Nuuskommentaar: Malema vs AfriForum – Wanneer gaan AfriForum te ver?

Julius Malema (Foto: ANA)

Die geheim van die besit van ’n kernbom is om hom nie te gebruik nie. Dit, so ver, lyk of dit die uitwerking is van AfriForum se private vervolgingseenheid se bestaan, en bereidheid om die daad by die woord te voeg. ʼn Vroeë, moontlike sukses kan wees die eenheid se bereidheid om die voormalige president, Jacob Zuma, aan die pen te laat ry sou die Nasionale Vervolgingsgesag weer kopsku wou wees. Daar kan natuurlik net geraai word of AfriForum se druk uiteindelik veel met die ommeswaai te make gehad het.

Daar is egter minder raaiwerk daaraan verbonde of die besluit om handomkeer van plan te verander en Zuma se voortvlugtige seun, Duduzane Zuma, vir strafbare manslag te vervolg. Die jonge Zuma verkeer in die buiteland, skynbaar om vervolging wat met die staatskaping verband hou, te ontduik.

Nou het AfriForum se eenheid onder die leiding van die vermaarde vervolger Gerrie Nel sy oë na Julius Malema gewend weens bedrogaanklagte wat met tenders verband hou, en al baie lank sloer. (Die volledige berig kan hier gelees word.) Die NVG het ergerlik op AfriForum se verklaring gereageer en dit onder meer van inmenging en voortydigheid beskuldig. AfriForum beskou die heersende vertraging egter as onaanvaarbaar.

Malema was baie gou uit die blokke om te reageer dat dit deel is van ’n komplot van wit mense teen swart mense. Die EFF het gevolg. Lees gerus die reaksie hier.

So skrikwekkend soos dit is, kom dit nie naastenby die reaksies op ’n inbelprogram op Radio 2000, waaraan ook adv. Dali Mpofu van die EFF en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, deelgeneem het nie. Aan die EFF se kant is ’n bloedstollende weergawe van nie net die verlede nie, maar die hede van die werklikheid opgedis. Die aanbieder se verwysing na die huidige rimpeleffek van apartheid op die hede, is hopeloos oordrewe – inderdaad hiperbolies, gestel. Die sondes van apartheid eweneens.

Die probleem met hiperbolisme is dat die twee lyne net in ’n versnellende tempo verder van mekaar wegbeweeg, sodat die spanningsvlak noodwendig by ’n breekpunt moet kom, en met respek, alle hel losbars. Dis in wese aanhitsing tot geweld, en in hierdie geval baie naby aan volksmoord. (Volgens sommige definisies pas volksmoord gemaklik in die uitkoms wat geskets word, en sommiges sal die omvang en wreedheid van plaasaanvalle met gemak daarin omarm.)

Dit laat dwingende vrae wat nog nie op ’n samehangende manier aan openbare debat onderwerp word nie:

  • Moet AfriForum sy styl aanpas om meer toegeeflik en minder aggressief oor te kom? In veral akademiese kringe word AfriForum beskuldig om deel van die probleem te wees deur so vas te staan. Sommige analiste, sommige doktors en ander ere-doktors, het skynbaar ’n hekel in hul DNS teen AfriForum vasgeswys – geen verwikkeling sal hulle tot die teendeel of neutraliteit laat keer nie.

Word nie genoeg skietgoed by AfriForum gevind nie, word na Solidariteit gekyk, en is dié organisasie deur Max du Preez daarvan beskuldig dat dit die Afrikaner gestaatskaap het. Die DKD-saak lê maar soos ’n klip in die maag, want dit bewys die teendeel van voorafopstellings. Ander sal dieper delf en die ou Mynwerkersunie se “sondes” aan Solidariteit kom plak, terwyl Solidariteit darem ’n baie lang pad aanbeweeg het. Hierdie rubriek se politieke inkorrektheid gaan lê ook nie oral ewe lekker in die maag nie.

