Nuuskommentaar: Malema se stem oor Die Stem

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Dit is pikant dat ʼn party wie se parlementslede die grondwet blatant vertrap deur te weier om die Afrikaanse en Engelse deel van die volkslied te sing, hoogheilig kan verklaar dat pres. Zuma nie ʼn wettige president is nie. Kan so ʼn party, wat ook dreig om Tuks onregeerbaar te maak as Afrikaans nie as onderrigmedium afgeskaf word nie, in die verwagte koalisiepolitiek betrek word wat na verwagting na vanjaar se munisipale verkiesings plek-plek nodig gaan wees?

“Op ʼn punt van orde – wat van orde?”

Die leier van die EFF, Julius Malema, ken nie ʼn wag voor sy mond nie.

Met die staatsrede het Malema en die EEF egter wel by geleentheid geswyg – toe die Afrikaanse en Engelse dele van die volkslied gespeel is, het die EFF-lede swygsaam bly sit.

Hulle was minder swygsaam toe die minister van justisie ʼn week later die EFF hieroor voor stok kry en onder meer daarop wys dié lede het die eed verbreek wat hulle as parlementslede afgelê het.

In hierdie eed onderneem parlementslede inderdaad hulle sal die grondwet sal respekteer en gehoorsaam. En die grondwet bepaal wat die volkslied sal wees – ʼn kombinasie van “Nkosi sikelele iAfrica” en “Die Stem”.

Malema se reaksie was dat die EFF nie “Die Stem”, as volkslied van die “moorddadige apartheidsregime”, sal sing nie.

Maar as die EFF die grondwet minag, kan hy nie soos nou die morele hoë grond opeis en Zuma as onwettige president beskryf nie, al is hy dit nou ook ʼn duisend keer.

En hierin lê die angel. Met die totstandkoming van die EFF, het die party dit reeds duidelik gemaak hy sal minder begaan wees oor versoening en meer begaan wees oor revolusie. As eksponent van hierdie voorneme, dreig die EFF nou om TUKS onregeerbaar te maak as nie teen Vrydag aangekondig word dat van Afrikaansmedium-onderrig ontslae geraak word nie.

ʼn Mens hoef nie baie kop te krap om ʼn voorbeeld van onregeerbaarheid te vind nie. By Ikeys is skokgranate en rubberkoeëls afgevuur, juis om die onregeerbaarheid van die Rhodes Must Fall-beweging te stuit. Dit het onder meer die verbranding van skilderye en die uitbrand van voertuie ingesluit.

Nie ver daarvandaan nie, het studente einde verlede jaar miljoene rande se skade by die Universiteit van Wes-Kaap aangerig en dit kook steeds.

Tussenin het Malema ook weer die beslaglegging op grond vir herverdeling bepleit – iets wat ook lynreg teen die grondwet indruis.

In Bloemfontein het lede van die EFF ook probeer om premier Ace Magashule se provinsiale rede te ontwrig en hulle is uitgegooi. Nie dat die premier se gewoonte om ʼn uur laat vir sy provinsiale rede op te daag, juis bevorderlik vir orde is nie.

Voorts blyk dit uit bywoningsyfers van komiteevergaderings van die parlement dat die EFF-lede se bywoning so laag is dat hulle effektief die belastingbetalers se geld steel.

In enige samelewing is daar egter nie net slopers soos die EFF nie, maar ook bouers. Dit sluit onder meer studente in wat nie pasella-staatsgeld gekry het om te gaan studeer nie, maar uit baie skaars bronne moet tap. Dikwels moet gesinne baie opoffer om so ʼn student se studiegeld te betaal. En so ʼn student, as hy ʼn greintjie selfrespek en respek vir ander het, wil studeer en nie gedurig deur ander oproerige studente uit klaskamers gesleep word en op ander wyses geïntimideer word om nié te studeer nie.

Verbaas dit dan enigeen dat AfriForum aankondig het hy het veiligheidsstrukture by Tuks in plek wat ontplooi kan word om studente (wat klas draf) se veiligheid te verseker?

Later vanjaar vind die munisipale verkiesings landwyd plaas. Volgens huidige aanduidings gaan daar ʼn hele aantal munisipaliteite wees, wat moontlik metro’s insluit, waar die ANC nie ʼn volstrekte meerderheid gaan behaal nie. Om die ANC uit te hou, sal opposisiepartye waarskynlik aan koalisies moet dink, wat die onbenydenswaardige situasie kan skep waar die DA en die EFF saam in koalisies moet dien, waarskynlik met die hulp van ander opposisiepartye.

