Nuuskommentaar: ‘Mandela was wittes te genadig’ – skryfster

FW de Klerk en Nelson Mandela. (Bron: Onbekend)

Wat het ballingskap, en veral selfopgelegde ballingskap, met onwettige grondbesetting gemeen?

Waarskynlik nie veel nie, tot ’n mens die onderhoud lees van die skryfster Sisonke Msimang met die Nederlandse koerant, Trouw. Die skryfster, wat van geboorte af tot oudpres. Nelson Mandela se vrylating in die buiteland gewoon het, het deur haar mémoire, Always another country, ’n ander deuntjie oor die oudpresident beslag laat kry.

Msimang het gister die jaarlikse prestigeryke Nelson Mandela-lesing in Amsterdam gelewer. (Luister hier, maar die kopie van die teks was vanoggend nog nie elektronies beskikbaar nie).

Die ander deuntjie het internasionaal die media-aandag getrek toe sy vyf jaar gelede die TED Talk-lesing in Soweto aangebied het, en die lesing die titel van “Mad at Mandela” gegee het. In die koerantonderhoud het sy op ’n reguit vraag of sy ook “boos vir Mandela” is, gesê: “Hoogstens ’n klein deel van my.”

Die kern van die onderhoud is dat sy voel Mandela was in die oorgang na die nuwe bedeling die wittes te genadig.

Word deur Google meer van die skryfster te wete gekom, word die algemene indruk van ’n betreklik gematigde persoon gewek, wat onder meer vir die Daily Maverick as rubriekskryfster optree.

Google voer haar naam egter ook terug na ’n artikel van Kerry Chance wat op 17 Desember 2013 in The Con verskyn het. In hierdie artikel skryf Chance breedvoerig oor die ander deuntjie oor Mandela en selfs die ANC, en skryf onder meer die volgende, aangehaal uit die pennevrug van die radikale beweging, Abahlali baseMjondolo, wat in Durban ontstaan en vinnig na ander gemeenskappe uitgebrei het (verskoon asseblief die lang aanhaling):

“In a press release, Abahlali invoked Mandela’s legal defense of Sofasonke (meaning “we die together”), a shack-dwellers’ movement in Johannesburg whose heyday was during World War II, which “helped to radicalise … the struggle against evictions” in Cato Manor. It noted the arrest of one of its leaders, Bandile Mdalose, and one of its affiliate lawyers, Nomzamo Zokdo from the Socio-Economic Rights Institute. Zokdo was arrested the night Mandela died.

The press release began with a quotation from Mandela’s Cosatu Conference speech in 1994. Through a symbolic transmutation of past and present, the movement proposes it is living Mandela’s call to return to the streets.

The struggle we are facing today, we were facing it even when Mandela was still alive. The evictions, beatings, arrests, torture, assassinations, corruption and violation of our rights were taking place when Mandela was still alive …

Nelson Mandela fought for justice, democracy and freedom for all. He did not say that the poor were excluded … We will continue to take Mandela’s struggle forward … The ruling party is fighting for membership and the sustainability of the party rather than addressing the people’s concerns and challenges. Today people do not volunteer for the party because they want to join the struggle for justice, equality and democracy. Today people join the party to invest in the party so that tomorrow it will be their turn to eat our future …

Today, as Mandela has passed on, the ANC is an organisation that has harmed us and that will continue to harm us. But Mandela lived for us and not for the ANC.

He clearly said that if the ANC does to us what the apartheid government did to us then we must not fear to do to the ANC what we did to the apartheid government. Nobody can deny that in Cato Crest the ANC is doing to us what the apartheid government did to us.”

EFF-ondersteuners. (Argieffoto: EFF)

Dit is duidelik dat hierdie gesindheid en opvatting vandag voortleef in die BLF en die EFF, maar ook wyer en daarby deeglik in die ANC-faksie van Zuma gesetel is.

