Nuuskommentaar: Maak dood die aarde

(Argieffoto: Pixabay.com)

Druk op nasies en politici neem toe, onder andere uit die geledere van die VN, om hul sokkies op te trek om die mens se rol in klimaatsverandering op te skerp. Boney M se liedjie “We kill the world (Don’t kill the world)”, was ’n tydige oproep om die hande uit die moue te steek.

Don’t kill the world
She’s all we have
And surely is worth to save
Don’t let her die
Fight for her trees
Pollution robs air to breathe

Cherish the world
A present from God
On behalf of all creatures
Made by the Lord
Care for the Earth
Foundation of life
Slow progress down, help her survive

Don’t kill the world
Don’t let her down
Do not destroy basic ground
Don’t kill the world
Our means of life
Don’t kill the world
Our world!

Hierdie is maar enkele strofes uit Boney M se trefferlied van 1981, “We kill the world (Don’t kill the world)”.

Sedertdien het die wêreld, ten spyte van die harde werk deur klimaatsontkenners, verskeie verdrae gesluit en maatreëls ingestel om te help voorkom dat die aarde soos die ander Goue Lokkies-planete in ons sterrestelsel, skynbaar leweloos word.

Om oplossings te vind gaan delf die mensdom diep in die verlede en diep in die ruimte om te sien hoe die klimaat oor tyd verander het, en hoe dit in die toekoms kan verander.

En om te probeer peil wat die mensdom kan aanrig om die planeet doodgewoon onbewoonbaar te maak. Hierdie lewensvriendelike tye het nie saamgeval nie en het gewoonlik miljarde jare uit mekaar voorgekom.

Baie faktore speel ’n rol, onder andere hoe warm die son in vroeëre tye was (dit is nou veel warmer as miljoene jare gelede). Wanneer die kern begin stol het, afstand van die son wat ook oor tyd wissel, planeetgrootte en vele meer bepaal die wanneer van die Goue Lokkies-era (indien enige).

Navorsing toon dat Venus, Mars en die maan, minstens teoreties iewers in die verlede, almal lewe kon onderhou het.

Argieffoto

Trouens, die uitslae van ondersoeke na die taaiheid van sekere lewensvorme wat bakterieë, swamme en alge insluit, toon dat van hierdie lewensvorme nie net onder die uiterste omstandighede op aarde kan leef nie, maar ook aan die buitekant van die Internasionale Ruimtestasie.

Spesialis-argeoloë, klima-argeoloë, ondersteun deur klimapaleontoloë, vind al meer bewyse van baie ou beskawings wat weens klimaatsveranderings tot niet is, of eenvoudig elders heen moes verkas. Rotstekeninge en oorblyfsels van oerriviere in die Sahara toon dat daar fases was wat die klimaat in dié woestyn by tye meer leefbaar was as nou. Verskillende soorte krokodille het eens in die Sahara gefloreer en geïsoleerde kolonies word steeds in oerrivierbeddings wat na die oertyd geïsoleer geraak het, aangetref. Heelwat graansoorte is hier deur deeglike seleksie van grassoorte deur die mens ontwikkel.

Ruimtevoorwerpe wat op die aarde geval het, het reeds verskeie kere op groter (soos die uitwissing van die dinosourusse) en kleiner skaal (soos die uitwissing van mammoete, wollerige renosters, sabeltandtier en ander karakters wat in die Ice Age-animasiereeks uitgebeeld word) tot uitwissing gelei.

Enorme vulkaniese uitbarstings het ook tot klimaatsverandering gelei, en groot druk, minstens plaaslik, op die voortbestaan van die mensdom geplaas.

Trouens, dit wat so verwoestend op die aarde (en voorheen sy ruimtebure) kon inwerk, laat baie van die ontkenners glo die mensdom self kan geen rol speel nie – die mensdom se rol is gewoon te gering in vergeleke met wat die aarde self, of besoekers uit die ruimte, kan aanrig.

Die mensdom het egter bewys dat hy prosesse erg kan versnel deur sy optrede om die aarde onoordeelkundig te benut.

