Nuuskommentaar: Mbalula maak ‘sports’, en ondergrawe demokrasie

Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovermentZA

Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovermentZA

Die minister van sport se blatante inmenging in sport in Suid-Afrika teenstrydig met die reëls van internasionale sportkodes, verg dat dié sportkodes nou ook ’n slag Fifa se voorbeeld volg en stem dik maak. Voorts verbied die kodes ook rassisme in sport, en die minister dans wat dit betref ook op die randjie van die afgrond. Ironies skiet die regering se werklike taak, om sportgeriewe by skole te voorsien en so sport te bevorder, so tekort soos die hantering van die Nkandla-debakel.

Terwyl ’n hoogs ontstoke ANC erg die hoenders in is vir Julius Malema en hom van onder meer hoogverraad wil aankla, is die party onkrities, of veel minder krities teenoor mense in eie geledere wat ongrondwetlik optree en lojaliteit teenoor die ANC met lojaliteit teenoor die land verwar.

En heel dikwels is lojaliteit teenoor die land en lojaliteit teenoor die ANC presiese teenoorgesteldes (en hiermee word geensins te kenne gegee dat Malema nie sy hand en mond heeltemal oorspeel nie).

Die minister van sport se aankondiging gister dat hy vier groot sportsoorte verbied om “makro-toernooie” aan te bied as straf vir gebrekkige transformasie is so ’n voorbeeld.

Dit maak nie saak van watter kant af na die saak gekyk word nie, die minister se optrede bly verkeerd.

Eerstens is ’n staat wat lewensfere beheer wat nie die staat se funksies is nie, soos die kerk en sport, totalitêre state en die burgers word van ’n belangrike deel van hul burgerlike vryhede gestroop. Daar is natuurlik uiterste gevalle, soos waar ’n pa sy gesin mishandel, of die ma weens haar drankprobleem die kinders so verwaarloos dat die staat moet ingryp. ’n Kerk wat lidmate begin ophang wat buite die eg saamwoon of agter raak met hul offergawes sal ook dadelik met die lang arm van die staat se gereg te doen kry.

Maar solank ’n niestaatlike entiteit nie sy soewereine magte oorskry nie, en hou by die bepalings van sy eie grondwet, het die staat regtens niks daar verloor nie.

So beskou bestaan die vraag of daar werklik ruimte is vir die bestaan van ’n minister van sport. In beskaafde lande wat ’n minister van sport het, is die minister se rol ten opsigte van gevestigde sportkodes baie beperk, en beslis nie in ’n verhouding van baasskap nie.

In Suid-Afrika sal niemand ontken dat die owerheid ’n groot rol in sportontwikkeling te speel het nie. Daar is nog talle agtergeblewe skole waar daar geen sportgeriewe is nie – ook nie eens ’n geskraapte stuk veld waarop sokker gespeel kan word nie.

Nie alle sportsoorte vereis besondere geriewe nie, byvoorbeeld landloop en veldwedlope. Maar as daar nie onderwysers is wat bereid is om nauurs die hand uit die mou te steek en te help met afrigting nie, sal ook dit botstil staan. En hier kan die ANC gerus maar loer na die rol wat sy alliansievennoot, Sadou, speel om onderwysers ’n ietsie ekstra te laat vermag.

Kortom, daar is ’n enorme veld waar die regering sy gewone verantwoordelikhede kan nakom om die geriewe te skep en sy eie mense te inspireer om te help met handjie bysit. Daar kan dan selfs vennootskappe met die sportkodes gesluit word om die infrastruktuur optimaal te help benut.

Dit sal meer sin maak om die verantwoordelike minister se amp dan tot die minister van sportontwikkeling te herdoop.

Verder is daar ’n verskynsel waarna Maroela Media al dikwels met die gebruik van empiriese data verwys het, naamlik dat sommige groepe meer in bepaalde sportsoorte belangstel as ander. So is daar op 4 Augustus 2014 onder die titel Ras, kwotas en die blinde sambok gewys op die feit dat sommige sportsoorte in die VSA in Mbalula se terme baie ongetransformeerd sou wees. Basketbal op die boonste vlakke word deur swart oorheers, en bofbal deur wit. Amerikaanse voetbal op nasionale vlak is heeltemal oorverteenwoordig deur Samoane, waar Amerikaans-Samoa een van die VSA se geringste besittings is. Dit is ook weer op 11 Augustus 2015 hanteer in ’n nuuskommentaar met die titel Sport en rassekwotas al weer / nog steeds.

