Nuuskommentaar: Kom FW se erkenning ’n kwarteeu te laat?

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

Het oudpresident FW de Klerk met sy bydrae op Netwerk24 in werklikheid erken dat sy regering se onderhandelaars deur die ANC s’n getroef is? Hy gee te kenne dat dit nou blyk dat die Afrikaners tydens die onderhandelingsproses mislei is. Hy meld voorts dat wat die onderhandelaars nie kon waarborg nie, was hoe toekomstige regerings die grondwetlike ooreenkoms sou nakom, en hoe die howe grondwetlike regte sou interpreteer en beskerm. Hy beskuldig die ANC daarvan dat dit nooit hul bedoeling was om die regte in die 1996-grondwet te eerbiedig nie, en meld dat die grondwet in die konteks van die groot ooreenkoms staan.

Dit is jammer dat De Klerk nie die raamwerk duideliker stel wat hy meen die groot ooreenkoms versaak het nie. Is hy tevrede met die grondwet, en bloot ontevrede met die uitsprake wat soms gelewer word, en so duike in die groot ooreenkoms slaan?

Kan regters gekritiseer word sonder om te erken dat daar gebreke in die grondwet is wat dit vir die regters moontlik te maak om uitsprake – soms minderheidsuitsprake – te maak wat nie met die opstellers van die grondwet se bedoelinge strook nie?

Uit die oorvloedige leserskommentare is dit ook duidelik dat van die lesers vra of dit ’n erkenning is dat die onderhandelaars, onder andere Roelf Meyer, ’n groteske gemors gemaak het en nie opgewasse was om te kon onderhandel nie.

Of het FW hom bloot aangesluit by die groterwordende getal mense wat die konstitusionele hof se meerderheid (swart) regters kritiseer? Hy self koppel sy skrywe aan ’n skrywe van Kallie Kriel, maar daar was baie ander kritici, soos Ernst Roets, Alana Bailey, Leopold Scholtz en vele meer. Selfs een van die wit regters het die meerderheidsuitspraak goed gekritiseer in sy minderheidsuitspraak.

Voorheen is in hierdie rubriek voorgestel dat FW erken dat foute met die onderhandelinge gemaak is en ’n gebrekkige grondwet die gevolg was. So ’n erkenning sou die woede in vele kringe oor onderhandelinge wat ooglopend skeefgeloop het, kon temper. Dit het egter geblyk dat verkies word om met die illusie te volhard dat die onderhandelings “die beste grondwet in die wêreld” opgelewer het.

Leopold Scholtz het by geleentheid geskryf dat FW sy vyfde span se reserwes ingestuur het om te onderhandel. Hieroor was die oorlede Cape Libs vir hom smoorkwaad.

FW se versekerings oor “wigte en teenwigte” het dadelik die status van ’n grap wees geniet, voor dit ook aan dié front stil geraak het. Die howe het nog gerusstelling gebied, maar sedert die Renate Barnard-saak hang daar yslike voorbehoude oor die howe, en veral die konstitusionele hof, se vermoë om suiwer regsbeginsels toe te pas.

Hier is geen “reset”-knoppie nie. Daarom sal dit goed wees as FW erken dat foute veral ten koste van minderhede gemaak is en om verskoning vra. Weinig ander opsies bly oor anders as om Solidariteit se Plan B in aksie te sien en te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

165 Kommentare

aneja ·

De Klerk verdien geen kommentaar nie. Jammer daar is geen delete knoppie vir hom nie.

snuffels ·

Amen, Aneja !

Ek sal ook nie eendag op sy graf spoeg nie want ek haat dit om in lang rye te wag…. :)

Ruiklont ·

De Klerk moes eerder tussen lig en duisternis onderskei as wigte en teenwigte

Dr E F Sonnekus ·

Vergelyk SA se Handves vir Menseregte met dié vd VVO en die Afrika Unie. Albei beskerm Minderheidsgroepregte. De Klerk het nie sy huiswerk gedoen nie, en nooit is die interim grondwet in ‘n referendum getoets nie. Toe stap hy uit die regering van nasionale eenheid en versaak sy magsdelingpraatjies. Hý het die nuwe SA goedgepraat tot onlangs en behoort minstens om verskoning te vra of stil te bly.

Hennie Kotze ·

Hoekom het hulle nie ‘n Konfederasie stelsel voorgestel nie?

James ·

Ons HET. Ons : – die dom regses, onder die vaandel destyds van die Vryheidsfront. (Die PLUS na Vryheidsfront het eers NA die 1994 verkiesing bygekom – toe ons klaar verloor het..
Ek was destyds op universiteit HARD besig om mede-studente te oorreed dat ‘n federale sisteem die enigste pad is. Hulle het gelag.

Hulle kinders is nou op Hoeerskool.

Hulle is nou ewe skielik erg bekommerd…

Cherokee ·

James asseblief, daar was g’n Vryheidsfront in 1992 en 1994 (tydens die referendum) nie.

JSG ·

Cherokee, jy is reg. Die VF is deur Genl Constant Viljoen gestig om die Afrikaner te red. Die KP was wel daar, maar weinig te doen met die VF.

christa ·

So gedink…. Die “nee” stemmers het van beter geweet, geweet dat jakkals verander van haar maar nie van snaar. Net FW en sy volgfelinge kon dit nie insien nie. Hy het eerder weer opgebou wat af gebrand is. Het hy gedink dit gaan verander? Die “ja” stemmers moet maar vir hulle kry.

Eish ·

Ek het ongelukkig nie die artikel waarna artikelskrywer verwys, te lese gekry nie. Dit sal egter verblydend wees indien FW wel tot die debat toetree en lig werp op die netelige kwessie.
Daar was voldoende regslui in hul onderhandelingspan ten einde leemtes uit te wys. Hul het katastrofaal misluk om minderheidsregte te waarborg.
Ernst Roets het in n onlangse artikel pertinent gemeld die die uitspraak van die hoofregter oor die wetgewing, wel verskillend vertolk kan word.
Ek stem volmondig saam met die skrywer dat n erkenning dat foute gemaak is tydens die onderhandelings, broodnodig is.
Die woordgimnastiek van die eertydse politici, dra geensins by tot afsluiting nie. Inteendeel, wrewel bou op.

Karen ·

Daar is nie n verskoning wat opweeg teen dit wat FW en die ja-stemmers ons volk aangedoen het nie!

Andre Bence ·

Die wrewel en weersin nou op. Ek dink nie ek wil nog van sy soetsappige leuens en verontskuldigings hoor nie. Hy moet net verdwyn voor dinge verander in die land.

Jerry ·

Dit is goed as F.W. erken foute was gemaak. Flip Buys het in sy skrywe “bittere verdeeldheid” erken dat Afri-Forum ook n fout gemaak het met hulle appel teen UV se afskaffing van Afrikaans vir die redes wat hy daarvoor aanvoer. Flip het die erkenning gemaak nadat Ernst Roets nagelaat het om dit in sy skrywe te doen. Afrikaners maak almal dus foute, daarom is dit belangrik dat ons lesse daaruit leer om te keer dat ons dieselfde foute herhaal. Afrikaners moet nou hande vat en saam besluit oor die pad vorentoe. Dit gaan nie help om verwyte rond te slinger en elkeen op sy eie probeer om iets omtrent ons situasie te doen nie. Eendrag maak mag.

@ Jerry ·

Hoe op aarde kan jy die twee vergelyk, een fout mag dalk die universiteit sy voertaal kos maar die ander se fout het ‘n LAND in gemors gedompel en minderhede in die grootste krisis ooit in die geskiedenis!!