Die mens is inderdaad heeltemal magteloos teen sekere verskynsels, soos hoe sterk ’n planeet se magneetveld is. Dit hou verband met die sterkte van die konveksiestrome in die gemete binnekant van die planeet. Wanneer dit afkoel en stol, is daar uiteraard nie meer konveksiestrome nie. Sonder ’n magneetveld is alle lewe op daardie hemelliggaam erg blootgestel aan kosmiese bestraling, maar dit stel ook die planeet daaraan bloot dat die sonwinde die atmosfeer kan wegwaai, soos met die maan en Mars gebeur het.

Die Bybelse opdrag wat die mens ontvang het om oor die aarde en sy bewoners te heers is nie sommer net een soos heers in die sin van regeer of baasskap nie, maar die uiterste inspanning en ontwikkeling van Godgegewe talente. Talente, soos in die Bybel genoem, was elk sowat 50 kg goud of silwer werd. Die oplossing wat vandag ontwerp word, kan in onoordeelkundigheid die ramp van môre beteken. Kernbomme kan die aarde uitwis, maar mag moontlik nodig wees om ’n ruimtevoorwerp wat ver van die aarde af ontdek is, en op pad na die aarde is, op ’n veilige afstand te verwoes of van koers af te dwing.

Maar dan is dit sinneloos dat sommiges nou soveel doen om die aardse lewe te beveilig, maar ander nou reeds hier deur besoedeling, rommelstrooiing, aardverhitting ensovoorts, die beplande reddingsaksie ondermyn.

Matt. 23:23: “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet ’n mens doen en die ander nie nalaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Realisties ·

Wel, die aarde is al hier vir 4.5 biljoen jaar. Hy sal nog hier wees biljoene jare NA die mense uitgesterf het.

Ons dink darm baie van ons self as ons dink we will kill the world… ha ha ha

Gert ·

Dis net geriefliker vir mense om die leuens te glo van sg. ‘kundiges” dat aardverwarming ‘n mite is, dan kan hulle aanhou met hulle lekker lewenswyse en nie skuldig voel oor die skade wat hulle aanrig aan hulle planeet nie. Mens sien duidelik hoe al meer mense hulle skaar by die aardverwarming-ontkenners. Ek sien groot probleme vorentoe.

Judge Dredd ·

Min mense ontken aardverwarming – baie mense ontken egter dat spesifiek menslike aktiwiteit die grootste rol in aardverwarming speel.

Btw – hoeveel metaangas word vrygestel in ons atmosfeer deur al die lewende wesens?
So die mense wat alles wil red is ook gedeeltelik verantwoordelik vir aardverwarming.

Die mensdom is oorbevolk, maar behalwe China is geen ander land/politici bereid om die bevolkings probleem aan te spreek.

Rupert Ashford ·

So wat is jy bereid om op te gee? Jou selfoon, rekenaartablet, PC, jou Nikes? Of is dit net ander wat moet afskaal? Soos die jats se, min mense ontken klimaatsverandering, maar verskil oor die mens se invloed en die oplossing. Dit is maklik bewysbaar dat die lande waar die bevolking uit armoede gelig is, ook beter na hulle omgewing kyk. So moet ons almal belas en verarm en geld spandeerop duur, onbetroubare energiebronne, of moet ons eerder die geld gebruik om mense toegang te gee tot goedkoop energie en sodoende uit armoede help?

Elna ·

Die mens sal vergaan maar die aarde sal bly staan. Moeder natuur laat nie met haar mors nie. In werklikheid is dit vreeslik hartseer om te sien hoe besoedel die aarde regtig is en dit word besoedel deur die mens. Mense weet nie meer wat beteken dit om respek te he vir ons hemelse vader se skepping nie daarom sal ons almal gestraf word daarvoor. Plaas iemand bietjie navorsing gaan doen wat alles in die see is want dis hier op aarde ek glo dit sal baie goedkoper en meer interessant wees om te sien en te leer want dis kleur vol. Ruimte bestaan net uit swart en grys uit

AttieNo ·

Die aarde is deur hordes verwarmings en verkoelings oor miljoene jare. O die Staat, daardie instelling wat so min as moontlik belas, so heilig is en so min mense se lewens gekos het en O so nie-korrup is nie, daardie instelling gaan ons nou verplig om natuurlike prosesse soos winter en somer verewig te stop. ʼn Kenner en wetenskaplike verstaan nou alles en ons weet hy is ʼn kenner want die tv se so en die politici wat omgee vir die aarde gaan ons belas en die geld benut om die aarde te red. As jy dit alles glo, kan jy enigiets glo!

