Nuuskommentaar: KSA opgesweep in morele paniek van #BLM

(Foto: @OfficialCSA/Twitter)

KSA het vandeesweek weer opslae gemaak met sy jongste afdwinging van ondersteuning vir die Black Lives Matter-veldtog (BLM). Die sportliggaam het in ʼn mediaverklaring verduidelik hoe alle Protea-spelers vir die res van die T20-Wêreldbeker voor elke wedstryd die knie móét buig in solidariteit met die BLM-beweging.

In die lig van George Floyd se dood verlede jaar het BLM weer sport drasties begin verpolitiseer met sommige sportlui wat begin het om voor wedstryde die knie te buig. Die BLM-beweging is sekerlik die mees suksesvolle tasbare vergestalting van die algemene verskynsel van wokeness in die hedendaagse Westerse wêreld. Wokeness dwing sy opvatting van moraliteit in mense se kele af met geen ruimte vir ʼn alternatief nie.

Die radikale, oordrewe en byna fanatiese wyse waarop wokeness sogenaamde morele haatlikheid in die samelewing uitsoek en probeer uitwis, kan dalk die beste verklaar word deur die verskynsel van morele paniek.

Die term morele paniek is in die 1960’s gemunt deur sosioloog Stanley Cohen. Hierdie term verwys breedweg na ʼn wydverspreide gevoel van vrees, dikwels ʼn irrasionele een, dat die een of ander bose persoon die waardes, belange of welstand van die samelewing bedreig. Die kwessies verbonde aan die kern van ʼn morele paniek is dikwels iets wat tot ʼn mate in die samelewing teenwoordig is, maar nie naastenby tot die mate wat dit verkondig word nie. Diegene waarom die morele paniek sentreer en wat skuldig geag word, word ook deur Cohen volksduiwels genoem.

Die hele punt van ʼn morele paniek is fundamenteel dat die beweerde gevaar buitensporig oordrewe aangebied word en mense sodoende ook volledig buite verhouding irrasioneel reageer op die werklike “gevaar”.

Een van die bekendste morele paniekgevalle in die geskiedenis is sekerlik die Salem-heksejagte van die 17de eeu in die dorpie Salem, Massachusetts. In 1692 is 185 mense van heksery aangekla, 156 is formeel aangekla, 47 het bely en 19 mense is tereggestel. In die dekades voor dié heksejagte het die Britse kolonies slegs 12 mense tereggestel in die ganse New England. Dit is ook die hele punt – weens die oordrewe aanbieding van die gevaar, is dit skielik oral teenwoordig en moet dit so ook skielik oral uitgewis word. Selfs daar waar dit nie is nie.

Wokeness is eintlik maar die morele paniek van ons tyd. Die geïdentifiseerde gevaar is diegene wat afwyk van die voorgeskrewe woke morele agenda – diegene wat sogenaamde rassistiese, onderdrukkende, seksistiese, homofobiese, transfobiese, islamofobiese “deplorables” is. Diegene wat gejag word, ís egter nie noodwendig enige van hierdie goed in woord of daad nie – die feit dat hulle sodanig gebrandmerk word of enigsins afwyk van die morele agenda, maak hulle vanselfsprekend skuldig.

Dit is hierdie wokeness wat vir alle mense wil voorskryf hoe hulle mag en moet optree om moreel aanneemlik te wees. Hoewel dit aanvanklik begin het onder die vaandel van beter ingeligtheid, groter verdraagsaamheid, inklusiwiteit en medemenslikheid, het dit nou ontaard tot ʼn soort morele totalitarisme. Dit verduur niemand wat afwyk van die agenda nie – indien jy nie aan die daargestelde morele agenda konformeer nie, is jy vanselfsprekend ʼn volksduiwel en moet jy as sodanig hanteer word.