Wayne ·

Foute is een ding. Verraad is ‘n ander ding. Die een wat aan ‘n verraaier se hand vat, gaan dalk saam opgevreet word, soos die semels. Mens word mos maar aan jou vriende geken!

Karen ·

Daar is net nie n verskoning wat dieselfde gewig dra as dit wat hy en die ja-stemmers aan ons volk gedoen het nie!

Kosie ·

Die opmerking van ‘n joernalis destyds (1994) dat De Klerk “‘n naiewe idealis is” blyk uit die latere verloop al duideliker. Nou sit ons met die gebakte pere ipv ‘n konfederasie wat ruimte sou bied.

Waghond ·

Die onderhandelinspan vd destydse regering was onervare en eenvouding nie opgewasse teen die vd ANC nie. Toegewings is onder druk gemaak sonder dat die volle konsekwensies oor die langertermyn besef is. Soos in enige ooreenkoms (of kontrak) moes “Affirmative Action” byvoorbeeld aan ‘n maks. tydsraamwerk van 15 jaar gekoppel gewees het waarna dit eindig. Ysters soos Pik was nie juis deel vd onderhandelinge nie en Roelf was maar bra nat agter die ore, terwyl FW te bang was vir Mandela en andere.

Wayne ·

Foute is een ding. Verraad is ‘n ander ding. Die een wat aan ‘n verraaier se hand vat, gaan dalk saam opgevreet word, soos die semels. Mens word mos maar aan jou vriende geken!

Frans C ·

Spyt kom altyd te laat.FW en sy span het my altyd laat dink aan die outjies in die hoërskool wat so graag saam met die groot seuns wou balspeel.
So af en toe kon hul darem die bal wat hul kant
toegekom het terugskop,maar die werklike spel is gespeel deur die groot seuns,wat tot groot vermaak soms hardop gelag het oor die onbeholpe manier waarop die bal teruggeskop is na hul toe.

Jannie van Vuuren ·

On moes dan destyds tot vervelens toe elke dag hoor van sy “checks and balances” in hulle onderhandelinge!! Hy LIEG!!!

Grassie ·

De Klerk het geen foute gemaak nie. Hy het presies geweet wat hy doen en hy het willens en wetens sy(?) volk in die verderf in “onderhandel.”

Arak ·

Ek stem. Voor meneer de Klerk die land op ‘n skinkbord weg gegee het, was daar ‘n komitee aangestel om te kyk na ‘n alternatiewe stelsel van selfbeskikking in ‘n federasie. Ek weet daarvan, want my oorlede pa en ander kundiges het op die komitee gedien. Hulle het die land opgebreek volgens bevolking en dinge oorweeg soos natuurlike hulpbronne, demografie, verdedigbaarheid ens ens. Ek weet daar was etlike maande gewerk aan die voorleggings, planne en strukture.

Meneer de Klerk het dit net so gevat en weg gefoeter voor hy die land weg gegee het, dus was hy duidelik vals in sy motiewe. Om nou te kom en verskonings te probeer maak vir sy gemors en die van sy hele spannetjie is bietjie dik vir ‘n daalder.

Ada ·

De Klerk – en sy meelopers kan se wat hulle wil maar hulle het alles in my oe verloor.
Die grootste een hiervan is Respek.
Niks wat hulle kan se of doen sal ooit respek kan terugbring nie – dit is weg.
Sonder respek is jy niks.’n Niemand.

ne ·

FW jy en die “Ja”stemmers het ons uitverkoop. Erken dit nou maar dit is ‘n bietjie laat.

Dries ·

Die selfverryking van daardie onderhandelaars met hul “wigte en teenwigte”, is gelykstaande aan vandag se regering.

leon ·

Uiteindelik FW, daar het ons dit nou. Kan ons ook reaksie van die NP se onderhandelaars kry, Roelf en veral Leon Wessels wat alewig die reenboognasie propageer.

Nou FW, moenie skryf vir die Rapport nie. Basuin dit uit. Kom Theuns Eloff vertel die Afrikaners wat julle aangevang het. Die mense wat jou bekentenis moet hoor is die regerings van die Westerse wereld. Hulle moet weet dat Suid Afrika maar net nog ‘n tragedie in Afrika, in wording is.

Eish ·

Dit sal n smerige, maar nodige debat afgee, dis verseker. n Jerry Springer platform sal dalk gewens wees met n deelnemende gehoor. n Paar ysters om die die humeure in toom te hou. Dit sal maar oor n paar episodes hom moet uitspeel.
Of Jaques Pauw kan dit onder die vergrootglas neem in boekvorm sodat ons die verbale diaree in die privaatheid van ons ommuurde, forte kan verwerk.

te laat ·

‘n kwarteeu te laat, klink soos voete was en soen, o Griek….

Dr E F Sonnekus ·

Vergelyk SA se Handves vir Menseregte met dié vd VVO en die Afrika Unie. Albei beskerm Minderheidsgroepregte. De Klerk het nie sy huiswerk gedoen nie, en nooit is die interim grondwet in ‘n referendum getoets nie. Toe stap hy uit die regering van nasionale eenheid en versaak sy magsdelingpraatjies. Hý het die nuwe SA goedgepraat tot onlangs en behoort minstens om verskoning te vra of stil te bly.

Cornelius du Rand ·

Aan FW de Klerk en sy bondgenote. Om te sê dat ek u en u nasionaliste haat is ligtelik gestel. U het alles wat vir my belangrik is weggegee terwyl die ” dom regses” (soos ons toe bekend gestaan het) julle gewaarsku het gaan gebeur. Ons is nou ‘n volk sonder ‘n land en word daar om elke hoek en draai teen ons gediskrimineer. Ons het ons identiteit verloor a.g.v van julle besluite. Ons skole, universiteits en werke word weggeneem en daar is geen toekoms vir ons kinders nie. Jy Mnr Klerk en al jou nasionaliste het ‘n eens trotse volk vernietig.

Haan ·

Verraai, maar definitief nie vernietiging nie! Slegs die Here kan volke vernietig.

Maar ons word definitief gelouter, dít sal ek jou sê

Karel ·

Die ‘Afrikaners’ fassineer my. Wanneer dit hulle pas dan word daar van die blankes of die witmense in hierdie land gepraat. In ander gevalle is dit ‘hulle volk’ wat in die steek gelaat is. Hulle verdra werklik nie die ander blanke kulture in hierdie land nie en kom voor as of hulle ‘n uitgesoekte volk is.
Inderwaarheid, blyk dit dat hulle ook maar net soos die Zulu’ s, werklik geen ander swart kulture soos die Xhosa, Sesoto, ens verdra nie.

Herman Toerien ·

Die bedoeling hier was nie om die kwessies vd onderhandelinge self te bespreek nie – Maroela het dit reeds tevore deeglik gedoen. In kort was die NP/regeringsonderhandelaars se instruksies in lyn met ‘n verslag van die staatkundige komitee van die presidentsraad. Dit het gehandel oor staatkundige modelle wwat konfilik voorkom. ‘n Magdom modelle is in die verslag bespreek. Ook die navorsers wat die Adeministrateurs se insette moes voorberei (ek was die VS s’n) het dié instruksies gekry, maar die gevoel was dit is reguit by Kemptonpark snippermmandjie toe. Die gevolg ‘n unitêre model in ‘n diverse gemeenskap. (‘nj Mens leer in Politieke Wetenskap 1 dit werk nie). Wat die ja-stem betref. Daar sou 2 referendums wees – die eerste om oor voortgesette onderhandelings te stem, en die tweede oor ja of nee vir die produk. Die tweede het egter nooit plaasgevind nie. Baie ja-stemmers het beplan om nee in die tweede referendum te stem, sou die unitêre model voorgehou word.

