Nuuskommentaar: Kremlin-Afrikaners

Argieffoto.

Argieffoto.

Die bestaan van ʼn instelling wat ontleders lankal geweet het moet bestaan is onlangs bevestig – die Agentskap vir Internetstudies wat vanuit St. Petersburg bedryf word. Die agentskap het toe reeds die bynaam gehad van “trolfabriek.”

Na berig word het die agentskap talle mense in diens wat pro-Poetin-propaganda op webwerwe oral in die wêreld moet plaas en oor die algemeen die Kremlin se vuil werk moet doen om lasterlike bewerings oor opponente te plaas en selfs, na berig word, “nuusdienste” op die internet bedryf.

Die bestaan van die agentskap het bekend geword toe ʼn voormalige werknemer die agentskap hof toe gesleep het oor onbillike arbeidspraktyke en ʼn regsverteenwoordiger by die hof opgedaag het om die agentskap te verteenwoordig.

Alexey Levinson, senior navorser van die Levada-sentrum, beskryf onlangs die rol van die “trolle” in ʼn artikel op die webwerf van die Europese Raad vir Buitelandse Betrekkinge soos volg: “But to compare today’s propaganda with that of the Cold War is to miss a central shift in Russia’s behaviour. Russian trolls are stupid and ineffective, but they do take up a lot of space and airtime. Russia’s new propaganda is not now about selling a particular world view, it is about trying to distort information flows and fuel nervousness among European audiences.”

Rusland is 152ste uit 183 lande op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks gelys en tel onder die sogenaamde rooi lande waar persvryheid ernstig bedreig word. Danksy verskeie amptelike nuusagentskappe word inligting erg gefiltreer aan die Russe verskaf en nou blyk dit dat die Russe ook aktief die res van die wêreld ʼn rat voor die oë gedraai het.

Kortom, oorgenoeg Russiese propaganda, soos uitgesaai deur die drie vernaamste groot TV-stasies wat ongeveer tagtig persent van die bevolking bereik en die gebruik van buitelandse “stringers” (gewoonlik vryskutjoernaliste wat artikels kry wat deur agente voorberei is om as hul “eie werk” aan die media te verskaf) is in omloop.

Twak wat op die internet geplaas word, is dikwels soos manna uit die hemel vir mense wat aan al wat sameswering is glo, of reeds ʼn beïnvloed is om te glo Wladimir Poetin (wat hulle strykdeur agter hul Engelstalige bronne aan as “Vladmir Putin” transkribeer) is ʼn engeltjie en die VSA is die groot Satan. Hulle broei mekaar warm met hierdie propaganda wat uit Rusland kom.

Trouens, daar is selfs ʼn “knipseldiens” wat al die “stringer”-berigte wat die media haal – gewoonlik in obskure publikasies – monitor en versamel en weer aan ondersteuners stuur asof dit die westerse media is wat self ontdek hoe Rusland deur westerse propaganda swartgesmeer word.
Die praktiese gevolg is dat joernaliste en rubriekskrywers wat hard werk om hul inligting uit ʼn wye verskeidenheid oorsese media te versamel en dikwels lank navorsing doen voordat ʼn artikel die lig sien, deur hierdie “Putin-is-ʼn-engel-brigade” in die kommentaar-kolomme “reggehelp” word.

Boonop slaan die “reghelpers” gereeld hul eie name met ʼn plank deur daarop aan te dring dat die Engelse transkripsie van Poetin se naam, in plaas van die Afrikaans/Nederlandse, gebruik word. Skynbaar weet hulle nie eens dat die Russe ʼn eie skrifstelsel het nie.

Onlangs het ʼn luisteraar aan die bestuur van ʼn radiostasie geskryf om die stasie “reg te help” oor sekere aspekte wat in die stasie se nuuskommentaar gebruik is. Onder meer stel hy dit met “groot gesag” dat die VSA se inmenging in Sirië die oorsaak is van die onstaan van die IS.

Dat China en Rusland met die herhaalde gebruik van hul vetoreg die VSA en bondgenote effektief verhinder het om beduidend in Sirië betrokke te raak (terwyl Rusland nou self ʼn beduidende lugvermoë in Latakia ter ondersteuning van Al-Assad gevestig het) val blykbaar heeltemal buite dié slimjan se kennisveld.