Die morele totalitarisme van ʼn beweging soos BLM is net ʼn vergestalting hiervan. Indien ons nie dringend hierdie moraliteit afdwing nie, gaan ons samelewing verswelg word deur die onderliggende gevaar van die volksduiwels. Daarom is dit regverdigbaar vir ʼn liggaam soos KSA om spelers te dwing om die knie te buig. Indien hulle nie op hierdie wyse verdraagsaamheid, inklusiwiteit, verenigdheid en anti-rassisme afdwing nie, is ons samelewing eintlik maar moreel vervalle. Daar is ʼn rassis om elke hoek en draai wat gevang, bekeer en gekonformeer móét word. Behoede ons dat mense dalk vir hulself mag besluit wat reg en verkeerd is!

Op die ou einde is bewegings soos BLM spesifiek en wokeness oor die algemeen nie daarop uit om rassisme wat werklik bestaan werklik aan te pak nie. Hierdie bewegings is eerder daarop uit om in morele meerderwaardigheid aan almal wat anders optree, voor te skryf hoe om te dink, voel en handel. Dit is ook glad nie sleg vir die regerende elite nie, siende dat die moraliteit van die samelewing asook die afdwinging daarvan aan hulle uitgekontrakteer word – indien moraliteit afgedwing gaan word, moet die mag immers by iemand gesetel wees.

(Foto: AP Photo/Alex Brandon, File)

Die grootste mite van wokeness en so ook BLM is dat dit inherent braaf is – dit is heldhaftig om op te staan teen die onderliggende onverdraagsaamheid waardeur ons samelewing geteister en bedreig word. Dit is braaf om op te staan vir sogenaamde sosiale geregtigheid deur die knie te buig vir die groter saak. Die feit bly egter dat dit glad nie braaf is om saam met die sterkste sosiale strominge van die dag te gaan nie. ʼn Sportster wat die knie buig, bevind hom aan die regte kant van die morele paniek. Diegene wat egter besluit om staande te bly en sodoende ook vir hulself op te staan, bevind hulle egter aan die verkeerde kant daarvan – dit is ware braafheid. As die ganse wêreld mal geword het in morele paniek, is dit juis die verstandiges wat mal lyk.

Quinton de Kock is een van die Suid-Afrikaanse spelers wat tot dusver staande gebly het. De Kock het doodeenvoudig gesê dat niemand hom gaan voorskryf om enigiets te doen nie. De Kock gaan dalk nie ʼn loopbaan as Protea kan voortsit nie, maar hy gaan beslis ook nie deur die ganse samelewing uitgespoeg word omdat hy nie wou konformeer nie. Daar bestaan ʼn noemenswaardige stille meerderheid wat die morele paniek sien vir wat dit is en dit ook verwerp – diegene wat die paniek aanvuur, skree bloot harder en lyk tans asof hulle onsterflik dikteer.

Die feit bly egter dat hierdie morele paniek ook sal verbygaan, net soos die Salem-heksejagte. Ons morele paniek gaan ook mettertyd verbygaan. De Kock wat teen ʼn groot persoonlike koste nie aan ons eietydse morele paniek konformeer nie, is hopelik die begin van die einde daarvan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Werner ·

Trots op Quinton.Kyk lankal nie meer sport nie.Quinton sal nie sukkel om plek oorsee te kry nie.

MCL ·

Ek sal ook vrees seker, as ek iets verkeerde gedoen het. Om die hele blm storie so te wil ‘afgod’ as jy so wil noem is belaglik. En dit oor alles lat n krimineel gedurende n arres dood is. Oral in ons land en ter wereld word nou verkondig dat n krimineel eintlik meer regte as jy het. Kyk hoe moet ons boere sukkel ten duurste in Howe, want die blm misdadiger is belangriker!! Ons wereld raak siek..

Blomme ·

Die arrogansie van diegene in beheer is duidelik sigbaar. Van wanneer af word individue gedwing om iets teen hul sin te doen. Hoekom kyk hulle nie liefs hoe hul die kwaliteit van ons sport kan verbeter nie?