Wayne ·

Kareltjie. Jy het ‘n punt. Ek meen die engelse was so verdraagsaam, hulle het sommer 27 000 vroue en kinders wreedaardig vermoor ensover ek weet in meer as 100 jaar nog geen berou daaroor getoon nie. Wat my fassineer is dat al wat jou fassineer my Volk se optrede is, met ander volke se optrede sien jy absoluut niks verkeerd nie. Jy herinner my aan wat DF Malan oor jou soort te sê gehad het, naamlik as jou arms om jou vyand se nek geslaan is is jou voete lekker los om op jou eie volk te trap.

christo ·

Ek wonder of hy nie omgekoop was met die onderhandelinge?

Adri ·

Nie net omgekoop nie, christo; hy het net die opdragte van sy meesters uitgevoer.

Therese van Schalkwyk ·

Prof. Koos Malan se reeks van vyf aflewerings in Maroela oor die SA Grondwet vertel alles wat enigiemand wil weet daaroor.

Wyle dr. Izak de Villiers, voormalige redakteur van “Rapport” en “Sarie”, verwys na F.W. de Klerk as “die man wat met sy swak bestuur van die onderhandelinge Afrikaners se droom tot as laat verbrand het”.
Miskien ‘n omstrede uitspraak, maar een waarmee duisende vandag en lankal saam stem.

Lees gerus J.M. Aucamp se proefskrif: “Die Nasionale Party van Suid-Afrika se Laaste Dekade as Regerende Party, 1984 tot 1994.”
Dit maak interessante leesstof.

Bert ·

Ek dink dat dit I L De Villiers was wat ‘n gedig ‘Berig van ‘n oorgawe’ oor die onderhandelinge geskryf het. Dit was nogal treffend vir my.

Ray ·

Sjoe, die woorde “hindsight is 20/20” kom nogals sterk op. Die klomp slim politikuste in die forum het baie te se, maar bied nie vreeslik veel alternatiewe nie. Maar dan as jy uit die losie vir die ref skree dan weet jy mos als. Mense kom almal gaan betoog teen die ja-stemmers. Trek julle grootmens onderbroeke aan skuif voor die rekenaars weg en doen iets. Jis ma het ek in my lewe nog nie so klomp doomsday profete gesien nie.

Miskien moet ons vir Jan van Riebeek gaan vra of hy nie liewers wou gebly het waar hy was nie. Dan was geeneen van ons hier nie want ons kan mos 20/20 terugkyk. As hy nie bande aangebring het nie sou daar nou niks wees om te brand nie. Want jissie ‘n vuurhoutjie en ‘n band werk lekker saam en die wiel was nog nie hier ontdek nie.

Vra eerder jouself “Wat gaan ek vandag doen om dit beter te maak”, want weet jy wat, miskien oor 25 jaar van nou af sit jou kinders en se, as my ma en pa net nie so baie op Maroela nonsens gepraat het nie, en iets gedoen het om dit beter te maak nie, dan sou ons land beter gewees het. Maar al wat hulle kon doen is kritiseer.

En mense nee ek is nie ‘n F.W ondersteuner nie. Maar werk maar net met dit wat ons het om op te bou. Ai

REGTIG RAY? ·

REGTIG RAY behalwe om die doemprofete hier sleg te se het jy self met GEEN oplossing gekom as om dinge maar te VAT soos dit is en die ‘beste’ daarvan te maak nie. Jy verkleineer mense wat regtig hard gewerk het om SA te probeer leefbaar en veilig vir jou en my kinders maak. Hier is toevallig KENNERS op die gebied op hierdie forum. Manne wat ‘n diep spoor in SA se geskiedenis getrap het maar nie vir FW kon keer om die land aan’n meerderheid oor te gee nie. WAT gaan JY doen om dit beter te maak? Ek en my gesin gaan EMIGREER!

Cherokee ·

Ray, net na die uitslag van die referendum bekend geword het, was die kandidaat, ek en ‘n joernalis in gesprek. My woorde aan die joernalis was dat ek hierna in ‘n spieël kan kyk sonder om skuldig te voel oor wat vir Suid Afrika voorlê. … Dit moet seker maar ietwat ongemaklik voel vir julle om terug te dink aan hoe was die waarskuwings op telefoonpale uitbasuin oor dit waarmee julle besig was, maar julle het dit afgelag.

Werner ·

Weet nie wat se yster Pik was nie seker die hoof yster vd veraaiers net jammer ou FW dat jou ou foutjie n hele volk se toekoms gekos het saam met jou ja stem gemors

LR ·

Dit is nie net FW en sy onderhandelaars wat foute gemaak het nie. Foute is al van toentertyd af gemaak. Intelegente Afrikaner leiers moes tog te midde van die oorwig van getalle van swartmense in die suidpunt van Afrika die visie gehad het dat ‘n minderheids regering uiteindelik net nie haalbaar kon wees nie. Daar bestaan ‘n Lesotho en ‘n Zwaziland hoekom kon daar ook nie ‘n Afraner tuisland ontstaan het nie.
Nou ja dit is seker maklik om nou te kan praat , ek wonder of ons geslag so ‘n visie sou gehad het indien ons in die oumense se skoene was.
Die groot vraag natuurlik nou is hoe posisioneer die Afrikaner hom vir die toekoms sodat sy nageslag nog steeds hier aan die suidpunt sal kan bestaan en floreer. Dis iets hierdie waaroor ons ernstig sal moet Bid (vir ‘n wonderwerk) en besin. Die slim mense met visie sal ons MOET help.

Cherokee ·

Wat op aarde sal ‘n verskoning nou help. Dit sal ons niks in die sak bring nie. Wat van die ja-stemmers wat steeds in hierdie forum deelneem – moet hulle verskoning vra omdat hulle sommige van my ‘STEM NEE!!! plakate, wat uit eie begroting voorsien is en self aangebring is, afgeskeur het? Moet hulle verskoning vra omdat ek ‘n herzogiet genoem was? Ek sal eerder wil sien dat die KP-stemmers verskoning vra omdat hulle die konserwatiewe stem verdeel het. Maar dan weer, dit sal nie help nie. Van Schalkwyk en Meyer het selfs lede van die ANC geword. Pik Botha het erken dat hy ANC gestem het. As Albert Herzog en Jaap Marais geweet het wat voorlê, waarom nie De Klerk en sy gevolg nie? Hulle het geweet wat hulle doen en steeds die land weggegee.

Bert ·

Dit was met ongeloof dat ek gister FW se erkenning [gestel in ‘n vraag?] gelees het. So iets komende van die vorige president is monumentaal en behoort eintlik op die voorblad van Rapport te gewees het. Dit beteken tog dat die ander onderhandelingsparty nie in goeie trou onderhandel het nie. Dit beteken dat die hele nuwe SA ‘n leuen is.

Chris Potgieter ·

FW het dieselfde fout as Piet Retief gemaak….wat staan op groot skaal dieselfde uitkoms kan hê

Stem ·

Stem heelhartig saam! Ek sien AgriSA het ook nog nie die lesse van die geskiedenis geleer nie.

