Nuuskommentaar: Menseregtekommissie moet nou ras-ding help uitpluis

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

’n Paar artikels wat gelyktydig in die VSA die lig gesien het, open ’n skrefie van hoe perspektiewe in ’n post-polities korrekte omgewing geskets word. Dit staan in skrille kontras met ’n erg rassistiese beskouing wat nog wyd in Suid-Afrika loop dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie.

AfriForum het, soos die VF Plus (en Maroela) vroeër, ook nou by die SA Menseregtekommissie aangeklop om te antwoord op ’n persepsie dat dié instelling gou is om self ondersoek in te stel wanneer ’n wit persoon hom of haar skynbaar aan rassisme skuldig maak, maar wyd hou as ’n swart persoon dieselfde doen. Die verweer “dat geen klagte ontvang is nie” is al telkemale gehoor. In enkele gevalle het die MRK wel ná klagtes opgetree, maar daar is ook genoeg kwessies wat onontvanklik bly omdat dit “buite die mandaat” van die MRK sou val. Word egter na die opdrag van die MRK volgens die Grondwet gekyk, is dit ook moeilik om hier die kloutjie by die oor te kry.

Die MRK het dit ook nou ontken, maar daar wag heelwat werk voordat dié instansie se ontkenning ernstig opgeneem sal word.

’n Groot probleem is dat baie mense, ook ’n aantal wit mense, iemand alleenlik as “vatbaar” vir rassisme beskou as die persoon, of sy/haar voorouers, voordeel uit apartheid sou getrek het. Dit beteken dat slegs wit mense aan rassisme skuldig kan wees. Swart mense kan “per definisie” nie skuldig wees aan rassisme nie – ’n opvatting wat darem erg na rassisme van die ergste graad ruik.

In ’n rubriek op Netwerk 24 vandag som Leopold Scholtz dit mooi op: “Die swart mense wat van wit mense eis dat hulle hul mond moet hou, tree rassisties op. En die antwoord op rassisme is nie nog meer rassisme nie.” Scholtz doen in die rubriek verskeie praktiese voorstelle aan die hand vir die ontlonting van die kwessie.

Terwyl daar nou eintlik hard gewerk moet word aan die opklaar van die probleem – wat eintlik ’n voortsetting van pogings oor baie jare sou wees soos die ou verhoudingskomitees, gemeenskapskakelforums, en privaat inisiatiewe soos Kontak en die Vroueburo, en nog later die kits-opgerigte vredeskomitees, kan tereg gevra word of die land dit kan bekostig dat nog gekibbel moet word oor wat rassisme is. Voorheen is staatsinisiatiewe soos klokslag erg voortydig deur die staat nek omgedraai. Telkemale was die redenasie, wat in enige vakkundige konteks gewoon laf is, dat ’n nuwe regering geglo het sy eie beleid gaan die probleem vanself oplos.

Iemand wat nou nog glo dat ’n politieke of staatkundige beleid genoeg is om ’n komplekse kwessie soos polarisasie en rasseverhoudinge met ’n towerstaffie reg te toor, is gewoon werklikheidsvervreemd.

Die kwessie manifesteer hom nou ook op internasionale vlak, maar weens ’n gebrek aan ruimte word gefokus op ’n paar nuwe artikels uit die VSA wat die kwessie onder die loep neem, en dan gekyk of Suid-Afrika daaruit lesse kan neem. Dit moet onthou word dat die artikels trag om die VSA se rasprobleme aan te spreek.

Dat die drie artikels gelyktydig die lig sien, staan in die konteks van onlangse gebeure toe ’n rasseherrie (al weer) rondom die polisie in die land ontstaan het.

Ter wille van bondigheid word ’n paar aanhalings uit hierdie skrywes verskaf, wat nie noodwendig die inhoud opsom nie.

Malkin skryf onder meer:

“If Black Lives Matter, then why have entrenched members of the Congressional Black Caucus spent more time enriching themselves than taking care of their neglected constituents?

