Nuuskommentaar: Kweek gronddiskoers kamers vol haat?

Argieffoto

Die gevaar het altyd bestaan dat die vergaderings wat landwyd gehou word om insette oor die moontlike wysiging van artikel 25 van die Grondwet van die belanghebbende publiek te verkry, dit in ’n haataksie sou laat ontaard. Dié moontlikheid het gevaarlik na aan die oppervlak gekom toe ’n boer wat so ’n vergadering bygewoon het, verklaar het dat hy nog nooit soveel haat in een vertrek aangevoel het nie.

Dit kan geen verrassing wees nie omdat empiriese navorsing toon dat sowat 80% van die swart bevolking glo dat wit mense hul grond gekry het deur dit van swart mense te steel. Bitter weinig wittes is die mening toegedaan, terwyl bruin mense in toenemende getalle wil weet hoe hul weergawe van die geskiedenis met die regeringsplanne verband hou.

En dan is daar nog wit mense ook wat in die konsolidasieproses en “opruiming” van “swart kolle” ontoereikend vergoed is. ’n Boer het selfs so ’n saak gewen. Lees meer hier en hier.

Bruin mense se ongelukkigheid gaan eweneens nie altyd oor die verre geskiedenis nie, maar meer onlangs toe die groepsgebiedewet ingestel is. Talle bruin gesinne is verskuif, dikwels na nuutgeboude huise, maar sonder die grondjie rondom die ou huis waar pampoene en allerlei geplant is. Of die mooiste blomme geblom het. Die nuwe huisies was dikwels ook klein en swak gebou. Kosbare erfstukke wat geslagte lank in families was, kon dikwels nie in die nuwe wonings pas nie, en moes verkoop word.

Om die geskende regte reg te stel, benodig juis nie dat artikel 25 gewysig word nie. Internasionale verdrae wat Suid-Afrika geteken en geratifiseer het, en waarin die land onderneem om eiendomsbesit te respekteer, word ook deur die Grondwet beskerm. Die regering ervaar juis nou, ná die Omar al-Basjir-geval, hoe moeilik dit is om uit die statuut van Rome te tree.

Artikel 231 (4) van die Grondwet lui: Any international agreement becomes law in the Republic when it is enacted into law by national legislation; but a self-executing provision of an agreement that has been approved by Parliament is law in the Republic unless it is inconsistent with the Constitution or an Act of Parliament.

(5) The Republic is bound by international agreements which were binding on the Republic when this Constitution took effect.

En artikel 233 lui: When interpreting any legislation, every court must prefer any reasonable interpretation of the legislation that is consistent with international law over any alternative interpretation that is inconsistent with international law.

En volgens regskenners beweeg die internasionale reg weg van onteiening sonder vergoeding.

Verhoudinge word egter nie deur wetgewing in plek gehou nie. Voor 1994 was daar wel baie mense wat gedink het ’n goeie grondwet sou vanself die land se probleme oplos. In 2002 het prof. Hennie Strydom van RAU namens die FW de Klerkstigting ’n studie gedoen oor: International standards for the protection of minorities and the South African Constitution.

Hy skryf onder meer: “One of the major challenges of our time seems to be the reconciliation of the pursuit of the central values embodied in the very notion of constitutionalism with the aspirations that arise in settings determined by clashes between competing identities with interests covering a wide field of which language, religion, education, culture, ethnicity, race, gender and sexual orientation are the most commonly debated.”

Nog ’n debat wat inspeel, is dié van geskiedenis. Dit het ontstaan met die gedagte dat geskiedenis ’n verpligte vak vir graad 10 tot 12 word, en dat die geskiedenis meer Afrikagerig aangebied moet word. Maar soos reeds uitgewys, daar bestaan reeds sulke uiteenlopende opvattings oor die werklikheid (wat geskiedenis insluit) dat dit moeilik gaan wees om ’n aanvaarbare weergawe op te dis aan al die “mededingende identiteite” na wie prof. Strydom verwys, ten einde die “clashes” te vermy.

