Nuuskommentaar: Kom breekspul met Malema oor grondbesit?

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Dis ongelukkig nog nie moontlik om te bepaal of Julius Malema, bevelvoerder van die EFF, werklik gister gesê het dat wit mense wat die huidige grondgryp-planne sou bestry “se kele afgesny sal word” nie. Die meeste nuusbulletins swyg daaroor, maar uit ouer aanhalings en nuwe vloermoere is dit ook duidelik waar sy sentimente lê.

Gisteraand is die beweerde uitlatings selfs in ’n kommentaarprogram op die nasionale uitsaaier kortliks onder die loep geneem, en ’n paar belangrike sake kom na vore:

  • Malema en kornuite durf nie met sulke aanhitsende uitsprake wegkom nie.
  • Afrikaners moet nog leer om instellings soos die Menseregtekommissie reg te benut.
  • En die Menseregtekommissie en ander instellings moet koes vir “politieke korrektheid” en leer om gelykhandig op te tree. Anders is daar groot kommer.

Wat wel so is, is dat baie lede van die publiek en meningsvormers ernstig bekommerd is oor die uitwerking van retoriek op tussengroepverhoudinge in die land. Daar is ook ’n verlammende gevoel van futiliteit om die feite reggestel te kry waarop die huidige wardenke gegrond is.

Verder is dit kommerwekkend dat van die paneellede so omsigtig is oor die reg/plig van spesifiek AfriForum om stappe teen Malema te doen. Bedoel Max en kie dat iemand eers aan sekere voorvereistes soos politieke oriëntasie, velkleur, en so meer moet voldoen voor hy/sy in die daaglikse uitvoering van beleid mag deelneem?

Die feit is egter dat Suid-Afrikaners, soos destyds met die disintegrasie van die Sappe en Natte, moet leer om ’n nuwe soort politiek te bedryf. Maar dit sal ’n gevaarlike spel wees tensy die Menseregtekommissie sy pligte onder oë begin sien.

En so ’n volledige benadering is slegs moontlik as die Menseregtekommissie sy plig begin nakom.

NS: Gisteraand was ook die swanesang van Heindrich Wyngaard wat betref Kommentaar op RSG. Hy sluit hom nou by kykNET aan. Baie luisteraars sal sy manier van aanbieding werklik mis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Irene ·

Niemand doen hom iets nie want daar sit aanhisters agter hom

Pieter ·

Julius moet gedaag word om Trump( president van Amerika) te skakel en te se dat aangesien die wittes daar die grond van die Indiana gevat het om dit aan die hulle terug te gee. So ook vir die eerste ministers van Australie en Nieu zeeland.
Graag die reaksie wil sien.

Alida ·

Hy kry te veel dekking. Hy moet gladnie weer op TV verskyn nie ASB.

lizl ·

Ek verstaan een ding glad nie. Afriforum het dan hofbevel gekry teen Malema en sy haatspraak. Hy moet dus mos toegesluit word ? Of was dit ook maar net `n loopneus storie ?

Gerhard ·

Mense verwag teveel van die regstelsel. Dit is so geskryf en word so beheer dat dit Malema deels beskerm. Hy kan met goed wegkom waarmee ‘n blanke nooit sal nie.

DewaldS ·

Na regter Lamont se uitspraak sou enige landsburger bloot by ‘n polisie-kantoor kon inloop en ‘n kriminele klagte teen Malema (of enigiemand anders wat die liedjie sing) aanhangig kon maak. Maar Afriforum het hulle-self as Afrikaner-leiers verklaar op daai rondte en ‘n niks-seggende skikking met Malema en die ANC aangegaan sonder om die mense wat hulle veldtog gefinansier het eers te vra.

Elize Mans ·

Ek vra net aan die DA,en ander politieke partye, gaan julle Malema ,stop met sy haatspraak.Hoekom doen julle nie iets nie.Hoekom word hy nie aangeklae nie?Hoekom kan hy doen wat hy wil,en kom niks oor nie.Waar is die polisie,om hom aan te klae.Of is hy bo die wette verhewe.?

Gryp die geleentheid ·

Ons moet hierdie haatspraak gebruik as geleentheid om nou te begin onderhandel vir selfbeskikking. Die tyd is nou reg, dis nou ons venster van geleentheid.

Vermeemde ·

So uit Mandela se mond, “kom onderhandel daaroor maar dit sal nooit gebeur nie”
As jy n man is dan is jou kans beter om swanger te raak.
Dit was juis onderhandelings wat on tot hier gebring het!!