Anoniem ·

Ja FW Piet Retief het ook so gedink en nou dink die klomp prekers van die NG ook so wat nou hand op die blaas met die EFF vergader

Andre ·

De Klerk hoef nie te spekuleer of sy sogenaamde “onderhandelaars” destyds getroef is nie. Ons almal weet dit en almal, behalwe die libtards, kan dit duidelik sien al vir jare. Wat de Klerk op hierdie stadium dink of mag dink, het ook soveel relevansie soos ‘n baksteen. Hy het ons willens en wetens uitverkoop. Hy was destyds so selfversekerd en het vir alles ‘n antwoord gehad. En die “ja”-stemmers loop toe soos skape agter hom aan. Die “dom” regses het volgens hulle almal niks geweet nie. Ons is uitverkoop en uitgelewer. Punt.

Afrikaanse Knaap ·

Ek dink net hulle moes nie die deur oop gemaak het vir die grondwet om verander te word nie.
Nou gaan die meerderheid die minderheid aanhou uit dryf en oorheers.

Wayne ·

Ek hou van jou woordkeuse, Knaap. “aanhou”, met ander woorde, dit gebeur reeds.

Alida ·

Wat sal FW nou omgee. Hy is seker lankal oppad Griekeland toe. Verraaier !!

Dorothea ·

FW de Klerk het dan self op TV gesê Politiek is soos SKAAK SPEL.
Watter skuif wil jy nou SKUIF?

Max ·

En die Geldmag lag al die pad bank toe te danke aan FW et.al.

a nonime ·

Dit is ‘n ondankbare taak om ‘n hervormer te wees, want jy kan nie wen nie. Die beste wat jy op kan hoop is om die saak so goed as moontlik te skik. Hierin het de klerk en meyer kinderlik misluk.

Wat hulle moes doen was om met die een hand te onderhandel terwyl met die ander in die geheim toegesien word dat genoeg van die weermag oorgeswaai word sodat die Wes-Kaap kon afstig vanuit ‘n front-beweging.

Soos met ons universiteite en skole was niemand bereid om bes te gee nie en wou hulle nie gebiede/instellings kies en ander prys gee vir die stryd om Afrikaanse instellings en selfbeskikking nie.

FW sal die roete gaan van vele onderhandelaars voor hom – iemand waaroor Shakespeare een van sy grootse tragedies kon skryf.

Anoniem ·

Hi Joy. Piet retief was n voortrekker leier wat wou onderhandel het met Dingaan die zoeloe koning. Met die onderhandeling het Dingaan gevra dat Piet Retief en sy manne hulle wapens buite die kraal moes los en sodoende is hulle in die kraal en word Piet Retief en sy manne vermoor. Dit is n jammerte dat ons kinders en die se kinders nie meer geskiedenis kennis geleer word wat met ons voorvaders gebeur het nie want dan sal hulle ook beter verstaan wie jy kan vertrou en wie nie

adriana ·

Neewat – hy het gladnie ons belange op die hart gedra nie – geensins nie – en dit word by die dag net duideliked en duideliker. Nee een van die onderhandelaars by Kodesa was VIR ons nie – hulle was almal TEEN ons. Ons eie mense was dus TEEN ons.
Dit is tog duidelik. So indien hy sou omverskoning vra – is dit in elk geval vals.

karel ·

Ai, geen wonder dat Afrikaner politiek nog altyd verdeeld en gedoem was nie.
Wanneer dit die “Afrikaners” pas dan is dit “ons volk” wat in die steek gelaat is – “ons volk” dit of dat. So, asof hulle die enigste blankes en/of minderheids kulture in hierdie land is.
Dit wil voorkom dat hulle dink dat hulle ‘n uitverkore volk is.
Laat my baie aan die Zulu nasie dink wat in wese gaan ander swart kultuur of volk verdra nie synde dit Xhosa, Sesotho, ens., mag wees nie.

schalk ·

Dis net vir my te goed!!! Jy sien nie die JA stemmmers se response hier nie!!! Lyk my almal is dood of kry skielik SKAAM!!!???

Cherokee ·

schalk, ek het lank lank gelede voorspel dat soos wat niemand meer JA gestem het nie, sal mense binnekort ook nie erken as hulle DA gestem het nie. My voorspelling is lankal bewaarheid.

Justice ·

Uit goeie ondervinding sal Ramaphosa beslis nie van die (on)kundigheid in FW en Roelf Meyer gebruik maak met onderhandelinge van watter aard ookal nie.

brt van der merwe ·

Ek het vandag nog ‘n videoband waarop de Klerk vir dr Treurnicht probeer vergeklik toe die hom gewaarsku het teen presies wat nou gebeur!

Jacques venter ·

Alle eer aan Solidariteit. Hulle doen wonderlike opheffings werk.
Alle eer aan De Klerk en Mandela wat n bloedige rewolusie voorkom het.
As die nee-stem gewen het was SA vandag een groot bloedbad

JdV ·

Is ons nie ‘n bloedbad nie? Sterf hier in SA nie meer mense per 100 elke jaar as in konflikgebiede in die Midde-Ooste nie?

Basson ·

Die verguisde ‘verkamptes’ was toe al die tyd eintlik die ‘visioneres’, wie heelwat verder gesien het as die slim NP’ers.

Niek Badenhorst ·

Verskeie plekke en kommentare lees ons van “foute” wat gemaak is met en tydens die onderhandelinge. Ons moet nie foute blameer vir die gebrek aan insig nie.
Die grootste probleem is “liberale denke” veral op die politieke terrein. Liberalisme het die potentiaal om enige wel funksionerende stelsel in n ashoop te verander. Die liberaliste met hulle vrye denke is verantwoordelik vir die chaos waarin hierdie pragtige land van ons vandag verkeer.

Disselboom ·

Dis goed as iemand dan ten minste kan erken daar is fout. Dis nog beter om iets daaraan te doen: daad by die woord. Dit kan van belang wees om die geskiedenis en doel van Afrikaner-fondse soos die Dagbreektrust na te vors en daaroor te berig – en die FW de Klerk Stigting se eie fondse wat kan help in die stryd vir voortbestaan van die Afrikaner. Is die Dagbreektrust by sy oorspronklike oogmerke en word dit vir sy begunstigdes aangewend?

Hendrik ·

Lees NiëlBarnard se boek VREEDSAME REVOLUSIE. Uit die enjinkamer van die onderhandelinge.Jy sal verbaas wees om te lees hoe pateties die Nasionale Party se onderhandelaars was.

Chris Noordkus ·

Een belangrike aspek na my mening wat uit die oog verloor word, was FW se konsep van ‘n regering van nasionale eenheid, wat streng geproke deurgevoer sou word na al drie vlakke van regering , waarop hy sy rug gedraai het. Die bietjie invloed wat daar was viz sy posisie as Adjunk President en dies meer, het hy en die Nasionale party met hul ontrekking aan die regering van nasionale eenheid, die bad water en die baba by die venster uit gegooi. Hoe minder hy en sy tydgenote nou te se het hoe beter, die feit van die saak is dat hy [en dan praat ek nie eers van Roelfie nie] nie opgewasse was vir mense soos Ramaphosa nie. Lees gerus “The Inner Circle ” van Jan Heunis. Aan die einde van die dag gaan dit nie oor ‘n ja stem nie maar oor politici wat hul rug op hul ondernemings en beloftes gedraai het.

Ray ·

Mooi so al die Nee stemmers, ons is trots op julle. Maar nou ja die Ja stem is wat ingekom het (oorweldigend), dus wonder ek hoeveel mense met baie kommentaar hier het eintlik Ja gestem en sit nou en gal braak. Lees maar my kommentaar hier bo, en Schalk, ek het Ja gestem, en as ek weer in dieselde posisie is op dieselde tyd sal ek weer Ja stem. Maar as jy ‘n Kristal bal het, sal ek graag wil weet wat in 25 Jaar van nou af gaan gebeur, sodat ek weet watter party om voor te stem.