Maroela Media is ook nie al wat dit al by herhaling onder die minister se aandag gebring het dat hy en die ANC hier liederlik onkant speel nie.

’n Tweede aspek is dat verskeie sportkodes se internasionale beheerliggame regeringsinmenging en rassisme in sport verbied. Veral Fifa het oor die jare ’n stewige reputasie opgebou dat dit nie skroom om lande uit te skop wat hulle aan regeringsinmenging skuldig maak nie, en Griekeland, Kenia en Iran tel onder die lande wat die trekpas gekry het tot die betrokke regerings voldoende beloof het dat dit nie weer sal gebeur nie. Lande soos Brasilië en Frankryk is byvoorbeeld op terme geplaas. Ná die wêreld-sokkerbekertoernooi in Suid-Afrika het die destydse Nigeriese president sy span se internasionale deelname opgeskort omdat hy oor sy span se power vertoning ontstoke was. Ook hy moes gou voor Fifa ’n knieval doen.

Ook ander sportsoorte het dieselfde of soortgelyke bepalings, waaronder die Internasionale Olimpiese Komitee. AfriForum het sy regspan reeds getaak om die minister se opdrag as skending van die verbod op politieke inmenging te ondersoek, en dan klagtes by die betrokke sportliggame in te dien.

Die Vryheidsfront Plus het die minister se planne as ondeurdag en rassisties beskryf. Die Afrikanerbond  sê die minister se opdrag is ʼn aanduiding van die mislukking van transformasie.

Die interessantste is dat die betrokke sportkodes ’n dokument van die regering onderteken het waarin hulle hul in breë trekke onderhewig stel aan regeringsinmenging van hierdie aard.

Daar sal bepaald gedink moet word aan maniere waarop sport onder alle gemeenskappe bevorder kan word. Dit sluit in dat bykans alle sportsoorte nie tot TV-betaalkanale beperk word nie, want dit sluit ’n groot aantal minder gegoede mense van blootstelling aan hierdie sportsoorte uit.

As die ander internasionale liggame net hul slapruggie-benadering sal laat vaar as dit by Suid-Afrika kom, sal ons gouer sportverteenwoordiging op ’n gesonde grondslag kan plaas – een waar meriete steeds die swaarste weeg en dis immers waaroor sport handel.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Andries Strydom ·

Laat hulle maar sulke besluite neem, want oor ses maande is hulle nie meer in bewind nie dan tel sy besluite tog nie meer nie.

Theo ·

Dankie minister fikile, die sport god het noggal sy kop ver uitgesteek die laaste paar jare. Danksy jou besluit kan die ware God plek, plek weer aandag kry en aanbid word.

Andries Strydok ·

Laat hulle maar sulke besluite neem, want oor ses maande is hulle nie meer in bewind nie dan tel sy besluite tog nie meer nie.

Hendrik ·

Ek dink al hierdie ministers het ‘n ernstige vermoe probleem. M.a.w hulle het nie die intelegensie wat by ‘n minister tuishoort nie. Die ergte is dat die sogenaamde demokrasie op hierdie ministers en ondersteuners, wat hulle instem, steun. Hoe vereenselwig ek my met hierdie sogenamde demokrasie? Gee ek die demokrasie erkenning deur te gaan stem? Nee..!

Cecilia van Rooyen ·

Dit is maar net weereens ‘n bewys dat ons stadig maar seker opppad is na ‘n 2de Zimbabwe, waar die staat alle seggenskap het en ons in ‘n land van diktatorskap verander gaan word.

neelsie ·

Hoe gemaak om Malema n rugby – krieketondersteuner te maak?
Dan sal Mbalula moet keer vir sy paaltjies!

PIETER ·

GEEN TOESKOUERS,BORGE,TV REGTE=GEEN GELD OM TE STEEL.MINISTER WORD WAKKER.