  • Moet AfriForum hou by die private vervolgingseenheid se stigtingsdoelwit van toesien dat gelykheid sonder aansiens des persoons geskied soos die grondwet bepaal? Enige logika sou daarop dui dat die span wat uiteindelik sou besluit om ’n saak te neem of nie, sou bestaan uit mense wat ’n holistiese besluit kan neem – die duiwe en valke en ’n paar tussenin sal geen ligtelike besluit sonder die inagneming van implikasies neem nie. Daar kom egter ’n punt waar te toegeeflike “geregtigheid” op geen geregtigheid neerkom.

Die werklike toets is dat daar ’n “ander kant” is, nie soos die EFF beweer nie.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die mediakonferensie (19 April 2018). Foto: Rozier van Tonder

AfriForum word daarvan beskuldig dat die geval van Grace Mugabe nie ’n bewys van nie-rassigheid is nie omdat AfriForum die Engels-familie sou ge-“source” het om ’n skyn van nie-rassigheid te skets. Ook in die geval Duduzane sou die oorledene se familie ge-“source” gewees het en die vervolging eintlik gemik wees om Jacob Zuma by te kom, so asof daar geen empatie met die oorledene se familie is nie.

Is daar werklik ruimte vir halwe waarhede of doodgewone leuens wanneer reg en geregtigheid bepaal word. Ja, versagtende of verswarende omstandighede. Of by die aard van skuldigbevinding, dolus directus en dolus eventualis waarvan Jan en Alleman geleer het in die Oscar Pistorius-saak (waar einste adv. Nel die aanklaer was) en Reitz Vier se sake.

Dit is egter suiwer in die hand van die howe, net soos met skuldigbevinding of nie. ’n Regstelsel waar sake wat ooglopend deur die howe besleg moet word, maar agter die skerms deur politieke oorwegings geskrap word, kan nie geduld word nie. En hiervan maak die private vervolgingseenheid nou seker terwyl daar opsigtelike prima facie (eerste oogopslag)-bewyse is dat Jacob Zuma se inmenging en aanstellings in veral die NVG die grondwetlik-bedoelde regstelsel in gedrang gebring het.

Het die land ’n regstelsel wat werk soos die grondwet dit bedoel (en onthou die hof het besluit adv. Abrahams se aanstelling is onregmatig) dan is daar geen behoefte aan ’n private vervolgingseenheid, of waghonde soos Freedom under Law en ander nie. Vir nou, beslis nie, al is daar besliste aanduidings dat adv. Abrahams ander sokkies aangetrek het.

Die vraag dan ten slotte: Moet AfriForum sy styl aanpas? Ook onder omstandighede soos wanneer met ’n histeriese rassistiese vitrioel op hom losgetrek word? Beslis nie as dit tot regsverydeling, maak nie saak waar, gaan lei nie en in die proses boonop ’n losbekkige, oorverhitte politikus se politieke loopbaan gaan red nie. Die EFF het immers getoon hy verstaan net een taal, en dis bitter selde gematig, en weet niks van maniere nie.

Hiermee word geensins bedoel dat die vredemakers aan hul lot oorgelaat moet word nie, hoogstens dat die politiek korrekte leuen wat dreig om tweespalt te verdiep, uit die prentjie gehaal word. Die skrywer is onder meer die jongste Verhoudingsbeampte wat assistent-direkteur in dié veld geword het en is deur die Welwillendheidstigting vereer, en sou stellig steeds daarby betrokke gewees het as die funksie nie deur die vorige regering afgeskaf nie. Maar dit is ’n wetenskaplike proses wat veel kundigheid vereis (waarvan wanvoorstellings nie een is nie) en ’n gesindheid vereis wat bitter ver weg staan van dít wat die EFF as ’n reël gebruik.

Die vredemakers verdien steun, ook openbare steun. En die Solidariteit Beweging het genoeg komponente, ook AfriForum, wat deurlopend by sulke aksies soos die voorsiening van water aan munisipaliteite en die verseëling van slaggate betrokke raak. En sonder Helpende Hand kan ons ons kwalik ’n plekkie in die son insien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Jaco ·

Persoonlik dink ek dat Afriforum se aksies geregverdig is. Die feit dat die amptelike kanale nie aangewend word om blatante kriminele gedrag van hooggeplaasdeste vervolg nie, is indikatief van politieke inmenging van hooggeplaasdes of dat ondersoekers oop is vir korrupsie en doelbewus sodanige sake sloer sodat dit stelselmatig uit die volksmond verwyder word.