Hans ·

Daai stemery was net so groot klug sso die 94 se stemery. Hulle het elkgeval net gedoen wat hul wou soos die regering van nou. Politiek gaan nie vir hul oor die land of die se mense nie maar vir hulself. Baie van ons het baie afgestaan onder die ouvlag en wat het ons nou daarvan net mooi niks net slegte herheniringe van wat daairdie tyd gebeur het vir wat, net so dat hul dit kan weg gee. So gaan wees maar oor en oor n hensopper. So wat doen jy nou wat JA gestem vir nasie bou?

Vermeende ·

Ray jy het nie n kristalbal daarvoor nodig nie, net gesonde verstand en helder denke.

Ben ·

Mense, ons is in die moeilikheid. Ons kan nie die verlede verander nie. Foute is gemaak, ons is bedrieg deur ons eie mense ook. Die punt is wat doen ons nou? Hoe maak ons dit REG?

Disselboom ·

Hou van Ben se opmerking. Wat doen ons nou om vorentoe te gaan? Mens kan nie teruggaan nie. Dalk ook nie regmaak wat verby is nie, maar mens kan ‘n ingesteldheid hê om vorentoe te gaan en die hede in te sien en daarmee te werk. Het êrens ‘n artikel gelees dat jongmense sê van die huidige geslag in die fleur van hulle lewe en die geslag net voor dit, het baie van die momentum van die mooi land wat ons gehad het, en moet nie terughunker na hoe hulle dinge gedoen het nie, maar nou die jeug en die toekoms help bou. Dit het Disselboom nogal geraak, as een wat ook lank baie vurig vir heelwat dinge wat mooi en goed was, aanhou baklei het, sonder om te kon verduidelik wat presies dit vir die toekoms se voordeel inhou.

susan de klerk ·

Hoeveel keer die afgelope paar jaar het hy nie gese dat hy alles weer dieselfde sou doen nie. Hy het geweet wat hy doen. So elke paar maande kom hy tevore met n beriggie of rubriek net om relevant te bly. Dis te laat ons wil jou nie onthou nie.

Isak ·

Ek onthou nog met Kodesa hoe Roelf Meyer met die onderhandelings gereeld saam met Ramaposa agter die gordyn ingegaan het – seker gedog ons sien dit nie – om waaroor te praat agter die gordyn wonder ek?
Hoeveel Roelf onder die tafel kan betaal word indien hy nog ‘n stuk van ons volk wegteken?
Alles was so duidelik soos daglig.
Onderduims en vals.
Groot verraaiers

leon ·

Die tyd loop! Die wie ons in die steek gelaat het weet wie hulle is.

Die vraag is wat nou. Is die blote ondersteuning van Flip en sy mense genoeg of moet daar drasties na alternatiewe oorgegaan word.

Jacques venter ·

n Vraag wat geen nee-stemmer behoorlik kan beantwoord nie.

Hoe sou SA vandag daaruit gesien het as die nee-stem gewen het?

Kan iemand van die nee-stemmers my dalk n redelike amtwoord gee?

Dana ·

Dis baie makilk! Die NP sou tot ‘n val gekom het wat in elkgeval vinnig besig was om te gebeur. Die komserwatiewes sou die rassekwessie aangespreek het maar steeds aangdring het op selfbeskikking in die een of ander vorm hetsy die komfederale idee of die tuisland plan of wat ookal. Ten minste iets! ….nou het ons niks en moet ons heeltyd op eiers loop om niemand aanstoot te gee nie terwyl ons lamd omder ons uit geplumder word. Voorts kan ons net so nou en dan ons misnooëmet die huidige situasie uitspreek en vir mekaar probeer vertel alles gaan reg kom. So bietjie van dinges in die een hand en wens in die ander hand en sien in watter hand het jy die meeste.

Wayne ·

Jacques. Ek weet nie van sieners wat jou vraag kan beantwoord nie. Maar as jy meen dat die onvermoë van mense om die toekoms te voorspel verraad soos die deur fw en sy trawante regverdig, het ek baie slegte nuus vir jou.

Bert ·

Dit is noodsaaklik om vas te stel wat fout gegaan het sodat ons nie dieselfde foute in die toekoms maak nie.

Jacques venter ·

Hallo Bert
As dit jou antwoord op my vraag is, dan het jy nie my vraag reg verstaan nie.

Jacques venter ·

Hierdie is n vraag wat ek so dikwels aan nee-stemmers gevra het.

Hoe sal SA vandag gewees het as die nee-stem gewen het?

Ek sal n rasionele antwoord hoog op prys stel.

JdV ·

Ek dink nie die Ja- of Nee-stemmers kan daarin roem nie. Die Ja-stemmers was reg om FW ‘n mandaat te gee om te onderhandel. ‘n Nuwe bedeling moes gevind word. Net ‘n dwaas sal dit ontken. Die Ja-stemmers is ook nie volksverraaiers nie, want hulle het nooit vir die eindproduk “Ja” gestem nie! Onthou, die referendum het nie oor die finale uitkoms gegaan nie. Dit was slegs om FW ‘n mandaat te gee om Grondwetlike veranderinge te onderhandel. Toe almal hul oë uitvee toe is die koëel deur die kerk. Sou ons beter daaraan toe gewees het as die Nee-stemmers die uitkoms beslis het, nee. Maar die Ja-stemmers het vir ‘n beter uitkoms verwag as waarmee FW en Kie te voorskyn gekom het. Nou is ons waar ons is en ons gaan niks bereik deur aan te hou om mekaar verwyte en neerhalende skelname toe te snou nie.

Dana ·

DIe wanpersepsie is dat die Nee stemmers met apartheid wou voort gaan. Dit is wat die NP’s aan almal probeer verkoop het. Die Nee stemmers het egter geweet dat de Klerk al sedert die 80’s besig was om die land uit te verkoop en ons mense aan hulle eie lot oor te laat. Dis ook duidelik bewys toe al die NP hoofspelers hulle by die ANC geskaar het net na die bewindsoorname. Die waarheid is dat die Nee stemmers deeglik bewus was dat die land in ‘n penarie was maar dat ons ‘n besdeling moet beding waar die Afrikaner steeds beheer het om sy eie heil uit te kan werk. Van daar oproeo vir selfbeskikking. Sodat ons ons kinders kan laat skool gaan, ons ou mense behoorlik kan versorg en ons mense te kan beskerm. Daar was myne imsiens geen onderhandeling wat plaasgevind het nie. Tydens ‘n onderhandeling bereik beide partye ‘n punt wat daar vir homself iets beding is. Daar is absoluut niks vir ons mense beding nie.

christa ·

hoe minder FW sy stem probeer verhef hoe beter. Toe hy die kans gehad het, het dit verbrou. Hoeveel ‘ja” stem briefies was reeds in die busse alvorens daar gestem was. Watter klugspul was dit nie.

Wayne ·

JdV. My probleembie is dat verraaiers nooit ooit vertrou kan word nie. So voor ons vorentoe gaan, moet ons eers die kamp opruim. Maar jy weet skynbaar wat sou gebeur het as die NEE stem gewen het. Hoe weet jy?

