Nuuskommentaar: Malema en doodspraatjies

Julius Malema. Foto: EFF/Facebook

Julius Malema maak eenvoudig te maklik opmerkings oor dood wanneer hy sy politieke mond so groot rek. Wanneer hy self egter glo doodsdreigemente kry, gaan kla hy gou by die polisie en dié keer het hy ter beskerming ’n blouligkavalkade met luukse motors van die polisie (dus belastingbetalers) gekry – ’n baie handige meevallertjie vir ’n skynbaar bankrot party so kort voor ’n algemene verkiesing.

Dit is vanjaar tien jaar sedert Julius Malema, toe leier van die ANC se jeugliga, by Botshabelo gesê het hy sal doodmaak vir Zuma. Die geleentheid was die amptelike Jeugdagvieringe wat die ANC blatant as ’n ANC-saamtrek op belastingbetalerskoste gekaap het, en waar sowel Jacob Zuma en Malema, wat geen staatsampte toe beklee het nie, as sprekers opgetree het.

Destyds was oudpres. Zuma en Malema nog goed by mekaar ingekruip. Zuma het byvoorbeeld nie lank hierna nie nog Malema as ’n toekomstige president van die land gesalf: toe hy besoek aan Malema se geboortegrond gebring het.

Nou het Malema verklaar hy is selfs tot lewensverlies bereid in sy en die EFF se stryd teen minister Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. Dit kos kophou om by te hou oor wie almal vir wie kwaad is. Die EFF het duidelik hul mes vir Gordhan in en wil hê hy moet bedank, Malema is duidelik nog kwaad vir Zuma, en Zuma en Gordhan sit nie om dieselfde vuur nie. Dis dié soort chaos waarin die EFF floreer.

Volgens Malema is Gordhan ’n vername figuur in die staatskapingsdrama, maar Malema hang nou die “titel” van leier van die “wit monopolie-kapitaal” vir Gordhan en sy “Kabaal” om die nek.

Maroela het reeds op 15 Oktober 2015 die kwessies hierbo bespreek. Grondgryp sonder vergoeding was toe reeds ’n brandpunt vir die EFF.

Terwyl Malema nie skaam is om oor sterftes in die konteks van politieke geweld te praat nie, is hy en sy party gou om die polisie te nader vir verdere beskerming wanneer hy glo doodsdreigemente kry. Op die oomblik word hy deur ’n blouligkavalkade vergesel nadat beweer is dat hy weer só ’n waarskuwing gekry het. In April vanjaar het Malema ook ’n besoek aan die minister van polisie gebring toe hy glo doodsdreigemente gekry het.

Die volgende algemene verkiesing vind in Mei volgende jaar plaas. Die misbruik/gebruik van blouligkavalkades met BMW’s en ander luukse motors om in werklikheid ’n statuur by kiesers te bou, is nie vreemd aan die land nie.

Verlede jaar het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, toe ’n gewone LP, ook so ’n kavalkade gekry. Eers na heelwat vrae hieroor gevra is, het die verduideliking van dreigemente gekom. Min mense het egter getwyfel dat dit eenvoudig ’n geval was dat sy, as Zuma se kandidaat vir ANC-president, ’n kavalkade gekry het om haar statuur te verhoog.

Die EFF kan klaarblyklik nie uit eie sak so ’n kavalkade vir die “commander in chief” bekostig nie.

Hierdie soort mentaliteit word eerder by ’n piesangrepubliek verwag – maar dan ontstaan die vraag of Suid-Afrika nie op die oomblik niks anders as ’n piesangrepubliek is nie.  Nie alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika word egter deur ’n gepronkery beïndruk nie, en die spreekwoord: “Hoe kaler jonker, hoe groter pronker” dui duidelik aan dat die Afrikaner daarop neersien.

Sy groot mond het hom al verskeie kere duur te staan gekom, en om doodspraatjies te maak waarborg negatiewe reaksie. Maar ook hier kan diep in die Afrikaanse idiomatiek gegraaf word.