Ek dink die aanroer van onaangeraakte sake en die dreigement van private vervolging, slaan 2 vliee met 1 klap dood.

Dit sit die ondersoek en vervolgings proses onder die loep en dieselfdertyd spreek dit ook kriminele gedrag aan.

Go Afriforum

Esme ·

Ek is net bang die hele ding gaan die plaasmoorde laat toeneem
.

Casper Labuschagne ·

Watter een van die twee stellings is die mees opruiende uitlating wat plaasmoorde sal laat toeneem, Afriforum: “Heropen Malema se vervolging vir korrupsie wat jare gelede laat vaar is,” Malema: “Die land behoort aan die oorspronklike inwoners en die grond moet onteien word” asook “Kiss the Boer! Bah! Bah! Bah! Brrrrrrr!” terwyl die vingers in ‘n pistoolgebaar en dan ‘n masjiengeweer gebaar gehou word?

As dit nie vir die intensiewe landelike beskermingsveldtogte was nie, was daar seker elke uur van die dag ‘n plaasmoord. Plaasmoorde gaan toeneem, ongeag van wat enigeen sê of doen totdat daar geen wit boere oorbly nie – dit is nie wat Malema sê wat my bekommer nie, dit is hoe sy volgelinge reageer op sy stellings.

Judge Dredd ·

So, in die aangesig van geweld, moet ons maar anderkant kyk? – So word ons stadig maar seker buitendien uitgewis.
Tyd vir ons om ‘n streep te trek en se genoeg is genoeg, as dit dan lei tot geweld dan moet ons maar veg vir ons oorlewing – wys dat hulle nie maar net kan doen soos hulle goeddink.

Marius ·

Dit sal nie toeneem as dit doen dan weet ons presies wie sit agter dit.

AG asb tog ·

Weet jy ek wil iets OORKOM as mense se as ons wittes optogte reel en sterk begin staan en leiers aanvat GAAN DIE PLAASMOORDE TOENEEM . my mens . dit het TOEGENEEM SONDER ENIGE PROVOKASIE .. dit is besig om toe te neem soos ons praat, dit gaan nog toeneem ONGEAG of Gerrie blaf of nie .. ONS MOET DIT juis STOP deur die aksies teen die instigators ..WATTER ander voorstelle het julle?? JIS ons het ‘n BANG nasie geword . as julle MALEMA aanvat vir KORRUPSIE gaan die PLAASAANVALLE toeneem …..so kom ons los hom maar om te doen wat hy wil NETNOU word nog iemand vermoor. ONS WORD IN ELK GEVAL AANGEVAL EN VERMOOR .. kom ons doen wat ons nog kan man!

Theresa ·

Almiskie. Gee dan mildelik. Sien jy ENIGE iemand anders of ander instansie wat soveel doen om regverdigheid vir meer as net een klomp mense te bewerkstellig?
Nie leuens nie. R e g v e r d I g h e I d.
Betaal maar gerus.

Skenker ·

Nou ja toe, sorg dat jou SELFOONnommer op datum by hulle is dat jy nie die SMS mis nie . en maak sommer ‘n dubbele bydrae . .. jy wil ook mos vir MALEMA sien boet vir sy dade dan nie?

vonney ·

afriforum is die ENIGSTE wat nog bereid is om
vir afrikaans te ‘veg’. ek persoonlik gaan my
debiet order verhoog. SAL OOK BAIE VAN MY VRIENDE KOLLEGAS ASOOK FAMILIE AAN HUL ‘VOORSTEL”
BAIE DANKIE AFRIFORUM DAT JULLE MY PERSOONLIK OOK AL GEHELP HET!!!!!!

Johan ·

AfriForum is myns insiens in sommige gevalle nog te verdraagsaam…die Afrikaner moet ook n stem he…en dit gaan nie polities aavaarbaar wees nie. So ek ondersteun AfriForum om hul stem dik te maak en nie terug te staan vir polities gedrewe druk nie.