Hendrik ·

Hulle gee nie om vir die kwaliteit van die sport nie. Solank die kwotas reg is gee hulle glad nie om hoe die span vertoon nie. As voorbeeld is my seun wat sopas uitgelaat is uit provinsiale krieketspan omdat hy wit is. Geen ander rede nie. Die een wat sy plek vat het nie eers op die proewe naby so goed soos hy vertoon nie, maar is steeds gekies. Hoe gouer ons kinders uit hierdie land kan padgee hoe beter vir hulle.

Dirk Mostert ·

Bawuma is 77 op wereldranglys teenoor de Kock 8. Bawuma se plek in die span en kapteinskap is weens KSA rassisme.

Twallie ·

Hierdie “wokeness” nonsens maak die wêreld mal. Veral in die VSA waar die Demokrate dit as ‘n wapen gebruik on hul eie agendas te dryf. Daar is vele kere al bewys dat die BLM ‘n korrupte skynheilige spul is, so ook die skynheiligheid van die regerende party in die VSA wat daagliks leuens aan die mense verkoop.

En die malste spul is “keyboard warriors” op die weersinwekkende platform Twitter, wat die siekste van die siek se sluipplek is.

Die KSA gatkruipers, Twitter en die hele “Woke” spul kan in ‘n voor loop staan.

johan ·

Nie seker hoekom jy so teen Twitter uitvaar nie…daar is talle daar wat agter Quinten staan.

Frank ·

Jammer om dit te sê maar: “Quinton, gaan oorsee. Hoewel daar ook hierdie gemors is, is daar meer verdraagsaamheid vir jou eie opinie”.

Jean ·

Hy speel tog in India en kry baie goeie geld, ek hoop net hulle kies hom weer.

Dirk Mostert ·

Hy het ook vanjaar in T20 toernooie in Engeland en op die Karibiese eilande gespeel. Hy is nie verlee oor S.A. nie.

Johann ·

Soos altyd: briljante kommentaar. Die hartseer is egter dat dit gemors word op rasmal,magsbehepte politieje kaders wat krieket in die RSA verwoes met onbevoegde onvanpaste besluite.

Sou wat wou gee om die “kaptein” in die oë te kyk en hom reguit te vra: so, JOU lewe baseer op JOU velkleur is meer werd as jou blanke spanmaats en die res van die samelewing?

Johann ·

My definiesie van DEMOKRASIE is die keuse in te assosieer OF NIE te assosieer met iets of iemand nie. Maar die RSA toepassing is duidelik een wat deurvlek is met anargie en mag spel.

Jacobus ·

KSA is duidelik van plan om krieket af te trek tot op sokker vlak, sukkel om te kwalifiseer vir internasionale toernooie. Gelukkig kyk ek lankal nie meer krieket.

Jannie van Niekerk ·

KSA word deesdae deur die ANC beheer. Minister Mtetwa wil so graag krieket ook rasbehep maak net soos hy meer bekommerd is oor naamsveranderinge van dorpe as oor sport waarvan hy die minster is. George Floyd was ‘n MISDADIGER, sonder vrees vir teëspraak. Met ander woorde BLM ondersteun misdaad ten volle en so ook elke Suid Afrikaner wat met ‘n gebalde vuis vir BLM kniel. BLM gan dus nie oor rassisme nie maar oor ondersteuning van misdaad. In elk geval is die gebalde vuis ook ‘n simbool van ondersteuning vir die mag van duisternis.

Nonnie ·

Niemand in die wye wêreld gaan my voorskryf om voor satan te buig nie….. Hehehe

Kokerboom ·

KSA is een groot gemors wat net nie einde kry. Tata SA krieket

Althes ·

Dit is verregaande dat sportspelers moet kniel voor ñ politeke saak wat net sekere rasgroep insluit.
Ons is ook die minderheid en word vertrap

Dup ·

Ons geliefde regering het reeds die hele SA op sy knieë gedwing……nou wil hulle ons sportlui ook op hulle knieë dwing.

