Nuuskommentaar: Laat U wil geskied

Argieffoto (Foto: congerdesign, Pixabay)

Seker een van die moeilikste begrippe wat die Christen by Jesus geleer het, is om te aanvaar dat God soewerein is – Sy wil sal geskied ongeag wat ons graag wil hê.

God verhoor gebede, maar nie noodwendig soos ons dit wil hê nie, want Hy weet die beste.

Jesus het self kort voor sy veroordeling en kruisiging God die Vader gevra om die beker wat vir Hom voorlê, verby te laat gaan. Maar bygevoeg, “nie my wil nie, maar soos U wil”.

Seker een van die hoofkenmerke van Suid-Afrika met die aanbreek van die Paasfees is die wye proteste dat pres. Jacob Zuma van die toneel moet verdwyn. Die eendragtigheid waarmee die publiek in opstand teen hom gekom het, het die aandag van gesaghebbende buitelandse media begin tref nadat Suid-Afrika die afgelope paar dekades eintlik uit die kollektiewe bewussyn van die wêreld buite Afrika begin gly het. Lees gerus Leopold Scholtz se onlangse artikel, Plaasmoord maak opslae in Nederland.

Suid-Afrikaners se versugting om van Zuma ontslae te raak spreek ook hard uit ’n hoofartikel in die Bostonse koerant, die Christian Science Monitor. Gewoonlik sal ’n Suid-Afrikaner wat ’n stuk uit die buiteland te lese kry waarin die situasie in Suid-Afrika gestel en ontleed word, hier en daar oor die feitelike grondslag verskil – soms ernstig verskil. Met hierdie hoofartikel is verbasend min te verskil, en ’n wye reeks feite word gebruik, soos die feit dat ’n onlangse peiling getoon het sewe uit tien Suid-Afrikaners wil Zuma uit sy amp hê. Die hoofartikel fokus onder meer op die groter bewuswording dat korrupsie ’n land se vermoë om ekonomies die mas op te kom erg in die wiele kan ry.

Kortom, die wil van Suid-Afrikaners oor die Zuma-kwessie is redelik duidelik. ’n Aanlyn-petisie het byvoorbeeld in ’n ommesientjie meer as ’n halfmiljoen stemme vir Zuma se politieke einde gekry, nadat die organiseerders aanvanklik beoog het om “net” 300 000 stemme te versamel. Nou is die teiken ’n miljoen stemme.

Met so ’n oorweldigende populistiese opstand wat die nuus nou al weke lank oorheers (onder meer aangehelp deur die feit dat twee internasionale graderingsagentskappe in ’n duidelike reaksie op Zuma se afdanking van die minister van finansies, die land voor die geskeduleerde hersiening reeds rommelstatus besorg het. Suid-Afrikaners wat hard gewerk het om hierdie wolf weg van die deur te hou, voel hulle is gruwelik deur Zuma in die steek gelaat en Suid-Afrikaners is in die oë van die wêreld verneder.

Geen wonder dat analiste hierdie verwikkelinge nou al van omtrent elke denkbare kant deeglik ontleed het nie, en nog ’n geruime tyd sal voortgaan. Selfs die gereelde pen-strooptogte op pres. Donald Trump het minder geword en sy lugaanvalle op Sirië in reaksie op ’n gifgasaanval op burgerlikes, kinders ingesluit, staan maar wyd tru teen die plaaslike nuusfokus op Zuma en kamerade.

Dit is geen wonder nie dat baie mense die indruk sal kry dat Zuma nou so ’n gemeenskaplike onding geword het dat sy verwydering ’n oorweldigende meerderheidsbesluit sal wees. Weens gebreke in die demokrasie tussen algemene verkiesings is dit ongelukkig nie seker om die posisie vas te stel nie, en word tot ’n groot mate van openbare optredes gebruik gemaak om steun vir die een of ander kant te demonstreer. Dit jaag emosies op.

In dié stadium is reaksie en rigting – in die openbaar altans – van kerke nie veel meer as die gebruiklike hoendertande nie. Dit verras effens in die konteks daarvan dat selfs kerke wat tradisioneel die spasie tussen kerk en staat se soewereiniteit gehandhaaf het, die jongste jare periodiek en byna verrassend sterk standpunt oor staatsvergrype ingeneem het.

Dit moet egter onthou word dat die gebeure saamval met die Christen se belangrikste tyd op die kalender – die Paasfees. Dit is ook vakansietyd vir baie ampsdraers in kerklike strukture, en die logistiek om nou te reageer is nie in plek nie.

Dit beteken nie dat lidmate passief moet wag tot die kerke op meer omvattende skaal en duidelik op die gebeure reageer nie. Van die politieke analiste het wel gaan kyk wat die Skrif sê, of wat kerkvaders oor die eeue oor soortgelyke kwessies te sê het. Lees byvoorbeeld die nuuskommenaar, Die Christen se opstand teen Zuma, en Leopold Scholtz se rubriek op Maroela Media, Geweld gaan meer probleme as oplossings bring. Die kollektiewe gevolgtrekking is dat die Christen hier nie passief in die aangesig van ongeregtigheid kan staan nie, maar dat geweld nie ’n opsie is nie.

Maar is dit God se wil dat Zuma nou moet val? God weet immers wat sal gebeur as Zuma wel in die stof byt, en die gevolge kan veel erger wees as sou ons nog steeds met hom, en die meegaande onregte, opgeskeep sit.