Maar kan ʼn destruktiewe party, soos die EFF, werklik met mede-regeerverantwoordelikhede vertrou word? Ja, dit het al dikwels gebeur dat ʼn populistiese persoon of party juis deur sy populisme aan bewind gestel is, maar dan deur die werklikhede van regeer tot orde geroep word en heel sinvol regeer. Maar nie altyd nie. Die voormalige president van Venezuela, Hugo Chavez, het tot sy dood met sy gekke radikalisme volgehou. Hy kon sy onhebbelikhede egter uit sy land se olierykdom finansier, maar noudat die olieprys skerp gedaal het, is die land erg in tamatiestraat.

Is die EFF werklik in staat om ordelik mede te regeer, al is dit net op munisipale vlak waar die meeste van die EFF se kwessies nie ter sprake is nie?

En as hulle wel daartoe in staat is, gaan hulle hul kits-steunbasis behou?

In Nederland het ʼn koalisieregering wat met die “gedoogde” steun van Geert Wilders en sy party tot stand gekom het, erg geboemerang. Vuur en water meng eenvoudig maar baie moeilik.

In landsbelang moet die ANC-hegemonie so spoedig moontlik gebreek word.

Maar of dit ten alle koste moet geskied as die EFF deel van die pakket sal wees?

Hoe meer verantwoordelike kiesers na die stembus opruk en vir partye ooreenkomsig hul beginsels stem, hoe beter raak die kanse van werkbare koalisies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Rupert Ashford ·

Jou amper snedige verwysing na “Geert Wilders en sy party” bederf ‘n andersins sinvolle skrywe.

Johan ·

Malema is in my oë ‘n uiterste rassis. Niemand sal my van die teendeel kan oortuig nie…

Ronel ·

Ag ek is so dankbaar hy wil nie my volkslied sing nie.” He is not worthy”.

Vixie ·

Ek stem 100% saam. Hy is nie goed genoeg om my taal te sing nie

Shirley ·

Ja, ek dink dit is meer ‘n geval van hy kan nie Die Stem sing nie. Hy kan dan nie eens behoorlik Engels praat nie wat nog van Afrikaans. Hy is ‘n arrogante, ongeletterde kanidaat en hoort nie eens in ons Parlement nie. MALEMA MUST FALL, betaal jou skuld aan SARS voor jy oor ander wil praat. Volgens my kennis mag geen een wat bankrot verklaar is dien in die Parlement nie wat soek Malema nog daar.

Danie ·

Wat ‘n betreurswaardige situasie in SA. Die Parlement was altyd ‘n waardige instelling maar nou? Skeltaal onbeheersde optrede is aan die orde van die dag. Koalisie met EFF NOOIT.

maritz ·

Die ANC sal nie hulle mag net so weggee . Hulle sal saam die EFF smelt . Malema is die ANC se brakkie wat n geraas maak en agter sit die grotter hond en wag vir die buit . Malema is daar vir n rede .

StopTheMadness ·

Moenie vergeet dat korrupsie, net soos die Romeins-Hollandse regstelsel, westerse konsepte is nie. Die idee van n grondwet is ook westers, en nie uit Afrika nie. As ons dit in gedagte hou dan sal ons verstaan waarom instellings soos demokrasie, die regstelsel, die grondwet ens. net ondersteun sal word solank dit tot voordeel van die betrokke party is. As dit tot nadeel is sal dit nie ondersteun word nie.

pieter ·

Mense word wakker die eff praat n taal wat die anc verstaan.Die mense wat vir julle moet praat is standbeelde,As julle Highveld steel wil red kry die eff.

THEA SWART ·

GELUKKIG WIL EK OOK NIE DIE NKOSI GEDEELTE SING NIE MAAR SING VOLLE BORS SAAM AS DIE AFRIKAANSE/ENGELSE GEDEELTE BEGIN

Karma ·

Nou volgende keer as hulle vir ou Kosie ‘n Lê-plek-in-Afrika (nKosi Sikilel’ iAfrica) soek, gaan ek bly sit en as die Stem opkom, gaan ek opstaan en uit volle bors saamsing! Is egter soos Ronel sê – ons behoort nie te “worry” nie; ou Malema(nnetjie) is nie die moeite werd nie, so hy kan dit maar los.

Kaspaas ·

Dit is sy reg om nie die stem te sing net soos ek nie Nkosi sing en die sing van daardie lied word verbied in ons huis. Die kinders kan dit by die skool sing as hulle wil maar nie in my huis nie.