Miskien meer kommerwekkend is die “feitestelling” waarvan uitgegaan word, soos ook neerslag vind in Msimang se koerantonderhoud:

“Mandela is de vader van de natie, maar veel zwarte Zuid-Afrikanen vragen zich tegelijkertijd af wat de waarde van verzoening nog is als de witte minderheid in het land nog altijd blijft weigeren haar witte privileges op te geven. Veel witte Zuid-Afrikanen verzetten zich tegen desegregatie in het onderwijs en zijn faliekant gekeerd tegen de extra hulp die zwarte Zuid-Afrikanen wettelijk krijgen op de arbeidsmarkt. Ze zijn ook vaak tegen herverdeling van land, hoewel die grond tijdens de apartheid van zwarte Zuid-Afrikanen is gestolen. Ze willen kortom dat hun historisch bepaalde vooraanstaande positie behouden blijft.”

Afrikaanse opsomming: Mandela is die vader van die nasie, maar meer swartes begin die vraag vra oor wat die sin van versoening is as die wittes steeds aan bevoorregting bly glo, en klou aan grond wat van die swart mense gesteel is.

Die “feite” oor grondbesit staan in skrille kontras met die ad hoc-komitee oor eiendomsreg wat die stelling oor diefstal van swart grond as “die groot leuen” beskryf. Die TLU SA het ’n reusebeloning uitgeloof vir die persoon wat kan bewys dat wit mense wel swart mense se grond gesteel het.

Opnames toon dat in die orde van 85% van swart mense glo dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. Wit mense, bruin mense en Indiërs glo oorweldigend die teendeel, hoewel die persentasies aan die daal is, klaarblyklik die slagoffer van regeringspropaganda. Ook Zuma het die stelling as president gemaak, wat hom talle klagtes by die Menseregtekommissie op die hals gehaal het, maar waaraan op die oog af nie aandag geskenk is nie. Dr. Pieter Mulder, destyds leier van die Vryheidsfront Plus, is erg deur Zuma en ander gekritiseer oor ’n “geskiedenisles” oor grondbesit wat hy in die parlement gelewer het. Ook swart lede van die DA het hom verkla.

dr-pieter-mulder

Dr. Pieter Mulder. Foto: DoC

Teen dié agtergrond is dit geen sprong na stellings wat die onwettige besetters van grond kwytraak nie. In vanoggend se Volksblad word dit gestaaf deur opmerkings van ’n groep wat grond naby die lughawe onwettig wou beset, maar hulle teen ’n hofbevel vasgeloop het: “Hulle sê ons kan nie die grond vat nie, want skape en beeste wei hier. Diere het grond, maar ons het nie blyplek nie. Dit kan nie so werk nie. Ons is hier om die grond te vat.”

Msimang adem klaarblyklik die gees van swart Amerikaanse sentimente wat daarop neerkom dat ’n wit mens slegs nié ’n rassis kan wees nie, selfs al is hy met ’n swart vrou getroud, as hy eers ’n vorm van restitusie betaal het. Dié kwessie is reeds verskeie kere in nuuskommentare op Maroela Media onder die loep geneem, onder meer hier.

Wat is die uiteinde van hierdie ander deuntjie, of dit nou kom van Msimang, die EFF met Julius Malema as die groot trompet, of die BLF?

Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika het reeds in ’n oproep om ’n biddag vir onder meer reën verwys na faktore wat Afrikaners na vreemdelinge in hul eie land laat voel. Al neem mense nie soos baie ander wel fisiek selfopgelegde ballingskap op nie, ontaard die situasie in ’n soort geestelike ballingskap. Geestelike ballingskap word netjies gedefinieer as “ballingskap is om weg van die hart te wees”. Die Afrikaner en ander minderheidsgroepe hoef nie na “always another country” te verhuis om ’n vorm van ballingskap te beleef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johan ·

Die ongewone golf van suiwer rassisme teen die Blankes duur voort. Dit is uiters onrusbarend, en striem die vooruitgang van die land.
Hoe die Blankes nou nog bevoorreg word kan ek nie verstaan nie. Ons kinders kry nie meer ordentlike werke nie en ons het die politieke mag in die naam van demokrasie afgestaan.
Mandela se politieke beginsels was geskoei op gelykheid. Maar daar is duidelik ‘n groep wat swart oorheersing pleit. Ongeag wat die prys wat uiteindelik betaal sal word…..