Ondanks gerusstellende berigte dat die openbare vergaderings goed verloop, is daar ook genoeg berigte wat op die teendeel dui, en dat die mededingende identiteite gereeld bots.

En kamers vol haat kweek.

As dinge nie nou mooi hanteer word nie, kan hierdie verhore die land se tussengroepverhoudinge na ’n plek neem waar niemand wil wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Paul ·

Jy is 100%reg Herman, ek wil nie in hierdie land wees as die prop af skiet en die ANC regering tree mosterd na die maal op nie, daar word nou verwagtinge geskep wat net nie haalbaar is nie. Geen mens weet hoe Cyril dit gaan hanteer en of hy ooit sal kan nie, ek dink nie hyself weet nie.

Dan, iets wat weinig deur rubriekskrywers oor geskryf word, wat van die enorme grondgebiede wat aan die tradisionele leiers behoort en wat aan hul volgelinge verhuur word. Hier en daar is al so ligweg daaraan geraak en almal wonder oor bv Koning Goodwill Zwelithini, hoe gaan daardie aangeleenthede hanteer word?

Jo-ann ·

Goodwill Zwelithini vergader juis vandag met sy krygers om die pad vorentoe te besluit.

Judge Dredd ·

IVP is besig om baie steun in KZN (tussen verkiesings)te wen – so ek dink die tradisionele leiers sal slim wees om hul volgelinge aan te raai om nie ANC/EFF verder te steun.

Jo-ann ·

Dit lyk asof hulle op afstigting van KZN besluit het eerder as oorlog.

Thinus Erasmus ·

Paul jy het reg, daar is ‘n paar dinge wat as feite mis gekyk word wat ‘n reuse impak het op onderhandelinge oor Grond
1) Europeers was imigrante tot Suidelike Afrika, so ook baie van die swart stammme, maar na hoeveel geslagte word jy ‘n volwaardige burger? Of is dit by verkryging van skriftelike burgerskap – wat ons almal lankal het!
2) Grond wat deur wit mense ge-okupeer is, is nie net gevat nie, daar was geruilkoop, ge-onderhandel of deur oorlog gewen – iets wat tans nogsteeds in die wereld plaasvind en so “aanvaar” word.
3) Kolonisasie is deur Nederland, Engeland, Duitsland, Frankryk, Portugal, Spanje, Belgie en andere gepleeg – moet dit nie voor ons wit Suid Afrikaners se koppe gooi nie!
4) Alle grond van swart mense was in stam of kommunale besit, geen titelaktes of persoonlike eindom.
5) Nie alle nie-wit inwoners se grond is weggevat of hulle uit hul huise verdryf nie – dit was maar net ‘n gedeelte. Of daar kompensasie was of nie, dit was verkeerd, dit sal ek erken, maar daar is reeds deur die regering stappe geneem om daardie mense te vergoed. Die feit dat dit nog nie suksesvol afgehandel is nie, is die regering se skuld.
6) Laastens, daar is vir feitlik elke etniese swart groep ‘n kans gegee tot selfregering in hul eie tradisionele gebiede, die feit dat hul dit nie behou het nie is nie ons skuld nie.
Voeg daarby dat nie alle wittes grond besit nie, maar graag wil!

Paul ·

Thinus, graag wil ek byvoeg by wat jy sê en wat die Juliusse nie besef nie, grond bring nie welvaart nie, maar die bewerking daarvan.

Paul ·

Dan vra ek graag verder die vraag; En as die ekonomie in die land in die toestand is wat dit vandag is, watter kans staan die regering om hierdie te laat werk gegewe die resultate die afgelope 20 jaar, dienslewering, infrastruktuur. Vryemark? Sosialisties? Watter ekonomiese model/le streef hulle na? Wie hou toesig, ‘n tipe feodale stelsel in sekere gebiede, soos reeds in KwaZulu Natal? Moet daar nog oor al hierdie dinge besin word voor die grond herverdeel word of gaan hulle maar moggetroffe voort? Kan dit realiseer?

Paul ·

Jo-ann, ek sien die nuus het vanmiddag gebreek, per The Citizen; Die koning het gedreig dat as grond sonder vergoedeing van die Ingonyama Trust geneem word, hy sal dat Kwazulu Natal wegbreek van Suid Afrika en daar vir die Zulus, ‘n nuwe tuisland stig.

