Nuuskommentaar: Kom FW se erkenning ’n kwarteeu te laat?

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

Het oudpresident FW de Klerk met sy bydrae op Netwerk24 in werklikheid erken dat sy regering se onderhandelaars deur die ANC s’n getroef is? Hy gee te kenne dat dit nou blyk dat die Afrikaners tydens die onderhandelingsproses mislei is. Hy meld voorts dat wat die onderhandelaars nie kon waarborg nie, was hoe toekomstige regerings die grondwetlike ooreenkoms sou nakom, en hoe die howe grondwetlike regte sou interpreteer en beskerm. Hy beskuldig die ANC daarvan dat dit nooit hul bedoeling was om die regte in die 1996-grondwet te eerbiedig nie, en meld dat die grondwet in die konteks van die groot ooreenkoms staan.

Dit is jammer dat De Klerk nie die raamwerk duideliker stel wat hy meen die groot ooreenkoms versaak het nie. Is hy tevrede met die grondwet, en bloot ontevrede met die uitsprake wat soms gelewer word, en so duike in die groot ooreenkoms slaan?

Kan regters gekritiseer word sonder om te erken dat daar gebreke in die grondwet is wat dit vir die regters moontlik te maak om uitsprake – soms minderheidsuitsprake – te maak wat nie met die opstellers van die grondwet se bedoelinge strook nie?

Uit die oorvloedige leserskommentare is dit ook duidelik dat van die lesers vra of dit ’n erkenning is dat die onderhandelaars, onder andere Roelf Meyer, ’n groteske gemors gemaak het en nie opgewasse was om te kon onderhandel nie.

Of het FW hom bloot aangesluit by die groterwordende getal mense wat die konstitusionele hof se meerderheid (swart) regters kritiseer? Hy self koppel sy skrywe aan ’n skrywe van Kallie Kriel, maar daar was baie ander kritici, soos Ernst Roets, Alana Bailey, Leopold Scholtz en vele meer. Selfs een van die wit regters het die meerderheidsuitspraak goed gekritiseer in sy minderheidsuitspraak.

Voorheen is in hierdie rubriek voorgestel dat FW erken dat foute met die onderhandelinge gemaak is en ’n gebrekkige grondwet die gevolg was. So ’n erkenning sou die woede in vele kringe oor onderhandelinge wat ooglopend skeefgeloop het, kon temper. Dit het egter geblyk dat verkies word om met die illusie te volhard dat die onderhandelings “die beste grondwet in die wêreld” opgelewer het.

Leopold Scholtz het by geleentheid geskryf dat FW sy vyfde span se reserwes ingestuur het om te onderhandel. Hieroor was die oorlede Cape Libs vir hom smoorkwaad.

FW se versekerings oor “wigte en teenwigte” het dadelik die status van ’n grap wees geniet, voor dit ook aan dié front stil geraak het. Die howe het nog gerusstelling gebied, maar sedert die Renate Barnard-saak hang daar yslike voorbehoude oor die howe, en veral die konstitusionele hof, se vermoë om suiwer regsbeginsels toe te pas.

Hier is geen “reset”-knoppie nie. Daarom sal dit goed wees as FW erken dat foute veral ten koste van minderhede gemaak is en om verskoning vra. Weinig ander opsies bly oor anders as om Solidariteit se Plan B in aksie te sien en te ondersteun.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

165 Kommentare

jongste oudste gewildste
aneja

De Klerk verdien geen kommentaar nie. Jammer daar is geen delete knoppie vir hom nie.

Hennie Kotze

Hoekom het hulle nie ‘n Konfederasie stelsel voorgestel nie?

christa

So gedink…. Die “nee” stemmers het van beter geweet, geweet dat jakkals verander van haar maar nie van snaar. Net FW en sy volgfelinge kon dit nie insien nie. Hy het eerder weer opgebou wat af gebrand is. Het hy gedink dit gaan verander? Die “ja” stemmers moet maar vir hulle kry.

Eish

Ek het ongelukkig nie die artikel waarna artikelskrywer verwys, te lese gekry nie. Dit sal egter verblydend wees indien FW wel tot die debat toetree en lig werp op die netelige kwessie. Daar was voldoende regslui in hul onderhandelingspan ten einde leemtes uit te wys. Hul het katastrofaal misluk om minderheidsregte te waarborg. Ernst Roets het in n onlangse artikel pertinent gemeld die die uitspraak van die hoofregter oor die wetgewing, wel verskillend vertolk kan word. Ek stem volmondig saam met die skrywer dat n erkenning dat foute gemaak is tydens die onderhandelings, broodnodig is. Die woordgimnastiek van die eertydse… Lees meer »

Jerry

Dit is goed as F.W. erken foute was gemaak. Flip Buys het in sy skrywe “bittere verdeeldheid” erken dat Afri-Forum ook n fout gemaak het met hulle appel teen UV se afskaffing van Afrikaans vir die redes wat hy daarvoor aanvoer. Flip het die erkenning gemaak nadat Ernst Roets nagelaat het om dit in sy skrywe te doen. Afrikaners maak almal dus foute, daarom is dit belangrik dat ons lesse daaruit leer om te keer dat ons dieselfde foute herhaal. Afrikaners moet nou hande vat en saam besluit oor die pad vorentoe. Dit gaan nie help om verwyte rond te… Lees meer »