Nuuskommentaar: Mbeki versus Zuma: Stamoorlog binne die ANC?

thabo mbekiIets wat die afgelope week kwalik die nuus gehaal het, was oud-president Thabo Mbeki se bitter aanval op die herlewing van “tribalism” in Suid-Afrika. In Suid-Afrika het die begrip “tribalism” onder sommige gemeenskappe dieselfde negatiewe konnotasie as “transformasie” onder ander – dit draai kort duskant om ‘n vloekwoord te wees.

Die aandag is juis nou op Mbeki na daar stemme uit die Gautengse ANC gekom het dat  die oud-president genader gaan word om die ANC te help om die middelklas te bearbei, en so die provinsie vir die ANC te behou. Uit Luthuli-huis is dié monde gou toegeklap, maar die storie het bene op sy eie.

Mbeki het in sy toespraak egter verder gegaan. Hy het na Zuma se intog van die presidensie as, in die woorde van Zuma self, “hundred percent Zulu boy” geskimp oor die “ontstellende” verskynsel van plakkers op motors wat lui “Hundred percent Venda” of “Hundred and ten percent Tswana.”

Die gehoor het baie duidelik geweet waarop Mbekik gesinspeel het, en het hardop gelag.

Mbeki se waarneming is nie heeltemal oorspronklik nie, en dit het amper geklink of hy ‘n onlangse nuuskommentaar  van Maroela Media hieroor gelees het. Ander onlangse nuuskommentare van Maroela wat hieraan raak kan hier en hier gelees word, terwyl  hier  beskryf word hoe dit as vloekwoord ervaar word.

Die tekens van die tye was dus minstens maande lank duidelik teenwoordig, dit het duidelik reeds spore in die ANC getrap, en word nogtans soos die pes deur die hoofstroommedia vermy. Oor hoekom, in ‘n land waar Zuma-“bashing” ‘n voltydse tydverdryf geword het, is nie so maklik om te verstaan nie.

Kot na Mbeki se uitpak oor “tribalism” het Winnie Madikezela-Mandela in ‘n skynbaar onverwante toespraak ook bewerings oor “tribalism” gemaak, en of sy ook die lakens aan Zuma uitgedeel het, is moeilik om met stelligheid te sê.

Opsommend kan gesê word dat dit lyk of daar binne die ANC nie net ‘n weerstandigheid teen die Zumafikasie van die land aan die broei is nie, maar onder veral Xhosas ‘n weerstandigheid teen Zuma se Zoeloefikasie van die land, en veral die sleutelposte in die land en die ANC.

Dit is nie werklik verrassend nie dat daar ‘n weerstandigheid ontwikkel hieroor. Bekende Zoeloes het vanuit die staanspoor ‘n groot rol binne die ANC gespeel waarvan hoofman Albert Luthuli waarskynlik die bekendste figuur was.

Mangosuthu Buthelezi het die IVP in 1975 gestig, aanvanklik met die steun van die ANC, maar in 1979 van die ANC weggebreek en die verhouding met die “moederparty” het versleg. Met die aanbreek van die nuwe bedeling in 1994 het die meerderheid Zoeloes, veral binne KwaZulu-Natal, die IVP gesteun en die IVP het ook aanvanklik in dié provinsie aan bewind gekom.

In die afwesigheid van so ‘n groot magsblok Zoeloes het die ANC Xhosa-dominant geword, sodat dit teen 1994 die karakter van ‘n hoofsaaklik Xhosa-pary gehad het. Nie alleen is oud-pres. Nelson Mandela ‘n Xhosa nie, maar ook Mbeki. Trouens, ‘n hele hiërargie van “onaantasbare” ANC-adel, soos die Sisulu-familie het ontstaan.

Met die opmars van die “hundred percent Zulu boy” na die Uniegebou het die prentjie baie verander. Die IVP is erg van ondersteuners gedreineer, en die ANC in KwaZulu-Natal het onder meer weens die getalle ingeskrewe lede magtig geword, met bewerings van gedokterde lidmaatskapsyfers tussenin om Zuma se posisie te verskans.

Mbeki was ook versigtig om in sy toespraak nie te duidelik die vloer met Zuma te vee nie, en het eerder voortborduur op die redes hoekom “tribalism” as euwel beskou word. Mbeki het volop skietgoed oor hoekom om “tribalism” onder skoot te plaas. Met die trek van koloniale grense is min of geen ag geslaan nie op die verspreidingspatrone van stamme, en tallose konflikte het ontstaan. In ‘n poging om die kwessie binne die drukkoker onder “beheer” te hou het die OAE  en sy opvolger, die Afrika-Unie, die koloniale grense “onskendbaar” gemaak, en erken byvoorbeeld nie Marokko se anneksasie van Wes-Sahara nie. Tog was Mbeki self instrumenteel dat Suid-Soedan basies op etniese grondslag van Soedan afskei. Pas is berig dat die Amerikaanse Seals wat die naweek op n Al Shabaab-vestig in Somalië ‘n etniese Somali van Keniaanse oorsprong geteiken het – ‘n konflik wat ook deeglik in die onlogiese trek van koloniale grense gewortel is.