Dat die IS as deel van die radikalisering binne die Salafistiese vertakking van die Soenie-Islam voortspruit, soos ook die opkoms van Al Kaïda, Al Shabaab, Boko Haram en talle ander, en niks met die VSA uit te waai het nie, is skynbaar ook buite sy kennisveld. Trouens, die “afwisseling” van radikalisering tussen die Salafiste en Fatimiste oor die eeue heen, dateer uit ʼn era nog lank voor die VSA bestaan het.

Maar dit lyk asof hierdie “ontleders” heel beïndruk is met die “feite” wat hulle via die internet bekom en hulle dink hulle is toegerus om mense met uitsonderlik goeie vakkennis aan te durf.

Min joernaliste en ontleders het die tyd om te gaan reageer op die histeriese prul wat die “Putin-is-ʼn-engeltjie”-brigade onderaan hul artikels plaas.

Ja, die VSA en sy bondgenote maak foute, maar in ʼn keuse van euwels, of dit nou oor die Oekraïne handel, of die Krim-skiereiland, of wie die Maleisiese passasierstraler neergeskiet het, is Poetin gewoonlik die een wat in die dog box hoort omdat hy die Koue Oorlog nie net laat herleef het nie, maar taamlik na aan ʼn konvensionele oorlog gaan draai het. Vanoggend word juis berig dat die VN-medewerkers in die Oos-Oekraïense stad Loehansk by die Russies-gesteunde rebelle opdrag gekry het om teen vandag die stad te verlaat.

Oor ʼn dag of twee sal ons weet watter feëverhaal die Russiese propaganda-masjienerie hieroor opgedis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

TTh ·

Nee wat Herman, die VSA, Engeland en Frankryk is einlik die drie trollande met trol leiers. Die VSA en sy bondgenote maak nie foute nie (hoe het jy dit uitgedink), hulle plunder en moord togte oor die wereld is haarfyn beplan, word tog wakker dit is al baie laat.

DewaldS ·

Ek verkies twak op die internet bo twak vanaf CNN, die BBC en ook deesdae Radio Pretoria..?

Juan Olivier ·

Ek stem TTh, die NAVO lande en hulle bondgenote het baie bloed op hulle hande. Iets wat die NAVO-Afrikaners nie sal wil erken nie.

Santie ·

Hoe lekker lag ek nou vir Herman se skrywe, so in die kol. Inderdaad volop van die trolle

Piet Snot ·

Santie, ek het nogal gewonder of die trolle hulself onderaan hierdie berig gaan openbaar. En jou waarlikwaar, TTh en DewaldS kon eenvoudig nie die versoeking weerstaan nie.
Welkom in die lig, manne!

Dewalds ·

Hmmm..ja – omdat ons vir die ander span trol maak dit nie een van julle minder trolle nie – of het die ironie van julle plasings by julle een breinsel verbygegaan?

Delia ·

Ja Piet Snot, jou naam vertel alles.
Daar is Amerikaners wat nou self wakker word. Die Amerikaanse nuus kanale enTV vertel vir hulle eie landgenote net wat hulle WIL hoor…..baie Amerikaners gaan op ander lande se betaal nuus kanale in om die ander kant van die storie te hoor……so, droom maar voort.

Chris ·

Maklik om op iemand neer te praat as trolle,maar eerder ‘n trol wat standpunt inneem en sy rug reguit maak as ‘n ruggraatlose persoon wat die nuusmedia(geborg deur die manne met geld!)se sogenaamde politieke korrektheid slaafs navolg sonder om vir hulself te dink.”How stupid can you be!”

Chris ·

Maklik om op iemand neer te praat as trolle,maar eerder ‘n trol wat standpunt inneem en sy rug reguit maak as ‘n ruggraatlose persoon wat die nuusmedia(geborg deur die manne met geld!)se sogenaamde politieke korrektheid slaafs navolg sonder om vir hulself te dink.”How stupid can you be!”

sarel Strydom ·

Die pot kan nie die deksel verwyt nie. Almal tree op in sy belang en die res is verkeerd.

Shannon ·

Herman ek vra myself maar net die vraag ‘wie het in die laaste 60 jaar die meeste oorlog gevoer in ander mense se lande ?’ Is dit nie juis die VSA, Britanje en hulle ‘coalition of the willing’ nie ?
Ek reken die VSA en VK het bykans `n beer greep op alle hoofstroom propoganda in die wereld, hoekom kan ou Vlad nie maar ook `n stukkie van die koel kry nie ?
Probleem is net, deedae is als openlik propoganda, so dit help nie meer veel nie.