“Too many social justice protesters are busy throwing shade, rocks, bottles, concrete blocks and vicious death threats at police officers of all colors trying to keep the peace.

“Instead of moaning about ‘#WhitePrivilege’, I invite radical racial identity warriors to join me in taking on the black political elites selling out their people. Help expose the most crooked members of the caucus of Congressional Black Corruption.”

Hurt skryf onder meer die volgende:

“The insultingly low bar set for President Obama, however, gave even those American voters who could not support his candidacy or policies some glimmer of hope.

“Because he was half-black, half-white, Mr. Obama had more credibility than any president ever elected in American history to be the balm that would finally salve the festering wounds that still divided some Americans 150 years after the end of slavery.

“The vast majority of Americans had moved on from those noxious divisions, but a troubling number of fellow Americans remained outside of the American dream, mired in racism — either real or perceived.

“As the son of a black father from Kenya and a white mother from Kansas, Mr. Obama did not descend from slavery or emerge from Jim Crow laws or the American Civil Rights Movement. Still, his election in 2008 was a historic moment, a turning point.

“It was the dawn of a new black patriotism in America. The street artist at the local market who had devoted his talents to painting haunting scenes from Billie Holiday’s ‘Strange Fruit’ began painting American flags on wooden pallets …

It is now nearly eight years on. By no measure can anyone argue that things are better. No one is trying to say that promises were kept or that people have been made whole.

“Racially fuelled riots have not been this common in nearly a half-century. The ‘quiet riot’ Mr. Obama talked about early on has become a deafening roar of hatred and discontent.

“White police officers are openly targeted for attack and assassination. Black men keep dying. As gruesomely and graphically as anything Billie Holiday could have ever dreamed. That moment eight years ago of hope and truth and honesty and healing has curdled into something toxic and evil and dishonest. Good people are stricken with fear and suspicion.

“Again and again and again, this president, who was so uniquely positioned with the credibility to do more than any president in history to quell the discord and unify America, has done the exact opposite.”

Stossel skryf weer onder meer die volgende:

“Claims about racist cops from groups like Black Lives Matter lead more people to fear and hate the police.

“That’s bad news for cops. It’s also bad for black people who live in crime-ridden neighborhoods, says Heather Mac Donald, author of The War on Cops.

“She points out that activist policing is what people in those neighborhoods need and want, because they are much less safe if fearful cops (or cops who just want to avoid a hateful experience – like being screamed at and called racist) stay in the car instead of questioning the young men hanging out on the corner.

“Yes, says Mac Donald, it’s true that police disproportionately stop blacks, but ‘violent crimes are disproportionately committed by blacks’.”

Politiek-inkorrekte skrywes soos hierdie sal baie moeilik in Suid-Afrika die lig sien, en nog moeiliker sonder om ’n storm te ontketen. Dit moet in gedagte gehou word dat hierdie egter gerekende persone is wat deurlopend kommentare skryf, en nie nou skielik uit die dampkring van onlangse gebeure in die VSA na vore gespring het nie.

Om in ’n wêreld wat danksy tegnologie tot ’n neutedop gekrimp het, egter nie kennis te dra van denke in ’n post politiek-korrekte wêreld nie (waarvan die opkoms van Donald Trump as politieke figuur waarskynlik die treffendste voorbeeld is), is om volstruispolitiek te speel.

Die goue reël is egter dat elkeen wat op ’n toekoms hoop, uit die goue lesse van die verlede moet put (wat eintlik vandag mooi deur Scholtz uitgelig word).

Daar is gewoon, ter wille van ons kinders, nie ruimte vir provokatief wees nie, en selfs reaktief moet maar liefs na die regte instansies soos die MRK gekanaliseer word, al is dit met die hulp van politieke partye of instansies soos AfriForum.