Cherokee ·

Hermanus, toe ek die titel van die berig lees het ek gewonder of jy ingestel word as katalisator tussen die konserwatiewes, gematigdes en liberaliste (en glo my daar is meer as slegs drie trappe van konserwatisme in die and). Toe ek die artikel lees het ek myself gemaan om te onthou dat jy waarskynlik (lees miskien) nie die titel daarvoor geskryf het nie. Tòt neig jou skrywe ook in dieselfde rigting. As Du Preez reg is deur voor te hee dat AfriForum die Suid Afrikaner gekaap het, wàt ‘n geseënde kaping! Dankie daarvoor Kallie, Gerrie en kie!

Ek pes dit altyd wanneer korruptes onder hul voorname bespreek word maar ek aanvaar jy praat van Duduzani om verwarring met Zuma te voorkom.
Ek geniet altyd jou artikels en mag krities klink hierdie keer maar verwyt dan die skrywer van die artikel-titel.

geregtigheid ·

Basta met Calvinistiese defaitisme! Wat die blankes benodig is eenvoudige ‘killer instinct’.

Jordaan ·

Ek wil net graag hoor – vir privaat vervolging om te geskied moet daar ‘n private persoon wees wat direk benadeel is deur die aksie wat nie vervolg word deur die NVG nie. Wie is daardie persoon vir die beplande Malema vervolging?

Cherokee ·

Die belastingbetaler aan wie die kontant in die staatskas behoort. En indien jy verder wil poog om dit te beredeneer sal Gerrie Nel met plesier daarop antwoord. Hierdie is nie sy amptelike kontakpunt nie.

Judge Dredd ·

Enige belastingbetaler wat voel sy geld is wangebruik.

Jerry ·

Wanneer jy reeds te ver gegaan het kan jy jou styl nog steeds aanpas, maar dan sal dit ten koste van een of ander belang, beginsel of werklike motief moet wees. Jy kan probeer, soos die EFF kort, kort aanpas soos dit hulle pas, maar dit is hoekom die EFF nie vertrou word nie en nie die grootste steun onder swartmense geniet nie. Afri-Forum sit egter met n ander probleem en dit is dat hulle nie groot steun het onder witmense wat betref om die daad by die woord te voeg nie en ook glad nie steun geniet van die ander Suid Afrikaanse groepe nie. Die punt is dus dat wat Afri-Forum ookal doen ter regverdiging van wat ookal, Afri-Forum, het eenvoudig nie steun vir konflik soekende inisiatiewe nie, nie eers van hulle eie lede nie. Die vraag is dus, of daar fout is met Afri-Forum se styl? Die antwoord is ja, daar is groot fout wanneer Afri-Forum se styl vergelykbaar is met die onversoene styl van die EFF en verskuilde agendas. Beide het hulself in dieselfde baan geplaas vir n kop aan kop botsing met n uiteinde wat geen wenners gaan oplewer nie! Onversetlikheid, onverdraagsaamheid en wraaksugtigheid is in beide Afri-Forum en EFF DNS te vind!

Aan Jerry ·

Jerry, miskien moet jy en Piet kopdoek en Max du Preez jul eie organisasie stig wat as Afriforum vir julle te onverdraagsaam is.

FPVZ ·

Is juis eeens toegeevlikheid en heeltyd terugstaan dat ons in die huidige gemors is. Die Akademiese rusbank benadering help nie die plaasmoorde nie. Help nie om staatskaping hok te slaan nie. Help nie om geweldagige optogte te stop nie. Help nie om huisinwoners te bekerm teen huisroofte en huismoorde nie. As verder terugstaan is dit af met die afgrond agter ons. Onthou die Afrikaner is die enigste buffer tussen totale sosialisme en demokrasie. Om regte en wet en orde terug te wen gaan lank en taai wees. Daar is oorgrote gematigde swartes in die land. Ver meer as die radikales maar hulle swyg want hulle is reeds bang en verboureerd. So jammer vir die wat Afriforum haat, hulle baklei ook vir jou regte wat jy te lafhaartig is om self voor te baklei.