Rynhardt ·

Die lewe is darem interessant,veral in die polities korrekte wereld, waar die media hom nou bevind.Die media huil omdat hul nie persvryheid het in Rusland nie.Dit is juis die Anc wat by sy Russiese meesters gaan leer het.Vryheid van spraak het juis n groot vloekwoord in SA geword met die einste media wat nog steeds probeer om die Anc te bemark as wonderlik!Daar is onlangs in die VSA bevind dat 70% van die publiek nie meer die hoofstroom-media glo nie,want hul is indiens van die Obama-administrasie wat “puppets” is van die nuwe wereldorde wat alles beheer!.Vandag lag die meester van propaganda(in die hel),Joseph Goebels nog steeds vir die wereld wat sy trol-resep volg.Op die ou einde dompel die wereld homself net in verdere ellende met sy dom speletjies wat hy speel.

Josef du Toit ·

Deur die uit die wegruiming van Saddam Hoessein in Irak en die teenkanting van Bashar al-Assad in Sirie”, sowel as algemene ondersteuning vir die sogenaamde Arabiese Lente, het Westerse lande wel ten minste gedeelde verantwoordelikheid vir die daarstelling van ‘n lugleegte waarmee sekule^re diktators in die Midde-Ooste met die huidige meer Koran-getroue Salafistiese bewegings vervang is. Meeste vorme van buitelandse inmenging het gewoonlik negatiewe gevolge.
Dit gese^, is daar wel ‘n sterk saak vir die Weste om ‘n ope deur beleid te handhaaf teenoor Christenvlugtelinge vanaf beide Moslem- en Kommunistiese lande.
Nietemin, lyk dit tog asof meeste buite Amerika maar al te graag die verweefde samesweringsteoriee” teen haar wil glo, wat van die VSA die oorsaak van alle kwaad in die we^reld maak. Sulke neigings was ook opmerklik tydens die bewind van Hugo Chavéz in Venezuela, toe vele hierdie aardsmarxis se komiese propaganda teen die VSA vir soetkoek opge-eet het.

jacques ·

Aai Heman ek sal maar net lag vir jou berig,kan maar net julle mense jammer kry wat nog nie wakker geword het nie.Baie mense insluitende jy gaan nog eendag besef julle is aan die verkeerde kant van die draad en dan is dit te laat om terug te gaan.Ek sal dan maar eerder n Trol wees as n Oubama Zombie wat oop arms saam met hom na die duiwel toe loop.Niemand sal my opienie kan verander van Putin nie.

jacques ·

Rusland is darm nog die enigste land waar jy trots mag wees om wit te wees,die res van die wereld probeer witmense afbreek sodat jy skuldig moet voel om wit te wees.Julle moenie dink dis net in Suid Africa wat dit gebeur nie.

Deon ·

Wag laat ek Herman se logika nou hier mooi verstaan. Die “Westerse” media wat Suid Afrika en veral with Suid Afrikaners met ‘n teerkwas en dmv propaganda as die duiwel se eie saad afgemaak het vir dekades is NIE agente van Sosialisme as voorloper vir volskaalse Marxisme nie? Reaksie op wat hulle gedoen het en nog steeds doen? “Meh!”. Soos iemand hier alreeds genoem het vertrou 70% van die VSA se publiek nie die Hoofstroom Media nie juis oor hulle eensydige propaganda en vooroordeel teenoor enigiets behoudend – progressiewe liberalisme se vals narratief vier hoogty. Dis is die rede hoekom MSNBC, NBC, CNN ens se aandeel knaend sink wanneer dit kom by kykers getalle. Mense is verby g@tvol vir die Sosialistiese indoktrinasie. In ons eie land het Naspes die wit man van Afrika konstant ondergrawe – hulle doen dit nog steeds met narre soos Adriaan Basson, Max du Preez en Piet Kopdoek in die voorste linie.
Putin se Rusland wat hulle rug op die veragtelike ideologie gedraai het speel dieselfde reels en skielik is hulle die duiwel uit die Kinderbybel? Is dit wat jy ons wil wysmaak Herman? Dat dinge in die Ukraine glad nie is soos die Russe voorgee nie, dat dinge in Sirie glad nie so sleg is soos dit uit ALLE ander inligting uit blyk nie en glad nie die maaksel is van die regte Euwel Troika in die VSA, VK en NATO nie, dat ISIS glad nie die midde Ooste omver gooi en die verskriklikste gruweldade pleeg nie. Daar is baie ander bronne van inligting as net die HSM. Maar kom ons skryf ‘n bollie stukkie oor Russiese “trol fabrieke” en vergeet van die CFR, Soros se Open Society Foundation, die Bill and Melinda Gates Foundation wat juis sulke “trol fabrieke” finansier. Gebruik Africa Check maar as voorbeeld hiervan

Juan Olivier ·

Goed gesê Deon, Herman verwys na mense wat nie saam die weste stem nie as Kremlin-Afrikaner trole maar in die selde asem bewys hy duidelik hy is ʼn NAVO-Afrikaner trol. Plaas skryf hy liewer oor die olifant in die kamer, die Westerse ver linkse propaganda masjien wat die grootste op die planeet is.