De Villiers ·

Dit is waar dat daar verskillende klimaatstoestande oor millennia heen op aarde geheers het, van warm, droë toestande tot koel, nat, selfs ystoestande. Dit was egter alles weens natuurlike toestande. Maar die huidige aardverwarming is nie weens natuurlike omstandighede nie, maar deur die mens self. Sy onverskillige lewensbestaan versnel dit geweldig. Die grootste dryf daar agter is winsbejag (alle lande se industrieë vermeerder) en oorbevolking. Amerika het onder andere geweier om die Kyoto-verdrag te teken wat ten doel het om koolstofvrystelling in die atmosfeer te verminder. Anders maak die VSA te min geld, maar koolstof verhoog die atmosferiese temperatuur. Oorbevolking lei daartoe dat al meer natuurlike omgewing (woude, grasveld ens.) omskep word in woonareas, landerye, industrie ens. wat druk op natuurlike hulpbronne, soos water, plaas. Verminderde plante beteken minder suurstof, meer mense op aarde beteken met koolstofvrystelling in die atmosfeer. Die balans word onnatuurlik versteur. Ons moet begin herwin, minder gemaksugtig leef, gesinsbeplanning toepas en in alles eerstens aan die natuur dink. Die mens het die natuur nodig vir oorlewing, maar die natuur het nie mense nodig vir sy voortbestaan nie.

Annie Webb ·

Oorbevolking en ontbossing is gróót sondaars by die “voelbare” gevolge van “aardverwarming”, soos droogtes en brande. Al Gore het dit egter ‘n politieke speelbal gemaak en gelei tot belaglikhede soos “celebrities” wat halfpad om die aarde vlieg in ‘n privaat straler om teen klimaatsverandering te gaan betoog. Die VSA het inderwaarheid oor die afgelope dekades die meeste gedoen om bv. uitlaatgasse te beperk, eerder as om vergaderings by te woon en by ooreenkomste aan te sluit. Die VSA was nie alleen die grootste geldelike bydraer tot die Paryse Akkoord nie, maar ook die enigste land wat sekere spertye moes haal. Daarom het pres Trump die VSA onttrek. China is steeds die grootste besoedelaar maar dra niks by nie en hoef ook nie spertye te haal nie. As iets eers ‘n politieke speelbal word, is daar altyd groot lawaai en weinig aksie.

Rupert Ashford ·

‘n Bietjie waarheid. Dankie Annie. Die Parys akkoord is ‘n groot klug wat ten doel het om sosialisme te bevorder en die “dig renewables” industrie te bevoordeel. As dit ernstig was, sou die twee grootste vrystellers van koolstofdioksied (koolstof is wat ons in die ou dae roet genoem het, dit kan nie vlieg nie, vir die woke mensies onder ons) nie toegelaat word om te maak soos hulle wil tot 2030 en daarna te besluit wat hulle wil doen nie.

Andreas ·

Party by ons is so haastig om te skep, dit lyk of hulle bevrees is die aarde gaan binne ‘n paar jaar dood.

Andreas ·

Herman, daar is mos ‘n verskil om jou land, die grond waarop jy loop lief te hê, baie keer gaan jy op die knieë, jy ruik dit, die reën, snuif die lug en jy wil net in oormaat terug gee van wat jy ontvang het, die dankbaarheid in oorvloed, veral na reëns al is dit ‘n paar druppels op dorre roesbruin aarde, dan stroom die in trane teen die wangbene af.

Dit inteenstelling om net ‘n gebruiker van wat jy glo jou toekom te wees, dit wat van jou afgevat is.

Andreas ·

As ons op knieë vir die land gaan, moet ons eers bokvelle uit gooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.