Spike ·

Dis weer die eff wat munt slaan uit die werkloses deur te sorg dat hulle die verhore bywoon ( hulle word ook gebruik tydens verwoestende betogings), want werkendes is by die werk en het nie tyd vir dit. Daar is kommunistiese uitsprake van plase nasionaliseer en in lappies verdeel. Waar gaan die staat dan die deel belasting dan kry. Op hierdie trant kan ons sa se deure toemaak as mens kon. Jy kannie met dwase redeneer nie.

piper ·

ons sit hier met n groot probleem en die meeste mense besef nie hoe groot die probleem is nie. die klein saadjie is gesaai onder die massas wat gaan groei na n oerwoud. geen polisie of weermag sal ons help nie.

Johan H. ·

Ek werk daagliks met mense van alle kleure en geure,, Wat ek ervaar is daar is lankal ontsettende haat, Die grondkwessie gaan dit nie regmaak as dit verkeerd hanteer word nie..VERKOOP eers alle staats ongebruikte grond aan die wat nie het nie, Natuurlik vir n verminderde tarrief!!!AS JULLE DIT VERNIET WEGGEE, SAL DIE RY NOOIET OPHOU NIE<<< Dan tradisionele ,sogenaamde koningshuiese se grond,, DAN sal julle sien dit is nie nodig vir dieonteiening debakel nie,,Die GROOT probleem is Wie moet grond kry en wie nie,, EK WIL OOK Verniet n stuk grond he of tenminste kompensasie.. Daar wag n tameltjie wat niemand sal kan uitsorteer nie,,,Ek sal graag wil sien hoe!!! Julle vra hoekom so min wit mense die vergaderings bywoon! dis omdat as n witte sy saak wil stel , word hy oordonder deur die gepeupel wat nie kan of wil vir n witte n spreukbeurt gee nie,, Ek sal nie my tyd mors met die vergaderings nie,,

Lerato ·

Baie gebalanseerde berig. Probleem is dat grondgryp onsekerheid by beleggers veroorsaak. Dus verkoop hulle Rand wat die Rand se waarde afbring.
Omdat ru-olie slegs met dollars gekoop kan word, betaal almal vir hierdie grondgryp.
Dit terwyl die regering volgens sekere berigte oor miljoene hektaar grond beskik.

John ·

Dit is die hele idee; om te maak of die saak oorweldigend buite beheer is om die buitewereld daarvan te oortuig dat die ware eienaars nou hul pond vleis opeis. En om die verontregtes met hul voordanster Julius met sy goue lourierkroon, goed op te klits vir groot drome se vergrype met planne wat glo in die ANC-blouskrif opgeteken is nog voor die slang vir Eva gepootjie het. Grondgebiede word altyd elders met of na oorloe oorgeneem/beding maar die ANC wil weer die ongelooflike buiteruimtelike DeK&M-dwaashede herhaal sien plus verdere hoofstukke totdat alle hel losbars. CR weet elke Afro en Marsman sal the works vat, plus ‘n reserwebank elk, as dit pasella is. Terloops vra tog hoeveel goud is nog in reserwe of is dit bloot lee klatergoudgeverfde boksies?

Jacques ·

Is dit nie ironies dat diegene wat die meeste geraas maak oor grond diegene is wat nog nooit grond of n voertuig besit het nie ? Die slotsom is dat die mense in hulle eie droom wereld leef en dink hulle hoef nie te werk om iets te besit in die lewe nie . Ek blameer die regering die EFF ens daarvoor dat hulle n vals prentjie teken vir die mense , en die ergste van alles is dat die mense val daarvoor . My vraag is egter , ten koste van wie of wat gaan dit eindig ? Ek dink ons almal ken die antwoord .

Albaster ·

Die beginsel druis nie net teen internasionale wetgewing in nie, die proses van konsultasie is ook so onregverdig soos intimidasie van minderhede, die feit dat vergaderings ver van minderhede gehou word, en nou skielik die nuus dat daar niue vertalers in Afrikaans is nie maar slegs die meerderheidstale. Die internasionale regsisteem gaan beslis nie hiervan hou nie.