Dr Pieter van der Dussen ·

Herman, dit is werklik die eerste keer dat ek nie met jou sieninge beindruk is nie. Ek stem nie altyd met jou saam nie, maar dan kan ek darem jou sienings erken. Maar hier vrees ek trap jy klei. Daarmee se ek nie dat die Russiese propaganda reg is nie en spreek ek allermins Kommunisme vry van openlike vyandskap van die Christendom. Maar kan jy ontken dat die haatveldtog teen ons volk twee eeue lank vanuit Londen georkestreer is? Dat die benaming Boer waarskynlik ‘n vervorming van die Engelse woord “boor” is waarmee die Londense geldmagnate die Afrikaners beskryf het om die gruweloorlog alhier te regverdig? Om van die vervorming van apartheid tot apart-hate nie te vergeet nie. Om van die groteske leuenveldtogte wat vanuit Londen geloods is nie te praat nie? Londen was trouens die oasee van die sogenaamde struggle-leiers, nie Moskou of Peking nie, terwyl Washington die Londense vuilwerk rustig laat voortgaan het sonder om sy eiebelang te verraai. Ek praat nie goed dat valse propaganda deur Rusland as waarheid versprei word nie. Ek praat ook nie vir Putin voor nie – hoewel hy ‘n jaar of twee gelede die uitlating gemaak het, wat ek as Bybelgebonde ekonoom onderskryf, dat die ekonomiese probleme van Europa aan die ontkerstening daarvan toegeskryf moet word. Hy kon rustig die hele Weste en Suid-Afrika bygevoeg het. ‘n Uitspraak wat geen leidende figuur in die Weste sal durf maak nie, selfs nie die Pous van die Roomse Kerk nie.

Nee, Herman, die pot kan die ketel nie verwyt nie. Die media is al lankal in staat om valshede vinig te versprei en word elke dag met nuwighede beter daartoe in staat. Hulle uitsluitlike doel is om wins te maak – ten alle koste en sonder om enigiemand en enigiets in ag te neem. Daarom word elke moontlike dingetjie tot sensasie oftewel gevoelsbewussyn opgeblaas. Sirkulasie is die Baal. En om in goeie boekies te bly, is die media bereid om in alle opsigte napraters van regerings en geldmagnate – almal die magtiges van hierdie wereld – te wees en so die indruk van geloofwaardigheid te skep. Maar het mens enigiets van die elke moontlike dingetjie Geen kant staan daarvoor terug nie. Vryheid van spraak is die afgodsbeeld, ongeag of dit oor politiek of misdaad of pornografie gaan. Ongeag ook of dit op karakterskending en ander vorme van benadeling van mense plaasvind.
Goddank is daar ook diegene wat IN die wereld maar nie VAN die wereld is nie en wat hulle eie mediabenutting navolg en die middele benut wat die wereld daarstel – soos Noag die Ark gebou het met die gereedskap wat Kain se nageslag ontwikkel het. Al is hulle die minderheid, is hulle nogtans baie sterker as die leuengees wat die wereld oorheers.

Josef du Toit ·

Helaas, was en bly Boere-haat nie beperk tot Londen en Washington nie, maar is selfs nog hewiger in Boere-stamlande Nederland, Frankryk en Duitsland, om van die grootste venyn in eie geledere nie eens te praat nie.
Boer as eie benaming was al deur die sogenaamde Voortrekkers gebruik wat hulself meestal eerder as uitgeweke Boere beskyf het, en daardeur ook in goedgesinde Kaapse kring spoedig tot ere volksbenaming ontwikkel het. Dit is geen Engelse uitvindsel nie, en Boere-Afrikaners hoef hieroor nie skaam te wees nie, in teendeel.
Dat Britse Eerste Minister Thatcher en Amerikaanse President Reagan die Boere-Afrikaner se belangrikste buitelandse bondgenote in die jare van isolasie was word klaarblyklik gerieflikheidshalwe vergeet.