Die naam, grootbek-skreeubaber wat in die Zambezi voorkom, laat ’n mens onwillekeurig aan ’n sekere commander  in chief dink. In Engels heet grootbek ’n braggart of popinjay, of te wel ’n grootprater en papegaai. Vandag het popinjay meer die betekenis van ’n mens wat maar ’n vakuum-persoonlikheid het.

In April vanjaar het The Citizen ’n ondersoek gedoen na ’n kuberruim-tuiste wat haatspraak aanblaas. Hierin is Malema as ’n “grootbek ‘k’” uitgetrap, en die kubertuiste het binne twee weke 1 500 lede gekry. Dié optrede kan nie goedgepraat word nie, maar dit dui ook aan hoeveel vyande Malema al met sy groot mond gekry het.

Intussen moet Suid-Afrikaners maar katvoet loop om nie reg in die leeu se (groot) bek in te loop nie. Daar is bepaald beter opsies as om nie hierdie gegewe perd in die bek te kyk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

PIENKIE ·

Klink soos ‘n sepie. Days of our lives… in sunny S.A.

RG ·

Ek sal maar my gedeelte vir die blouligkavalkade as aftrekking aandui op my belastingvorm. Daarvoor weier ek om te betaal.

HPV ·

Die outjie moet na lande soos DRK, Burundi ens gaan kyk hoe lyk burgeroorloë en besin oor sy ewige geraas van podiums af, want dit is al wat hy maak is ‘n vervelige geraas en dom aanhitsing tot geweld en menseslagting soos in daardie lande. Hy moet ook gaan kyk wat die wêreldhof met sulke leiers maak wat veranwoordelik was vir sulke slagtings.

Al ·

Hy is grootmond wanneer hy omring word deur sy gevolg – maar sal soos ñ muis piep as hy alleen gekonfronteer word.
Wat jy saai sal jy maai.
Indien iemand ernstig is om Malema uit te haal, sal hul hom nie vooraf waarsku nie. Ek glo hy misbruik die beskermingsdienste vir sy beeld wat gepoets moet word.

Paul ·

En Malema skaad sy saak nou erg waar hy met sy tirade in die straat buite die gebou, waar die voorleggings aan die Zondo kommissie gelewer word, probeer indruk maak. Kyk maar net na al die negatiewe kommentare onderaan die berigte daaroor in die media. Ek het ‘n idee al minder potensiële kiesers neem hom ernstig op.

Paul ·

Die groot vraag is, waarom probeer Malema die Zondo ondersoek proses na staatskaping en diegene, soos Gordhan wat daar getuig, met ongelooflike driftigheid verdag maak?

Marianne Lotter ·

Dai JUJU se geskree is n groot jammerte – want hy’t ongelooflike oulike kinders wat hom volg.
Hy het baie sterk leierskapeienskappe – maar sy EFF party gaan net oor haatspraak en beloftes wat skade berokken.

Dries du Toit ·

Leierseienskappe se jy. Dan weet ek nie wat leierseienskappe beteken nie

Seeskulp ·

Wil graag deel wat ek eergister ervaar het. Was besig om te bid vir ons land en die situasie waarin ons is. God het my na Psalm 52 geneem en ek het sterk gevoel dit is hoe Malema is in Sy oë. Ek het gevoel dit is n waarskuwing vir Malema. Voor mense kan hy wegkom met sy goddelose en arrogante hoogmoed en haat maar nie voor ons Almagtige Vader nie, vir Wie niemand niks kan wegsteek nie. Asseblief, ek het nie hierdie gedeel om n geloofsdebat te begin oor God of my geloof nie, so die wat nie hiermee saamstem nie, julle is vry om te voel soos julle wil,hou net asb jul opinies vir julleself. Sien hierdie in die lig van die artikel. Dankie

Sp ·

Ek bid elke dag vir ons land, maar vandag het ek bevestiging gekry dat ek nie bekommerd hoef te wees oor die land nie, als sal regkom.
Daarvoor kan ons die Here net loof en prys, ons gebede is nie verniet nie.
Net soos die Here vir my gesê het in 2014 Hy sal ingryp, maar op Sy tyd – en in 2017 is Zuma verwyder.

Priscilla ·

Wie onthou nog die liedjie “Ek’s ń dapper muis “. ???

