Nuuskommentaar: Maak oop jul monde, Afrikaners (of durf julle nie?)

Afrikaner

Argieffoto: Adéle Changuion

Uit verskeie bronne lyk dit of daar ʼn breë verwagting is dat wit mense, en Afrikaners, hul menings vir hulself moet hou. Dit is veral in kwessies van die nasionale debat waar, so lyk dit al meer, enige mening geduld word solank dit uit swart geledere kom.

“’n Toe bek bly ʼn heel bek,” lui die spreekwoord. In sy gereelde rubriek in Rapport, “Natuurlik swyg die Afrikaanse studente”, stel Tim du Plessis die vraag of Afrikaanssprekendes, en veral Afrikaanse studente, hul reg op uitsprake maak behoorlik uitoefen: “Die voorkoms van dié outoritêre voorskriftelikheid het op (die enkele) kampusse met oorwegend Afrikaanse studente reeds die effek dat studente geïnhibeer voel om te sê wat hulle dink en glo. Die toevlugte van ‘geen verhoog’ en ‘aanstootvrye ruimte’ is nie vir hulle beskikbaar nie. Net Engelssprekend en/of swart kwalifiseer. Nou onttrek hulle maar. Neem nie deel aan die debatte nie. Trek hul skouers op met ʼn ‘whatever’.”

Om al die toepaslike gedeeltes uit die stuk aan te haal sou op plagiaat neerkom, en daarom sal Du Plessis se artikel, as die skakel nie gevolg word en die hele artikel nie gelees word nie, nie tot sy reg kom nie.

Maar het die probleem nie ’n langer wortel nie? Is Afrikaners wat buite ’n bepaalde denkruimte dink nie gewoond daaraan om op allerhande maniere doodgeswyg of verkleineer te word nie?

Die reg op meningsuiting en persvryheid is nie heeltemal dieselfde ding nie. Tog bied die internasionale persvryheidsindeks ’n idee van tot watter mate mense in ’n bepaalde land hul menings sonder die een of ander nadelige gevolg kan uitdruk. Om die vlak van persvryheid te beoordeel word nie net na versmorende wette en hoeveel joernaliste agter tralies is gekyk nie, maar na die regverdige weergee van menings uit die hele politieke spektrum. In sommige lande bepaal groot sakelui met hul aandele en advertensiebydraes grootliks die redaksionele trant en sorg dat die soeklig nie te veel op korrupsie val nie.

’n Koerant kan homself as die mees liberale koerant in die wêreld beskou, en dus in beginsel vir alle menings ruimte laat, maar wanneer hy redaksioneel self ’n politieke rolspeler word en “subtiel” sekere menings voortrek, en soms minder subtiel en blatant “hoernalistiek” pleeg, word die saak van meningsvryheid nie gedien nie.

Rhoda Kadalie het by geleentheid geskryf politieke korrektheid is die diktatuur van die liberalis.

Die jaar 1994 het natuurlik in baie opsigte ’n kentering gebring. Baie van die versmorende wetlike maatreëls het ongrondwetlik geword en verval, maar die “reg” om menings te inhibeer het in ander gedaantes voortgeduur. Op die gevaar af van kontekstuele verwringing die volgende aanhaling van Du Plessis. Hy verwys ook na die ongeduld in sekere swart kringe oor menings van wit mense: “As jy wit is, moet jy swyg oor die jammerlike spektakel wat die ANC maak van landsregering, want dan verlang jy terug na die smadelike verlede. Wit mense mag in elk geval niks sê nie. Alles wat hulle sê, word ongeldig gemaak deur die teerkwaste van ‘wit bevoorregting’, ‘witheid’ en die euwel van ‘white minority capital’.”