JdV ·

Dis water onderdeur die brug. Net so min soos wat die regering van vandag iets gaan bereik om Apartheid aan te hou kapittel, net so min gaan ons bereik om aan te hou om FW en Kie te blameer. Ons is nou waar ons is. Wanneer gaan ons met ‘n oplossing vorendag kom? So lank ons nie kan saamspan nie, bly daar vir ons maar min hoop oor. Kom ons besluit op ons gemeenskaplike doelwitte en werk daaraan om dit te bereik en kom ons plaas ons dwars Boere-hardkoppigheid vir eens opsy ter wille van ons eie behoud. Kom aan mense! Niemand gaan ons toekoms vir ons bou nie – dis ons EIE taak. Lê die hand aan die hef, hou die oog Omhoog en kom ons trek vir eens saam vorentoe!

SS ·

Ek hoor graag van al die slimjanne hierbo wie sou hulle deel gemaak het van die onderhandelingsspan,sal graag die name wil sien,of sou julle nie onderhandel het nie?

respek ·

De Klerk en sy maatjies het egter die meeste verloor – iets wat hulle nooit ooit sal kan terugkry nie. Respek- iemand het dit al gese dink ek. En ek stem saam.
Hulle integriteit – eerbaarheid- rugraat en respek het alles tot niet gegaan.
En dit is die waarheid. Hulle gaan nie al helde onthou word nie – dis verseker. Indien hulle onthou word sal dit vir al die verkeerde redes wees.

Jacoo ·

Ek het destyds ja gestem en as ek kan terug gaan in tyd sal ek weer ja stem. Ons lewe nie in die gevolge van ‘n nee stem nie. So almal wat nou galbraak en hulself hero’s maak oor hul nee stem, kan ons ongelukkig nie vertel hoe 2018 sou gelyk het as hulle way back ‘n referendum gewen het nie.
Afrikaners is die mees onchristelike klomp Christene in die wêreld. Ons roem in God, maar ons doen nie wat Hy sê nie. Ek sal nie vergaan in bitterheid nie. Daai besluit sal ek by staan. En as ek doodgemaak word deur hulle vir wie ek JA gestem het, dan gee ek met liefde my lewe tewyl ek sonder bitterheid, doen wat Christus my voor geroep het.

Vermeende ·

Ek het nee gestem en al my frese is bewaarheid behalwe een, ek het nooit in my wildste drome geding dat ek gebotelde water sal moet koop om te drink nie, voor 94 kon jy enige kraan oop maak en jou dors les.

Jacques venter ·

Ek ja-stemmer, veragtelike volks verraaier. Vra mooi. Julle getroue volksgenote. Vertel my asseblief van die paradys wat ons land sou gewees het as ons almal nee gestem het.
Ek wag geduldig

Andre ·

@Jacques venter (met jou van wat jy met ‘n kleinletter skryf): die land sou, as die nee-stem gewen het, sekerlik min of meer wees soos dit was voor julle die land oorgegee het op skinkbord. Hierdie was destyds ‘n fantastiese land; kontra dit met die huidige fiasko. En die afgesaagde storie van julle ja-stemmers wat julle eie blindheid probeer regverdig dat hier ‘n “bloedbad” sou wees indien die nee-stem gewen het – ek wil jou net herinner dat ons destyds een van die 5 sterkste weermagte in die wêreld gehad het. Hierdie storie en/of verskoning van julle is ‘n fabel wat julle by die kommuniste gehoor het. Kan jy vir ons net een aspek noem wat deesdae beter is in die NSA? Laat ons van jou hoor, ons wag in spanning.

niklaas ·

De Klerk en sy meelopers is nie eers werd om oor gepraat te word nie.

Kobus ·

Die Ja stem het gewen, Kom ons erken dit was die beste op daardie tyd, bloedbad is met vrede verander, te kort kominge was daar egter, daar moes verhoed gewees het dat grondhervorming verander kan word, staatskaping en korupsie en wanbestuur moes deel uitgemaak het van konstitusie / grondwet. Adjunk President moes die pos van die grootste oposisie leier gewees het, hou politiek uit die sport en regstellende aksie moes afsny datum gehad het. SA Afrikaners staan saam en draai trug na jul God en bid.

Cornelia ·

Ek dink die deursnee Afrikaner is bloot ‘n volk wat op sy unieke bestaansreg aandring. Dit behels die totale spektrum. ‘n Volk wat weet wat dit kos om ideale, deur geloof, gebed en baie harde werk te laat groei tot diensbaarheid aan homself, vriend en vyand. Die Afrikaner dring nie aan op sy erfenis sonder om die ander volksgroepe hulle s’n te gun nie. Daarom mag hy sy regmatige plek in sy land opeis. Ek dink nie die Afrikaner beskou hom as ‘n “uitverkore” volk nie maar eerder as ‘n volk wat sy uniekheid misgun word. Vergun my hierdie spreekwoord uit my Oupa se dagboek: “Jy kan ‘n padda net trap tot hy bars!” Kyk Op!

Wayne ·

Cornelia, jy laat my weer verstaan waarom ek lief is vir my Volk. Dit is oor enkelinge soos jy wat die kernbegrip in ‘n enkele sin saamvat. Feit is, sonder apartheid en selfbeskikking kan die Volk nie voortbestaan nie. En nou sal Jacques en FW en hulle dissipels stry. Vir hulle lê die oplossing om jou identiteit te handhaaf daarin dat jy dit moet versaak en dit moet verraai. Blykbaar sal jou vyand dan jou skatte bewaar …..

PJ ·

Ai ou frikkie lyk my jy skrik nou wakker jy was al n paar keer gevra sal jy weer doen wat jy gedoen het en sè elke keer jy sal dit weer doen en nou?

Zuma ·

FW het soos sy alie als weg gegee dit noem mens nie onderhandel nie. Geen beskerming geboed vir dit waarvoor my oupa grootjie baklei het nie.

En ·

En die weermag sou die opstand kon keer as die nee-stemme gewen het . . .

Pieter ·

Mag F. W. De Klerk nog lank lewe sodat hy ‘n regverdige verhoor kan kry sodra die Vierkleur weer wapper so ook aan alle liberale

Dereck Le Roux. ·

As julle wou weet hoe sou die kand gelyk het as almal nee gestem kom ons “reverse” so bietjie, wet en orde sou gehandhaaf wees, ons sou ‘n parate funksionele polisiemag en wermag gehad het, ons sou die sekuriteit geniet het waarvoor ons so baie belasting geld daarvoor betaal het, verkennende gesprekke met die vyand sou as hoogveraad gehanteer gewees het, Moedertaal onderrig sou nie onderhandelbaar gewees het nie, die swart tuislande waarvoor ons so baie belasting geld aan betaal was sou uitkoms kon bied vir aparte ontwikkeling om volkere uitmekaar se leefruimtes uit te hou, ons sou ‘n meer gedisiplineerde jeug en generasie gehad het weens verpligte militere diensplig, ons sou veiliger kon slaap in plaas daarvan dat ons huise soos tronke geword het, die doodstraf sou gegeld het vir halsmisdade en misdadigers en kriminele permanent uit die samelewing uit te vetwyder, veraaiers en hul families sou verworpenes en gebrandmerk gewees het in plaas daarvan dat hulle deesdae as patriotte voorgestel word, ons sou ‘regstelstel gehad het wat niemand verhewe die wet geag het nie, nie eers die president nie, daar sou genoeg geleenthede wees vir ons eie mense en sou nie vir hulle nodig gewees het om dit oorsee te gaan soek nie, Suid Afrika sou aan die witmense behoort het met ander volkere in hul eie leefruimtes, hoop dit beantwoord julle vrae.