Groottrek2 ·

Ons het nou rede om te trek, kom ons almal trek as n massa terwyl ons nog kan, terwyl ons nog ons bates kan saamvat.

Jimbo ·

Suidkaap toe – dis waarheen. ‘n Plek wat reeds Afrikaans is, en waar bai geleenthede bestaan vir entrepreneurs. Strategies verdedigbaar: Suid van jou is die see, so hierdie klomp kan jou in die rug aanval nie; Noord van jou bergreekse – maklik verdedigbaar deur bloot die passe te beleer; oos en Wes van jou – verskeie diep ravyne oor groot riviere – ook maklik verdedigbaar. Konsentreer die getalle in een area, en pleeg sessessie. Ju-ju kan maar die hele noorde vat en opmors – ons sal hom uithou, en ten duurste laat betaal vir bietjie kos vir sy honger volgelinge. Selfbeskikking in ‘n eie grondgebied – NOU!

Janine ·

Ek sê dit met ‘n seer hart maar ek cerkies die dood eerder as om saam ‘n klomp Afrikaners op ‘n hoop te gaan sit. My hele lewe deur het hulle my net skade aangedoen. Ek dink baie van wat aan die gang is, is God se oordeel oor hulle. Ek sit my hoop en vertroue eerder op God as ‘n Afrikaner.

Jimbo ·

Dis reg so Janine, niemand dwing jou om op ‘n hoop te gaan sit saam met Afrikaners nie. jy het Vrye Wil, en as Afrikaners jou jou lewe lank nog net seer maak – bly weg van hulle af. Niemand dwing jou erens heen nie. Vind geluk: – en ek hoop dat die Dood, soos wat jy nou in jou eersste sin kies bokant’n klomp Afrikaners – vir jou vreugde sal bring.

Ek respekteer jou besluit. Niemand dwing jou om SELFBESKIKKING vir AFRIKANERS na te jaag nie.

Soos ek jou persoonlike besluit aanvaar en eer, so hoop ek dat jy dieselfde vir my sal doen…..

Sterkte.

Janine ·

Jy gaan die sterkte nodig hê tussen ‘n klomp Afrikaners, van wie God ook Sy aangesig weggedraai het.

Johnnie ·

Dis maklik om te se trek maar waarheen moet ons trek. As die blankes nou nog nie besef dat malema en sy spul saam met die anc nie sal rus totdat daar nie meer n blanke in die land oor is nie dan weet ek nie want hulle haat ons met n passie en hulle weet self nie waaroor nie.

Jimbo ·

Johnnie – die era van “realpolitik”, het vir die moderne Afrikaner aangebreek. Dit is duidelik uit die diskoers wat oral gevoer word, sedert die mosie aanvaar is om grond te vat. Net te vat. Net so maklik. Aanvaar deur die PARLEMENT van Suid-Afrika. Die goeie ding van Realpolitik, is dat dit mense laat wakker skrik – diegene wat al 25 jaar droom, en sus, en paai, en vir mekaar vertel: “Dinge sal omdraai – wag maar en sien.” Die GOEIE ding van Cyril, met sy uitspraak op 16 Desember 2018 dat gron onteien SAL word sonder vergoeding – is dat meer en meer slapendes nou UITEINDELIK wakker skrik, en besef dat die probleme nou eers BEGIN.

Hoekom? – want uiteindelik – is daar elke dag meer oop ogies, en soos wat dit bou – sal al meer Afrikaners besef: SELFBESKIKKING, in ‘n deeltjie van Suid-Afrika, is die ENIGSTE opsie vir Afrikaners wat nie AUS, NZ, Canada toe wil trek nie. Die vuurtjie is aangesteek – nie deur “regses” nie – maar deur diegene wat die “ooreenkoms” van 94 nou oop en bloot VERTRAP. Uiteindelik – besef al meer Afrikaners: Ek moet ‘n GRONDGEBIED in GETALLE gaan beset, en eensydig afstig. OF – bly waar ek is – en WEEREENS: “Hoop vir die Beste.” REALPOLITIK: – Pynlik, en verliese kom – finansieel en fisies. Maar so ook Volksgevoel, en SELFBESKIKKING – afgedwing op onskuldiges.

Wilweet ·

Herman, kan jy of iemand anders asseblief vir ons op MM ‘n opsomming gee van al die wettige grond koop-en ruiltransiksies wat die blankes sedert 1652 regtelik bekom het van die Khoi en swart stamme. Soos bv die 1672 ooreenkoms met die Khoi en Retief se ooreenkoms met Dingaan.