Thinus Erasmus ·

Te veel genade! Soos ek die saak sien, was die beleid van afsonderlike ontwikkeling (tuislande) een van die grootste dade van GENADE in die geskiedenis, net jammer dit was nooit waardeer nie en die geld en toerusting was net so vermors soos dit deesdae in SA gaan.

toy ·

Sjoe, nogal te genadig gewees. Ek hoop die mense wat so JA gestem het se oe gaan nou oop.

M ·

Toy …. nee daai Afrikaners het of is op pad om land uit te vlug Australia of NZ toe. Hulle het na 1994 soos mis in die son verdwyn.

waarheid1 ·

Die wittes in Europa gaan uiteindelik nog na S A toe vlug – want hulle het erge probleme daar met verskillende donker nasies en ander gelowe. wat na hulle toe gestroom het.

Loeis ·

Een woord: selfbeskikking.

Ons moes dit reeds voor 1992 gekry het. Nou gaan die prys taamlik hoog wees.

Heinrich ·

Ja Sisonke, die feit dat ons alle politieke mag opgegee het en deesdae geen sê het nie, terwyl jou kaders nog steeds struggle om die volle funksionele land wat julle op ‘n skinkbord gegee is nie aan die gang kan hou nie, wat nou nog van iets verbeter, tel niks nie. Julle het die geleentheid nou al vir 25 jaar gehad om ons te wys hoeveel beter julle die land kon bestuur maar het slegs die teendeel kon bewys.

Piet Pompies ·

Mev Sisonke, kry vir jou ‘n stokperdjie want dit wil voorkom of daar net te veel vrye tyd tot jou beskiking is om snert uit te dink.
As iemand nie die oggend wil opstaan, kry hy ‘n rede daarvoor, as iemand nie ‘n werk wil doen, kry hy ‘n rede daarvoor. As iemand klomp snert wil skryf, kry hy ‘n rede daarvoor.
Suid Afrikaners benodig nie ander mense om voor te skryf in wat hulle moet doen en hoe om op te tree. Doen jou eie ding en hou jou buitelandse kommentaar vir jou eie land.

dolla ·

Die gemiddelde wit persoon in hierdie land leef BAIE beter as die gemiddelde swart persoon. Wees dankbaar en hou op moan.

pieter ·

Graag wil ek vir jou se, kom terug suid afrika toe, dus omdat jy in europa woon en sien hoe dinge werklik moet verloop, geen maar geen anderskleurige in suid afrika sal en kan enige vordering maak met tegnologie of skoonmaak of onderhouding doen nie, die is nie in jou natuur nie. As jy vreedsaam en nie wreedsaam wil lewe , help eerder mekaar en moet nie jouself verhewe bo die witmens nie, en ook andersom. God het ons almal geskape en werk saam, jy kan nie volksmoord uitlewe en wat daarna, dan gaan jy jou eie ras uitmoor. Word wakker want dit is alreeds te laat vir die nens, keer terug na jou Skepper ,God Drie Enig en jy sal pp die rwgte pad bly.

dolla ·

Kon baie erger gewees. In die res van die wêreld word duisende gedood in oorloë om ‘n ander politieke bestel daar te stel. Apartheidsimpatiseerders het baie lig van hul booshede af gekom.

Werner ·

Ons word nou voor die voet uitgemoor as daar toe n oorlog was sou hulle ons nie eers skrikgemaak het nie toe het ons nog die 3de beste weermag in die wereld gehaad nou word ons uitgemoor geen vrede het na ja stemmers se oorwinning gevolg nie as julle hierdie vrede noem het julle seker ook in die onbevoegde skole skool gegaan

Poot ·

@werner
Hoekom het jy toe nie direk na die “oorname” land uit gegaan nie? 24 jaar later en jy sit nogsteeds HIER en galbraak oor die “ja stemmers”.

Gert J ·

Tot die verkiesing gaan die rassisme ondraaglik word. Ek is n Suid Afrikaner. Hier gebore en het geen ander begeerte as om in Suid Afrika te woon nie. My lewe is in die hande Van my Lewende God in wie ek my geloof gevestig het. Hy het my toekoms reeds geskryf. Ek vrees nie want my God is in beheer. Mense en groepe kan my haat, dit maak nie saak nie, God kyk agter my. My geloof red my van al hierdie dinge. Ek laat nie toe dat my ore n asblik word nie. Versterk julle geloof en laat jou geloof n werklikheid word en nie net n woord nie.