Mbeki was ook die hoofargitek van die opkoms van Afrikanisme, wat in wese as niks anders is nie as ‘n idealistiese samevoeging van swart stamme as ‘n nuwe identiteit, Africans, of meer beskrywend, African Africans.

Op ‘n manier word weggeteoretiseer dat hierdie swart fokus, wat Mandela in sy vroeë jare self veroordeel het, as rassisme sou uitstaan. ‘n Erg rassistiese stelling wat gereeld gehoor word, is dat ‘n swart persoon “per definisie nie ‘n rassis kan wees nie.”

En so word die ruimte geskep dat Suid-Afrika in bewustheid en in wetgewing waarskynlik een van die mees rasbehepte lande ter wêreld is. ‘n Persoon se lewe word letterlik van die wieg tot die graf deur sy ras bepaal.

Pas het Zuma tydens ‘n toespraak van die geskrewe teks afgewyk en na die moontlikheid van ‘n sonsondergangsklousule vir die rasgedrewe wette verwys: “We can’t just always talk about black empowerment all the time. We might become prisoners of the past.”

Zuma het tevore ook reeds na die Afrikaner as ‘n “white tribe” verwys, soos in ‘n toespraak in 2009 toe hy na die Afrikaner ook onder meer soos volg verwys het: “Of all the white groups that are in South Africa, it is only the Afrikaners that are truly South Africans in the true sense of the word.”

Terwyl Zuma se toespraak in die praktyk nie veel verskil het nie van sy “toespraak vir die gehoor” soos toe hy Malema in Malema se tuisdorp as kroonprins gesalf het nie, is dit tog so dat die inwoners van die land wat nie “African Africans” is nie, se vervreemding in die Mbeki-era begin het.

Die waarneembare aptyt vir die moontlike terugkeer van Mbeki tot die politiek is verstaanbaar in die konteks van keuses tussen euwels.

Terwyl die ANC die spore van ‘n moontlike paleisrevolusie gaan probeer toe vee, sal die Afrikaner en ander minderheidsgroepe willose ballonne in die wind wees, tensy behoorlik in burgerlike instansies met tande, soos AfriForum, georganiseer word.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flash ·

Julle weet nie hoe dankbaar ek is om hierdie tipe storie te lees nie!

Ek vir een, bid al ‘n geruime tyd dat die Here ons vyande teen mekaar moet draai, soos in Josafat se tyd in die bybel. Lees maar hoe hulle teen Juda saamgesweer het, net soos die ANC teen die blankes. Derhalwe moet ons bid en op die Here vertrou, soos nou gesien sal word:
2Ch 20:22 En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is. (Vir my is dit Xhosa, Zulu en Sotho – ons groot haters)
2Ch 20:23 Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.

Hulle moor en besteel en belieg ons, ons wat hulle werklik nog nooit te na gekom het nie. Ek vertrou die Here sal hulle regverdig oordeel en verdelg op Sy tyd. Ek en my huis het nog NOOIT enige swart mens benadeel nie, inteendeel, ons het nog net altyd hulle met simpatie, empatie en deernis behandel. Daarvoor moor hulle my mense ongekontroleerd uit!

Gen 4:10 En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.
Gen 4:11 Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.

Ek sien die Here verhoor steeds gebede en gee an Hom die dank en eer daarvoor.

H J Bester ·

Gugtere stuk Flash met goeie ondertone uit die Bybel. Handhaaf dieselfde standpunt oor swartmense – probeer steeds net goed doen aan hulle soos die Bybelse liefdesgebod my beveel. Maar kan hul sondes, dit is ongehoorsaamheid, korrupsie, diefstal, bedrog en vele meer, nie goedpraat en goedkeur nie. God sien dit ook raak en is dit daarom strafbaar. Die straf sal egter nie op ons bevel plaasvind het – ons kan maar net op genade bly bid en God versoek om ons te spaar van die velheid waarmee ons gehaat en verneder word.

HELENA SEABORNE ·

geweet hulle gaan onder mekaar begin baklei. want i zoeloe gaan nie dat i xhosa sy baas wees in die regering nie. die ander groepe gaan ok begin moeilikheid maak want elkeen is trots op sy stam en hulle tradisies. op die ou end baklei hulle so onder mekaar dat hulle mekaar gaan begin uitmoor. hulle is hulle eie grootste vyand, nie ons blankes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.