Johan ·

Ek is ‘n voorstaander van die “best man” benadering. Deur aan te dring op kwota stelsels en ander snaakse versoeke word nie altyd die beste kandidate betrek nie.

Koos ·

Hy wil so graag wys wie in beheer is, arrogant en stywe nek maak hy die aankondiging. Jammer daar is nie pille vir onoselgeid nie

johan ·

zuma het pak gekry so nou moet almal pak kry, maak nie hoe reg mens leef nie

Wicus ·

Dit gaan nie hier oor sport per se nie, maar oor wat die maghebbers eintlik in die oog het. Wat van veerpyltjies , sokker ens mag mens vra. Die ouens het nie ‘n probleem met wat hulle ookal vernietig in die proses om by hulle eintlike oogmerk uit te kom nie. Hulls is glad nie so dom as wat op die oogaf voorkom nie, moenie geflous word nie!

Ek sien ‘n briefskrywer in ‘n ander koerant verwys na Zimbabwe as “temporary discomfort”, dit net om my standpunt te ondersteun.

Ons moet ons oog hou op ons groter doelwit, plan B, selfstandigheid, en veel later vryheid. Intussen span ons die Klein jakkalsies in oppad…

Hendrik ·

Wicus ek stem saam met die plan B dat ons eers ekonomiese selfstandigheid kry en dan later die vryheid

MJL ·

Daardie $10,000,000 omkoopgeld wat betaal is vir die sokker sou sportontwikkeling hier darem ‘n geweldige hupstoot gegee het.

Grassie ·

Ek glo nie Mbalula het hierdie besluit net op sy eie geneem nie. Dit is deur Luthuli-huis geneem en is deel van ‘n veldtog, ‘n beplanning, wat baie verder as sport strek. Dit is deel van ‘n totale aanslag teen alles wat vir die witmens van belang is – sport, kultuur, taal, bestaansreg, grondbesit, eiendomsreg, moedertaal onderrig – in kort, die reg om te bestaan en asem te haal in ons eie vaderland waarvoor ons lief is.
Ek was van kleins af baie lief vir rugby – ‘n stoere Bloubul en Bok ondersteuner, maar dit kom ook nou tot ‘n einde. Ek gaan DSTV afgradeer en maar liewers uitkamp en visvang. Selfs dit is ook al nie meer wat dit was nie want ‘n mens sal permanent ‘n wapen aan jou sy moet dra, veral as jou myle al ‘n bietjie hoog is.

Karma ·

Mense, dit gaan alles net oor een ding – om die witman só te verpes dat ons almal padgee uit dié land uit. Dit is ‘n rassistiese aanval op sportsoorte waarvan hulle in elk geval boggerôl sou geweet het, was dit nie vir die wit Engelse wat dit hier kom bekendstel het nie. Dit sluit krieket, rugby, atletiek, selfs sokker in! En daar sê Jacques Kallis, een van die grootste krieket spelers seker van die eeu, dat hy hom vandag SKAAM om ‘n Suid-Afrikaner genoem te word. Ek sê: as ‘n speller/deelnemer KWALIFISEER om deel van ‘n span te wees, laat hom daar wees! As Jantjies ‘n doel vir die Leeus oorskop, juig ek net so hard saam, of as Kurt Coleman wegtrek en soos ‘n blits al met die kantlyn af hardloop, gil ek myself hees. Dieselfde met Juan de Jongh, Seabelo Senatla, Scarra Ntubeni … noem maar op. As hulle op daai veld is, sien ek die velkleur nie eens raak nie!

HEVW ·

Ons kan nog vele geelwortels verwag wat dienstig aan stemme vir die anc is, hoe dwaas en naief ook al,
Die vraag ,wat nou van menserergte. Die regte van n persoon wat van jongs af toegewyd met groot finansiele insette sy sport beoefen het en nou op grond van kleur weggewys word. O in hierdie land het net sekere mense regte.

Basson ·

Korrek Grassie, daar is ‘n groter prentjie, in baie opsigte is die staatsbestel al ‘n ‘tirannie’.