Kokerboom ·

In tye wat ons lewe keur NIEMAND maar rassisme goed! Hoekom maak anderskleuriges so ‘n “issue” daarvan ? Moontlik ‘ minderwaardigheidskompleks of uitbuiting van situasie tot geldelike/ander voordele? Weereens is daar 2spalt onder blanke spelers waar geld en status ‘n rol speel en beginsels ondergeskik!Dan word gespog Afrikaners kan uit een mond praat! Absolute twak. Deur jare bewys. Gemanipuleer!! Ek skaam my

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

KSA….julle moet wakker skrik asb. BLM is ou nuus en ñ alreeds uitgediende konsep van valse solidariteit. Julle gaan ñ duur prys betaal deur julle onnooslikheid! Hoe kan jy mense se regte arbitrêr wil ontneem om hul eie keuses te wil uitoefen in hierdie tyd en eeu waarin ons leef? Julle besef nie regtig hoeveel skade julle sport in die algemeen, die deursnee regdenkende Suid-Afrikaner en Krieket berokken het nie! Dit was regtig sotlik, idioties en ongrondwetlik wat julle gedoen het en kan op geen manier regverdig word nie!

Willem ·

Selfs WIKIPEDIA se artikel oor BLM, alhoewel gedetailleerd, rep geen enkele negatiewe woord oor genoemde organisasie nie. Die artikel pak deurgaans die skuld vir oproerigheid en geweldpleging op BLM se opponente en BLM word as helde voorgehou. Ek salueer vir QDK. Hy het die moed om op te staan vir sy oortuigings.

Anna-marie ·

Wikipedia, Twitter, Youtube, FB, Instegram, almal deel van die mop. (Die Linkse Amerikaanse Mafia)

Magda ·

De kock gaan speel oorsee, jy sal in elk geval meer waardeer word vir jou uitstekende krieket. Respekteer jou besluit om ni te knie te buig ni. Ek sal ook ni. ALL LIVES MATTER NO MATTER WHAT YOUR SKIN COLOUR IS. EK BUIG NET VOOR GOD ONSE VADER IN DIE HEMEL.

melaney ·

Toemaar, die hele lot gaan binnekort nog die leeuloop beoefen.

Nie Verbaas ·

En so word die met verkrampte agendas uiteindelik ontbloot. Siestog.

annie ·

Ek glo nie dat morele angs hetsy paniek te make het met die wokie-outjies of BLM nie. Kyk na die heel begin. Die groot held was ‘n boef maar is nou tot die volmaakte martelaar verhef. Dit is klink eerder na ‘n magspel wat die gewete troef; om maar te erken dat jy bv ‘n moord gepleeg wat jy nie gedoen het nie, om iemand/groep te plesier agv druk. Mag is magtig en dit gee beheer. Hoe kry iemand sy sin oor die algemeen as hy/sy mag-teloos voel…. Boelie is een manier, geestelik breek ‘n ander of martelaar speel.

Dirk Mostert ·

Moraliteit? ‘n Jeugmisdadiger word ‘n martelaar. ‘n Polisieman wat sy werk doen soos hy opgelei is word skuldig bevind aan moord. BLM brand en plunder. KSA se samestelling en sportkwotas spreek van anti-wit rassisme.

Johan ·

Woke is ń duiwelse karikatuur van die VSA se liberalime en hoort nie in SA Nie. KSA,het julle jul verstand verloor? Derduisende rugby,en nou krieket aanhangers gaan maar tafeltennis kyk!

Shakespeare ·

Floyd was ‘n gewoonte misdadiger ( krimineel). Nou word sy nagedagtenis vereer en opgehef as n held deur BLM. Wys net hoe satanies hoerdie beweging is.

Yolandie ·

Die mense in beheer wil dit na die norm laat lyk om mense te dwing om goed te doen, vat die knie, dra ‘n masker, vat die inspuiting, kry daai sertifikaat. Dit is om van te kots.

Jack ·

Blm bring verdeeldheid en haat. Daar is niks positiefs wat voortvloei uit hul aksies nie. Dit is nog n instrument wat deur swart burgers aangegryp word om die gaping tussen mense te vergroot en onstabiliteit te bevorder. Rassehaat is hul motief en ek glo dat Uhuru baie hiermee te make het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.