Nuuskommentaar: Kry grondgryp nou brieke?

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Volgens nuwe koerantberigte het pres. Cyril Ramaphosa nou brieke begin aandraai aan die euforie waaroor baie nou ronddans.

Sedert die grondgryp-situasie amptelike ANC-standpunt geword het, het werklike vrese ontstaan dat die ware Cyril Ramaphosa nog nie gemanifesteer het nie. Kan sy gematigde stem geglo word, of is sy meer radikale uitlatings iets waaraan ’n mens jou moet steur?

Dit maak nogal saak. As dit begin lyk of die regering feitlik daagliks sy standpunte verander, word mense wat vir beïnvloeding geteiken word ook al hoe doeltreffender deur propaganda verniel.

Die feit is dat die mensdom nog nie alle fasette van propaganda baasgeraak het nie. Feit bly, propaganda is ’n soort wapen. En baie frustrasies kan opbou alvorens die publiek gewoond raad aan moeilikheid.

Die uwe was nog op laerskool toe hy akuut bewus begin raak het van die daaglikse dosis rommelpos uit die Kaap. Maak nie saak wat geadverteer word nie – van ’n vliegtuig tot ’n motorboot tot ’n bed, daar sal ook foto’s van ’n dametjie in skrapse klere op die foto’s wees. Vra die kyker agterna watter produk eintlik geadverteer word, en die kanse was uitstekend dat hy sou weet daar was ’n boot op, maar geen benul het van die soort enjin nie. Deesdae is sulke soort advertensies so skaars soos hoendertande, want dit werk nie.

Dit is bekend dat ten minste sommige presidente van Suid-Afrika gereeld die dienste van ʼn beeldpoetser moes bekom.

Oudpresident Thabo Mbeki was bekend daarvoor dat hy stellings sou maak wat hom ’n plekkie in die “dog box” sou besorg. ’n Week of twee later is die beeld herstel.

Ook voormalige president Zuma het gereeld ’n hupstoot van so ’n agentskap gekry.

Die gemors wat Bell-Pottinger in Suid-Afrika aangevang het, maak die werk veel makliker in die sin dat standaarde net nie punte tel nie. Verskillende kulture veroorsaak ook dat amptelike uitnodigings in nagmerries omskep word.

Tot tyd en wyl die uitsprake met ontsteltenis manifesteer, so lank gaan heethoofde kookwater op sensitiewe sake gooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

humor ·

Herman miskien is ek vanoggend so bietjie traag van begrip en verstaan so iets van dit wat jy wil se, maar praat so n bietjie meer op die man af. Ons Afrikaner – boere hou van iets wat sterk en reguit gese word.

Hendrik ·

Wel CR het nie eintlik die Bell Potinger agentskap nodig om verdeeldheid tussen wit en swart te saai nie. Hy doen dit sommer maklik met behulp van Malema.

CWS ·

Ag jinne…mense hol weg met elke storie…..!!!!! Ek volle vertroue in CR….en gee him n regverdige kans..!!!!!

Gerhard ·

So wat sou jy se is ‘n regverdige kaans? Moet hy letterlik eiendom begin vat.

Willem Jansen ·

Glo jy regtig ‘n ANC-leier? Lees ‘n slag hul Fredom Charter en sien wat wil hulle regtig volbring.

Albaster ·

Die ANC moet besef dat grondgryp nie in SA eers ‘n opsie is nie want ons het nerens om heen te vlug nie, anders as wit Zim boere wat na ander lande kon gaan, en die honger massas wat daarna oor die grens SA toe kon stap. Mense in n hoek vasgekeer is mense wat dit eenvoudig nie sal toelaat nie.

Ja ne ·

Hahahahahaha. En jy dink jou mede boere gaan agter jou staan? Hahahahaha.

Gerhard ·

Albaster, reken jy ou Robert het spesifiek seker gemaak dat die boere daar iewers heen kon vlug voor hy hulle grond gevat het? Ek sou nooit kon dink hy was so ‘n ordentlike man nie.

adriana ·

Die hele grond- kwessie is illegal – kyk maar na international law daaroor.
Lyk my nie Ramaposa besef dit nie.Lees gerus die berig oor EXPROPRIATION OF LAND WITHOUT COMPENSATION by Mark Phillip Malcolm Horn – London Barrister

Rupert Ashford ·

London Barrister seg sy. Jip die Afrika sterkmanne luister mooi na dieseulkes. Vra vir Oom Bob….”And I say to Blair, you look after your Britain, and I’ll look after my Zimbabwe”…gie-gie

Gerhard ·

Mense maak teveel van internasionale reg. Dit stop by die plaaslike doeane. Baie lande steur hulle nie daaraan nie.

Se net ·

Nou hoe het Zim dit dan reggekry om boere se land te vat? Hoe jet hy dit reg gekry om soveel mense te Moor? Hoe het hy dit reggekry om dat sy hele land van hongersnood vrek, en hoe het hy dit reggekry om skotvry daarvan af te kom? En wat maak SA so anders? Niks. Prinsipale word geskep, en dit word toegelaat. En as dit met een toegelaat word sal dit weer toegelaat word.

anti vergrype ·

Het Ramaposa dalk ‘n beeldpoetser nodig oor die grond-kwessie?