Heinrich de Wet ·

Waarom ANC blameer vir kwotas, as meeste blankes vir DA stem wat ook voorstaanders is van kwotas en regstellende aksie. Internasionale sportbeheerliggame moet net hul eie statute begin toepas deur SA te skors, aangesien kwotas indruis met hul reels wat enige vorm van rassisme in sport verbied. As hul dit teen apartheid gehad het, waarom nie teen die huidige vorm van apartheid nie? Dalk omdat ons stem vir politieke partye wat dit propageer??

Tiger ·

Heinrich jy slaan die spyker vol op die kop!Wat is die verskil tussen die vorige NP regering se appartheid en die huidige anc se appartheid?Oorsese sport liggame moet mooi kyk wat nou hier aangaan en besluit of dit nie tyd geword het vir nog ‘n rondte sport boikotte teen SA nie.

Sarie ·

Hoe onnosel kan die man nie nog wees nie – hy stel sanksies teen ons self in. Hy sny sy eie keel af – want as ons nie groot toernooie aanbied nie – gaan ons nie toeriste kry nie. Maar aan die nader kant – doen die man ons belasting betalers eintlik ‘n groot guns – geen groot geleenthede soos bv wêreldbeker toernooie, Afrika Spele en wat van ons bid vir die Olimpiese Spele. Ons land spaar geld – minder om in hulle sakke gedruk te word. Hy sny sy eie keel af. Ons spelers kan oorsee gaan, hulle doen dit alreeds en hulle SAL beter presteer in anddner lande. As gevolg van spelers wat nie in die span is op meriete nie, en ook omrede hulle die embleem wil verwyder, het ek my belangstelling verloor in Springbok Rugby. Sport is net soos die regering – almal wil in die span wees en die game speel, maar dit is alles net vir die geld.

Neal ·

Stem Karma gaan nie vir my oor kleur nie maar hulle wil ras gebruik as wig.Kom laat ons nie die dinge ons negatief maak nie.Dit is die bedoeling om ons negatief te maak oor alles of dit nou by die werk is,besigheid,op die plaas of in sport is ens..Ons moet dit gebruik om sterker te word.Mens sal eenvoudig moet harder en slimmer werk, maar nooit tou opgooi nie,dit is wat hulle wil he.Ek hoef nie in my eie land tweede hands behandel te word agv my kleur nie.wat dit nou die sport betref maar vir n’ ruk nie ondersteun nie en kyk waar kom die geld,dstv subskripsie se geld vandaan ,ek hou baie van sport maar uiteindelik het dit nie ewigheidswaarde in elkgeval nie(Ek is seker in die hemel sal daar nie kwotas wees nie so daar maar weer sport opneem). Indien hulle ons aan hou in die hoek in dryf dan sal ons onself uit die hoek uit moet veg.Maar sterker sal mens ander kant uitkom.

M A ·

Die beste van die blankes word ook nie gekies vir groot spanne nie. Arm blankes is ongewensd. Mens moet kontakte en geld hê. Die hele sport ding is onregverdig en sal altyd so bly.

Theuns ·

Maroela, dit is baie moeilik om nie op ‘n negatiewe manier kommentaar te lewer op al die dinge wat om ons gebeur nie. Ek dink die meeste van julle lesers sukkel daarmee! En dan is daar die proebleem dat jou kommentaar afgeskiet word sodra jy ‘n rou senuwee aanraak. Die ANC gaan daarop uit om die Witman te verneder. Kyk na Mabalula se gesig uit drukking as hy sy se se teenoor die sport verteenwoordigers? Dit is duidelik dat hy op ‘n vernederende manier met hulle praat en hy behandel hulle soos stout kinders?Iemand moet vir Mabalula se waar om af te klim. En die ergste is die ouens vat maar die gekyf van Mabalula. Skuld hulle hom iets of het hulle van die “spoils” gedeel wat gesteel is? Gatvol!!

gordon ·

Hy wil sport oorsee hê sodat hy met belastinggeld kan gaan kyk

Jan maak n Plan ·

Hoe het Fikile nou weer gese voordat die Springbokke verlede jaar wereldbeker toe is. Wel nou doen hy met hulle wat hy gese het hulle moet doen. Julle moet hulle op………? Gelukkig het die spelers se oe lankal oop gegaan en verdien hulle lekker baie ponde in die buiteland.