Misplaaste politiek-korrektheid moet egter ook bevraagteken word as dit die potensiaal inhou om skeeftrekking en onewehandigheid te verskans, en dus die kwessie van rassisme kans gee om verder te broei en veranker te raak.

En ja, die owerheid het ’n groot taak oor hoe om te voorkom dat aksies soos transformasie nie in rassisme ontaard wat weer reaktiewe rassisme voed nie. Môre is ’n belangrike dag wanneer die konstitusionele hof uitspraak lewer in die belangrike DKD-Solidariteitsaak. Hierdie saak spruit uit die DKD se praktyk om nasionale kwotas ook op provinsies toe te pas, wat daartoe lei dat veral bruin mense erg in die Wes-Kaap benadeel word. Die “dice” het as’t ware wéér verkeerd geval vir die bruin mense. (En bruin intellektuele wat hulself swart noem, help niks om hierdie onreg en ander onregte soos rasspesifieke kwotas in krieket, waar tussen “swart” en “etnies swart” onderskei word, op te los nie.)

En ten slotte: Dis so jammer dat dit nog hoegenaamd nodig is om die rasding onder die loep te neem.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

chrisp ·

Waar daar ‘n mengelmoes van mense in een land woon sal daar altyd rassisme wees.
Die Japenese, Shinese ens het nie die probleem nie . So het Wes Europa ook nie een gehad nie ,die prentjie verander mos nou.
Wonder hoekom.

Theuns ·

chrisp, ek glo nie jy is heeltemal reg nie en het rassisme sy ontstaan eerder in die ontstaan van haat en jaloesie. Sal jy nog ‘n knippie propaganda en swak onderwys byvoeg het jy ‘n kruitvat! Kom ons kyk byvoorbeeld na die samewerking tussen mense van verskillende rasse wat werk op die Internasionale Ruimtestasie! Hulle is hoogsgeleerde, opgevoede mense wat trots is op wat hulle bereik het en doen EN DAAR IS GEEN RASSISME NIE!

chrisp ·

Baie waar Teuns maar ongelukkig is daar ‘n verskil tussen werk en leef. Om saam te werk is een ding veral as jy afhanklik is van mekaar so veel so dat dit dalk jou dood kan veroorsaak.
Self in die ou weermag was van die beste gevegseenhede juis wit en swart en dit nogal in die bloeitydperk van Apartheid dws rassisme. Die lande wat nie imigrante gaan toelaat nie sal nie die probleem kry nie. Indien my stelling waar is, is dit dus die begin van rassisme daar waar rasse saam gegooi word. Indien nie, hoekom het die ooste van Europa nie ;n wit en swart probleem nie?

Om ‘n probleem (enige) uit te sorteer moet die oorsaak bepaal word. Indien ek jou reg verstaan sien jy die probleem by swak onderwys. Hoekom is daar dan onluste, brande en openlike rassisme(eintlik haat teenoor Afrikaners spesifiek) by Universiteite waar die top swartmense studente is? Hulle is dan juis akedemies op dieselfde vlak as die wittes?

Nee Theuns dit is nie die oorsaak nie.

Haat en jaloesie sal ek jou gelyk gee en dit is gewortel in die verskille tussen rasse wat net kunsmis en water kry as jy hulle bymekaar gooi.
Die meeste mense soek maar hule eie soort of ons dit wil weet of nie.So ook dat die meeste hulle eie ras sal bevoordeel dit is die realiteite en om dit te misken gaan die probleem nie eers aanspreek nie wat nog van oplos.

E.K. ·

Maroela moet dit nie RAS-ding (ipv raas-ding soos julel dit het!) in opskrif wees nie? Of gaan dit oor RAAS oor die RAS ding? :)

Nita ·

Die ding van ligte velkleur teenoor donker velkleur, lyk my is so oud soos die berge. Praat ek verkeerd as ek se: in Indie, Italie, Portugal en baie ander lande, word daar neergekyk op diegene wat n donkerder vel het. Het iemand dalk n idee waar die donker-ligte vel ding, sy onstaan het?