Op die meer “tradisionele” vlak van die inhibering van persvryheid: Die regering laat ’n buiteproporsionele deel van sy advertensiekoek na goedgesinde publikasies soos die New Age en streekpublikasies gaan. Die media word gereeld verkwalik omdat dit “die goeie storie” (van ANC-prestasies) verswyg, daar is die onheilspellende “snoerwet” wat wag op pres. Zuma se handtekening en planne vir ’n mediatribunaal.

Subjektiwiteit speel ’n enorme rol. Daar word gereeld uit mediakringe en selfs akademiese kringe lof gehoor oor hoe vry Suid-Afrika se media is. Dit wil voorkom of dié mense hulle blind staar in die afwesigheid van joernaliste agter tralies. Die meer subtiele of ekonomiese beperkings word misgekyk. Om hierdie rede beskou Freedom House Suid-Afrika slegs gedeeltelik persvry, terwyl sekere akademici hier vol lof vir die vlak van persvryheid is. Ook Verslaggewers Sonder Grense se plasing van Suid-Afrika op die internasionale presvryheidsindeks is veel swakker as wat die sonskynjoernaliste en veral -akademici meen dit moet wees.

Dit is verstaanbaar as iemand met ’n bepaalde politieke oriëntasie meen die land is wonderlik persvry, as dit wat die subtiele selfsensuur oorleef alles met sy eie oortuigings in pas is. Lesers wat keelvol vir die handvol rubriekskrywers raak wat wél gereeld skryfbeurte gegun word, maar soos vinkel en koljander is, sal egter anders voel. Gelukkig is daar nou ook ’n wyer realiteitspektrum sodat van hierdie rubriekskrywers al mekaar ingevlieg het, soos Max du Preez en dr. Leopold Scholtz.

Die koms van die internet het ook ’n groot rol gespeel in die mate waartoe mense hul menings uitspreek, soms in bitter kru taal. Du Plessis het juis, destyds as redakteur van Rapport, daarop gewys dat ’n koerant nié om byvoorbeeld politieke redes selektief met inligting kan omgaan nie, omdat die inligting dan juis via die internet rondom die publikasie sal vloei. Sedertdien was daar ’n behoorlike ontploffing in digitale inligtingsvloei.

Op die oomblik word die indruk geskep dat daar in sekere swart kringe probeer word om menings van wit mense om ’n verskeidenheid redes “te smoor”, veral in die nasionale debat. Dis natuurlik naakte rassisme.

Die omgewing van studenteprotes speel hom juis dikwels af op die vlak van die nasionale diskoers, soos die taalkwessie op kampusse. Daarom die ergerlikheid met nie-swart studente wat “inmeng” en byvoorbeeld standbeelde probeer beskerm of weer skoonmaak nadat dit betakel is.

Die een ligpuntjie van hierdie groep swart “meningsvormers” wat wit menings wil uitsluit, is dat hulle wegbeweeg het van ’n klakkelose navolging van die ANC. In die jaar wat die vorige algemene verkiesing voorafgegaan het, het die kanselier van die Vrystaatse Universiteit, dr. Khotso Mokhele, die graduandi aangemoedig om hul spraakvryheid te gebruik om hulle uit te spreek teen die algemene verval wat ons daagliks om ons ervaar.

Kan dieselfde “opdrag” aan Afrikaners gegee word? Is so ’n opdrag ooit nodig veral met die grensloosheid wat die internet bied? Voeg hierby radiostasies wat nie deur die SAUK beheer word nie, en ’n horde tokkelosse (glo die Afrikaans vir “knock and drops”).

As Afrikaanse studente om welke rede ook al geïnhibeer word om hulle sê te sê, is daar ’n groot skroef los. Tydens ’n gesprek tussen ’n rektor en studente het ’n mediese vrouestudent ’n vraag oor kwotas gevra, en is deur die rektor toegesnou om te gaan sit want sy is glo ’n rassis. Selfs dosente is bang, en sê dit ook, om hul menings te lug.

Kortom, in ’n spektrum van faktore soos die werkomgewing, kwesbaarheid, wantroue om “uitverkoop” te word, word baie menings skynbaar gewoon gesmoor. Daar is natuurlik die deel wat van nature tot volstruispolitiek geneig is.