Theresa ·

Ignoreer die man in die rooi pet. Hy is ‘n opsweper tot geweld en verkondig luidkeels haat. Hou aan met die uitstekende werk (en dis onder moeilike omstandighede!!) AfriForum en Solidariteit. Staan vas. Hou moed en hou aan. Jul doen eerbare werk; is nie skelm nie; verkondig nie haat nie en is ‘n bate vir mense wat sukkel onder onregverdigheid.

Hendrik ·

Ek dink dat die Afrikaner moet weier om te gaan stem totdat alle rasse diskrimenerende wetgewing (al 110van hull) verwyder word. Dit sal S.A en die wereld se oe laat oopgaan. Onthou protes kan passief wees sonder enige geweld.

Casper Labuschagne ·

Ek dink nie daar bestaan baie aksies waarvoor die Afrikaner deur of die ANC, of die EFF, bedank sal word nie, maar ‘n boikotaksie deur Afrikaners om nie te stem nie en gevolglik nie aan die demokratiese proses deel te neem nie, sal dalk iets wees waaroor die meerderheid verheug sal wees.

Die eintlike punt is wel dat die demokratiese protes in SA deur die ANC prakties gesproke onbeduidend gemaak is. Wat in die parlement gesê word is allermins nie hoe verandering bereik sal word of hoe selfbeskikking bereik sal word nie. Nogtans neem ek met ywer deel aan die demokratiese protes want daar is ‘n handjievol verteenwoordigers in die parlement wat in die aangesig van uitjouery en beledigings opstaan en my regte verdedig. Maar tussen die stemdae, is ek elke dag ‘n aktivis wat veg vir die regte van die minderheid waaraan ek behoort.

Cherokee ·

Dan mag die EFF, ANC en DA geen diskriminerende uitlatings meer maak nie? Is jy verspot?

Fokus op buiteland ·

Ek dink hulle moet fokus om die buiteland in te lig en vir hulp te vra om ons of hieruit te kry of te help as ons aangeval word.

marous ·

Wat is die verwagting ? Ek gooi jou met klippe maar jy mag net met watte bolle terug gooi?

Eish ·

Ek verlaat my eenvoudig op die professionaliteit van die Burgerregte organisasies.
Dit het soms gevoel of die aanhoudende hofsake oor byvoorbeeld die taalkwessie op universiteite net te ver gedryf word na die etlike bloedneuse in die hof. Tot Elana Bailey baie mooi verduidelik het dat ten einde n saak internasionaal aanhangig te maak, sekere prosedures gevolg moet word en bewyse ingedien moet word. Alles dus streng volgens plan en prosedure, binne die raamwerk van die wet.
Natuurlik gaan op tone getrap word. Natuurlik gaan politici die rassekaart speel tot die massas oorgaan tot anargie.
Die vraag is tereg of die ander wang gedraai moet word ten einde die vrede te bewaar ten koste van geregtigheid. ” Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid” 1Kor.13:6
Die antwoord verg verseker Salomo se wysheid en is myns insiens opgesluit in ons waardes wat op sy beurt ontspring uit n Christelike onderbou.
Indien dit in ons vermoë is om geregtigheid te laat geskied, hoe kan jy die nalaat?
Intimidasie is egter een van die booshede wat welig tier met die uitsluitlike doel om die waardestelsel af te takel.
Ons is op n trein waarvan net een kant se wiele op die spoor is.

George Muller ·

Afriforum moet meer intens en minder verdraagsaam teenoor die krimenele en die NVG optree. Dit is tog duidelik dat die NVG onbevoeg en korrup is, sekere krimenele beskerm en selektief vervolg.
Afriforum moet definitief die ANC regering en hul “kop-in-een-mus” vennoot EFF se rassisme en ander krimenele doelwitte internasionaal bekend maak en internasionale sanksies bepleit. Dankie Afriforum.

Gerrit. ·

Nie een party, dus nou ANC, DA en al die ander wil Malema aanvat nie. Nou wil die mal moere, ek meen boere, hom aanvat. Wat gaan hulle nou daarmee bereik. Elke keer as Mugabe probleem gehad het, dan vat hy net by die wittes, en dan stem almal weer vir hom. Dit is Malema se beleid ook, en sy party raak al sterker.

