Nuuskommentaar: Mag die Springbok vlieg of nie?

Een van die prente wat verlede jaar na die Springbokke se nederlaag teen Japan op Twitter gedeel is.

Een van die prente wat verlede jaar na die Springbokke se nederlaag teen Japan op Twitter gedeel is.

Die ANC het hom gou gedistansieer van een van sy LP’s se aandrang in ’n parlementêre portefeuljekomitee dat die Springbok-embleem moet waai, maar dit is onrusbarend dat sulke sentimente steeds opduik, terwyl transformasiedoelwitte in ’n rasgedrewe kwotastelsel ontwikkel. Intussen is bevind Suid-Afrika is die derde gevaarlikste land ter wêreld, en nog plaasmoorde het die land geskud. Moet daar nie oor die voorkeurlys herbesin word nie?

Talle mediaberigte dat die ANC opnuut teen die Springbok-embleem losgetrek het, het talle rugbyliefhebbers ontstel. Later het die ANC, by monde van sy woordvoerder, Zizi Kodwa, egter gesê die LP wat in die portefeuljekomitee oor sport die aanval op die Springbok-embleem van stapel gestuur het, Strike Ralegoma, het nie die ANC se amptelike standpunt gestel nie. Die ANC het hom dus ook van Ralegoma se stellings gedistansieer.

Dit laat natuurlik die vraag oor hoeveel keer die Springbok nog onder skoot gaan kom, hetsy amptelik of persoonlik.

Die eintlike vraag handel oor die vraag oor tot watter mate regeringsinmenging in sport aanvaarbaar kan wees. Die meeste sportkodes, soos Fifa en die Internasionale Olimpiese Komitee, verbied regeringsinmenging. Verskeie lande is ook al uit Fifa geskop weens regeringsinmenging in sokker, waaronder Griekeland, Kenia en Iran, en is eers hertoegelaat nadat die regerings onderneem het om hul neuse uit sokkersake te hou. Selfs Brasilië en Nigerië moes mooi broodjies bak om nie geskors te word nie.

Die ANC het egter ’n probleem en streef ’n vorm van absolutisme na waar feitlik alle lewensfere as ’n soort “onderdeel” van die staat beskou word. Sport is een, en ook die kerke word gereeld daarmee “belas” om die land se moraliteitsprobleem in orde te kry.

Ralegoma het egter ook die Springbok-embleem as teken van ’n gebrek aan transformasie beskou. En hierdeur is die probleem verdiep. Dit is baie moeilik om nou ’n ander beskouing te hê as dat transformasie, in die hande van die ANC, niks anders as ’n rasgedrewe kwotameganisme is nie. Hoewel, in hierdie geval is Saru ook voor stok gekry oor die wesenlike afwesigheid van vroue in die topbestuur.

Maar normaalweg is transformasie alles oor kleur, en hieroor het die ANC-lede in die portefeuljekomitee hul monde goed uitgespoel. Dit ten spyte daarvan dat feitlik alle sportkodes, rugby ingesluit, alle vorme van rassisme verbied.

Soos sake in die land staan, is dit eintlik skreiend dat soveel gewag gemaak word oor sporttransformasie en -embleme (veral in ag genome dat die regering nie naastenby genoeg doen om uiters noodsaaklike sportgeriewe by agtergeblewe skole te skep nie).

Volgens ’n verslag van Numbeo wat pas uitgereik is, is Suid-Afrika die derde gevaarlikste land ter wêreld. Van die groot stede tel ook onder die gevaarlikstes ter wêreld. Tydens ’n plaasaanval in KwaZulu-Natal waartydens twee mans doodgeskiet en ’n derde gewond is, was daar nie minder nie as 12 plaasaanvallers (lees meer hier).

Die landwye droogte begin aan elke landsburger se sak pluk, terwyl baie boere wat dit wel finansieel gaan oorleef, dekades gaan neem om te herstel.

Wat is nou die belangrikste vir die land? Om die Springbok te slag of om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak?

’n Bietjie meer geesdrif oor waar dit saak maak, sal vertroue skep. Om segmente van die bevolking deur kulturele imperialisme te vervreem kan mos geen voordeel vir die land inhou nie.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

StopTheMadness ·

Dalk moet n paar van die groter nie-manlike ANC LP`s n paar keer in die voorry sak om te verstaan waaroor rugby regtig gaan! Kulubuse Zuma sal n lekker vaskop maak! Die Gupta broers op senter….hulle is so glibberig niemand sal hulle kan tackle nie! Ons maak dan vir Nommer Een `n nommer nege want hy pass die heeltyd die ball vir iemand anders! Nooit sy skuld nie….en dan vir Mantashe op heelagter van hy moet al die balle uit die lug uit vang en iets daarmee prober doen…. Die hele ding is n grap man! Dat grootmense hulleself ophou met nonsens.

HEVW ·

Dit is maar die werksmetode van kommunisme. Die volk moet van al sy kultuurhistoriese besit wat boustene van die trots van n volk is beroof word. Dit pas die nuwe wereldorde dat n volk in n willose, edentiteitlose, manipileerbare massa verander word.

Marius ·

Jy gee die ANC te veel krediet. Selfs al kon jy al daardie woorde wat jy hier gebruik in elke denkbare taal vir hulle vertaal sal dit bo hulle vuurmaakplek wees. As jy nie die mense van die land kan ophef nie dan breek jy dié af wat presteer. Dan is almal wat saakmaak gelukkig. Hoe dink jy kon Mugabe doen wat hy gedoen het.