Johnny McCallum ·

Ek dink nog steeds day Dr Klerk en sy trawante gekonkel het met die uitslag van die referendum.

Cherokee ·

Ek dink nie so nie, Johnny. As voorsitter van die lokale tak van die HNP was ek in beheer van die Nee- tafel in ons wyk. Ek was daar van voor die stemlokaal oopgemaak het tot nadat dit toegemaak het en ek persoonlik het die Nee-stembriewe in die houer geseël. Ek weet hoe die ja-stemmers in strome na die ja-tafels geloop het. Later sal ek jou vertel hoe ek die adjunk-minister van Landbou probeer oorreed het om nee te stem. Hulle het nie nodig gehad om te verneuk met stemme nie. Die ja-stemmers het hul tafels toegesak soos miere.

Basson ·

Die ‘gekonkelry’ het bes moontlik in al 1948 gebeur as mens die geskiedenis navors, oor presies HOE die NP aan bewind gekom het.

Andre ·

Johnny, ek het ook lank so gedink. Intussen het ek my sienswyse verander. As jy sien hoeveel blankes steeds hoog in hul skik is met hoe dinge in die NSA gaan dan sien mens die werklike prentjie. Die meeste van die ja-stemmers is waarskynlik reeds land-uit, maar hier is nog baie tussen ons wat reken dat die gewaande utopia net om die draai lê. Sien ook Cherokee se kommentaar hierbo.

Leon ·

Jammer gaan nie die land red nie, de klerk, jy het ons volk verraai sonder om n oog te knip, jy was talle maal gewaarsku maar jy en jou volgelinge wou nie luister nie. Ek sal graag wil weet hoeveel het jy gekry om ons uit te verkoop het en was dit vir jou die moeite werd?.

derick ·

Die gene wat meen daar is bloot foute grmaak of mense het nie die impak van besluite verstaan nie is net so skuldig aan volks en lands veraad soos FW en Roelf…
Die wat NEE gestem het 94 het n besluit uit kennis geneem omdat hulle Afrika verstaan. Jy kannie n besluit neem wat n inpak op die toekoms van n land neem sonder om eers te kyk na die geskiedenis nie. Al die JA stemmers dra die skuld waar die land hom nou bevind. FW en Zuma het die land begrawe….

Frieda ·

Gekonkel of nie die land is in ‘n gemors en dit gaan nie sommer gou weer reg gemaak kan word nie!!!

khat ·

jammer oor piet retief die geskiedenis het hom net weer herhaal sorry ne sorry

waarheid ·

Wat se jy oor die plaasmoorde De Klerk? En die aanslag op ons taal? Wat se jy en jou trawante? Wat se julle oor die verval van die hele S A?
Is julle trots op julself? Het die geld wat julle onder die tafel gekry deur om S A te verkoop julle moraliteit laat vervaag? Julle het julle respek en integriteit vir ‘n pot lensiesop afgestaan.
Waarom ht julle so laag gedaal? Wat is die werklike rede? Geld?
Kom uit met die waarheid en face dit soos ‘n man – of bly julle maar net muise?

Ada ·

De Klerk en sy meelopers woon nou in ‘n S A waar niemand vir hulle respek het nie – nie eers die anc nie.
Hulle was gekou deur die anc en toe uitgespoeg.
Dit is gewoonlik wat gebeur as jy ‘n verraaier is .
Min lande gaan hulle respekteer want ek glo nie daar is een land in die wereld waar daar sulke verraaiers is nie.
Hoe kan jy jou eie mense uitverkoop? Dieselfde antwoord – net ‘n verraaier kan dit doen.

WitBlits ·

FW het toe niks van Dingaan en Piet Retief se geskiedenis geleer nie!
Seker net Jan Allenan wat daardie Geskiedenisklasse bygewoon het.

L ·

Wat van hul (fw en pik) se leuns oor PW . Amal wat erlik is sal weet dat PW die waarhied gepraat het.

M'Lady ·

So, aangesien jy nou jou “foutjie” erken het De Klerk, wat gaan jy en jou trawante doen om dit reg te stel? Ek wag in spanning.

L ·

Fw ,pik en all die afrikaanse kerkleirs en kerkleirs(‘n ou Russiese kommunistise tegniek neem die vyand van binne oor) was en is ‘n span soos in Cowper se woorde “wanneer ‘n nasie ondergaan in sy sonde ,is dit die kerk waar die mellaatsheid begin”Gaan kyk maar na die1983 Bybel vertaling en liedboek (wie die liedere gedig het) ons moet terug gaan na ons protestante ervenis.

SP ·

“Ons as Afrikaner was verkeerd gewees, maar ons was nooit sleg”. – PG du Plessis

Dalk moet ons net weer stil staan, ek PS 121 lees van uit die 1983 verstaling.

henk ·

De Klerk en sy meelopers sal nooit kan regmaak wat hulle verbrou het nie – die skade is onherstelbaar groot – hulle sal deel van die geskiedenis wees – as verraaiers.
Hulle is gladnie geloofwaardig nie en niemand het respek vir hulle nie – so hulle gaan niks regkry nie – beste is hulle moet S A verlaat – dit sal goed wees.
Hulle moet in exile gaan woon waar niemand hulle sien of iets van hulle hoor nie.
In die ou dae sou hulle voor ‘n vuurpeleton gestaan het.
Plan B is dus exile.

ne ·

Hoop net FW en kie lees die kommentare. Hy is mos verhewe bo ons klompie NEE stemmers. Dankie ek het daardie tyd al vir NP vriende gesê hulle is landsverraaiers. Agterna was die JA stemmers spyt. Maar spyt kom altyd te laat. Gelukkig glo ons in die Hemelse Vader. Net hy kan ons minderheid red. Ons moet net in HOM glo….

Lena Jonk ·

Die wat se die ja stemmers is almal in NZ en Australie, wil net noem dat julle n baie groot fout maak, juis die wat gesien het wat kom na die ja stemmery het probleme sien kom.

Ray ·

Ek is terug. Dankie vir al die positiewe kommentaar oor die land se gebeure. Ek is so bly daar is so baie KENNERS op die Forum. Net BTW het enigiemand enige idee wat met die wisselkoers gaan gebeur? Ek het ‘n paar besigheidsbesluite om te oorweeg. Maar is nog nie besig om landuit te vlug nie.

Ek moet iets ophaal wat ek sien. Korreksie, 94 was die stem vir die nuwe regering, nie die referendum nie, maar nou ja gelukkig onthou die wat nee gestem het darem dat hulle op daai stadium wou nee stem.

Sterkte met die onderlinge bakleiery. So gaan ons nooit nerens kom nie. Tipies van Suid Afrikaners, laai drie van hulle op ‘n eiland af en kom terug oor ‘n week, en die resultaat sal wees dat daar 3 nuwe politieke partye en 2 nuwe kerke gestig is. Maak eerder soos Minister Dlamini as jy ‘n vraag gevra word in ‘n ander taal en antwoord in Afrikaans, maar ons Taal is nie ons trots soos ons probeer voorgee nie. Dis hoekom dit aangeval word.