Die omgewing was nog nooit so gunstig en nodig vir Afrikaners en Afrikaanssprekendes om ook hul menings te lug nie. Waar ’n groot Afrikaanse koerant dalk smorend kan wees (en dit lyk al minder of dit die geval sal wees) is daar ’n duisternis ander opsies om menings “deur te kry”. Instansies soos Solidariteit en AfriForum dien ook as rugsteun sodat viktimisasie nie sommer gevolgloos sal wees nie.

Natuurlik is daar die vyfdekolonners soos die Seunse Weenkoor wat nie wil sien dat die son oor ander menings, soos in Solidariteit se Plan B vergestalt is, mag skyn nie. Maar waar hierdie groep eens die toon aangegee het, is hulle nou bykans vry buit.

Wat alles natuurlik nie meen enigiets is nou veroorloof nie. Haatspraak en soortgelyk, kru taal en vele meer reflekteer baie slegter op die “outeur” as die persone / saak wat hy / sy aanval. Dikwels lyk dit of hoe ’n groter “taalbul” een is, hoe swakker is sy / haar Afrikaanse spelling en algemene taalgebruik.

Die mens het nie om dowe neute twee ore en net een mond nie. Maar daardie een mond, so lyk dit dikwels, weerspieël die dwaasheid waarna Salomo so dikwels verwys.

Maak maar gereed dat menings en selfs aktiewe deelname uit Afrikanergeledere van nasionale kwessies soos die #ZumaMustFall-veldtog, of wat gaan oor die oorlewing van Afrikaans as volwaardige taal en dus teen transformania indruis, erg onder skoot gaan kom – nie net van swart rassiste wat die sake eksklusief “swart” wil hou nie, maar ook uit die geledere van die Seunse Weenkoor en ander vyfdekolonners. Indien die knie egter gebuig word, is dit ’n vorm van selfsensuur en stroping van grondwetlike politieke regte. Die aandrang op minderheidsregte is nie ’n sonde nie, en die politieke oormôre is dalk te laat.

Die Afrikaner mag nie swyg nie want so word hy tot ’n irrelevante nulliteit gereduseer. Daar is egter maniere en maniere, en fatsoenlikheid en sensitiwiteit is belangrike sleutels.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

28 Kommentare

FC ·

Selfs voor 1994 was diegene wat hulle uitspreek teen onregverdighede al geteiken, veral in die werkplek. Dit is juis vir hierdie rede dat vakbonde (spesifiek Solidariteit) en burgerregte organisasies meer tot hulle reg gekom het en die stem te wees van ons wat die nie in ons werkplek mag waag om ons “bekke te rek” nie.
As jy in enige vlak van regering werk en jy is blank dan is jy ‘n teiken. Dit is eenvoudig nie die moeite werd om op te staan en jou oor jou “base” se vergrype uit te spreek nie. Jou begisels gaan nie kos op jou tafel en die van jou kinders plaas nie. So, dan werk ons maar en skud net ons koppe en hoop dinge sal verbeter. En hoop… en hoop…

Trolle ·

Hoe dan nou anders,ons is so grootgemaak(hou jou bek en doen wat ek se)in skool by huis en werkspleke.Ek is bly apartheid is weg dit was baie verkeerd gewees en te streng in my opienie gewees.As jy nie uitgeblink het in apartheid skole nie was jy grootgemaak om jou self te haat.
Om engels eerste graad verpligtend te gemaak het in my tyd waaraan ek glad nie belang gestel het nie,en jou n jaar terug gehou het omdat jy swak in engels doen was heeltemal verkeerd.Sielkundig gee dit mens n knou in die samelewing as jy weer n jaar moet oordoen saam met kinders wat jonger as jy is.Kan vandag sien die engelse het SA regeer in die ou tyd en is bly dat n swartman in beheer is van die land nou.As Zuma wou kon hy ons al lankal in die see gejaag het.Dink terug wat hy gese het in 2009.Die Afrikaansprekende tribe is die enigste wit mense wat hier hoort sonder n paspoort,en julle haat hom?Ons sal nooit ooit kan saamstaan nie elke man vir homself,ek sien mos hoe my afrikaanse bure is.