Peet J ·

Die EFF en die DA het dit teen die president en nie teen die ANC beleid nie. Zuma sal asgevolg van eersgenoemde partye se aanhoudende persoonlike aanvalle op hom naderhand moet uit tree as president. Wanneer dit plaasvind sal Nkosasana Dlamini Zuma die leisels oorneem.
Indien die EFF en die ANC ‘n koalisie vorm op grond van hulle beleidsrigtings dink maar wat sal gebeur met grondverdeling wat die EFF se prioriteit is, dat die myne en die Reserwe Bank asook ander instellings onder beheer van die regerende party geplaas gaan word . Dalk word die NSA dan ‘n kommunistiese staat.

Chris W ·

Mnr .Toerien,ek hou BAIE van jou heel laaste sin!As ons mense net wil wakker skrik . . . . . Die eff is NIE ‘n oplossing nie.

Hein ·

Stem saam dat almal moet stem volgens hul eie beginsels. My pot se deksel is dat mense vir ‘n party stem wat se bekeidsrigting is om teen hulle te diskrimineer. Soos regstellende aksie, grondeise, kwotas, BEE. Dit is hoekom ek nie vir die DA kan stem nie.

Hein ·

Chris ek dink die DA is ‘ n uitstekende party om te stem as jy swart, bruin of asier is. Die DA se beleidsrigting bevoordeel hulle en dit is ‘n goeie gedissiplineerde party.

Laurence Owies ·

Malema was nog nooit n plan,hy was nog altyd teen ons bruin mense…en hie is dt duidelik wee vi oz bruin mense te sien.!Hy is groot gemaak deur die ANC,ek groot asb mense moet tog nie julle X op die verkeurde plek maki…julle kan mos self hoor en sien,oori nuus,in koerante….jy kan neti vi hulle stem ni…!!!!

Theo ·

Die powere bywonings syfer deur die EFF is te verstane. Dis die maklike uitweg, want andersins moet daar meer en harder gewerk word as hulle bly. “I rest my case”

TTh ·

EFF is slegte nuus en uiters geskik vir Afrika. Hul rekening loop op of hulle nou wil sing of dans of iewers iets wil breek, brand of vermoor. Daar is geen maar geen plek of bestaansreg vir die EFF of iets soortgelyks in die toekoms van SA nie. Die EFF is soos ‘n slegte reuk wat moet verby trek …

Pieter van Niekerk ·

Hoe kan hulle dit regverdig om ‘n volkslied wat op die Christelike godsdiens gebaseer is opstel terwyl hulle ‘n sekulêre instelling is. Na watter Nkosi verwys hulle. Ek erken hom nie.

Trots Afrikaans ·

Dit is eienaardig as jy daaraan dink dat beide Die Stem en Inkosi altwee uitloop op ‘n gebed….

Vicus ·

Hy kan nie houtwerk doen, Engels of sense praat nie. Shame!

Fransie ·

Sal beslis ook nie weer vir die DA stem nie. Hulle is op dieselfde pad as die ANC. Wens so Steve het al ‘n party gehad anders sal dit maar vir die VF of enige Christelike party wees.

JJ ·

Ek stem – na al die jare sal dit nie hierdie jaar DA wees nie …

John ·

Mnr Malema wil eendag president word. Alles wat mense ongelukkig maak gryp hy aan om sy party te laat groei. Van dit wat verkeerd is, raak die blankes ook, maar ons moet nie te hard lag vir die EFF se eskapades nie of saam juig as die ANC slae kry nie. Mnr Malema is beide die voordanser van die regerende party en die angel in sy stert; ‘n draak met 2 koppe. As ‘n mens ‘n rooilig sien, sien jy een. Herman is reg.

Trolle ·

Goeie berig Herman.Ek het niks om vir daai rassis te se nie hy behoort nou al self te besef hy soek net aandag.

J ·

Wat kan hy onthou van apartheid. Hy was nog nie eens gebore nie. Leë blikke maak mos altyd die meeste lawaai. As hy die land moet regeer gaan Zuma se Nkandla soos n tuin woonstel teen sy Houghton huis wees. Wat besef sy ondersteuners nie. Hierdie gaan oor homself en sy budget.

Daan Naude ·

Wat gebeur in die rugby stadiums wanneer ons volkslied gesing word? Die Stem uit volle bors terwyl slegs die rugbyspelers geforseer word om Nkosi sikelele iAfrica te sing. “Transformasie” in rugby is niks anders om die stadiums leeg te kry nie. Daar kan mos nie toegelaat word dat daar soveel nie-patriotiese rassiste hul volkslied sing nie.

Johannes Meintjes ·

Is die doel van die EFF om ordelik en volhoubaar te regeer of om chaos te saai. Wie en wat is agter die EFF? ‘n Druppel gif of een slegte appel bederf al die res.

Petro ·

Malema on a burning building
Fireman shouts: “Jump and we’ll catch you in this blanket!”

Julius replies: “I don’t trust you people, lay it on the floor!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.