Brett Nell ·

Hierdie is nie teen die sport gemik nie maar teen die Afrikaner. In `n skrywe wat ek die anderdag gelees het het “hulle” dit duidelik gestel dat die uiteindelike doel is om die Afrikaner uit die land uit te jaag. Daarin word gese dat die Afrikaner versot is oor rugby en dat rugby in SA dood gemaak moet word deur onredelike kwotas. Hulle is nou besig om daardie strategie te implementeer. Ons sal moet werk aan `n plan om selfstandig te word en die reenboog nasie het nie plek vir ons nie. Natuurlike migrasie na die Wes en Noord Kaap is dalk die oplossing. Tweede Groot Trek moet kom!!!

Henry ·

In ‘n land waar miljoene mense sonder huise en basiese geriewe is, en waar kinders nog sterf van honger, kan ek nie verstaan dat ons regering ‘n ophef maak oor transformasie in sport nie. Hoe kan jy swart sportmense bevorder as daar duisende swart skole is wat GEEN sportgeriewe het nie. Wat sê Mnr Fikile daarvan? Wat sê hy van Bafana Bafana wat ten volle getransformeer is vanaf 1994 en nog steeds nie hond haaraf kan maak in Afrika sokker nie, wat nog wêreld sokker??? Ek dink Mnr.Fikile moet eers sy eendjies in ‘n ry kry, voordat hy krap wart dit nie jeeuk nie!

Bruno Stef ·

So kwakende oue so piepende jonge is die steun wat Sjert Oosthuizen aan sy Baas Fikile se voorbarige aankondiging gemaak het.Ou perd jy moet onthou dat jou Baas en sy trawante voor loop en jy kort op hulle hakke maar as ons die dag omdraai gaan jou lewe bitter gemaak word deur diegene wat dan voorloop.

Gert van der Merwe ·

die arme ou Fikile, al wanneer hy positief oor die sport is is wanneer hy voor kan sit en probeer om die belangrikste persoon te kan wees. Wanneer gaan hy verklaar waar die geld vandaan gekom het vir sy bywoning van die Mayweather geveg? Solank hy kan rond vlieg en die byeenkomste kan bywoon se hy niks nie, dit sluit die rugby en ander sport soorte in.
Hy is ‘n regte opportunis, waar wat Kallis gese het .

Anoniem. ·

Dis moontlik dat dit nie net oor sport hervorming gaan nie. DSTV gaan baie belangstelling verloor. Dis ook sy beleggers en op dit sal die aandele in DSTV ook verswak. Dit sal dit baie maklik maak vir ʼn derdeparty om beherende aandeel in DSTV te koop sonder om baie geld te spandeer.

Marius ·

Wat van swem? Wat my uiters frustreer is ruggraatlose mense soos Jurie Roux wat nie vir die portefeuljekomitee vir sport kan sê dat die regering self die skuld moet dra vir die onvoldoende gesonde transformasie nie. Daar sal groot probleme wees by die meeste township skole as die mense verplig word om sportkursusse by te woon en dan nog boonop moet sport afrig smiddae, want hulle sal betaling eis. Die kultuur van slapheid kom van bo af. Dis mense wat self nog nooit iets vermag het nie wat die hardste skreeu. Daar is geen ligas vir sokker in ons township skole nie. Daar is geen atletiekbyeenkomste nie. As hierdie sotte nie hulle trots sluk en uit eie geledere mense begin aanspoor om sport te ontwikkel nie sal alles net een rigting gaan.

lettie ·

Die EFF en ANC sal mekaar gryp. Dit gaan oor magsbeheptheid en die stryd gaan fel raak. Minister van Sport is maar net nog n ANC departement wat desperaat is om die land onder ANC bewind te hou.

manie ·

Miskien moet die “agbare” minister eerder die omkoopgeld vir die 2010sokker betaal en verder die gat in sy gesig toemaak.

Chris Ws ·

Ons huishouding kom heel lekker sonder sport klaar.Ons WAS stoere Blou Bul ondersteuners tot so paar jaar gelede nog maar stelselmatig het die “transformasie” in veral rugby ons begin grief tot waar ons gese het genoeg is genoeg en ons DSTV afgeskaal het na ‘n baie goedkoper paket toe so nou eet ons meer uit ook!Te Lekker!Tata sport!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.