chrisp ·

Trolle.
Nee wat hy gaan ons nie maklik in die see jaag nie,hy weet dit selfs baie goed.
Wat egter baie waar is is jou aanmerking oor die Engelse en ek praat nie van die meerderheid engelse in RSA nie maar Engeland en veral sy koningshuis. Die rede hoekom almal (media veral)Zuma so aanval en verkleineer is juis omdat hy nie na Engeland se pype dans nie.Mandela en Mbeki het egter mooi gewals vir hulle(beide self in die orde van malta) onder andere net soos baie van die ander handperde(Tutu is ook een as ek reg is?).Hierdie orde is uit die RKK maar die toue is verbind met die koningshuis ook.

Maak dit dalk nou sin dat ons vriend Malema wat so teen Zuma is sommer so” uit die bloute” Engeland toe is en ons wil wysmaak hy het hulle gaan oortuig om hulle skatte te deel met die swartmense? Dink vir een oomblik toe Zuma die weste begin vermy en meer vry na Rusland China(BRICS) kom Malema en hy begin ‘n nuwe party uit die ANC.Wie bevonds hom ,so ‘n speletjie kos geld ,baie geld.Hulle voer nou twee perde die DA en die EFF.

Ek se weer Zuma is swak maar verseker nie meer as sy voorgangers nie en verseker nie meer as die wat hom gaan opvolg nie.Dalk eers na sy dood(ek dink nie hy gaan sommer loop nie).

adrian ·

As jy jou mond oopmaak is jy n rassis, as jy vrae vra oor regering is jy n rassis. Hou jou hand toe, hou jou beursie toe
Gee nie n sent vir universiteite waar belhamels is. Niks by verkeersligte niks niks net vir jou mense

Johan 2 ·

Dit is baie tragies maar ons swyg al baie lank van die “dutch-donkey” dae tot nou waar jy altyd n rasis is. En dit is selfs op voetsoolvlak en word deur mede Afrikaners bevorder. Ek het op n vergadering voorgestel dat my werkgewer Afrikaans in sy broefhoof aanbring (meeste van ons kliente is Afrikaans), dit is baie agrisief uitgestem deur ALMAL teenwoordig…hoekom, want “daai taal is nie meer aanvaarbaar nie” en “dit kan onodige rasistiese reaksies uitlok”.

Net een sin geld in Afrikaans vir Afrikaners: bly stil en doen jou werk…in engels.

JoeV ·

Die Afrikaner het nie gekose verteenwoordiging op enige vlak nie. Om ‘n eie kutuur te eis is natuurlik rassisties is dit nie?
Daarbenewens is daar maar min akademici wat nie so ver links gedwaal het dat hulle die offer van kultuur en taal reeds geoffer het nie.
Die omswaai gaan taai wees, die hoofstroom liberale media het hulle self uit ‘n mark gepropageer, daar is dus nie juis meer ‘n medium waar aanmoediging om aan taal en kultuur te vas te hou nie. Alles moet nou juis eers hof toe om uitsluitsel te kry oor sake van belang aangesien die groep met mag dit nogal effektief aanwend teen die daarsonder, maar die integriteit kort wat nodig is vir ‘n samelewing om te funksioneer.
Daarom werk “deel met ander” nie soos beplan nie.

Flippie ·

Herman Toerien

Het jy nou ook op die wa van die speltoetsers geklim? Net soos wat daar gesê is dat “politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis is”, lyk dit my kan ook gesê word dat “spelvaardigheid die toelatingsdrumpel vir geskrewe bydrae”.