Hennie van Deventer ·

‘n Eerbare skikking is bereik tussen twee strydende partye. Ons kan redeneer tot ons blou is in die gesig oor wie vir wie “te genadig” was, maar eerbare mense respekteer hul ooreenkomste. Om Mandela uit te lig as dan een wat “te genadig” was, is ook soveel onsin. Mandela, Mbeki, Ramaphosa – die hele ANC is immers ingebind. Ramaphosa was hoofonderhandelaar. Hy behoort te staan by wat hy afgeteken het. Dis die morele hoe grond.

JAN ·

Oom Hennie ek sien elders jy ken vir dominees Tienie [ lag lag]
Morele hoe grond sal wees om ‘n fliek te maak van die NP Onderhandelaars en hul Media .
‘Snot en Trane.’

JAN ·

Morele hoē grond? Die ooreenkoms was dat die NP administrasie na 5 jaar sou oorgee. Toe dros julle na SLEGS 2 JAAR! Juslaaik!
Patric Mc Durmoth se skitterende studie oor NP wittes se korrupsie verskyn in Praag. Erg baie erg.
Geen plan B. Niks.

Stephen Namibia ·

Die London Times het al die volgende in 2012 geskryf: ” South Africa is the only country in the world where affirmative action is in the favour of the majority who has complete political control.
The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to create their own wealth.
Their only solution is to take it from others.
A word recently coined to describe South Africa’s political situation:
INEPTOCRACY

Juan Olivier ·

Hy het nie ‘n keuse gehad as om “genadig” te wees nie, hy moes onderhandel want hy kon nie die land met geweld vat nie. Die SAW was heeltemal in staat om ‘n wit staat iewers in SA af te druk. Nie eers te praat van die miljoene Zoeloes wat teen die ANC sou baklei om vryheid vir Kwa-Zoeloe Natal te kry nie. Dan is daar die feit dat die land wat hulle vol wapens en geld geprop het in 1990 heeltemal plat geval het en hulle geen meer help sou gee nie.

Juan Olivier ·

Hy het nie ‘n keuse gehad as om “genadig” te wees nie, hy moes onderhandel want hy kon nie die land met geweld vat nie. Die SAW was heeltemal in staat om ‘n wit staat iewers in SA af te druk. Nie eers te praat van die miljoene Zoeloes wat teen die ANC sou baklei om vryheid vir Kwa-Zoeloe Natal te kry nie. Dan is daar die feit dat die land wat hulle vol wapens en geld geprop het in 1990 heeltemal plat geval het en hulle geen meer help sou gee nie.

Cornelia ·

Dankie vir u altyd insiggewende rubrieke. Dit onthul mense en woordoorloë wat mens verstom. Juis omdat so baie groepe en individue se hele lewensdrama sentreer rondom die eindelose sirkelgang van ‘n selfgeldende ego sisteem. ‘n Goue nalatenskap aan die mensdom, verlang manne en vroue met ‘n eerbare en kern gesonde visie en daadkrag om bo-oor alle struikelblokke te strek na wat wins is vir die Land en sy inwoners. Wie bly omkyk terwyl die werk nog nie voltooi is nie, sal nie daar wees wanneer die vrug vd oes ingesamel word nie. Dit is goed om te weet dat mens die kaf van die korrels kan skei. En daar skep die wind haar.

PJC ·

Hierdie valse feite word oor en oor aan die gepeupel verkondig en al meer van hulle raak geradikaliseer hierdeur. Die uiteinde hiervan kan net op groot geweld en ramspoed uitdraai met ernstige gevolge vir almal in die land.

Kanjyglo ·

Ek het net absoluut geen agting vir iemand wat opgehemel word omdat sy na bewering iets te sê het wat blote sensasie is, maar so duidelik eensydig is dat dit van alle geloofwaardigheid ontbreek. Dis jammer sy word enigsins die geleentheid gegun om ‘n punt van bespreking eers te wees….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.