Hoe nou....... ·

Die muis verloor gewig sien ek……..kaas raak al hoe minder en of baie skaars.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Toe hy jare gelede uitgedaag is deur Ben Geldenhuys om hom by die Voortrekker monument oog-tot-oog te ontmoet het hy kleinkoppie getrek. Inherent ‘n lafaard.

Mrs H ·

Ek sal bitter graag die bewyse van die kastigge doodsdreigemente wil sien?

Hoe nou....... ·

Dis n stembus taktiek waarvoor ek betaal……ten duurste nogal!

Die Stem ·

Malema dreig graag boere.
Dis net regverdig dat alle boere ook elkeen soveel wagte en van die staat se ‘resources’ kry as wat hy kry.
Almal is onderwerp aan doodsdreigemente van hom af.

ina ·

Die man was nog nooit in n oorlog situasie nie. Die oomblik wat die skote om hom begin klap, hardloop hy. Hy self is nie bereid om die gevolge van sy groot mond te dra nie, sy handlangers moet maar doodgaan vir hom.

Grassie ·

In die geweste waar my familie vandaan kom is daar gepraat van ‘n spoghans. Dit is nie in die woordeboek nie maar dit is ‘n ou met ‘n spoggerige pak klere, skerppuntskoene en als, arrogant, vol van homself, beterweterig en alwetend wat heeltyd sy eie voortreflikhede verkondig. Maar dit is alles net ‘n baie dun lagie vernis en as jy dit afkrap sien jy hy is eintlik ‘n niks, net ‘n bol wind (uitlaatgas!). Die pak klere kan seker maar met ‘n oorpak vervang word.
Die EFF en die ANC is kamtig opposisie, maar die feit dat Malema so vlak voor die verkiesing van ‘n kavalkade voorsien word dui daarop dat daar in die stilligheid ‘n saamsweerdery en gekonkel aan die gang is.

Ystervark ·

Hy is n groot kopseer vir ons land en die wereld hy vergeet dat die blindesambok hom hard gaan slaan

Katryn ·

Tyd dat alle blankes eis vir polisie beskerming teen Malema en sy doods dreigemente

Vania Patricio ·

Die beste van als is, hy wil doods dreigemente maak, maar sodra hy dreigemente ontvang vereis hy beskerming??? wat verwag hy. die beste is dat hy nogal die beskerming kry met staats geld. kan ons boere ook asb selfde beskerming kry

Marius ·

Ja wel, wat kan mens van ‘n jongmens verwag, hy is glo ek, te jonk om leier te wees, goeie leier dink voor hy praat.

Jacobus ·

Julius Malema as die tekens reg gelees word volgens Wikipedia, lei aan skisofrenie; ‘n werklike geestesafwyking. As enige persoon na net sy oë kyk sonder om met hom te praat of hom al hoor praat het, sal die persoon sien dat alles nie geestelik wel is nie.

1) Onder is die definisie van ‘n skisofreen; jammer dit is in Engels.

“Schizophrenia is a mental disorder often characterized by abnormal social behavior and the inability to realize what reality is. General symptoms include false convictions, auditory hallucinations, confused or unclear thinking, inactivity and a reduced ability of the person to move socially and express himself. Diagnosis is based on observation of the behavior and the patient’s version of his experiences.”

2) Die simptome;

“Symptoms usually start in adolescence and about 0.3% to 0.7% of people are affected by their lifespan. The disturbance mainly affects the ability to think, but usually also contributes to chronic problems with regard to behavior and emotion .”

3) En die behandeling;

The general treatment of schizophrenia is antipsychotic medication, which mainly suppresses dopamine receptors .

Counseling, job training and social rehabilitation are also important treatments.

In more serious cases – where the person is at risk of himself or other substance – inadvertent hospitalization may be necessary, although hospitalization is now shorter and less frequent than before.”

Sien Wikipedia vir meer;

https://af.wikipedia.org/wiki/Skisofrenie
https://en.wikipedia.org/wiki/Schizophrenia

So dalk moet ons vra dat hy vir behandeling verwys word om homself en andere te beskerm teen homself.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.