M.a.w. as jy nie goed kan skryf nie is jy minderwaardig en kwalifiseer jy nie om deel te neem aan geskrewe debate nie.

Weet jy ek het hier in St 4 ‘n brief vir my pa geskryf om vir hom te sê dat ek lief is vir hom en dat ek hom waardeur. Sy kommentaar was ddat ek my spelling moet opknap. Ek het nooit weer ‘n brief vir my pa geskryf nie. Ek is nie minder lief vir my pa nie, maar ek het beset dat my spelvaardigheid belangriker is as die boodskap wat in daardie briefie vol spelfoute was.

Ek wil net mooi vra dat die werklike taalbulle ons vrotterige spellery maar oor te sien en probeer om die kommentaar raak te doen.

Wessel Cronje ·

Is dit nou soveel moeite om seker te maak jou spelling is reg voor jy dit pos?

Waardeer…..onthou dit.

garrie kleinhans ·

maat….as slegs sg taalbulle hul menings mag lug kan ek jou waarborg die afrikaner gaan eensklaps stom raak……..maar die hele taaldebakel trek myns insiens die aandag af van die werklike probleem in hierdie land

Dee ·

Presies soos Wessel Cronje sê, Flippie… is dit dan te veel moeite om seker te maak jou spelling is reg? Ek hoor wat jy sê maar jy oortuig nie; om foutloos te skryf is nie noodwendig ‘n talent nie maar basiese aandag en moeite skenk aan wat jy doen.

Wanneer jy spog met jou liefde vir ons kultuur en ons taal maar jy kan dit nie skryf of praat nie moet jy nie verwag om ernstig geneem te word nie. Indien jy voorspraak wil maak vir Afrikaans moet jy respek hê daarvoor.

chrisp ·

Dee.
Soms skryf ek baie vinnig en gaan geensins deur my stuk nie.Meestal weens ‘n gebrek aan tyd/

Ek lees eerder iemand se siening (met spelfoute) as geen siening nie.So ek verskil van jou ek spel ook redelik swak maar glo my gerus ek sal die meeste “taalkundiges se agterstewe skop as dit by die wetenskappe(nie die politieke een nie!) en wiskunde kom.

Hierdeer plaas ek my nie hoer as die persoon wat dalk daarmee sukkel nie,soos baie Taal-boelies doen.

Piet Snot ·

Flippie, mens hoef nie taalbul te wees om dié taal wat ons beweer ons voor lief is, ordentlik te skryf nie.
Verder: ek wys my respek vir ander lesers deur my kommentaar net gou deur te lees voor ek dit pos. As ek nie daarvoor tyd het nie, skryf ek eerder nie.

Disselboom ·

Ons sien gewoon nie tans helde onder Afrikaners nie. Veral dan nie onder jong Afrikaners, as daar meer spesifiek na die verwagting dat studente makliker hulle sê sal sê, gekyk word; maar die jong Afrikaners het ‘n geldige klag as hulle sou sê dat hulle voorgangers ook maar net heeltyd bangerig sit en reageer en klou aan wat hulle het – en dus nie te veel golwe wil maak nie. Nou word daar in verskeie artikels so geskimp in die jong Afrikaners se rigting dat hulle bietjie slap of apaties is, maar kry hulle die voorbeeld wat hulle dalk wil hê?

Daardie manne (en vroue) wat alleen in ‘n skare kan opstaan en homself handhaaf; met goeie maniere natuurlik, dis juis deel van die kuns om sterk te staan om die rektor tog tereg te wys in ‘n debat; die vraagstuk na aanleiding van die vroulike mediese student is: waar was die manne wat om haar moes opgestaan het en haar verdedig het?

As ‘n punt van debat, en nie kritiek nie, wys Disselboom daarop dat mnr Toerien se artikel nog steeds in die slaggat trap om onderliggend te aanvaar dat kla oor die vyandige regering en sy lakeie se onregverdigheid ons êrens gaan bring. Ons Afrikanerdenke moet weer verander om die inisiatief te neem, en nie heeltyd net in reaksie op ‘n lamlendige en swak regering te moet optree nie.