Casper Labuschagne ·

Die NP se Kodesa onderhandelingspan het hulself in die posisie bevind dat hulle ‘n skikking moes bereik binne ‘n gegewe tydsduur. Nadat die deure in 1990 oopgemaak was vir die ANC en SAKP, kon die ANC hul vryheidstryd sonder beperkings binne Suid-Afrika voortsit en binnelands organiseer. DIe ANC het teksboek kommunistiese taktiek gevolg deur bloot hul oorlog vanaf die wit regering na ander fronte te verskuif waar hulle met hul binnelandse swart opposisie, die tuislandleiers, die PAC, Azapo en Inkhata kon afreken. Nadat hulle veldslag teen swart opponente gewen het, het Boipatong voorgekom en was dit effektief die einde van “gee en neem” styl onderhandelinge.

Tot hede is daar geen aanduiding van wie vir die Boipatong slagting verantwoordelik was nie en daar is ‘n sterk argument te make dat die die ANC self was wat die onderhandeling by Kodesa doelbewus wou ontspoor. Effektief het die NP se onderhandelaars na Boipatong slegs die beweegruimte gehad om aan die ANC se eise toe te gee, effektief was die ANC toe reeds in beheer van ‘n groot deel van SA se grondgebied, en was die effektiwiteit van die SA verdedigingsmagte deur die NP kabinet effektief ontman om juis die ANC tevrede te hou.

Joe Slovo het daarna ‘n strooihalm uitgereik na die NP onderhandelaars in die vorm van die suikerpilletjie van ‘n gedeelde regering en beskerming van minderheidsregte. Na twee dekades het daardie suiker egter verslaan, en sit ons in hierdie huidige penarie.

Nie 'n Ja stemmer nie ·

70% van julle het Ja gestem?? Kry vir julle

Nie 'n Ja stemmer nie ·

70% van julle het Ja gestem?? Kry vir julle lekkkkkkkerrrrrr

Andrea ·

En waar sit jy dat jy hoog en droog kan skree: “Kry vir julle?” Is jy buite hierdie gemors? Anders het ek nuus vir jou: Al het jy ‘nee’ gestem, sit jy ook saam met die ja-stemmers in die pekel. Ons weet wat is die probleem, ons weet wat het dit veroorsaak (De Klerk, sy trawante en die oorwinning van die ‘ja’-stem), maar wat gaan ons doen om die gemors op te ruim? Die VERLEDE is gedane sake, wat doen ons NOU vir ‘n beter TOEKOMS?

Ray ·

O ja onthou ek nou om te vra. “Nie ‘n Ja stemmer nie” is jy besig om uit Australie te antwoord, want dit lyk vir my so?

Ben ·

De Klerk en sy meelopers het hoogverraad gepleeg en hoort nie in S A nie.
Vergeet van die Ja en Nee-stemmers – De Klerk het die hele land tot ‘n val gebring.

Ada ·

Die Ja en Nee -stemmers was dus almal ingedoen en uitverkoop.

hanoster ·

meer en deels sy skuld dat ons is waar ons is vandag.Het hy nou gedink hulle gaan by hulle word bly??

Dink Self ·

Waarom word hierdie artikel en die kommentaar nie in Engels vertaal nie? Ons kan nie die internationale gemeenskap kwalik neem dat hulle nie bewus is van wat aangaan as hulle dit nie kan verstaan nie.

Soos twee ouens wat in ‘n sinkende boot vir mekaar skree dat hulle sink terwyl ander net verby vaar. Vreemd.

Francie ·

Ek wonder steeds of die 1948-verkiesing nie die grootste politieke ramp vir Suid-Afrika was nie.

Sakkie ·

As ons terug kyk op wat FW weg gegooi het . is ons laf om te dink dat hierdie grond deur ons gemaak is en dat ons die redders is van die land is . Nie net moet ons voorentoe werk saam vir n beter toekoms nie , maar ook die verlede laat rus en saam ander groepe werk vir hierde grond wat ons op leef . Wil afrikaners gelyk behandel word soos die res of wil ons die beste hand behou . Laat rus die kwaad.

Petrus ·

Jy het dit gesê, Herman. Al wat nou oorbly is plan B. En mag dit met mag en mening aangepak word voordat al ons kinders na die buiteland verdwyn en voordat ons grond en besittings sonder vergoeding afgeneem word.

John ·

Die manier wat De Klerk destyds beheer oorgeneem het; hoe sekere mense die gesondheid van PW Botha verdag gemaak het en De Klerk daarna president te word, net om die regering op ‘n skinkbord aan die ANC te oorhandig, was werklik ‘n skaamtelose vooraf-beplande spul. Voeg hierby die private gebeure agter die skerm van sekere van die onderhandelaars en die latere uitlope ~ skokkend verby. En die menere verwag toe die publiek moet alles vir soetkoek opeet. Skades en skade wat Griekse tragedies na ‘comic strips’ laat lyk. Verkeerd bly verkeerd en geen jammerse kan dit verander nie. Die man moes nooit president geword het nie.

Ada ·

Dink jy de klerk dat jy die Nobel prys vir VREDE verdien het? Kyk na SA vandag
Kyk hoe word die minderhede uitgemoor
Wat is jou kommentaar?

Jan Publiek ·

Gee net die Nobel prys vir Vrede terug
wat de klerk gekry het want dit was n klug

Die Uil ·

Klein hondjies se oë gaan na 6 dae oop, ander se oë gaan eers na 20 jaar oop.

Willem ·

Die kinderlik naiewe denke en rassistiese ondertoon wat uit 90% van die kommentare hier blyk is verstommend. Maak mens dankbaar dat julle klomp mense nie in beheer van die land is nie….sjoe.

Dink Self ·

A nation can survive its fools, and even the ambitious. But it cannot survive treason from within. An enemy at the gates is less formidable, for he is known and carries his banner openly. But the traitor moves amongst those within the gate freely, his sly whispers rustling through all the alleys, heard in the very halls of government itself. For the traitor appears not a traitor; he speaks in accents familiar to his victims, and he wears their face and their arguments, he appeals to the baseness that lies deep in the hearts of all men. He rots the soul of a nation, he works secretly and unknown in the night to undermine the pillars of the city, he infects the body politic so that it can no longer resist. A murderer is less to fear.”
Marcus Tullius Cicero

Rupert Ashford ·

Vir die rekord: Daar was daardie tyd ‘n (misplaaste en naiewe?) gevoel onder die wit mense in die RSA om ‘n “regverdige” oplossing te vind wat die moord en doodslag wat daardie tyd hoogty gevier het in die land te kon laat stop. Daar was daardie tyd ook ‘n baie sterk soort Christelike herlewing wat beweeg het onder die blankes. Miskien het hierdie tydsgees ons mense beweeg om te reken “as ons ordentlik sal handel, sal die ander ouens ook ordentlik wees”. In retrospek was dit ‘n growwe mistasting. Die uitgangspunt moet altyd wes dat ons mense boos en vervalle is en dat ordentlik en redelik nie deel is van die menselike natuur nie. En hierdie gees van welwillendheid is uitgebuit deur opportuniste in eie geledere – sien “Dink Self” se stuk uit Cicero. FW se groot fout was dalk nie om in die onderhandelinge in te gaan nie, maar die feit dat hy die tweede referendum nie laat plaasvind het nie sal vir altyd soos “modder” aan hom kleef en welverdiend so. Die “nee-stemmers” laat dit ook nou baie eenvoudig klink, maar hulle voorstelle vir ‘n volkstaat was altyd redelik onrealisties (aandrang op ou Boererepublieke vir 8 miljoen mense en die res vir 35 miljoen? Komaan…) en hulle het ongelukkig die meer realistiese mense soos die Boshoffs met hulle klein begin op onaantreklike plekkies afgelag. Daar sal weer ‘n “Groot Trek” moet wees na ‘n onaantreklike plek wat niemand van die kaders sal wil he nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.