word die vermoë om kluitjies te bak blykbaar as aanwins beskou.

Suid-Afrika was ʼn aantal jare gelede internasionaal in die nuus nadat ʼn premier van Mpumalanga gesê het dit is heeltemal in die haak vir politici om minstens af en toe kluitjies te bak.

Hoewel hy wyd en syd vir dié “juweeltjie” gestriem is, het politici wyd die reputasie dat hulle gereeld kafstories aan die publiek probeer verkwansel. So word gereeld gevra hoe ʼn mens weet dat ʼn politikus net te maklik bollie vir die burgers aanbied.  Die antwoord is dat ʼn mens net oplet – as die politikus se lippe roer, weet mense dat daar gelieg word.

Met verkiesingstye word die verkiesingsbronne van partye gereeld verdink van propaganda eerder as om as strategiese kommunikasie vir baie burgers ingespan te word. In die reël bly geloofwaardigheid in die slag.

Op die oomblik lyk dit of die waarheid eenvoudig terugstaan vir politici om twakstories te verkwansel. ʼn Regering met ʼn onbetroubare media is gewoonlik baie ongeloofwaardig. Met die skrywe hiervan is dit onbekend waar oudpres. Jacob Zuma hom bevind, en al het die regering presies geweet waar hy is, sal die waarheid eers bekend én geloofwaardig wees wanneer sy teenwoordigheid in bv. Switserland onafhanklik bevestig kan word.

ʼn Land ly geweldig skade as die regering ʼn ongeloofwaardige reputasie het.

En dit is juis nie asof Zuma so ʼn vreeslike onkreukbare geloofwaardige reputasie het nie. En, ongelukkig het die land ʼn reputasie dat die waarheid bloot saak maak as dit in belang van die politici is dat die waarheid die geldende narratief moet wees. Maar die afbreek van ʼn reputasie vir geloofwaardigheid breek makliker af as wat dit opgebou word. Hoe anders as ʼn minister spottenderwys die bynaam van “Promises” gekry het. Maar meer nog, as die feit dat Suid-Afrikaanse soldate hulle in Angola bevind, hardkoppig ontken is.

En wie sal vergeet van die wasmasjiene wat vir almal onder die nuwe bedeling beloof is, kompleet asof dit op ʼn mooi dag uit die hemel sou neerdaal? En hoe ʼn gesukkel was dit nie om die regering so ver te kry om met die sak patats na vore te kom oor wat die waarheid oor Nkandla was nie.

Selfs die Zondo-kommissie wat moet probeer vasstel wat die waarheid oor staatskaping is, se grootste taak gaan wees om vas te stel watter getuienis wat so onder eed afgelê is, is die waarheid, en wat is gemeineed om ander wol oor die oë te trek?

Wie gaan beleggings doen in ʼn land waar leuens die geldende norm is, en die waarheid slegs ʼn instrument van gerief is?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Joan ·

Zuma is weg. Sal hom nie maklik kry nie. Hy ‘vergeet’ skielik.
Gerieflik!

koos ·

Zuma het nie geld om sy skuld te betaal nie, dan nou hoe het hy in Kuba gekom? Geloop? Nee glad nie, hy is geregtig op buitelandse vlugte wat deur die staat betaal word, nou sal ek dan aflei dat teminste 3 persone in die staat geweet het hy is Kuba toe, want hulle (die minister, die persoon wat sy vlug goed gekeur het, die persoon wat die vlug bespreek het en miskien ook die SAPS beskermings dienste hoof) moes die administratiewe take hanteer. Dan kom ons nog by Binnelandse sake, want sien hy moet sy paspoort gebruik, en so weereens word die leuens grooter en meer van die regering se kant af!!

Kerneels ·

‘n Kat maak laaang spronge as die plaat warm word… Sy laaste appel-saak ook onsuksesvol gewees. Die strop raak nou al korter.

Heinrich ·

Hy is in Wakanda en maak gebruik van die Black Panther se weggesteekte mediese tegnologie.

André André ·

Met Zuma weg weet ek nou nie mooi wat se enorme skade dit die land sou berokken nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.