(Disselboom is nou spesifiek om te onderskei tussen debat en kritiek, omdat dit die ander onderwerp is wat getakel moet word, naamlik ons argaïese Afrikaner-ingesteldheid dat ons almal presies oor ‘n saak moet saamstem voordat ons die stryd aanpak).

Grassie ·

Selfs binne ons eie Afrikanergeledere is daar baie min verdraagsaamheid tussen persone of organisasies wat op enkele punte van mekaar verskil. Ons is ‘n koppige nasie – verdra geen teenspraak nie. Dit bring mee dat sommige persone of organisasies met ‘n gemeenskaplike einddoel, nl die voortbestaan van ons Afrikanervolk en taal in hierdie land, so besig is om mekaar te looi oor kleinighede dat daardie einddoel op die agtergrond geskuif word. Ek dink ons lib-vyande hou van hierdie optrede. Ons sal moet leer om meer akkommoderend teenoor mekaar te wees en ‘n gesamentlike front te vorm.
Ek hoop sommige van Maroela se personeellede lees hierdie bydrae van Herman noukeurig deur en neem dit ter harte.

chrisp ·

Ek dink ons(Afrikaner) moet wegbly van enige massa must#fall aksie teen die huidige regering en net begin doen en werk aan plan B. Wat het enige van hierdie optogte opgelewer vir ons saak? Elke keer word daar net weer verwys na die wittes wat rassisties is en apartheid wil terug bring en siedaar ons is weer die gemeenskaplike vyand.Ek het met Max se vraag “hoekom die wittes nie saam is nie” verduidelik dat dit gaan gebeur(ek is geen siener nie maar dis mos voor die hand liggend).

Al waar ek dink ons moet betoog is as dit ons direk raak, dws taal en geweld en rassistiese wette soos bee ens.Ons moet wegbly van al hierdie “something must#fall optogte(ons word misbruik en daar skuil veel meer agter hierdie optogte).

Bly weg jy word net weer die gemeenskaplike vyand en dan weer die teiken. Laat hulle, hulle eie huis skoonmaak dit is nie ons gemors wat in die huis le nie.Ons was nooit eens deel van die “familie” in die huis nie, so ook was die regte Etniese swartman(Zoeloe,Xhosa,Phedi, ens) ook nie deel nie. Al hoe hulle die meeste swartmense deel hou van die “gepeupel” is om die witman gedurig voor te hou as rassisties.Die oomblik wat hulle(regering en meeste partye) dit nie meer doen nie sit hulle turf en hulle weet dit baie goed.Om hierdie rede is hulle maar te bly ons betoog saam.

Boervrou ·

Dit is juis omdat ek geen vryheid van spraak het dat ek my versekering en maandelikse bydrae by AF gekanselleer het. More sluit ek my standardbank rek ook

pieter ·

Aan Sunè van Maroela – Baie dankie vir die inligting. Ek weet my spelling is regting oorweldig met foute, maar dit gaan my nie keer om verder my stelling aan die lug te bring nie.

Ek het vir so iets aangevra en Maroela het resultate gegee. Baie dankie! love die media!