Morne ·

Nou wat is jou antwoord op die probleem? Jy ontlok talle vrae met geen oplossings.

Casper Labuschagne ·

Die klassieke mitologiese tema rakende monsters – moet ons die slapende draak wakker maak want dit sal veroorsaak dat ons almal verslind word of sal ons toelaat dat die slapende draak groter en sterker word voordat ons in elk geval verslind word? En ek kan ook die verdere vergelyking tref dat Afriforum hier die rol vervul van die ridder wat die draak aanpak terwyl die ander burgers vreesbevange vlug.

Paul ·

Herman, dan vra ek, as alle ander bronne uitgeput is, vir jare al, wat anders kan mens dan doen om jou eie lakse regering tot orde te roep, en dan probeer hulle nog steeds uit die penarie kom. Die reaksie van diesulkes wat nou die gevolge voel is om ‘n stok te kry om die hond mee te slaan, énige stok, maar net solank hulle die hond verdag en die vark in die verhaal kan maak.

Dan kry jy nog mense wat beduie hulle wil niks van die bulhond af weet nie, hy moet nie die huis oppas en die mense beskerm nie, maar suutjies daar in die hoek gaan sit.

Estelle ·

YOU GO GERRIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Casper Labuschagne ·

Dit is frustrerend om te bepaal hoekom ‘n vorige kommentaar nie aanvaarbaar was nie, maar kom ek probeer vir die vierde maal:

Is Afriforum se private vervolging om die gemene reg te laat geskied vergelykbaar met ‘n atoombom? In ‘n normale demokrasie sou dit slegs ‘n beriggie onderaan bladsy vier gewees het. Maar dit is juis die probleem, ons is nie ‘n normale demokrasie nie, hier is die persoonlikheidskultus van ‘n “Afrika sterkman leiersfiguur” ter sprake. Dit is dus nie Afriforum wat die atoombom het nie, maar Malema wat self die atoombom is. So moet ons liewers die reg en geregtigheid ignoreer en liefs nie die revolusie aanblaas nie? Is hierdie situasie nie juis tekenend van ‘n toestand wat toegelaat is om sover te vorder dat sekere persone nou bo die reg verhewe is nie? En moet Afriforum nie juis onder sulke omstandighede ingryp nie?

Reguit ·

Of Afriforum nou iets gaan doen of nie gaan doen nie – die geweld, misdaad, korrupsie, pryse, ensovoorts gaan steeds toeneem; dienste en kwaliteit gaan steeds afneem, en die land gaan steeds op ‘n reguit pad ondertoe beweeg. Oor ‘n jaar gaan dinge nie beter lyk nie. Beste opsie is om te emigreer.

Paul ·

Wat ras aan betref is daar drie tydperke wat kompeteer:
1) Kolonialisme
2) Apartheid
3) Vanaf 1994, toenemend; die betorings, bykans daagliks, geweld, misdaad wat buite beheer is, die aanblaas van rewolusie, plaasmoorde, wankelrige ekonomie, onstabiele samelewing ……

Cherokee ·

Eintlik is daar 4 met jou no 1 as 2de maar toegegee, by no 1 was dit (dan) nie rasse konflik nie maar nasionalistiese konflik. No 1 sou wees afbrand van plase en vrouens en kinders wat vermoor is in konsentrasiekampe. As mens al vier in ag neem het die Suid Afrikaner ‘n tawwe geskiedenis.

Willem ·

En Julius “overreach” nie???

Dit blyk dat net Solidariteit en Afriforum kan.

Paul ·

Herman, ek is van mening, en ek is verseker nie die enigste een wat so glo nie, dat heimlik is die ANC verlig dat Julius weer op hierdie sake deur Afriforum aangevat word.

John ·

Ja, ons doen die vuilwerk, Gerrie speel weer die hond en miljoene word vermors. Daar is mense wat jy van moet wegbly omdat dit tydmors is. Onskuldige mense sal boet as woede ontketen word. Almal weet wie Malema is. Moet ons dit nou op die mure uitspel. Gerrie kan in die Raadsaal van die Afrikaners beter diens doen as om na die geginnegaap van kalante te luister.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.