Susan ·

Die mense moet wakker word oral waar daar olie bom amerika die lande kyk na irak hoe lyk irak nou en so snaaks dat isil met amerikaanse wapens en voertuie oorlog voer rusland is n christelike land komminisme is al jare terug iets van die verlede jy moet dalk na alex jones se radio stasie in texas luister dan sal jul sien wat werklik aangaan in amerika eks dan eerder bly om n trol te wees soos jy ons suid afrikaners beskryf net omdat ons wakker geword het wonder of herman ook dink dis reg dat israel se soldate op die palesteine skiet met lewendige ammunisie en hul huise plat stoot

Rynhardt ·

Dr.van der Dussen,ek het u kommentaar so baie geniet,want u is n man met visie.Vir jare het ek verwys na die nuwe wereldorde wat ons volk speel,maar niemand wil dit glo nie.Hulle het agter Engeland gestaan met die Boereoorlog.U is reg as u se die haatveldtog word uit Engeland georkestreer!Die nuwe wereldorde bestaan juis uit Britse-en Hollandse adelikes asook magtige bankiers wat biljoeners is,om maar net n paar voorbeelde te noem.Met die 1999 boereoorlogfeesvieringe het dit aan die lig gekom dat 50000 Afrikaners vermoor was vir goud en diamante.Meeste Afrikaners weet dit nie eens nie,en glo die leuens van verradelike politici en die SAUK propagandamasjien! Nie net drup Engeland se hande van bloed nie,maar ook die nuwe wereldorde s’n.Vind ons dit nie ongelooflik,dat SA en die Afrikaner in n 115jaar met al sy goud en diamante nie sy volle potensiaal kon bereik nie?Ons land en sy mense word gevangene gehou vir goud en diamante deur die nuwe wereldorde en Engeland!Hul weet vandag net hoe om die Anc te speel asook die media wat almal help om ons vir 21jaar lank te onderdruk.Dr.Verwoerd was juis vermoor omdat hy die magtige mynmaatskappye (wat sterk verbintenisse met die nuwe wereldorde het)meer belasting wou laat betaal ,waarvoor hul nie te vinde was nie.Vandag word talle volkere in die wereld gyselaar gehou deur hierdie bose satanistiese sisteem vir hul olie!Ons mense in die land verstaan nie die storie agter die storie nie!Dr.van der Dussen,ek hoop u lewer voortaan meer insiggewende kommentaar;sodat Herman,maroela media en al sy lesers plaaslik en internasionaal in kennis en geloof kan groei,sodat ons almal in n wen-wen situasie kan wees!Ek wil ook n beroep op mense landwyd en internasioonaal doen om nog meer kennis met afrikaanssprekendes te deel.Dan sal die Here die res doen vir ons almal,maar tans verkeer ons volk in n halglike toestand weens n gebrek aan kennis.Die micky muis-partye is lankal nie n faktor in parlement meer nie.Hul wil nie eens die nasm afrikaner noem nie.Ek hoop werjlik en glo ons gaan almal wenners word,masr meer kennis is broodnodig vir ons volk.Wanneer jy hierfie stuk lees,hoop ek jy kry meer inspirasie.Susan jy is heeltemal reg oir Alex Jones.Hy is puik en wil ook net mense se oe oopmaak!

Juan Olivier ·

Dis waar dat daar trolle is maar wat ook waar is is dat die trolle aan al twee kante is en dat die Westerse media die grootste propaganda masjien is met ver linkse ideologie wat ons Afrikaners en Boere as honde vertoon. Trolle van al twee kante af slaan hulle name gereeld met ʼn plank, nie net die van Rusland nie. En dit is waar dat ISIS meeste van hulle befondsing van die VSA en hulle bondgenote gekry het. En praat van naam met ʼn plank slaan, jy het joune nounet geslaan deur te sê Poetin hoort in die dog box met die Oekraine storie aangesien dit al algemene kennis is dat die vorige regering ʼn demokratiese gekiesde regering was wat pro-Rusland was wat omvergewerp is deur help van die weste, wat die weste die oorsaak maak dat die koue oorlog herleef. Dis nie Rusland wat uitbrei na NAVO nie, die NAVO wat uitbrei na Rusland se grens toe. Dalk moet jy bietjie van die olifant in die kamer praat, die NAVO-Afrikaners.