Sakkie du Plooy ·

Dis ‘n groot hartseer dat menige Afrikaners, oud en jonk, so skuldig voel oor ons “verskriklike” apartheidsverlede dat menigeen nie ‘n woord wil se nie. Die maklike pad is politieke korrektheid en dit kan jou nog ‘n gerieflike joppie ook besorg – solank jy net nie beroering veroorsaak nie! Is een rede vir die sieklike skuldgevoel, en die inhiberende verlamming wat dit veroorsaak het, nie die feit dat baie van ons nie die ware feite rondom ons geskiedenis ken of dalk wil onthou nie? As ons gedurig herinner word aan die “slagting” by Sharpeville moet ons ook kennis neem van die VEEL MEER swartmense wat wreed vermoor is deur die ANC, veral deur bomme en halssnoermoorde, gedurende die laat 80-er en vroeg 90-er jare as deel van hulle People’s War. Ons voorouers het nie swartmense se grond gesteel tydens die Groot Trek nie. Die Trekkers het egter bygedra tot die stopsit van die brutale moorde deur Mzilikazi en Shaka op duisende swartmense in die binneland van SA. Die uitdaging is om die feite omtrent die geskiedenis van ons Afrikaner voorsate duidelik te kry EN om ons kinders en kleinkinders daaroor in te lig. Dan sal jongmense weet dat hulle maar mag praat en dat Afrikaners NIE rassiste is soos ons so dikwels moet hoor nie. Ons kinders mag nie net van hul verlede hoor by die SABC en ander ANC leuenpropagandamedia nie. Ons moet ons vergewis van ons ware verlede en dit met ons kinders en kleinkinders deel. Ons het ‘n trotse verlede!

Pieter ·

Die feit is dat daar werklike strawwe is vir blankes in die privaatsektor, of universiteite, of die banke, wat die waarheid praat.
Kyk maar net na Chris Hart vandag.
In die akademie is die voormalige rektor van Tuks, prof Smit, n goeie beginpunt om te gaan uitvind hoe word daar teen akademici en navorsers finansieel gediskrimineer wat durf waag om in Afrikaans te publiseer. Dan praat ons nie eers van geskiedkundiges soos Prof Fransjohan Pretorius wat nie sal durf waag om die onwettige revisionisme van die geskiedenis aan te spreek nie. Dit was ook die mening van prof Pieter Kapp, dat hulle nie durf waag om die ANC se “Turning Points in History’ as ‘n stuk propaganda te beskryf nie.

Gewone werkers van akademiese instellings word ook geteiken deur die universiteit as dit blyk dat hul gades oor die onreg skryf, of boeke publiseer, wat die regerende party van die dag kritiseer.
Self eiendomagentskappe dank klaarblyklik werkers af wat die ‘onnoembare waarhede’ durf noem of uiter.
En met regstellende aksie n werklikheid, is die Afrikaanssprekende gedoem, as hy sonder n werk sit.
Dit het niks met vrees uit te waai nie, maar ekonomiese werklikhede en ekonomiese strafmaatreels vir diegene wat die waarheid besig, liefhet en uitdra.

Ronald Gainsford ·

Ek glo ons het die reg om ons menings te lig. Ons dra by tot die ekonomie van die land. Ons betaal belasting. Dit help nie om net te kla nie, ons moet saamstaan om verandering te weeg te bring. Ons moet deel wees van die oplossing en nie deel van die probleem nie. Be the change you want see.

Jozua Bekker ·

Daar is baie sake wat ons afrikaanse taal raak en die voort bestaan daarvan.
Ek het deur meeste van die kommentare gelees en elk een het n punt wat belangrik is en deel uit maak van die skrywe.
Persoonlik dink ek dat spelling n goeie ding is, maar nie dat dit niks van die persoon self sê as dat die nie doen kan spel nie.
Op n ander punt .
Waar ons in die wêreld se politieke raam werk pas is dalk die grootste kwessie. Want byde Amrikaners en die Engelse sê een ding en doen n ander .
Hulle ondersteun die afrikaners en op dieselfde tyd prop hulle die vyand se sakke vol geld om ons te knie halter. Na wie luister n mens nou eindelik?
Een ding kan ek julle wel sê :- Mense beweeg verder van die DIE ENIGE GOD weg.
Dit sal sekerlik die meeste kritiek uit lok want mense wil nie meer hoor hoe verkeerd hulle is volgens die WOORD nie.

Daaraan is vele probleme te danke. Die hartseer van die saak is dat daar so baie mense is wat dit weet en dit net sal af maak as n klomp twak en die wat saam stem net sal swyg.