Theuns ·

Al die swartmense, soos ons stam van Noag af. Ham was die een van die seuns van Noag. Ham se eerste seun was Kush of Cush. Al die swartmense van Afrika is die afstamelinge van Kush. Die kushiete was swartmense wat gemigreer het van ‘n area naby die Tigris en Eufraat riviere en vandaar af na die Rooisee en toe na Ethiopie. Jy het seker al gehoor van die swart Jode of Israeliete van Ethiopie? Vandaar het hulle verder suid oor die hele Afrika versprei. Ek is ook bewus van die sogenaamde DNA toetse wat se dat die hele Aardse bevolkings in Suid Afrika ontstaan het! Ek het my vertwyfeling daaroor! Die wisseling tussen lig swart en swart het maar agv ondertrouery plaasgevind. Hoop die inligting help.

plaasjapie ·

Moet se die “gelykmaking plan” van die wereld het ook al sy tol op n groot skaal in ons land ge eis.
In so n groot mate dat ons nou die ondergeskiktes in ons eie land is.
Ek glo maar in dat elkeen op sy eie plek met sy eie soort moet wees….

Post polities inkorrekte vraag ·

In hierdie era raak dit nou aanvaarbaar om te vra: Waarom is daar amper oral in die wereld n hoe korrelasie tussen misdaad, armoede en ras? Hoe sterk is hierdie korrelasie? Waarom is sekere rasse altyd onder sulke omstandighede ongeag waar hulle is, ongeag die land, kontinent en deur wie hulle omring is wat slegs hulself in baie gevalle insluit?

Theuns ·

Die vraag wat jy vra het betrekking en daar is n hoe korrelasie tussen die drie elemente van konflik wat jy noem. Onthou as jy iets het wat waardevol of mooi of goed is, is daar altyd iemand wat dit wil he. of dit wil vernietig. Vat maar ons Afrikaanse taal as n voorbeeld?

KLEIN ·

Ek dink ek het `n probleem ek weet nie van wit of swart nie ek is KLEURBLIND.

Theuns ·

Ek wens ek kon dit se maar ek kan nie agv van my leef wereld.

Theuns ·

Dankie Herman. Die Rassisme konflik in Suid Afrika is geheel en al nou irrasioneel! Hou aan skryf. Ons waardeer jou insette.

Lance ·

Ag asb …wys my net een plek in die wereld waar dit al gewerk het …die mense haat mekaar onderling nog meer bv zulu teen pedi ….HALLOO

Joann ·

Ek wonder hoekom het God verskillende kleur mense gemaak? Hy moes n goeie rede gehad het.

Theuns ·

Joanne, ek het iets verkeerd gese want Maroela het dit nie geplaas nie. God het seker maar die mense verskillend gemaak sodat ons mekaar kan uitken.Maak dit sin?

Grassie ·

Die ANC het rassisme nodig om polities te oorleef. Gedurende die “struggle” jare het al die nie-wit volke, groepe en faksies in die land, ondanks onderlinge geskille, eendragtig saam gestaan teen die witmens. Hul gesamentlike haat vir die blanke was die gom wat hulle saam gebind het in hul stryd. Die afgelope paar jaar het die wittes al meer van die toneel af begin verdwyn en hul relevansie in die land begin verloor. Hulle (ons) is ‘n ontmande volk wat nêrens meer in beheer is nie en vir niemand meer enige bedreiging inhou nie. Die gom het begin loskom en die eenheid is besig om uitmekaar te val. Die ANC probeer nou deur rassisme aan te blaas almal weer saamsnoer. Moenie enige billikheid of regverdigheid van hul kant verwag nie, vir hulle is dit ‘n noodoptrede.

Poot ·

Grassie
En daar vat jy dit SO RAAK. Kan dit nie beter gestel het nie. Jou kommentaar is net so goed soos die artikel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.