Johan 2 ·

Dan is ek maar trots “Trol” as dit die enigste manier is om die waarheid te verkondig…luister julle ander maar lekker na die twak op hoofstroom media (soos CNN en Sky). Gooi RSG ook maar daar in. Rusland maak darem nog self hul besluite en het n leier wat optree in belang van Rusland . Die NAVO gierigheid is besig om die weste te vernietig en het baie slegte bloed op hul hande….(Waar was die ANC hoofkantoor nou weer?)..marula moet ASB die pro NAVO snert los, Rusland kan n baie waardevolle vriend vir Afrikaners word, en was ook al, al was dit agter die skerms.

Johannes Meintjes ·

Die trol en propaganda kompetisie loop skynbaar baie kop aan kop deur die kerke, SA, VK, VSA en die Russe. Dit beteken nie dat “Jesus se kindertjies” of Afrikaners dom is nie.

Jaco ·

Ek werk al vir die afgelope 14 jaaar in die Middel Ooste en moet sê dat die VSA die een met ‘n veskuilde agendas is. Die ‘Rooigevaar’ is lankal nie meer met agterlike planne besig nie. Dit is die VSA wat alles wil omverwerp. En nee, ek is nie ‘n trol nie. Net iemand wat self uitvind wat is die werklike stand van sake.

Henry ·

In die kol Jaco.

Verstommend dat selfs die mees onlangse bewyse van die VSA se pogings EN suksesse om die Arabiese state in chaos te dompel, deur die skrywer van hierdie artikel ontken word.

Vanaf die “Arabiese lente” waarmee daar gepoog word om state soos Tunisië en Egipte te ondermyn, tot militêre optredes met die hulp van hul Westerse lakeie en sogenaamde rebelle teen Libië, Afghanistan, Sirië, en Irak, is die VSA se destabiliserende invloed tog oorbekend en stokou nuus.

En nee.
Ek is toe nie ‘n ondersteuner van Putin of ‘n aanhanger van een of meer sameswerings-teorieë nie.

susan ·

herman jy moet n slag regte nuus kyk vir iemand met n graad eet jy al die leuns en bedrog van die westerse lande soos soetkoek op en vir jou inligting rusland is lankal nie meer komminusties nie die n christelike land selfs hul staatspresident is n iemand met christelike waardes dink net as putin die monster is wat almal dink kon hy ukraine binne dae plat gevee het maar hy het aan die mense en kinders gedink het bush of obama al ooit gedink aan al die bloed op hul hande van onskuldige kinders vrouens en ou mense ,nee want al wat hul sien is olie hul het voor gegee hoesein en gadaffi is diktators maar al wat hulle gesien het eintlik was dollars en olie en kyk na daai lande vandag hul het alkeida en isis gemaak maar hul moet oppas dit kan terug kom en byt ,die enigste rede hoekom rusland nie sirie mag help is omdat amerika bang is isil word uitgeroei .ek is trots op my ras en gaan glad nie sleg voel om wit te wees nie ,wanneer hulle wat ons trolle noem wakker word is die one word order op hulle en dan is dit te laat ,gaan lees openbaring en kyk wat gese word van die weste ,ek myself het vir lank geglo dit wat israel doen reg is totdat ek gesien het wat hul werklik doen waarvoor dink jy hermien stuur amerika kern wapens oral na europa toe en was dit dan nie die amerikaners wat die n atoom bom gegooi toe hul sien hul kannie die oorlog wen nie en tot vandag lui daardie mense nog as gevolg van die atoom bom as kinders is ons n klomp bog geleer op skool ons geskiedenis was eintlik n klomp lieg stories , rusland het 27 mijoen mense in die tweede wereld oorlog verloor en china 20 miljoen soos die amerikaners inmeng in al die lande waar daar olie is gaan hul dit verbygaan want ek dink nie ons besef hoeveel mense al dood is oral waar uk, usa en sie franse in gemeng het nie as ons putin as president gehad het was ons dalk mense met meer trots oral op die internet kan jy kyk hoe die elite van amerika bankers onder die grond bou dit lyk soos vyfster hotelle in switserland en rusland word bankers vir die bevolking gebou herman gaan doen bietjie navorsing dan kom jy terug na ons toe het gedink maroela maroela is n koerant vir ons afrikaanse mense maar nou lyk dit ook maar soos bbc propaganda en herman gaan kyk bietjie aan wie bbc en die talle tv stasies in amerika behoort jy sal dalk verbaas wees

Les ·

So gepraat van trolle: is Maroela media (en hulle beriggewers) nie dalk ook in iemand se (geld)sak nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.