Bvd

Anker Steyn ·

Ek is bekommerd oor die EFF se navolging van Nazi Duitsland se politieke metodes en strategie. Enige iemand wat kennis daarvan dra sal besef dat die EFF se doel geensins primêr gerig is tot die bevordering van die swartman se lot nie. Hulle doel is om die witman tot so punt te dryf dat ons gaan voel dat die enigste uitweg is om met geweld te verdedig dit wat ons het en is. Wanneer dit sou gebeur dien dit vir die EFF en gespuis as ‘n verskoning om met uiterste geweld en wreedheid daarop te reaggeer en ons almal te wil uitroei. Die EFF sal nie ophou met hulle agitasie-politiek en uittartende optrede tot hulle dit vetmag het nie. Hul doel is die totale vernietiging van die witman. Ons sal moet slim boks…

Denise ·

Lees net Jimbo se brief volpunte vir hom !!! Ek stem 100% saam !!!

Peet ·

Die sake vrou wat n losprys op die Guptas se inhegtenisname gesit het, will sy nie n losprys op hierdie aanhistser se kop sit nie. n Internasionale oersoon kan die takie verrig. Land in, takie uitgevoer ,weer land uit.

Stem vir Jimbo ·

Jimbo het ons oplossing. Dis die EFF en ANC wat ons nou dwing om te skuif en ons eie land te begin, hulle moedig geweld teenoor ons aan so ons het nou die reg om plan te maak. Hulle vermoor ons, hulle maak van ons n bespotting, hulle se openlik hoe hulle ons haat, nou is dit die tyd om hulle toe te laat om die res van die land te plunder en ons konsentreer op een plek waar ons veilig is en onsself kan verdedig.

Rupert Ashford ·

Vergeet van die menseregtekommissie. Wereldwyd word hierdie liggame deur linkse aktivis-tipes beman (die tipe werk trek hulle aan), so hulle interpretasie van die wet en die regulasies beskerm juis iemand soos Malema.

Jimbo ·

Korrek. Daar is geen Forum, wereldwyd wat jou / ons / ek gaan red nie. Soos wat die Afro-Fascistiese vlaag uit die Noorde momentum optel, moet ons, die 2 miljoen of so, besluite neem…. (En daai Afro-Fascistiese vlaag kom al laaaank – Kenia, en die Mau-Mau, was seker die eerstes – maar Ju-ju en Cyril gaan dit verfyn….)

Jy weet -alles wat ‘n mens finansieel opgebou het deur HARDE werk, oor geslagte in sekere voorbeelde – kom tot ‘n einde, in Afrika. Al wat jy kan doen is: 1 Immigreer. 2. Kry UITEINDELIK begrip van die werkswyse van die Afro-Fasciste, en EIS jou stukkie van Afrika. Jy is mos ‘n “Afrikaner?” Ju-ju praat oor “Africans”, maar hy is ‘n Pedi. NET een Volk hier, in Afrika – se naam kom van die kontinent af: “AFRIKAner”. Daar is ‘n rede daarvoor……

Christa ·

Jimbo, ek stem saam, ons hou dan sommer ook ons belasting sodra die eerste plaaas val.

Jimbo ·

Oorweeg jy NOU eers belastingweerhouding? Ek pas hom al laaank toe, via TV lisensies, boetes, ens ens. Ek boikot al vir ‘n dekade, so ver ek kan. Ek betaal NIKS.

pieter ·

Kan ons dalk n groep begin wat werkgeleenthede in die Suid Kaap kan adverteer?

Christa ·

Jimbo, indien jy SARS ontduik, is daar baie wat sal wil weet hoe. TV lisensies ens is voor die hand liggend, maklik en vining.

Paul ·

Herman, julle kan gerus ook weer al die nuusgebeure rondom Julius in 2013 se dae gaan oplees oor die dermiljoene rande se bates wat die Bate Beslagleggings Eenheid van die Nasionale Vervolgingsgeslag op beslag gelê het om op te veil, onder andere ook ‘n gekoopte plaas van hom. Ook sal julle kan sien vir watter bedrae dit op die veiling gegaan het. Dit was in die dae toe daar baie oor tenderpreneurs geskryf is.

Ben ·

As hulle nie van die wittes hou nie, moet hulle ook nie lief wees vir ons geld nie. Ons sal moet weier om belasting te betaal dan sal hulle vinnig n ander deuntjie sing!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.