Trolle ·

Ons afrikaners is n grap,ons word uitgemoor en julle is gepla oor spelvoute?
Moet dan nie iemand se comments lees wat spelvoute in het nie,soos myne.Die meeste van ons mense het al verleer om afrikaans te spel want alles by jou werk is in eng.Ek sukkel partykeer om te onthou wat die regte afrikaanse woorde is.

Johannes Meintjes ·

“Swart” kommentaar is dikwels allermins verfynd! Nee wat, Afrikaners, laat ons menings wat wek (saam met dade en voorbeelde wat trek) wyd en suid gehoor word asb, – goeie maniere inaggenome.

Adele ·

Ek as kind kan onthou hoe ons met die bure gekuier het. Straat partytjies gehou het. Mense se name en nommers geken het. Ons Afrikaner nasie het sy alie gesien. Die een is te goed vir daai een en almal moan oor spelling terwyl hulle om n lyk staan. Ons is gebreuk en kan nie saam staan nie. Saam veg nie want buurvrou gaan iets se! Ons is pateties! Outjies van 16 is so dik soos busse en sal nie n blok ver kan hardloop of homself verdedig nie. Ons het geen trots. Niks! Dis hoekom daar bo-oor ons geloop word! Mense vlug die land uit want dis elke een vir homself. Eks bly om die berig te sien sodat mense kan wakker skrik en besef ons het steeds n stem. Ons moet dit net weer vind! SA was sterk. Ons was sterk. Nou is ons geboelie en word vermoor. Wat doen ons? Toi toi? Nee. Moan? Ja! Want dis al wat ons kan doen. Moan maar niks verder nie. Jy sit veilig met jou foon in jou hand n skel die res oor dit en dat maar staan jy saam met hulle? Nee want jys te goed vir die res! Die wit man is te goed vir die wit man! Dis n skande!

Brian Fletcher ·

Excuse my English, but I must add a few words to this important matter. I have lived in Denmark for the past twenty years. I have been exposed to political correctness more times than I can remember, both here and in England. It has reached proportions where it has become suffocating. It seems that only the political Left has the right to utter their views and if one tries to counter them, one is shouted down. In England I have tried to raise the issue only to be met by a stony silence. I am ostracized . All sympathy is shown towards people of colour and very little for white people when it comes to a matter of choice. Sweden is in fact much worse than here where the Swedes are beginning to believe that third world migrants have more rights than the native Swedes. Government officials are actually saying that their culture is inferior to that of the migrants. People are so frightened of being seen as racists that they offer no resistance when being robbed by third world criminals. They just stand still and let the robber strip them of their possessions. The only good thing that has come from the current mass migration from the Middle East and Africa is that many people have begun to wake up to the fact that their cultures and countries are under threat. More and more are changing their politics and joining right wing parties like the Danish People’s party, the Sweden Democrats, de Party vir Vryheid in Holland, de Flaams belang in Belgium, Ukip in England, Front National in France and Pegida in Germany which is still a street movement with a large following. Unfortunately there are still not enough people to topple the Leftwing governments in power, but it is coming. In fact in Sweden the Sweden Democrats are already the largest party but due to some very undemocratic manoevering, the coalition parties on the left have all agreed to stand together against the Sweden Democrats so as to keep them out of power . Ek wens die Afrikaners alle geluk in hul stryd om hulle taal en Kultuur.

Dorothy Venter ·

Waar begin ‘n gewone Afrikanervrou teen hierdie Taal- en Rassegoliat? ‘n Mens se werk beslaan hoofsaaklik Engels, die jonger mense gebruik ‘n taal wat verlangs aan Afrikaans verwant sou kon wees, handel en finansies bestaan net uit Engels. Die beste is maar om ‘n ander taal, soos Mandaryn, aan te leer en daar vir jou eie in die bres te tree.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.