Humor ·

Die regering moet op n meer agressiewe wyse gedwing word om aan die mees noodsaaklike aandag te skenk. Die oppsisiepartye sowel as al die burgerlike instellings moet hiervoor verantwoordelikheid neem. Om die skrywe van die FAK aangaande musiek en sang aan te haal;”Dit is een septiese tank en die dr…… dryf bo.”

Ekke ·

Ek verstaan nie eintlik hoekom daar so uitgevaar word oor die embleem nie? Dit is tog nie iets met enige menseras te doen nie. Dalk moet iemand dit verduidelik. Dai arme bokkie het ‘n paar kleure en verteenwoordig dalk ook die sogenaamde reenboognasie waarvan so baie gepraat word. Dit is ook ‘n klug want daar is geen plek vir meer as een ras in SA nie. Die regering wil dit ‘n een en enigste ras he.

m ·

Ag liewe hel, hierdie sotte soek altyd iets om oor te kerm. Los tog die bokkie uit hy het tot nou toe niemand gepla nie behalwe die rassiste in hierdie land wat nie eers rugby kyk nie.

Elize ·

Ai tog ek onthou liewer die Springbokke van paar jaar gelede as om te dink aan die bontbokke wat nou oral op die groen gras rondhol. Daar word niks gesê dat daar blankes of portugese, wat terloops ook baie goed kan sokker speel, in hul sokker spanne nie, en nou neek hul met die Springbokke. Wonder wat gaan hul doen wanneer die eerste bontbok ‘n erenstige besering opdoen en nooit weer kan speel nie. Seker ‘n ondersoek loods na die gevare op die veld!

Theuns ·

Dankie Herman. Weereens uitstekende Kommentaar. Partykeer wonder ek of die mense ‘n ou nie net wil kwaad maak nie? Dit wat hulle se en doen het geen logika nie! Ons moet ons Belasting Geld weerhou want dit word in elk geval gemors. Dit was nogal interesant om te sien hoe skarel die Guptas toe hulle rekeninge toegemaak word. Nou moet hulle werknemers daaronder ly! Nie dat ek jammer is vir die propogandistiese ANN7 en die New Age koerant nie. Miskien sal dit ‘n skaflike plan wees om al die korruptes se rekeninge te sluit en te kyk hoe keer hulle vir hulle ” Wickets”. Ek dink die eerste ou wat se rekening gesluit moet word is Zuma en sy Familie en dan sommer kyk waar kom al die geld vandaan en waar gaan dit heen. Ek glo nie hy bere die kontant onder sy bed nie?

Simon ·

Simpel ANC sotte, die Springbok is lankal geskiet en afgeslag deur Japan, net die karkas is oor, maak die nuwe embleem ‘n donkie of soos die Engelse dit noem “Jackass”dit sal meer van toepassing wees vir SA wat deur soortgelyk regeer word.

Riaan Myburgh ·

Rugby ontwikkeling moet van laerskoolvlak af begin maar word afgeskeep, bv Laerskool Elsburg verander na dubbelmedium skool, rugbypale verdwyn, in plek daarvan sokker doelhokke. Nou wil hulle rugby op topvlak transformeer?. Begin op grondvlak asb.

carel smit ·

Ja nee wat hy kan maar vlieg,want die bok pas nie by die stem wat hulle sing nie

Lance ·

Dom mense tree presies so op ….wil afbreek en seermaak en bied geen sinvolle alternatief nie . Slim mense voer sinvolle debatte en oortuig mense van hulle standpunte …..hulle trek nie hulle bloesse uit en paradeer rond terwyl alles uithang nie …wys jou net met watse vlak mense hier mee gewerk word ….

Lance ·

Nog n ding ….waneer transformeer sokker dan wonder ek nou ….die sokker embleem kan ook maar waai of wat

hans ·

Daar is soveel lewensbedreigende goed wat prioriteit aandag moet geniet,dan bestee die politici ure om te baklei oor transformasie en sport embleme.

Oupa Neels ·

Manne dit is tyd dat ons rugby begin vermy. Hoe meer witmense rugby kyk hoe meer skep die anc en hoe meer wil hulle in beheer wees. Want daar is geld by betrokke

Tiger ·

Ons vermy rugby al ‘n paar jaar.Het ons DSTV paket afgeskaal om nie sport kanale te he nie en dit pas ons finansieel ook.Rugby het ‘n groot geldmaak masjien geword .

boet van heerden ·

Daar in die Oos Kaap naby die dorpie Bedford het ek die voorreg gehad om n Swart springbok,n Wit Springbok, n Bruin Springbok en die algemene Spingbok te sien

Nou hoe nou vir die reenboognasie?
Los ons bok

Johannes Meintjes ·

Kan ons nie maar “transformasie” as ‘n medewerkende, positiewe, voorwaartse, konstruktiewe, wedersyds-respekterende inisiatief benader nie. Wat help dit nou die ANC verander al wat straatnaam, dorpsnaam, embleem en kulturele erfenis is, en as die NWO oorgeneem het, dan verander hulle weer alles om enige kulturele (ook ANC) norme uit te wis … of ons as Suid-Afrikaner moet nou opgroei in volwassenheid en doelgerig- samewerkend vorentoe fokus.

Leon ·

Die Springbok-embleem is gepatent en in private besit, dus het die ANC GEEN eiendomsreg oor die “springbok” nie. Ek sê haal dit af van die nasionale span se trui en laat die ANC hulle nasionale rugbyspan bestuur soos die nasionale sokkerspan, “Banana Banana”. S.A. Rugby moet ‘n “private” Springbokspan begin wat internasionaal kan kompeteer soos bv. krieket se IPL.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.