Henry ·

Dit was van meetaf so duidelik soos daglig dat hierdie vergaderings oor art 25 bloot daarop gemik is om ‘n paniekerige ANC te help om verlore aansien onder die stemvee te herwin.
Die lawaai geleentheid word egter hoe langer, hoe meer, deur die EFF se opruiende populisme beïnvloed. Die uiteinde is onafwendbaar en sal uiteindelik beide die ANC en hierdie droewe land oor die rommel afgrond stoot.

Johan ·

Alles is mos Mahala verniet. Enigste ding verniet is Son Maan Sterre en Reën maar ons gaan telkens op ons kniee voor die Here en vra vir reën in droogte geteisterde gebiede.
Alles het n koste verbonde aan die vevaardiging of bak van brood, plant van graan ens.
Niks is Mahala. Hulle kan dit ook verban soos die K-woord.
Werk het nog niemand dood gemaak nie.
Jy kry geld vir jou handewerk om vir jou n dak oor jou kop te kan bou. Klere te koop om jou warm te hou. En dan nog kos te koop om te eet.
DAAR IS NIKS MAHALA NIE

Willem ·

Hulle volg die Julius-taktiek, hoe meer stof opgeskop word, ‘n bohaai, dit aan die grootklok gehang word, terwyl hulle die ander dood skree, want dit is hulle wat gehoor moet word, hoe meer glo hulle die saak sal 90% gewonne wees. As hierdie verhore eers verby is, is verwagtinge geskep, dan kom die tyd vir bestek opneem en dan die groot verrekening, die volk in afwagting. En as hulle nie tevrede is nie, massiewe betogings, die rooi pette vooraan.

Jerry ·

Die gronddiskoers kweek nie kamers vol haat nie, dit ontbloot net haat wat al vir jare onder die oppervlak borrel. Afrikaners sal toenemend begin besef dat dit n fout was om die intensies van CR met buitelandse veldtogte te ondermyn en om nie die hand van vriendskap en versoening van CR te gevat het nie. CR kon al ingegryp het en sy stem dik gemaak het met baie aspekte wat vir die Afrikaner tot onrus stem soos byvoorbeeld met plaasbeveiliging. Hy sal nou egter toelaat dat prosesse hulle gang gaan, met of sonder haat en intimidasie, en hy sal nie inmeng nie, want die kanse is goed dat die prosesse die onreg van die verlede gaan regstel, met of sonder en ten koste van net die Afrikaner wat werklik iets het om te verloor. Die VF, Solidariteit en Afri-Forum se onversetlikheid en skoorsoekende ondermynende benadering sal nog aangeteken word as die grootste fout wat witmense kon maak in die hele geskiedenis van Afrika!

Tamboti ·

JERRY ek moet (baie teensinnig natuurlik) met jou SAAMSTEM. Die haat is nog altyd daar, ons probeer dit net nie wys nie!
Maar dis ook al waarmee ek met jou saamstem, dankie.

Willem ·

Cyril is ‘n pap eend (lame duck?). Hy kan nie eens sy tier Julius, wat die grootste oorsaak van die haat is en populisties aanblaas, ore aansit nie, stropel agterna. Kyk wat vang CR met die ekonomie aan en dan vee hy en sy ANC hulle aan die ekonomiese aanwysers af.

Henry ·

Ag ja.
Ons kan besin en beding soveel as wat ons wil en steeds dink dat daar nog ‘n geleentheid is om te besin en te beding.
Maar ‘wyl ons aan die Suidpunt van Afrika rond spartel met minder as 4 miljoen teenoor meer as 50 miljoen andersdenkendes, moet ons aanvaar dat die koeël reeds laaank gelede iewers in Kemptonpark dwarsdeur die kerk is.
Is maar hoe dit is my chaaina’s.

Helizna ·

Afrikaans is n “meerderheidstaal” want dis 3de op die lys naas Zoeloe en Xhosa. Engels is maar 5de.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.