Piet Pompies ·

As ‘n mens in ‘n groot winkelsentrum stap het die meerderheid winkels gewoonlik een of ander gebeurtenis aan wat laer pryse belowe. Van uitverkopings tot verjaardagvieringe met helder kleure en beloftes wat dit vir jou as verbruiker probeer oortuig om die winkel te ondersteun. As ‘n ingeligte verbruiker sal jy gou agterkom dat dit alles maar net bemarking is met mooi woorde wat se betekenis verdraai is. Daardie afslag strykyster by Goma is eintlik duurder as die gewone prys by Mokra. Wees ‘n ingeligte verbruiker en gebruik jou geld wys.
Dit is dieselfde met politiek, gebruik mooi woorde wat verwagtinge en beloftes by die burgers (kiesers) skep om maar net die waarheid te verdraai vir sy eie gewin. Wees ‘n ingeligte landsburger en gebruik jou stem (Kruis) reg.

Lolla ·

Nee vermeende, dis waar ons nodig het om saam te vereenig en juis stem. VFPlus se nommers klim nou deur die dak agv integriteit, geen skandes, land en burgers van alle kleure se regverdigge belange in alle eerlikheid op die hart dra… En agv: DA verleenthede en verraaiende orde en proteste en binnehuisse gemors.

Jjk ·

Nee ek sien CR se net iets ander en ons klomp afrikaner hang weer aan sy lippe. Ons is geweeg en telig gevind. Wanneer gaan ons ou volkie wakker skrik.

Christina ·

Sit solank die wet op boeke en kan dan toeslaan net wanneer hulle wil. Pot bietjie stadiger gestel sodat water langer vat om te kook? En in tussen word ander nie gewaarsku om nie in Suid Afrika te belê nie.

Gerhard ·

Die padda se oë het geknip so hulle moes die pot net effens terug stel, maar hy kook nou weer lekker ;-)

marous ·

Korrek . Hy toets die weerstand. Hy lag vir die wittes se senu trekkings wat hy en sy lakeie aanblaas.

Rudi ·

Ons mense het goed spoed opgetel om hierdie ding op n internasionale vlak the raporteer .
Moet nie nou slap le nie.
Die ANC gaan presies doen wat hulle gese het.
Ons het meer vriende in die weste as wat almal dink.
Groete Rudi

Penellope Jones ·

Maar is hy dalk ‘n “people’s pleaser”?
Se wat EFF wil hoor maar se tergelykertyd ook wat diegene wat deur grondvergrype benadeel kan word, wil hoor?

HPV ·

Cyril Ramaphosa begin besef dat grondonteiening sonder vergoeding die laaste stap sal wees om Suid Afrika oor die afgrond te stoot. Die ekonomie sal binne dae te gronde gaan, duisende besighede sal hul deure sluit en die laaste beleggers sal die land permanent die rug keer. Niemand sal eers met ‘n tang aan Suid Afrika wil raak nie!

Werner ·

Hy is maar net besig om die paddas te paai wat agterkom dat die water warm word hulle sal die grond vat het nie n keuse nie moet mense wat vir hulle stem gelukkig hou moenie jouself bluf deur te dink dit sal nie gebeur nie

Wim ·

Ek sien Ramaphosa het ook nou ‘n woordvoerder (spindokter) aangestel. Dit raak seker nou maar vir hoom moeilik met die bontpratery om te verduidelik.

Aasvoels ·

Die nuus loop groot in Duitsland waar die linkses en regses daarteen gekant is – nouja as dit al in Duitsland is- is dit oral in die wereld – mooi man!
Is bly die nuus het so vinnig versprei!!
Ramaposa het nou ‘n lat vir homself gepluk!

Wim ·

Ek sien Ramaphosa gaan nou met die tradisionele leiers oor die grondkwessie konsulteer. Nou waarom nie ook met die landbou organisasies en boere nie.

Raai Wie ·

My hart bloei vir al die oumas en oupas op plase..vêr van die beskawing op hul self aangewese vir hul voortbestaan..Politiesie uitsprake is tog net om emosionele marteling by te voeg by die die res van alle vorme van teistering terwyl elke dag geesgenote brutaal vermoor word.Mag God u beskerm.

Alida ·

Mnr Ramaphosa is self ‘n regsgeleerde vertrou hom tog. Hy het nie bokke opgepas voor hierdie pos aanvaar het nie.

Paul ·

Hierdie hele gesprek en debat wat Cyril, die ANC en Julius najaag, is dalk ‘n goeie ding. Die ongeluk met hulle is dat hulle het al klaar die oordeel gevel dat die blankes die grond onregmatig van hulle weggeneem het, nou moet, volgens hulle, net die manier van hoe die grond sonder vergoeding teruggevat kan word, uitgeklaar word.

Dit sal dan mos nou net reg wees as Afriforum, Solidariteit, die FW Stigting, Landbou en alle betrokkendes die geleentheid aangryp en met die feitelike waarheid vorendag kom, bewyse vir die ANC en Julius op die tafel sit oor hoe die boere in die geskiedenis werklik aan hul grond gekom het.

Debatter dan die aangeleentheid met die ANC, Cyril, Julius met die regte feite op die tafel oor hoe die grond sinvol met vergoeding oorgedra kan word, dit is nou aan diegene wat belangstel om te boer.

Willem ·

Die eff gebruik die grond kwessie om stemme te verwerf die anc neem dit nou verder met ń rede hierdie sakie gaan in die konstitusionele hof draai en uitgegooi word. Na die hofsaak mag niemand dit weer gebruik nie so eff se “krag” is weggeneem en gaan stemme verloor. DA verloor reeds die blanke se stem en ander partye sal daarna moet kyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.