Soms is God se wil vir ons onbegryplik. Onlangs skryf ’n ma wie se klein dogtertjie nou al drie van haar paar lewensjare vir kanker behandel word oor hierdie onverstaanbaarheid. Die kindjie kry bitter swaar. Maar ten slotte roep die ma die Here aan en vra opnuut vir genesing.

Baie kerklidmate sal eenvoudig nie hul deeltjie doen tot hulle duidelike riglyne van hul kerkgenootskappe kry nie.

Ons moet rug styf maak teen onregte soos korrupsie, en ons talente ook daarvoor inspan. Maar ons moet ook aanvaar dat die uitkoms anders kan wees as wat ons gehoop het.

Want God weet wat die beste is. En nou val die fokus op die Paasfees – die regte Paasfees en nie die paaseiers en paashasie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Theuns ·

Ons beweeg met n spoed in die eindtye in,en ja die boek Openbaring vertel ons alles daarvan,so ons kan net na God se wil leef en sorg dat ons reg is vir ons nuwe tuiskoms,dit staan wel in Openbaring dat dit nie maklik gaan wees nie,die verdrukking is hier al en gaan nog erger raak,maar soos die Woord sê ons moet bly bid vir die keiser,al krap hy ons hoe om.Inteendeel die hele wêreld is in n gemors,elke land en kontinent met sy eie probleme,eindtye is hier!

pieterdp ·

Nee , nee. Jy kan God ons skeper nie vergelyk met Enige staads hoof nie.

Wat leer ons uit God se bifel en hoe tree Hy self op. Ons moet ons naaste lief hê soos ons self.

Nou wat van Zuma? Liefde vir sy land met al sy mene het hy verwerp. Die staadshoof het hom self verneder deur sy vergrype. Hy is nie op reg daar van dag een af nie. Met sy soet woorde het hy n groot meerderhuid van sy volk verloon.

Dis as op regte liefde vole Godelike mens het ons die volle reg om in opstand te kom. Soos wat nou al reeds gebeur het. Geen skade of leed nie, met liede teen ons lands burgers. Kon ons dit van die ANC sê? Die het die vreedsale optog gangers aan geval om leed aam te doen. Is dit nou Zuma liefde?

Paulus Roos ·

Ek hou van bogenoemde stuk. Dit wil veral voorkom of ons volk besig is om soos een volk onder Een GOD te her-vergader. So behoort dit te wees en so te bly.

Gerhardus Petrus Padda ·

Terwyl ons vandag onthou wat Jesus gedoen het sodat ons vergewe is en n lewei in genade kan lei is dit dalk gepas om dit te kontrasteer met Sosialistiese Moraliteit. In sosialisme is dit “reg” dat jy iemand kan blameer vir jou armoede en aanhoudend aandring op restitusie.

Christene word aanhoudend herrinner om te vergewe, soos wat ons vergewe is. Dit is die belangrikste opdrag van Jesus. Sosialisme herinner aanhoudend dat iemand jou iets skuld en dat jy n “reg” het tot restitusie.

Dit is duidelik dat n Christen nie n Sosialis kan wees nie. Ons grondwet is Sosialisties. Christene sal moet kies.

John ·

Ons as Christene moet egter nie vergeet dat Christus die enigste Middelaar en Weg na die Hemelvader is nie. Aardse politieke oogmerke oorskadu nie Bybelfeite nie.

Oompie ·

Baie baie goeie nuus berig. GOD se Wil is nie altyd wat ons wil nie. Hy het altyd n plan vir elkeen van ons, ons stem nie altyd saam met Sy plan nie, maar alles gebeur met n doel presies soos dit moet gebeur

AL ·

Die kerke moet hul rug styf maak teenoor die land se probleme. Om stil te bly is n misdaad – dit moet kerke onthou. Want stilswye is eintlik ‘goedkeuring’.

Anoniem ·

Ja AL ek stem saam met jou die kerke is heeltemal te stil na my sin wat Suid-Afrika se probleme aanbetref. ‘n Mens hoor nie boe of ba van hulle kant af nie.

Katryn ·

Verseker! God se wil sal altyd geskied. Al staan Hindoe heiden of watter “geloof” ook daarteen! Ons as Sy kinders moet net meer bid en glo!! Daar sal uitkoms wees! Maar ons moet ook besef: die eindtyd is baie baie naby! En ons moet ons daarvoor voorberei! Maar ook besesf!!! Nie almal sal saamgaan nie!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek glo mens moet nie die politiek by die godsdiens inbring nie. Gisteraand sien ek die Hindoe’s wil ook ‘n godsdienstige byeenkoms bring hierdie naweek. En wie is ek as Christen om kommentaar of kritiek te lewer hierop as ek weet dat van ons land se goeie en getroue leiers aan ander gelowe behoort? Wie se ek is reg en hulle is nie? Ons moet baie versigtig wees om ander gelowe af te maak as onbelangrik.

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela, ek het weereens agtergekom dat as ons nie saamstem oor die godsdiens nie word ons bydae eenvoudig nie geplaas nie, al was daar geen negatiewe bewysbare kommentaar nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela, jammer oor my kritiek netnou teen julle in my kommentaar want julle het toe my kommentaar gepubliseer.

Waarheid ·

Dade verraai of bewys wie wie is, wat opregte bedoelings is en hoe die ware gelowige of GELOOF homself openbaar! Leer elkeen OF leer mede gelowige ( gebruik elke dag self ) en die wat dit nogie weet hoe om daardie bybelse waarheid te gebruik in POLITIEK en of GELOOF verband VOOR enige optrede of besluit tot samewerking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.