Die Algerynse lugramp plaas opnuut die fokus op lugvaartveiligheid. Nogtans bly dit een van die veiligste reismetodes as statistieke die hoofnorm is.
Volgens vele bronne is dit veiliger om ʼn reis per vliegtuig te onderneem as om met ’n motor van die lughawe huis toe te ry. Aannames hieroor kan baie wissel.
Die uwe en sy gesin het die week per vliegtuig van Bloemfontein na Kaapstad gereis, en reis eerskomende Dinsdag weer Bloemfontein toe. Min of meer dieselfde tyd as wat die vliegtuig Kaapstad toe in die lug was, het ’n Algerynse militêre vliegtuig met ’n lewensverlies van 257 neergestort. Dit is by benadering nie die grootste lugramp ooit nie, en sal nou die 16de plek deel met die Berg Erebusramp in Antartika op 23 November 1970.
Die grootste lugramp ooit was in Tenarife op die Kanariese Eilande in 1977 toe 583 mense dood is nadat twee Jumbo 747’s op die aanloopbaan gebots het.
Suid-Afrika se grootste lugramp was die Helderberg wat in 1987 naby Mauritius in die see gestort en die lewe van al 159 mense aan boord geëis het.
Onder die 25 grootste lugrampe ooit, tel die Lockerbie-ramp, en verskeie waar ook mense wat op die grond was, dood is nadat hulle deur wrakstukke getref is. Twee vliegtuie het in die lug gebots, en ’n paar gevalle het kortstondig plaasgevind waar ’n vlieënier selfmoord gepleeg het, en die vliegtuig met almal aan boord saamgeneem het, of wou saamneem.
Twee Maleisiese vliegrampe word nog weens eiesoortige omstandighede ondersoek. In een geval is die vliegtuig oor die Oekraïne neergeskiet, skynbaar deur Russiese soldate, en die ander misterie geld waar ’n vliegtuig oor die Atlantiese Oseaan neergestort het – skynbaar ook as deel van die vlieënier se selfmoord.
In Suid-Afrika bestaan daar nou groot kommer oor die toekoms van die lugdiens, enersyds weens ’n gebrek aan bestuurservaring en andersyds die gevolge van swak onderhoud. Trouens, die SAL is tans ’n voorbeeld dat strategiese bates deur die beste bestuur gelei word. Andersins is dit ’n uitstekende voorbeeld van waar sosialisme net kan werk solank iemand anders se geld nog nie opgeraak het nie.
Die personeel getalle verhouding wat benodig word per vliegtuig is +-125 tot +- 175. Die SAL ontplooi naby aan 900 personeellede per vliegtuig. Dit is net nog n voorbeeld van onbevoegde kaderontplooiing en onbekostigbare werkskepping wat dit ten doel het om belastingbetalers se sakke leeg te plunder.
As taxis die dag begin vlieg sal osmose ook te gevaarlik wees om van plek te verwissel ….
SAL moet net eenvoudig geprivatiseer word. Dit het nie meer n ontwikkelingsdoel nie want die privaatsektor vervul dieselfde diens, teen baie beter pryse.
Om te sê vlug MH17 is “skynbaar deur Russiese soldate” oor die Oekraïne afgeskiet, is fopnuus, aangesien dit nog nie bewys is nie. Professor Karl van Wolveren van Amsterdam is baie ongelukkig, omdat Nederland, die Oekraïne, Australië en Maleisië `n geheime akkoord onderteken het, wat bepaal dat, indien Rusland nie die skuldige is nie, die werklike skuldige nooit ooit bekend hoef te gemaak word nie.